LEKKER MAALVLEIS VIR VETKOEK

 

2015-07-06-zenkitchntested

LEKKER MAALVLEIS VIR VETKOEK
Braai jou uie wat lekker fyn gesny is met sout en swart peper tot sag en bruin. Braai dan jou mince saam met die uie tot gaar. Skil twee groot aartappels en sny in klein blokkies. Voeg by die mince met bietjie water en kook tot die aartappels sag is. Gooi nog sout en peper indien nodig. Druk effens fyn en walla. Baie lekker in vetkoek.
Bron: Esterlita Pieterse Roos
Foto: Zenkitchn




PANNEKOEK LASAGNE MET ‘N VERSKIL

2015-07-08-pannekoeklasagne(1)testedpannekoek lasagne met hoender

PANNEKOEK LASAGNE MET ‘N VERSKIL
Om pannekoek, pleks van pastavelle, vir lasagne te gebruik, sorg vir dunner, sagter lagies tussen die vleislae; en vir ’n heerlike geur.
Sorg dat jy ’n ronde bak gebruik wat net ’n rapsie groter as die pannekoeke is, sodat die pannekoek perfek daarin pas. Dis ook ’n lekker resep vir die plat ysterpot en kan maklik oor die vuur gemaak word.
Vleissous:
30 ml olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekap
250 g beesmaalvleis
250 g gemaalde varkvleis
15 ml Worcestersous
15 ml tamatiepasta
1 blik (410 g) tamatiepuree
125 ml water
sout, swartpeper en suiker na smaak
5-10 ml gekapte vars OF 3 ml droë oreganum
Witsous:
45 ml botter
45 ml koekmeel
850 ml louwarm melk
sout en peper na smaak
6-8 pannekoeke
2 eiers

Vir die vleissous: Verhit die olie en braai die ui en knoffel in ’n pot tot geurig. Voeg die vleis by en braai tot gaar. Voeg die res van die bestanddele by en verhit tot kookpunt. Prut vir 20 minute baie stadig, terwyl jy nou en dan roer. Terwyl die vleissous prut, maak ’n witsous van die botter, meel, melk, sout en peper. Voorverhit die oond tot 180°C.
Om saam te stel: Skep ’n dun lagie vleissous onder in ’oondbak en smeer gelyk. Sit ’n pannekoek bo-op en skep nog ’n lagie vleissous op die pannekoek. Skep ’n dun lagie witsous bo-oor die vleissous en bedek met nog ’n pannekoek. Herhaal die lae en hou sowat 250 ml witsous oor om bo-op te gebruik. As jy jou laaste lagie vleissous geskep het, voeg die eiers by die orige witsous en klits goed.
Skep die sous bo-op en bak vir 30 minute tot die sous goudbruin en die lasagne deurwarm is. Laat staan vir 10 minute voor jy die lasagne voorsit. Eet dit met ’n mengelslaai. Lewer 8 porsies.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
Foto 1:  Maurice Darren Olivier
Foto 2:  Adam Cloete
Foto 3:  Erika Weber Vos
Ons het die lekker pannekoek lasagne bietjie verder geneem en hierdie keer hoender in plaas van maalvleis gebruik.

Aletta Muller
Vleis gaar gemaak soos vir lasagna, witsous van ‘n 1 L melk gemaak.
Pannekoek resep:
1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
2 eiers
½ koppie olie
1 ½ koppies koue water

Meng baie goed en bak.
Resep is vir ± 6 pannekoeke.
‘n Laag pannekoek dan ‘n laag vleis, witsous, dan weer pannekoek en weer vleis en witsous en laaste ‘n laag pannekoek en witsous en dan ‘n lekker laag gerasperde kaas. Bak vir 45 min by 180ºC.




CAPE BOBOTIE

 

2015-07-05-capebobotietested

CAPE BOBOTIE

INGREDIENTS
1 tbs cooking oil
350g mince
1 onion chopped
1 garlic clove crushed
2 tbs curry powder&Korma paste
1 large carrot grated & 1 granny smit Apple
1 tbs chutney(I always use Mrs Balls)
1 tbs vinegar
hand full of raisins
375 ml milk
2 eggs
2 slices of bread
1 bay leaf.

