CHILI SPAGHETTI

 

2014-07-24-chilispaghetti

The Ingredients:
1 package (7 oz) spaghetti
1 lb lean (at least 80%) ground beef
1 medium onion, chopped (1/2 cup)
1 can (14.5 oz) Muir Glen organic diced tomatoes, undrained
1 can (19 oz) Progress red kidney beans, undrained
1 can (8 oz) Muir Gle organic tomato sauce
1 tablespoon chili powder
1 teaspoon salt
1 1/4 cups shredded Cheddar cheese (5 oz)

Steps for preparation:

1. Cook spaghetti according to package specified directions.
2. Meanwhile, in 3-quart saucepan, over medium heat, cook beef and onion , stirring from time to time, till onion is tender and beef is brown ; drain.
3. Stir in tomatoes, chili powder, beans, tomato sauce and salt.
4. over medium heat , Cook uncovered about 10 mins, stirring from time to time, until as thick as you’d like.
5. Drain spaghetti; divide among dinner plates. Top with beef mixture; sprinkle with cheese.
6. SERVE & ENJOY
7. BRON- Thelostitalian.areavoices.com




MAALVLEIS-PASTA MET ‘N SHERRY SOUS

2014-07-24-pastatested

MAALVLEIS-PASTA MET ‘N SHERRY SOUS
VIR DIE VLEIS:
500 g maalvleis
200 g gaar macaroni (of pasta van jou keuse)
3 fyngekapte tamaties
3 lourierblare
sout en cayennepeper na smaak
Die volgende kruie mengsel saam fyngemaak:
6 kruie naeltjies
6 heel koljander korrels
6 heel all spice
6 heel cardamom pitte

Verhit ‘n bietjie olie in ‘n pan en roer die fyngemaakte kruiemengsel en die lourierblare vir ‘n paar minute daarin. Voeg die vleis saam met die sout en peper by en braai tot dit begin verbruin. Voeg die tamatie by en prut tot die tamaties sag is het. Hou eenkant.

250 g Sampioene in skyfies gesny
Braai die sampioene liggies in ‘n bietjie botter tot dit sag is en meng dit met die gaar pasta.

VIR DIE SOUS:
60 g botter
½ koppie meel
2 koppies bees aftreksel
sout en cayennepeper na smaak
1 koppie melk
2 eetlepels droë sherry
3 eetlepels gerasperde Parmesankaas
3 eetlepels gerasperde Cheddarkaas

Smelt die botter, voeg die meel by en roer vir ‘n minuut of twee. Roer die aftreksel stadig in en bring, al roerende, tot kookpunt en roer dan die sout en peper by. Roer nou die melk en die sherry in en prut vir nog ongeveer 2 minute.

Skep ‘n laag pasta onder in ‘n gesmeerde oondvaste bak, dan ‘n laag sous en volg op met ‘n laag vleis. Herhaal tot alles op is en eindig met ‘n laag sous. Druk gaatjies met ‘n lepel in die mengsel sodat van die boonste sous kan inloop na die binnekant van mengsel. Maak die sous mooi gelyk bo-op. Meng die kase en sprinkel dit bo-op. Bak by 180ºC vir ongeveer 25 minute of tot goudbruin bo-op.
Bron :ADRIAN OLIVIER.
Foto:  ADAM CLOETE




GRIEKSE MOUSSAKA

moussaka adamtested
GRIEKSE MOUSSAKA

’n Lekker moussaka verg tyd en moeite omdat jy ’n hele paar goed moet doen: eers die maalvleis, dan die béchamel-sous én jy moet ook die aartappels en eiervrug braai. Maar dis die moeite werd. Gebruik ’n goeie rooiwyn in die gereg.

Jy het nodig vir 6 mense:

±1 koppie olyfolie
1 groot ui, gekap
500 g maalvleis
4 rooiryp tamaties, geskil en gekap
1 x 50 g-sakkie tamatiepasta
1 koppie rooiwyn
2 teelepels gemaalde kaneel
1 teelepel gemaalde wonderpeper (Allspice)
1 teelepel droë origanum (of 1 eetlepel gekapte, vars origanum)
1 teelepel droë pietersielie (of 1 eetlepel gekapte, vars pietersielie)
1 teelepel sout
gemaalde swartpeper
2 middelslag-eiervrugte, punte afgesny en in die lengte in skywe gesny
2 aartappels, geskil en in baie dun skyfies gesny

