KLEINMAAT VETKOEK

vetkoek met maalvleistested
KLEINMAAT VETKOEK

4 x 250 ml koekmeel
7 ml kitsgis
5 ml suiker
3 ml sout
600 ml lou water of lou kookmelk en water
olie vir smeer en diep- of vlakbraai

Sif die meel, gis, suiker en sout saam in ’n groot mengbak.

Meng die vloeistof geleidelik by om ’n deeg te maak wat maklik hanteerbaar is.
Knie tot die deeg glad en elasties is – dit duur ongeveer 8 minute.
Bestryk met ’n bietjie olie, maak warm toe en laat op ’n warm plek tot dubbel die volume rys – dit sal sowat 2 uur duur.
Knie die deeg liggies af en rol dit in ’n lang rol van ongeveer 4 cm in deursnee.
Knyp stukke van omtrent 4 cm af en druk plat tot 1 cm dik.
Laat effens rys op ’n gesmeerde oppervlak. Verhit die olie vir vlak- of diepbraai, soos verkies, in ’n groot pan of kastrol.
Braai die vetkoek tot goudbruin aan weerskante en dreineer op papierhanddoek.
Sit dit warm voor saam met kerriemaalvleis of botter en stroop.
Maak ongeveer 10 vetkoeke.

Vulsel:

Verhit olie in ’n kastrol. Voeg maalvleis by en braai vir so 6 minute. Die vleisstukkies moet net loskom van mekaar. Voeg gekapte uie en knoffel by en braai verder vir so 10 minute. Voeg tamaties, kerriepoeier en borrie by. Geur met sout en swartpeper. Voeg water by en bedek. Laat vir minstens 2 uur prut. As vleis lyk of dit wil droog kook, kan jy nog water byvoeg.

fOTO EN RESEP:  Natalie Williams




MAALVLEIS EN BROOD GEBAK

maalvleis en brood gebak 1testedmaalvleis en brood gebak opgeskep 2

MAALVLEIS EN BROOD GEBAK
500 g maalvleis
1 ui, gekap (opsioneel)
½ bakkie knoppies sampioene, gekap
bietjie olyf olie of kookolie
45 ml tamatiesous
15 ml blatjang
20 ml suiker / versoeter
250 ml water
1 pakkie sampioensoppoeier
sout en peper na smaak
bietjie fyn naeltjies
gemengde kruie na smaak

Witsous
30 ml botter/margarien
30 ml koekmeel
300 ml melk
ongeveer 8-10 snye brood sonder korsies en deurgesny in driehoeke
genoeg gerasperde Cheddar kaas

Verhit die oond tot 180°C.
Indien jy die gekap ui gebruik, braai die ui bietjie in die olie, en voeg die maalvleis by, braai tot die vleis lekker los is, gooi die gekapte sampioene by, braai lekker deur. Meng die pakkie soppoeier met die water, tamatiesous, blatjang, sout, peper, suiker en kruie en gooi oor die maalvleis, draai die plaat af en prut vir ongeveer 10 min.
Maak die witsous deur die bestanddele te meng en dit dan in die mikrogolf te kook vir ongeveer 5 min, roer gereeld en pasop dit kook maklik oor, so hou dit dop. Dit moet lekker dik wees.
Gebruik ‘n klein brood pannetjie, bespuit, sit die helfte van die maalvleis mengsel onder in, pak nou ‘n lagie brood bo-op, dat die punte van die driehoeke op die vorige een lê. Skep nou die res van die maalvleis bo-op die brood, en gooi die wit sous oor die laaste laag brood. Rasper genoeg kaas oor en bak in die oond vir ongeveer ‘n half uur of tot mooi bruin en deur gebak. Bedien saam met ‘n lekker slaai.
Nota: Ek het ‘n broodjie gebak van glutenvrye meel en dit gebruik en dit was net so lekker.
Foto’s en resep geplaas deur Rina Kleinhans




MAALVLEISTERT

FLR Slogan 2b

MAALVLEISTERT

Maak witsous van
50 ml botter
60 ml meel
sout,
Peper
500 ml melk en
125 ml gerasperde cheddarkaas
Voeg 1 geklitste eier en 125 ml melk by. Maak 250 g maalvleis geurig met uie en smaakmiddels en 6 gesnipperde weense worsies by. Meng met witsous
En bak vir 30 min. By 180°C.

