MAALVLEIS EN MIELIE PASTEI

 

2014-08-15-maalvleispasteitested

500g maalvleis
500g sampioene in skyfies gesny
250g spek stukkies (bacon)
2 gekapte uie
2 lourierblare
1 koppie heel gevriesde mielies
2 eetlepels tamatiepasta
½ koppie hoenderekstrak (blokkie)
sout en peper na smaak

Braai die uie en die spek en die sampioene in bietjie olie, tot die uie begin sag raak. Voeg die vleis en die lourierblare by en braai saam tot dit begin verbruin. Voeg al die ander bestanddele by en kook oor matige hitte tot meeste van die vloeistof verdamp het. Skep oor in ‘n mikrogolfbak.

SAGTE PASTEIDEEG
Sif 4 eetlepels bruismeel en ‘n knippie sout saam. Vryf 2 eetlepels botter of margarien daarby in met die vingerpunte of gebruik ‘n voedselverwerker. Voeg een koppie melk en1 liggies geklitste eier by en meng tot ‘n slap beslag. Skep dit oor die warm vleis in die bak en bak ongeveer 35 minute in die mikrogolf met die mikrogolf en rooster kombinasie, of tot goudbruin.
Bron: Adrian Olivier
Foto: Adam Cloete




MEDITERRANEAN MINCE TARTS

2014-08-14-img_1562tested
MEDITERRANEAN MINCE TARTS
4 filo pastry sheets
1 tablespoon olive oil
350 g lamb mince
1 small onion, grated
2 garlic cloves, crushed
1 tablespoon Moroccan seasoning
2 teaspoons dried oregano
1 teaspoon ground coriander
1 teaspoon beef stock powder
¼ cup currants
¼ cup chopped coriander
2 tablespoons toasted pine nuts
natural yoghurt, mint leaves, to serve

Preheat oven to slow, 150°C. Lightly grease a 6-hole Texas muffin pan with oil.
On a clean surface, layer filo pastry, spraying each sheet lightly with oil. Cut into 6 squares. Ease each stack into muffin pan recesses to line. Bake 5-10 minutes, until crisp and golden.
Meanwhile, heat oil in a frying pan on high. Add mince, onion, garlic, spice, herbs and stock powder. Brown 8-10 minutes, breaking up lumps with a spoon as it cooks. Continue to cook 4-5 minutes, until mince is dry. Remove from heat.
Stir currants, chopped coriander and pine nuts through. Pile mince mixture into pastry cases. Top with yoghurt and mint to serve.
Photo:  Ronald Fisher

 




HEERLIKE OUVROU-ONDER-DIE-KOMBERS

 

2014-02-28-ouvrouonderdiekomberstested

HEERLIKE OUVROU-ONDER-DIE-KOMBERS
Ek het altyd gedink my ma het dié resep uitgedink, totdat ek dit oral ter wêreld raakgeëet het. Sny die blare van ’n groenkool los (soveel blare as wat jy nodig het). Sit in ’n skottel en gooi kookwater oor.
Maak frikkadelle van 500 g maalvleis,
3 fyngekapte uie
sout, peper
’n bietjie Worces­tersous
½ t kaneel
’n knypie naeltjies
’n bietjie gerasperde neut
’n bietjie gemmer
½ k broodkrummels

Rol elke frikkadel in ’n koolblaar toe. Rol liggies in meelblom (of Bisto of tamatiesoppoeier) en pak in oondskottel.
Gooi 2 k aftreksel oor. Kook ’n uur lank en strooi nóg broodkrummels en geras­perde kaas oor. Laat mooi bruin word onder die oondrooster, en voilà!
Post Ria Grobler Mc Carthy




BERNADENE SE SPAGHETTI BOLOGNAISE

tuisgemaakte spagetti bolognaisetested

BERNADENE SE SPAGHETTI BOLOGNAISE
Tuisgemaakte spaghetti bolognaise. Resep vir die pasta is hier

500 g maer maalvleis.
1 blikkie gekapte tamaties
1 ui opgekap
2 koppies water
1 koppie tamatiesous
1 eetlepel gerookte paprika
1 teelepel komyn
Origanum na smaak
1 blokkie groente aftreksel – ek gebruik daai gestoldes wat so lekker smelt.