Béchamel-sous:

3 eetlepels botter
4 eetlepels koekmeel
4 koppies melk
½ teelepel sout
2 eiergele
4 eetlepels gerasperde parmesaankaas (of gerasperde cheddar)

Om oor te strooi:

ekstra gerasperde parmesaankaas (of gerasperde cheddar)

Vir die maalvleis. Verhit 3 eetlepels olie in ’n kastrol en braai die uie daarin tot sag. Voeg die maalvleis by en braai dit tot bruin. Roer heeltyd sodat dit los is. Voeg nou al die bestanddele by die vleis, behalwe die eiervrug en aartappel, en prut dit met die deksel op oor lae hitte vir minstens ’n uur. Roer die maalvleis af en toe om seker te maak dat dit nie droogkook nie.

Vir die groente. Braai die eiervrugskyfies in diep olie tot sag en bruin en skep dit op kombuispapier om te dreineer. Doen dieselfde met die aartappelskyfies. Hou dit heeltyd dop, want dit brand maklik. (As jy die gereg by die huis maak, kan jy die eiervrug en aartappels met olie bestryk en dit in die oond onder die rooster gaarmaak. Só gebruik jy minder olie.)

Vir die sous. Smelt die botter in ’n skoon kastrol. Voeg die melk, meel en sout by en verhit dit oor lae hitte. Roer heeltyd met ’n draadklitser. Hou die hitte laag, anders brand die melk aan. Laat prut die sous vir 2 tot 3 minute en haal dit van die plaat af. Roer die eiergele by en laastens die gerasperde kaas.

Nou alles saam. Gebruik ’n plat, reghoekige opdienbak. Pak die eiervrug onderin, dan ’n lagie maalvleis, daarna die aartappels en dan nog ’n laag maalvleis. Gooi die sous en ekstra gerasperde kaas bo-oor. By die huis kan jy die gereg vir ’n halfuur bak teen 180 °C, maar in die bos kan jy dit bloot vir ’n kwartier laat staan.

VARIASIE: Jy kan net
eiervrug of net aartappel gebruik, maar dis die heel lekkerste as jy albei gebruik.

Foto: Adam Cloete – Adrian Olivier
Nota:  Almal maak egter maar sy eie aanpassings. Ek het gevind deur die eiervrug en aartappels in die mikrogolf gaar te maak in plaas van in olie te braai, maak die gereg minder olierig en dus nie so ryk nie en definitief gesonder. Dit is ook vinnig en baie minder moeite en dit was die geval met hierdie een. Adrian ook gekerfde sampioene en soetrissies in gesit.




RIGATONI PASTA PIE

 

rigatoni-pasta-pietested

Serves 6
A delicious Rigatoni dish made with homemade red sauce, a thick layer of golden brown and bubbly cheese, and a pasta that not only lends itself well to thick, meaty sauce…but actually STANDS!

INGREDIENTS
1 tablespoon olive oil
½ pound ground sirloin
3 cloves garlic, minced
½ an onion, finely diced
a pinch crushed red pepper flakes
salt and pepper, to taste
1 (28 ounce) can whole peeled tomatoes
1 pound rigatoni pasta
2 tablespoons freshly grated Parmesan cheese
2 cups mozzarella, shredded

Preheat oven to 400°F.
Heat olive oil in a large skillet over medium-high heat. Add the ground sirloin and diced onion and cook until meat is browned, about 5 minutes. Add garlic, crushed red pepper, and season with salt and pepper then sauté for another minute. Add the can of tomatoes, crushing the tomatoes with your hands. Simmer on medium heat, stirring occasionally, 20 minutes.
In the meantime, cook the pasta until it’s slightly under-cooked. Drain and set aside. Lightly oil a 9-inch springform pan. Spread a thin layer of sauce of the bottom of the pan, then tightly pack the rigatoni in the pan, standing the pasta on its ends.
Pour the sauce over the pasta. Sprinkle the top evenly with mozzarella cheese, then sprinkle with Parmesan cheese.
Bake approximately 30 minutes, until cheese is browned and bubbly. Top with fresh basil, if desired. Let sit 15 minutes before serving.
Photo:  Wian Swart




