GEBAKTE MAALVLEIS

 

gebakte maalvleis Rhoda

1 EET. OLIE
1/2 KOPPIE GEKAPTE UI
1/2 KOPPIE ONGEPITTE GEKAPTE GROEN SOETRISSIE
500GR. BEESMAALVLEIS
1 LOURIERBLAAR
1/2 KOPPIE GESKILDE EN GERASPERDE WORTELS
1/2 KOPPIE ROU RYS
1 EETL. GEKAPTE VARS PIETERSIELIE
1/2 KOPPIE MELK
2 TEEL. SUIKER
1 EETL. KOEKMEEL
1 X 65GR. BLIKKIE TAMATIEPASTA
1 – 1 1/2 TEEL. KOPPIES WATER
1 TEEL. SOUT
1/2 TEEL. DROE GEMENDE KRUIE
METODE:-
1. VOORVERHIT DIE OOND TOT 180 GRADE CELSUIS;
2. VERHIT OLIE IN BRAAIPAN OOR MATIG HITTE EN BRAAI DIE UIE EN GROEN SOETRISSIE TOT DIE UIE SAG IS;
3. VERSTEL DIE HITTE NA HOOG, VOEG DIE MAALVLEIS BY EN BRAAI TOT VERBRUIN, BREEK GROOT KLONTE MET VURK UITMEKAAR;
4. VOEG DIE LOURIERBLAAR, WORTELS, RYS PIETERSIELIE, EN MELK BY EN ROER TOT GOED GEMENG;
5. IN / BEKER/MENGBAK MENG DIE SUIKER, MEEL EN TAMATIEPASTA – VOEG DIE WATER BY EN EN MAAK SEKER DIE MENGSEL IS GLAD. VOEG DIE SOUT EN KRUIE BY. ROER DIT BY DIE VLEISMENGSEL EN PRUT VIR 20 MINUTE;
6. VOEG NOG 1/4 KOPPIE WATER BY INDIEN NODIG EN VERWYDER VAN DIE HITTE;
7. SKEP DIE MENGSEL IN ‘N OONDSKOTTEL EN BAK DIT IN DIE OOND VIR SOWAT 30 – 45 MINUTE;
8. SIT VOOR MET GROENSLAAI;
EK SIT ALTYD BIETJIE BLATJANG VIR EKSTRA GEUR BY DIE GROEN SOETRISSIE; LOURIERBLAR IS OPSIONEEL
NB. OM TE BEVRIES= BAK VOLGENS DIE RESEP VOOR JY DIT VRIES, LAAT AFKOEL, BEDEK MET ‘N DEKSEL OF KLEEFPLASTIEK, MERK DIT EN BEVRIES. WANNEER JY DIT WIL GEBRUIK, ONTVRIES EN HERVERHIT IN DIE OOND TEEN 120 GRADE CELSUIS VIR 30 MINUTE OF IN MIKROGOLFOOND TOT DEURWARM
BRON EN FOTO: KOOK VIR DIE VRIESKAS – JULIA ORBE
BLADSY 20
Geplaas deur Rhode Gillespie de Beer




HOLLANDSE BEETSLAAI-PIENKSLAAI

Hollandse Beetslaai - Pienkslaaitested

HOLLANDSE BEETSLAAI-PIENKSLAAI
Voeg die volgende saam in ‘n gróót mengbak :-
1 kg maalvleis (nèt gaar, moenie braai, gegeur met slegs sout en peper)
2 kg aartappels se kapokaartappels
Beetslaai (2 x 450 g botteltjies ‘grated and spiced’ gedreineer en verpulp)
6 eiers (hardgekook en baie fyn gemaak)
6 groot agurkies (fyn gerasper)
500 ml mayonnaise
fyn gekerfde blaarslaai


Roer alles goed saam tot gemeng.
Roer fyn gekerfde blaarslaai in die pienkslaai in nét voor opdiening.
Bedien bo-op addisionele slaaiblare (fyn gesny).
Skep ‘n blertsie mayonnaise op die pienkslaai en plaas repies agurtjie heel bo-op.
Dis heerlik en kan dien as voorgereg, hoofgereg of as vulsel op gesnyde bagette.
Genièt dit!
Resep en foto: Sansha Meyer




KERRIEMAALVLEISPASTEI

2015-01-16-goodwood-20150116-01495tested
KERRIEMAALVLEISPASTEI

1kg maer maalvleis
6 aartappels, gaar, blokkies gesny
1 koppie gevriesde gemengde groente, gaar
2 eetlepels kerriepasta
2 eetlepels matige kerriepoeier
1 eetlepel borrie
1 eetlepel suiker
2 eetlepels chutney
Knippie fyn naeltjies
2 eetlepels souspoeier
1 koppie water
sout en peper

1 rol puff pastry

Braai maalveis ‘n rukkie oor hoë hitte tot die pienk kleur weg is. Voeg die kerriepasta en kerriepoeier, borrie, suiker, chutney en naeltjies by. Kook lekker deur vir so 5 minute op lae hitte. Voeg res van bestanddele by, roer deur en kook oor lae hitte vir so 10 minute. Plaas in bak, rol deeg effens uit en plaas bo-op. Bak in ‘n voorverhitte oond op 200*C vir 30 minute of tot goudbruin bo-op. Bedien met mengelslaai.