METHOD
Heat oil in large pan add mince to brown,add chopped onion garlic,curry powder &korma paste,add grated carrot,Apple,chutney,vinegar and raisins,add little water to simmer for few minutes or until carrot soft and rains swelled and season with black pepper and salt,pour 125 ml milk over bread let it soaked,mix remaining milk&eggs together,mash bread into mince mixture,spoon the mince mixture into an ovenproof dish and spreading evenly,pour egg custard over mince mixture and place bay leaf in centre.Bake at 160 degrees C or until egg custard has set.Enjoy!

SOURCE: Internet
PHOTO: Marian Vollenhoven




INDIESE RYS EN MAALVLEIS

tested

INDIESE RYS EN MAALVLEIS
500 g maalvleis
2 rooi uie gekap
2 knoffelhuisies, gekap
2 rissies, ontpit en gekap
sout en peper
¼ teelepel elk van garam masala, fyn komyn, fyn koljander en kerriepoeier
2 koppies gaar rys
500 g gevriesde ertjies

Braai uie in olie tot sag, voeg knoffel, rissies, sout, peper en speserye by. Voeg maalvleis by en braai tot gaar. Voeg dan gaar rys en ertjies by. Roer goed deur. Draai hitte af tot laagste en laat vir 5 min stowe tot ertjies warm is. Bedien met mengelslaai.
Foto en resep: Susan Snyman La Grange




RETHA SE HEERLIKE LASAGNE

 

RETHA GROBLER SE HEERLIKE LASAGNEtested

RETHA SE HEERLIKE LASAGNE
Ek gebruik nie eintlik mates nie, maar sal skat…. “Here goes” …..

1 Groot ui
1/4 Groenrissie
1 tl “crushed” Knoffel
1/2 Pakkie Spek
500gr + maer Maalvleis
1 Blikkie tamaties
3/4 K Sampioene
1/2 tl Mixed Italian herbs/ Sweet Basil
Sout en Swart peper na smaak
2 Eetl Asyn
1 Eetl Worcesthire Sous
2 tl Suiker
3 Eetl Blatjang
1 Pak Lasagne velle ( Ek hou daarvan om 1 laag gewone, 1 laag spinasie te maak)
1/2 Blok Blou kaas (eg. Simonsberg se Bluerock) (opsioneel)
Cheddar kaas
Maak jou eie witsous/bechamel sous soos verkies. Ek hou nie van gekoopte sous nie.

Braai uie, knoffel, groenrissie en spek saam tot halfgaar in olyfolie.
Voeg maalvleis, Worcesterhire sous, asyn en speserye by. Kook tot vleis amper gaar is.
Voeg sampioene en tamatie by, asook suiker en blatjang.
Laat alles prut tot tamaties gaar is.
Voeg halwe blok bloukaas by en roer deur. (Dit is ‘n smaak “ding”)

Sit onder in die bak eerste ‘n bietjie vleissous en witsous, dan velle. Maak lae tot bak so te sê vol is. Los spasie want lasagne velle “krul”. Laaste laag is witsous.
Bak teen +- 160’C vir 45min of tot lasagne sag is. Sit oond af.
Haal uit en sprinkel met kaas. Sit terug in pond tot kaas gesmelt is.
PS: Moenie sout by vleis sit as jy Bloukaas gaan gebruik nie…..
BRON – Retha Grobler




MADELEIN SE BOBOTIE

2015-07-02-madeleinsebobotietested

MADELEIN SE BOBOTIE
2 dik snye bruinbrood
500 ml melk
2 groot uie, gekap
15 ml appelkooskonfyt (3 teelepels)
5 ml gemmer (1 teelepel)
2 eiers
paprika (opsioneel)
1 kg maalvleis
olie vir braai
15 ml kerriepoeier (3 teelepels)
75 g pitlose rosyne
1 pakkie beesstert soppoeier
2 ml droë mosterd
sout na smaak
5 ml aromat (1 teelepel)

Week brood in helfte van die melk.
Braai uie in bietjie olie tot sag en goudbruin.
Voeg by kerriepoeier, gemmer, appelkooskonfyt en rosyne en roer.
Voeg vleis by en roer, braai deeglik.
Voeg soppoeier en brood by.
Klits eiers en oorblywende melk, mosterd en sout.
Voeg die helfte van die mengsel by vleis.
Skep in oonskottel.
Gooi res van melkmengsel bo-oor.
Bak ongeveer 25 min teen 180ºC.
Strooi paprika oor en bedien.