Bron: Cornelia Myburgh

 




VINNIGE SPAGHETTI BOLOGNAISE

2014-06-08-vinnigespaghettibolognaisetested
VINNIGE SPAGHETTI BOLOGNAISE

(met 4 bestanddele)

500g maalvleis
1 pakkie Minestrone with Herbs (Royco)
1 klein blikkie tamato paste
half pak spaghetti.

Braai maalvleis tot lekker los. Meng Minestrone met 500ml water en voeg tamato paste by. Meng alles by maalvleis; bring tot kookpunt terwyl heel tyd geroer word. Verlaag hitte en laat prut terwyl spaghetti gaar gemaak word. Skep maalvleis oor spaghetti en sprinkle bietjie gerasperde kaas oor (opsioneel).

Foto en resep geplaas deur Lynette Jacobs Wasserman‎




MAALVLEIS DUMPLINGS

2014-06-08-maalvleisdumplingstested
MAALVLEIS DUMPLINGS

Pakkie Maalvleis
Spring Onion fyn gesnipper
Gerasperde Mozzarella kaas
Blaardeeg
Sout en Peper

Meng maalvleis met uie en kaas sout en peper, rol deeg dun uit en druk sirkels uit, maak ‘n bolletjie maalvleis en plaas in middel van deeg en maak dan bondeltjie! Stoom dan vir so 20 minute en bedien met soja sous! Die ekstra maalvleis wat oor was het ek ook sommer so saam gestoom!

BRON- Gigi Robinson




MAALVLEIS KEBABS

2014-06-01-10385072_10203958492745283_925833224_n
MAALVLEIS KEBABS
500g maalvleis (hoender of kalkoen kan ook gebruik word)
1/2 koppie heel graan broodkrummels
1/2 koppie gerasperde Parmesan Kaas
1 eetlepel droë oreganum
1 eetlepel droë basil
1 eetlepele droë pietersielie of 1/4 koppiie vars (gesnipper)
1/2 teelepel rooipeper vlokkies
2 huisies knoffel (fyngedruk)
puff pastry
1 koppie gesnipperde mozzarella kaas
12 hout sosatiestokkies
Marinara sous vir dip (of jou keuse)

Voorverhit oond 180*
Ek sit foelie op 2 bakplate en hou eenkant
Meng maalvlies, broodkrummels, Parmesan Kaas, Oreganum, Basil,pietersielie, rooipeper vlokkies  en knoffel. Maak 1” klein balletjies
Sny puff pastry in ‘broodstokkies’. Begin met een ‘broodstokkie’ op n slag,
ryg op stokkie – eers deeg, dan maalvleisballetjie, deeg, balletjie en so aan…… Maak so 3 balletjies op ‘n stokkie, met deeg tussenin. Eindig met deeg. Plaas op bakplaat
Maak seker dat die deeg en balletjies +- 1/4” weg van mekaar is sodat diedeeg kan uitsit wanneer dit bak.
Bak vir +-20min tot vleisballetjies gaar is. Verwyder van oond en strooi elke stokkie met gesnipperde mozzarellakaas. Sit terug in oond vir 2-3 min totdat kaas gesmelt is.
Bedien dadelik met warm sousie
Resep geplaas deur Amanda Conradie




MAALVLEIS EN GROENTEGEBAK

FLR BB Template
MAALVLEIS EN GROENTEGEBAK
Resep: Cecilia Bedser
FOOD LOVERS RECIPES
500 g beesmaalvleis
1 ui, gekap
30 ml kookolie
125 ml rou rys
5 ml sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
10 ml droë pietersielie
1 pakkie groentesop
750 ml vleisaftreksel
Soteer uie in verhitte kookolie tot deurskynend.
Voeg die vleis by en braai totdat die vleis van kleur
verander. Roer met ‘n vurk terwyl die vleis braai om die
tekstuur los van mekaar te hou.
Voeg die rys, sout, peper en pietersielie by en meng dit
goed.
Skep in ‘n oondskottel.
Meng groentesop en aftreksel in ‘n klein kastrolletjie en
prut terwyl geroer word om mengsel effens te verdik. Giet
die sop oor die vleis- en rysmengsel.
Plaas die deksel op en bak by 160°C vir 1 uur of totdat
die rys en vleis gaar is.