Eie foto en resep:  Louise Groenewald

 




MAALVLEISBROODJIE

maalvleis broodjie ernatested
MAALVLEISBROODJIE

(so uit my kop uit) … Die resep is lekker aanpasbaar .. Hou net vloeistof dop .. Sit eerder bietjie bietjie by as wat als in gesit word en dis n loperige spil .. Te styf ? Sit net nog melk by ..

1 kg savory mix (savory mix kry jy by die bak afdeling in enige winkel)
250ml melk
150 ml olie (ek het olyf gebruik)
2 eiers
maalvleis (hoeveelheid na smaak)
1 ui
2 tamaties
sout en speserye na smaak
skakel oond op 180 Grade C,  braai ui , tamaties en maalvleis tot amper gaar , doen sout en speserye , gooi oor in sif dat vog kan afloop en laat koud word … Sit meel in n groot bak klits melk ,eiers en olie saam , voeg by meel en vou deur voeg maavleis by ( kaas kan grofgerasper by gevoeg word) sit in mini broodpannetjies/kolvynpannetjies en bak in voorverhitte oond vir 10 tot 15 min (elke vrou / man ken hulle oond en kan aanpasings doen met tyd van gaar maak)

Resep en foto:  Erna Pretorius Van Staden




ESMARIE SE BRAAIRYS

braairys esmarietested

ESMARIE SE BRAAIRYS
Soos aangevra hier is die foto van my braairys. Ek het laas sommer groente met knoffel en kruie in die oond gebraai en saam voorgesit. My huismense jaag my gewoonlik aan om die gereg te kan eet. My seun van 20 wat glad nie lief is vir rys nie vra elke keer ‘n tweede porsie.
Net weer die resep:
Ek kook my rys vooraf amper gaar, moet nog effens hard wees, nie pap nie.
3 gekerfde uie
125 – 250 g maalvleis
5 ml oreganum
2.5ml gemengde kruie
speserye na smaak

Braai die uie in ‘n olie en botter mengsel in ‘n braaipan tot sag en begin bruin word.
Voeg die maalvleis by en roerbraai tot vleis lekker los en bruin is.
Voeg die oreganum, gemengde kruie en speserye na smaak by.
Voeg nou die gaar rys by en roerbraai tot lekker gemeng.
Ek braai dit tot dit so effens vasbraai aan die bodem van die pan op ‘n medium hitte. (Dit gee dit so effense krakerige tekstuur en neuterige smakie)
Ek braai ook soms gesnyde sampioene en fyn gekapte greenpepper by die uie wanneer ek dit braai, maar gereg is net so lekker sonder dit. Geniet dit.
Resep  en foto: Esmarie Friedrichs




GERMAN MEATBALLS IN CREAMY CAPER SAUCE

 

2015-01-13-germanmeatballstested

GERMAN MEATBALLS IN CREAMY CAPER SAUCE
Serves: 4
Meatballs:
2 slices bread / roll
250 ml lukewarm milk
500 g ground veal or 400 g beef and 100 g pork
1 large egg
2 – 4 Anchovies, finely chopped
2 onions, finely chopped
1 teaspoon butter
1 bunch flat leaf parsley, ¾ of the bunch finely chopped
zest of 1 small lemon
400 ml beef or veal stock
freshly cracked black pepper
Sauce:
30 g butter
25 g flour
3 tablespoons capers
2 tablespoons lemon juice
125 ml cream
⅛ liter dry white wine (Optional)
pinch of sugar
freshly cracked black pepper
2 egg yolks
To make the meatballs, tear the bread roll into pieces and soak in the milk until soft. Press excess milk and mix together with the ground veal and egg. Add the chopped parsley and zest.
Melt the butter in a large pan and sweat the onions until fragrant and transparent. Add to the ground veal together with the finely chopped anchovies. Season well and form approximately 16 meatballs.
Bring the stock to a boil, then reduce to a gentle simmer. Add the meatballs and cook them for about 10 minutes. Remove and set the meatballs aside, then strain the stock and reserve for the sauce.
To make the sauce melt 30g butter in a large pot. Sprinkle with the flour and cook until golden. Pour the stock in batches until the mixture is smooth. Add the capers including the liquid, the lemon juice, cream and the wine. Season with salt, sugar and the pepper.
Lightly beat the egg yolks and whisk into the sauce, making sure it does not boil.
Slowly add the meatballs to the sauce and allow them to heat through.
Serve with the rest of the parsley and lemon wedges and steamed or boiled butter potatoes.
Recipe shared: Joan Schubert