Meng alles in ‘n kastrol saam tot goed gemeng.
Kook stadig saam tot lekker dik sous. Proe vir ekstra sout indien nodig en swartpeper. Ek gooi ook ‘n bietjie suiker by om die suur van die tamatie te breek.

Die maalvleis word dus glad nie gebraai nie. Dit kook saam met die sous lekker glad en daar is geen stukkies in nie. Het dit eendag op tv gesien by gordon ramsey. Hy het gese hy verstaan nie hoekom mense maalvleis droog braai en daarna water ingooi om dit weer nat te maak nie. Maak vir my sin as mens in elk geval ‘n sous wil maak.
Foto en resep geplaas deur Bernadene Daniell Prinsloo

 




RENATE SE BOBOTIE

Bobotietested

RENATE SE BOBOTIE
1 kg maalvleis
1 groot uie
25 ml botter of olie
1 dik sny brood
250 ml melk
12,5 ml appelkoos konfyt
50 ml suurlemoen sap
75g ontpitte rosyne
10 droë appelkose
30 ml kerriepoeier
12 amandels in kwarte gesny
5 ml sout
2 ml peper
6 lourier of suurlemoen blare
2 eiers

Sorteer uie in botter of olie
Week brood in helfte van die melk
Meng al die bestandele behalwe die res van die melk, eiers en lourier blare.
Skep in oondskottel en druk die lourier blare in.
Kilts die orige melk en eiers saam en giet oor die vleis.
Bak ongeveer vir 45 min in matige oond.
Bedien met rys, blatjang, gerasperde klapper en gekapte neute en piesang.
Resep:   Renate Coetzee.
Foto: Adam Cloete

 




SAVOURY MINCE FLAN WITH A SOUR CREAM TOPPING

2014-08-09-savouryflantested
SAVOURY MINCE FLAN WITH A SOUR CREAM TOPPING
Bored of ordinary mince for dinner? Then try out this recipe that puts a new twist on an old favourite by transforming your mince into a tasty flan.
60 ml tomato paste
2 ml Robertsons origanum
1 onion, chopped
30 g margarine
500 g minced meat
12.5 ml water
125 g butter
5 ml lemon juice
375 ml cake flour
1 KNORR Cream of Mushroom soup
190 ml water
250 ml sour cream
2 eggs
250 ml grated cheese
Rub butter into flour until it resembles breadcrumbs.
Add lemon juice and water (adding more if necessary) to form soft dough.
Roll out to fit a deep 23cm flan tin.
Cover pastry with baking paper and fill with raw beans.
Bake at 220°C for 10 minutes.
Remove paper and bake for an extra 5 minutes.
For the filling:
Melt margarine in a pan and sautè the onion until tender.
Add the mince and stir until browned.
Add KNORR Mushroom Cream of Mushroom soup and Robertsons origanum and mix well, then stir in tomato paste and water.
Bring to the boil, reduce heat and simmer uncovered for 10 minutes or until thickened.
Spread mince in pastry shell and top with sour cream and eggs beaten together.
Top with grated cheese.
Bake at 180°C for 35 minutes until set and golden brown.
Serve with a crispy fresh salad.
NOTE:
This recipe can be made without the pastry shell.

Photo and recipe posted by Adam Cloete




WORS FRIKKADELLE

2014-08-07-goodwood-20140807-01172tested

WORS FRIKKADELLE

1 kg maalvleis
1 groot pak boerewors (omtrent 700 g)
3 eetlepels uie en tamatie smoor
1 groot knippie fyn naeltjies
5 ml fyn koljander
10 ml Ina Paarman gegeurde sout

Druk wors uit velletjie uit en meng alles saam. Maak bolletjies en bak op 180°C in die oond.
Ek het dit 15 minute gebak en toe uitgehaal en al die vet afgegooi, en toe weer vir 15 minute gebak.
Toe weer vet afgegooi en dit bietjie gegrill, so 5 minute. Ek het 20 frikkadelle uitgekry.