HEERLIKE LASAGNE

 

lekker lasagnetested

1Kg maalvleis,
groot ui,
knoffel,
sout, peper, paprika,
royco se bolognaise(die poeier sous (die poeier een) en tamatie pasta.
Dit alles saam die maalvleis. Toe net laag lasagne, mince, witsous en kaas, weer lasagne, mince, witsous en kaas, oond toe vir 45minute

Melanie Beukes

Witsous
Maak lekker baie witsous. Ek maak myne so:
3eetlepels botter
So halwe koppie broodmeel
Knippie sout
Peper
Knippie neutmeskaat, nie te veel nie hoor!
Nou roer ek die meel en botter tot dit n bal vorm inni pot, dan draai ek die plaat stadig en gooi melk by, tot dit vir my loperig genoeg is. Onthou jou sous moet nie dik wees nie, dit kook die pasta gaar.

Rina Kleinhans




MEDITEREENSE HERDERSPASTEI

tested
MEDITEREENSE HERDERSPASTEI
1 ui
½ groen soetrissie
1 groot wortel gerapser
500 g maalvleis
1 blikkie gekapte tamaties (ek gebruik graag die Italiaanse geur)
1 eetlepel lam- of maalvleis speserye
3 aartappels
½ pakkie Easy to Cook soup, stew and casserole thickener” Lamb Flavor
1 blikkie of klein pakkie gevriesde, gemengde groente (nie met blomkool of brokkolie nie)
25 ml margarine
60 ml melk
3 ml bakpoeier
Parmesan of Cheddar kaas
olie of margarien vir braai

Braai ‘n medium gesnipperde ui in gesmelte margarien of bietjie olie tot ligbruin en deurskynend, voeg ‘n soetrissie en ‘n geraperde wortel by en braai vir paar minute tot die soetrissie sag is.
Voeg die maalvleis by en roerbraai tot maalvleis bruin verkleur het. Voeg ‘n blikkie gekapte tamaties by en kook vir so 5 – 8 minute tot tamaties se ergste waterigheid weggekook het.
Strooi 30 ml koekmeel oor die maalvleis en roer deur.
Meng ‘n ½ pakkie “Easy to Cook soup, stew and casserole thickener” Lamb Flavor van Woolworhts met 250 ml water en voeg by maalvleis. Voeg die lam- of maalvleis speserye ook by. Roer deur en kook vir so 2 minute. Voeg ‘n klein pakkie gevriesde (of ‘n blikkie afgewaterde) gemengde groente by en kook tot die maalvleis mengsel verdik.

Intussen kook ongeveer 3 groot aartappels wat ek geskil en in blokkies gesny het, in die mikrogolf in soutwater vir 12 minute.

Skep die maalvleis in ‘n vierkantige vuurvaste glasbak of in 4 individuele lasagne bakkies.

Druk die aartappels fyn en meng met die margarine, melk en bakpoeier. Voeg 50 ml fyn parmesan of so 150 ml gerasperde Cheddar kaas by. Meng goed en skep op maalvleis. Maak mooi met ‘n vurk. Strooi paprika oor en bak 20 minute of tot goudbruin in oond by 180ºC.

Resep geplaas deur Steph  Kirchner




HEINER SE FRIKKADELLE

Frikkadelletested

HEINER SE FRIKKADELLE
Resep en foto:  Heiner Lange‎
FOOD LOVERS RECIPES
600 g maalvleis
2 snye growwe brood
2 eiers
1 teelepel paprika poeier
½ teelepel rissie vlokkies (of meer na smaak)
½ ui (fyn gekap)
1 teelepel pietersielie
30 g botter
Sout en peper (na smaak)
½ teelepel marjolien
3 eetlepel olie of ander vet

Meng die maalvleis met die geweekte, uitgedruk en fyn gemaakte brood, eiers, paprika en rissies. Voeg die fyn gekapte uie en pietersielie, wat in die botter deurskynend gebraai is, by. Geur met sout, peper en die marjolien en met nat hande
knie die mengsel goed deur.
Uit die vleisdeeg vorm dan handpalm grote, duim dikte frikkadelle en braai hulle stadig (7 – 8 minute per kant) in die warm vet.
Plaas die frikkadelle op ‘n warm bord en bedien saam met aartappels en ‘n tamatiesous (of met Brussel spruite of groen boontjies).