BOBOTIE WAT GEVRIES KAN WORD

tested
BOBOTIE WAT GEVRIES KAN WORD
2 groot uie
2 eetlepel botter
3 snye brood
½ koppie kookmelk
3 eetlepels borrie
1.5 eetlepel kerrie
3 eetlepels appelkooskonfyt
1 eetl blatjang
¾ koppie asyn
1 eetlepel suiker
2 eetlepels sultanas
1 gerasperde appel
900 g maalvleis
2 eiers
1 koppie melk

Braai uie bruin in botter.
Week brood in melk, druk melk uit, voeg by uie.
Meng res van bestanddele behalwe vleis, melk en eiers.
Voeg by uie en stowe 10 min.
Voeg die warm sous by vleis in kastrol en laat kook tot gaar.
Roer af en toe.
Skep in vriesbare bak en laat afkoel.
Sit in vrieskas.
Ontdooi oornag in koelkas.
Klits eiers en melk en giet bo-oor.
Bak by 190°C vir 15 min.
BRON – Ben Rautenbach




FRIKKADELPASTEI

tannie poppie se frikkadelpasteitested
FRIKKADELPASTEI

Frikkadelle
1 kg maalvleis
250 ml geweekte brood (in melk)
Sout en peper na smaak
2 eiers

Tertkors
500 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
’n Knippie sout
250 ml botter of margarien
1 eier
5 ml water

Berei die frikkadelle: Meng die maalvleis, brood, sout en peper en een geklitste eier goed saam. Klits die ander eier in ’n afsonderlike bakkie. Vorm frikkadelle en smeer hulle met die ander geklitste eier (dan breek die frikkadelle nie).

Berei die tertkors: Voorverhit die oond tot 200°C. Sif die droë bestanddele saam. Vryf die botter of margarien met die vingers in (dit moet soos mieliemeel lyk). Klits die eier en water goed saam en voeg by. Meng met ’n slaplemmes om ’n stywe deeg te vorm.

Rol die deeg dun uit, voer ’n gesmeerde oondbak daarmee uit en sit die frikkadelle in. Sit nog ’n lagie deeg oor en sny met ’n skerp mes ’n paar snytjies in. Bak 30 minute lank. Lewer 6-8 porsies.

Hier is nog ’n lekker resep uit “Tannie Poppie Kook”

Foto: Martie Fourie Moolman
Martie se nota:
Dit was bietjie droog, ek het extra maer maalvleis gebruik en het my eie frikkie resep gemaak. Ek dink die extra maer vleis het dit droog laat uitkom. Sal dit met bietjie water of aftreksel bietjie aanklam die volgende keer of miskies maalvleis met ‘n vet inhoud.




STAMPMIELIE-BOBOTIE

2015-01-05-bobotie
STAMPMIELIE-BOBOTIE
2 koppies rou stampmielies , maar week dit die aand vooraf
10 ml borrie
Sout
2 groot uie – ringe gesny
Olie
25 ml sterk kerrie poeier
1 kg maalvleis
50 ml blatjang
30 ml suiker
10 ml tamatiepasta
60 ml druiweasyn
Sout en Peper
Koppie melk
2 eiers
2 lourierblare

Verhit oond tot 180 grade C
Spuit groot oondvaste bak met C&S
Dreineer stampmielies en bedek met skoon koue water.
Voeg net helfte van borrie by water en kook tot die mielies sag is maar nie pap.
Geur na smaak met sout en peper.
Dreineer goed en hou eenkant
Soteer uie , voeg oorblywende borrie by en kerriepoeier en roerbraai so 1 minuut.
Voeg maalvleis bietjie bietjie by en braai tot gaar. Voeg die res van bestanddele by .
Prut nog ‘n paar minute.
Voeg stampmielies by en meng.
Skep nou in die bak en meng melk en eiers goed saam en giet oor mengsel . Plaas blare bo-op en bak 30-40min. Geplaas deur Esme Slabbert




UPSIDE DOWN EGGPLANT WITH RICE AND MINCE MEAT

UPSIDE DOWN EGGPLANT WITH RICE AND MINCE MEAT
Photo and recipe posted by Di Bo
FOOD LOVERS RECIPES

Slice up 4 eggplants in about 1cm thick cutting through the whole thing. Each one should cut up about 4 slices depending on size
After slicing them sprinkle salt on them to get the bitterness out and allow to soak up the salt for about ½ hr

Deep fry the eggplant until fully golden brown on both sides and allow to drain in a strainer. Leave for about an hr to drain all the excess oil
Cook about 2 cups of rice like u normally would but add a teaspoon of tumeric.
While that’s cooking in a pan fry about 500g of mince meat. Fry until fully cooked and put aside. In a small fry pan fry a hand full of pine nuts and cook until lightly golden.
Then once the rice is cooked start layering it in a deep pan
First place all the rice done the bottom and spread evenly.
Then add the eggplant on top of the rice. Make sure to cover all the rice.
Then add the meat also covering all the eggplant and then the pine nuts

Enjoy! U can eat yoghurt next to it or even tzatziki