Resep en foto – Louise Groenewald




GEBAKTE BURRITO MET MAALVLEIS

burritotested

GEBAKTE BURRITO MET MAALVLEIS
Resep geplaas en aangepas deur Suneth van Rensburg
Foto:  Suneth van Rensburg
FOOD LOVERS RECIPES
500 g maalvleis
1 eetlepel olie
1 ui, fyngekap
1 pakkie tacopoeier
1 tamatie, gekap
100 ml water
1 blikkie nierboontjies, gedreineer en afgespoel
gerasperde kaas
gerasperde wortels
Tortilla wraps

Braai uie in olie tot sag en voeg die tamatie by. Voeg maalvleis by en braai tot bruin.
Roer taco poeier by en dan die water. Kook tot droog.
Haal van hitte af in roer die nierboontjies by.
Skep vleis in tortilla skep eetlepel kaas en eetlepel wortels op vleis.
Vou toe soos ‘n pakkie en plaas met vou na onder op gesmeerde bakplaat.
Smeer met olyfolie in sprinkel gerasperde kaas oor. Bak teen 180°C vir 30 minute.
Bedien met guacomole, salsa in suurroom of griekse jogurt.




VETFRIKKIES- FRIKKADELLE MET VETKOEKDEEG

vetfrikkiestested

VETFRIKKIES- FRIKKADELLE MET VETKOEKDEEG
Frikkadelletjies
1 kg maer maalvleis
250 ml oats
50 ml sagte broodkrummels
50 ml wit asyn
4 eiers geklits
1 groot aartappel, grof gerasper
15 ml sout
5 ml gemaalde koljander
5 ml gemaalde neutmuskaat
5 ml gemaalde wonderpeper
2 ml peper of na smaak

Meng al die bestanddele vir die frikkadelletjies saam.
Ek gebruik ‘n 25 ml maatlepel om die hoeveelheid vleis af te meet om bolletjies te vorm.
Braai frikkadelletjies in diep olie net tot gaar.
Plaas op kombuispapier om te dreineer en heeltemal af te koel.

Vetkoek
250 ml sterk lou melk
250 ml sterk lou water
40 g (50 ml) margarien
25 ml witsuiker
1 eier
850 g (1600 ml) koekmeelblom
10 g (1 koevertjie) kitsdroëgis
5 ml sout

Meng melk, water, margarien en suiker en roer tot margarien gesmelt het.
Klits die eier by.
Meng meel, sout en gis saam.
Voeg eiermengsel by.
Knie tot die deeg elasties en glad is.
As die deeg te pap is om te hanteer kan bietjies koekmeel bygevoeg word.
As die deeg te styf is voeg ‘n klein bietjie water by.
Smeer ‘n mengbak met olie en plaas die deeg daarin, draai die deeg dadelik om sodat die oliekant bo is.
Bedek die bak en laat die deeg rys tot dubbel die volume.
Knie die deeg af.
Rol deeg uit op meelbestrooide oppervlak tot ongeveer 1 cm dik.
Sny deeg in 6 x 6 cm blokkie met ‘n skerp mes.
Plaas ‘n frikkadelletjie op elke blokkie en vou die punte van die deeg oor die frikkie.
Knyp die openingkies versigtig toe.
Braai so vier op ‘n slag in diep olie en draai dikwels om sodat die deeg egalig braai.
Braai tot ligbruin en skep uit om te dreineer.
Sit warm of koud voor.
Hulle vries goed om later weer warm gemaak te word in die mikrogolf oond.
Lewer ± 50 Frikkies
Resep en Foto:  Johan Snyder




EASY MEATBALLS

 

EASY MEATBALLS

Serves 8
1 kg (2.2pounds) lean beef mince
2 eggs, beaten
1 large onion, finely diced
700 ml/23 fl.oz jar of passata (or chunky pasta sauce)
Preheat oven to 180°C/360F. In a large bowl, mix together the mince, eggs and onion and season with sea salt and cracked pepper. Using damp hands, roll into meatballs. Place in a casserole dish and pour over the sauce. In the empty jar, swirl 1⁄2 cup (125ml) of water to release remaining sauce and add to the dish. Stir to mix through, cover and cook for 30 minutes, remove lid and cook for a further 15 minutes.
You can also make this in your slow cooker – 7 hours on low.
Serve on top of your favourite cooked pasta, rice or with the Creamy Garlic Mash from page 38 in Menu Planning and steamed greens.
These are great the next day as meatball subs…..DELISH!

Recipe posted by Marisa Olivier