Foto en resep:  Madelein Welman




LEKKER PYNAPPEL FRIKKADELLE

tested
LEKKER PYNAPPEL FRIKKADELLE
1 kg maalvleis
1 groot of 2 kleiner uie
1/2 soerissie
2 eetlepels pietersielie
2 eiers
1 sny brood
3 teelepels tamatiesous
2 teelepels sout
1 teelepel swartpeper
1 teelepel paprika
1 teelepel tjop speserye (of na smaak)
1 teelepel sojasous
klontjies botter

SOUS
250 gr gekapte bacon
1 klein ui
1 blik pynappel stukke of moes
2 groot geelwortels, gerasper
1/2 soetissie
2 eetlepels sojasous
3 teelepels asyn
3 teelepels Mazina
1/2 teelepel tabascosous

Meng al die bestanddele van die frikkadelle (behalwe die botter) en vorm balletjies, pak in oondskottel, stip met botter en stowe tot gaar.
Sit in opdien bak en hou warm.
Braai nou die spek en uie tot gaar en voeg dan al die sousbestanddele (pynappelsous ook) by en prut tot wortels gaar is. Gooi dit oor die frikkadelle en bedien.
Resep geplaas deur Rina Kleinhans




SAMP BOBOTIE


SAMP BOBOTIE
Preparation time: ± 10 minutes
2 medium onions, chopped
1 medium apple, chopped
15 ml (1 tbsp) oil
250 ml (1 cup) / 230 g lean mince, cooked
500 ml (2 cups) samp, cooked
50 ml sultanas / raisins
5 ml (1 tsp) salt
pinch of pepper
15 ml (1 tbsp) sugar
50 ml (1/5 cup) vinegar
20 ml (4 tsp) curry powder
1 bay leaf
1 egg
125 ml (½ cup) low fat milk

Preheat oven to 180°C.
Heat the oil in a pan or spray a little oil spray in a pan and sauté the onion and apple until translucent.
Mix all the remaining ingredients in a separate bowl except the egg and milk.
Spray an ovenproof dish with oil spray or grease the ovenproof dish with a small amount of oil using a paper serviette / towel.
Transfer the meat mixture to the ovenproof dish.
Stick the bay leaf into the mixture. Bake for 20 minutes.
Beat the egg and add the milk. Pour this mixture over the meat and bake for another 5 minutes until milk mixture is cooked.
Rene Truter Wessels




HAMBURGER PATTIES-VARIASIE

tested
HAMBURGER PATTIES-VARIASIE
750 g maalvleis
3 snye brood krummels
1 klein ui
1 teelepel gemengde kruie
1 teelepel koljander
½ teelepel braaivleis speserye
1 pakkie beesstert soppoeier
1 teelepel pietersielie
1 eier
Swart peper
Meng goed en maak patties.
Resep geplaas deur Carien van Eck

Michelle van der Vyver
Gebruik goeie maalvleis, rasper 1 ui en 2 middelmatige aartappels in.
Sout en peper na smaak en bietjie pietersielie, en speserye
Klein bietjie blatjang en tamatiesous, meng goed deur, maak bolletjies, druk effens plat.  Bak in die oond of in ‘n pan met bietjie olie onder in.
Ek maak my pan toe met foelie, as halfpad gaar is draai ek dit om

Lelane Van Der Walt
2 snye brood brood geweek in melk, 1 pakkie maalvleis, 1 eier, brood krummels, Ina paarmans beesvleis stock droog, worcestersous, knoffel, sout, peper, tiemie ens. Meng alless liggies, sit in yskas om koud te word tot gebruik. Braai in olie/ air frier/ griller. Sit kaas op sodra reg en warm. Geweekte brood rek jou maalvleis en maak dit nie te droog nie.




EASY MINCE STEW

2015-06-24-easymincestewtested
EASY MINCE STEW
1 med onion
1 tablespoon olive oil
1 tablespoon crushed garlic
500 g mince
¼ cup tomato sauce
¼ cup chutney
1 tablespoon Nandos chilli sauce
1 tablespoon Worstershire sauce
½ cup water
1 teaspoon mixed herbs
1 teaspoon salt
1 teaspoon pepper
1 tin of sweetcornChop onions and fry in oil with garlic. Add mince and brown. Mix sauces, water and spices together and add to the mince. Simmer for about 10 minutes. Add sweetcorn and simmer for a further 10 minutes.
Serve with rice/ pasta

Recipe and photo: Ashlea Zinn