 

 




HOEK TOT HOEK BURGER PATTIE

patties koostested
HOEK TOT HOEK BURGER PATTIE
Ek is nou die beste fotograaf nie maar die Geroosterde Pure Lam/Bees Hoek tot Hoek broodjie burger eet lekkerder as wat dit fotos neem. Ek het voorheen genoem dat ek ‘n burger patty wil maak wat ‘n gewone snytjie brood sal toemaak. Hier is ‘n paar fotos oor hoe om die geroosterde pure lam/bees hoek tot hoek broodjie burger te maak met volledige stappe.

200 g patty (gebruik jou eie speserye saam met die maalvleis)
2 snye brood
tamatie skyfies
sout en peper
gesnyde uie
Gouda kaas
sous van jou smaak
gebakte eier
spek (Rug Bacon)

Die burger word as volg gebou.
Ek het ‘n 200 g patty gebou met ‘n Jumbo Patty drukker. Daarna uitgerol om bietjie groter as ‘n snytjie brood te wees, want ons weet mos hoe kan vleis krimp. Maak gaar en hou eenkant.
Plaas eerste tamatie skyfies op onderste broodjie en gooi sout en peper.
Plaas dan gesnyde uie volgens smaak vir ‘n tweede laag op die broodjie.
Nou maak ek alles toe met Gouda Kaas net so vir die smaak en die bymekaar hou van alles.
Die kaas moet oor die uie smelt vir daardie lekker reuk en geur.
Plaas nou jou patty klaar gaar gemaak bo-op die kaas en druk effens vas.
Gooi bietjie van jou gunsteling sous oor die patty.
Bak eier. Ek verkies in die geval goed gaar anders gaan die eier uitloop oor die broodjie.
Plaas die eier bo-op die Patty.
Bedek die eier nou weer met ‘n laag kaas.
Om af te rond sit ek nou bacon (Rug Bacon) heel bo-op.
Bedek met tweede sny brood en rooster tot reg om te geniet.
Jy kan jou verskillende groen gerye ook byvoeg as jy so verkies.
Daar is nie plek vir aartappel skyfies nie.
Selfs perrfek vir vetkoek burgers!
Resep en foto: Koos van der Merwe




MACARONI EN KAAS MET MAALVLEIS

2014-07-12-mackaastested

MACARONI EN KAAS MET MAALVLEIS
Braai uie en knoffel dan die maalvleis saam, gooi ‘n blikke tamaties en uie by en braai nog n paar minute, gooi sout, peper, bbq en bietjie origanum en 1 teel suiker by. Gooi bietjie water by dat die vleis gaar kook. Kook jou macaroni tot amper gaar en dreineer.

Voeg dit dan by jou vleis mengsel en kook tot al die sous weg is. Sit dit in ‘n groot oond bak. Klits 1 koppie melk met 1 eier en gooi egalig oor die vleis, druk gaatjies met ‘n vurk dat dit deurloop tot onder. Rasper Cheddar kaas oor en bak 30/40 min op 180ºC en dan net vinnig onder die rooster sodat die kaas mooi bruin word en bedien!

Foto en resep geplaas deur Sheila Marsburg Troskie




MEXIKAANSE BEESVLEISGEBAK

mexikaanse vleisgereg
MEXIKAANSE BEESVLEISGEBAK
Die tortilla-bolaag maak hierdie gereg ’n gunsteling onder kinders!
Genoeg vir: 4
Totale Tyd: 45 min
Voorbereiding: 15
1 eetlepel sonneblomolie
1 groot ui, fyngekerf
500 g beesmaalvleis
1 tot 2 groen brandrissies, saadjies uitgehaal en fyngekerf
400 g-blik fyngekapte tamaties
410 g-blik rooibone, gedreineer en afgespoel
’n groot hand vol vars koljanderblare, grofgekap
100 g tortillaskyfies (ons s’n was liggies met sout gegeur)
50 g beleë Cheddarkaas, gerasper
suurroom, om te bedien

Verhit olie in ’n groot pan en braai die uie oor stadige hitte vir 10 minute of tot dit sag is. Draai die hitte hoër en gooi die maalvleis by; braai vir ongeveer 10 minute of tot al die vleis verkleur het.
Voeg die brandrissies, tamaties, bone en al die geurmiddels by en kook vir 5 minute. Gooi die koljander by en geur. Skep die gereg in ’n opdienbak.
Voorverhit die roosterlement tot medium hitte. Gooi die tortillaskyfies oor die vleis en rooster tot die kaas smelt.
Bedien dadelik met suurroom en ’n kraakvars groenslaai.

Bron: goodhousekeeping