CHEATS MOUSAKA

2014-05-28-cheatsmousakatested
CHEATS MOUSAKA
Julle, hierdie het nou nogal regtig lekker uitgekom!
700g maalvleis
100g tamatie pasta
1 blikkie gekapte tamaties
1 bottel pecorino en tamatie pasta sous (woollies)
1 groot ui
2 groterige eiervrugte
Cheddar kaas
Olie
Origanum
Sout en peper
Sny eiervrugte in 1 cm ringe en sprinkel met sout – ver af na so 5 min en verf met olie.
Grill op 230 tot bruin
Braai uie, en dan die vleis. Voeg tamatie pasta by en braai verder.
Voeg die blikkie tamatie by, sout en peper en origanum.
Ek sit gewoonlik so 2 teelepels suiker by

Begin nou met bietjie vleis,dan eiervrug, en dan weer vleis, smeer n dun lagie van die pecorino sous oor, en so gaan jy maar nou aan, tot jy met vleis en pecorino sous eindig (ek het n kwart bottel pecorino gebruik) rasper cheddar kaas Bo oor en bak in die oond teen 180 met n deksel op) vir 45 min
BRON- Leoni Booysen‎




LOUISE SE MAALVLEIS BREYANI

2014-05-28-1440131_origtested

LOUISE SE MAALVLEIS BREYANI

500g Lean Mince – maalvleis
200ml Bruin Lensies
500ml Water
300g Basmati of Tastic Rys
4 Aartappels, kwarte gesny en 80% gaar gemaak.
2 groot Uie, dun gesny
10ml vars gerasperde Gemmer
10ml vars fyngedrukte Knoffel

Speserye:

1 stukkie heel Kaneel
5 Cardamon sade (gekneus en saadjies uitgehaal, gebruik net die saadjies)
2 Groen Chillies, fyn gekap
5ml Borrie
35ml Breyani Masala
15ml Cumin Jeera
15ml Garam Masala
5 Naeltjies
5ml Sout
1 Blikkie tamaties (fyn, heel of uie mix)

Maak die rys en lensies gaar. Voeg ‘n bietjie borrie by die water. Om tyd en krag te bespaar, maak dit saam gaar in een pot. Voeg sout agterna by.

Braai die uie, knoffel en gemmer liggies tot gaar. Voeg die droë speserye by en braai effens oor lae hitte om geur vry te stel. Voeg die mince, aartappels en blikkie tamatie by en bring tot kookpunt. Draai hitte baie laag en prut vir omtrent 20 minute, tot deurgaar.

Meng die rys en lensies met die mince en kook liggies vir 10 minute tot goed gemeng.

Resep en foto: Louise Groenewald, eie resep

 




GEURIGE MAALVEIS MET KLUITJIES

2014-05-26-mincetested
GEURIGE MAALVEIS MET KLUITJIES
Resep en foto: Hannelie Bezuidenhout
FOOD LOVERS RECIPES
Braai die maalvleis met uie. Spereye soos nodig. Voeg bietjie worschersous en sweet en sour sous (spar) by na smaak.
Voeg gemende groente by. Kook tot alles gaar is.

Kluitjies:
1 koppie koekmeel
1 eetlepels bakpoeier
1 teelepel gemende speserye
Knittie sout
50 g botter
½ koffie melk

Meng alle droê bestanddele, vryf botter met vinger punte in. Voeg melk by, meng alles goed. Deeg sal kluitjierig wees. Draai plaat op medium. Skep lepelsvol van die deegmengsel op die vleis en kook vir 15 – 20 min. met die deksel op.  Moenie dekel optel voor oor 15 min nie. Geniet.