HEERLIKE BURGER PATTIES


HEERLIKE BURGER PATTIES
2 kg maalvleis
2 eier
1 pakkie beesstertsop
1 pakkie sampioensop
2 uie
2 knoffel
sout en peper
2 eetlepels sout en suur sous
2 eetlepels Worcestersous
1 eetlepel olyfolie
1 teelepel pietersielie
Feta kaas, opsioneel

Meng alles saam en gebruik “pattypunch” om patties te vorm. Verpak soos verkies.
Resep geplaas deur Braam Barnard
Foto: Braam Barnard




MAALVLEIS EN PORTOBELLO SAMPIOENE


MAALVLEIS EN PORTOBELLO SAMPIOENE
2 pakkies portobello sampioene (om en by 13 sampioene)
1 pakkie spek stukkies
1 pakkie maalvleis
margarien
olie
sout en peper
Robertsons feshly ground country herb blend
1 groot ui
gerasperde kaas
melk
meel
gedroogde broodkrummels
roomkaas
knoffel en kruie (crushed garlic and herb mix)
2 teelepels suiker
Sampioene:
Breek steeltjies uit sampioene en plaas in oondvaste bak.
Smelt botter/margarien met so 2 opgehoopte teelepels knoffel en kruie mengsel.
Skep lepeltjies vol van die gesmelte botter mengsel oor elke sampioen.

Vleis:
Braai spek in bietjie margarien en olie.
Wanneer amper gaar, voeg maalvleis by en snipper sampioen stingeltjies ook in.
Sout en peper na smaak.
Robertsons herb blend na smaak.
Braai tot gaar.
Skep oor sampioene.
Roomkaas:
Skep bietjie roomkaas volgende op.

Ui:
Sny ui lekker fyn op.
Braai in selfde pan as waarin spek gebraai was.
Voeg nog bietjie margarien en olie by as wil.
Opsioneel is so 1 tot twee teelepels suiker sodat dit help met karamalisering.
Kan ook klein bietjies water op ‘n slag bygooi om die pan te ‘de-glaze’.
Skep die droog gebraaide gekaramaliseerde uie bo-oor.

Kaassous:
Maak gewone witsous deur margarien te smelt in pan of ‘n kastrol, voeg melk by en meng meel in. Kook oor lae hitte. Voeg genoeg gerasperde kaas in om lekker kaassous te maak. Gooi oor.
Hoeveelhede van bestanddele vir kaassous sal afhang van hoeveel kaassous u wil maak. Kan ook sommer klaar kaassous koop en gebruik indien verkies.
Eindig af deur broodkrummels oor die dis te strooi.
Bak in voorverhitte oond teen 180°C vir so 40-50 minute of tot sampioene lekker gaar is en sous dik gebak.
Bedien met slaai.

Variasie:
Vul sampioene met knoffel botter, room spinasie en gaar lensies en strooi gerasperde kaas oor. Bak en geniet saam slaai.
Kan maklik ook die twee resepte vermeng om nog variasies te verkry.
Lekker eet!
Foto: Erika Foot
Resep geplaas deur Erika Foot




PASTA EN MAALVLEISGEREG


PASTA EN MAALVLEISGEREG
1 groot ui, gekap
250 g spek stukke
1 kg maalvleis
1 blik baked beans
kaassous
bobotie sous (of mince spice)
½ pak macaroni
gerasperde kaas
sout en peper

Braai die ui. Braai die spek stukke daarby met lekker baie knoffel. Braai maalvleis daarby met sout, pepper en ek het n pakkie Bobotie sous gemeng met 1 koppie water en die maalvleis daarin gaar gekook. Dit moet souserig wees.
Skep dit nou onder in ‘n glas oondbak. Skep bo-op die blik baked beans met sy sousie.
Maak die macaroni gaar soos normaal. Maak witsous of soos ek 1 pakkie kaas en sampioensous met kookwater gemeng en toe voeg ek sommer 2 hande vol gerasperde kaas daarby en nadat macaroni afgespoel is het ek die kaassous daarby gemeng.
Skep nou die macaroni bo-op jou boontjies. Ek het ‘n goeie klomp swartpeper oor gerasper. Nog kaas bo-op gesit en nou smelt jy net jou kaas onder die gril in jou oondjie.
Resep en foto: Ronell Visser Gouws




ALTA SE BOBOTIE EN HERDERSPASTEIE IN DIE OOND


ALTA SE BOBOTIE EN HERDERSPASTEIE IN DIE OOND
BOBOTIE
Vinnig en goedkoop!
1 kg gemaalde maer beesvleis
2 koppies water
Kook saam tot gaar, gooi water af en hou eenkant.
Voeg by vleis:
1 koppie pitlose rosyne of sultanas
1 groot ui, grof gekap en gebraai
2 teelepels Aromat
2 eetlepels kerrie poeier van jou keuse
1 eetlepel asyn
1 teelepel sout
1 pakkie beestert sop poeier
2 snye wit brood, geweek in afgegooide water

Smeer oondbak.
Gooi vleismengsel in bak.
Smeer lagie appelkooskonfyt bo-oor.
Gooi 2 geklitste eiers wat gemeng is met ½ koppie melk bo-oor.
Bak in 180ºC oond vir ±30 min tot mooi bruin en gaar.

HERDERSPASTEI
500 g beesmaalvleis
500 g vark maalvleis, nie te vetterig
2 koppies sagte broodkrummels
1 koppie melk
1 eier
1 ui gekap
2 teelepels sout
1 teelepel aromat
1 teepel varsgemaalde swartpeper
1 teelepel fyn koljander
2 eetlepels Worcestersous

Meng boonste bestanddele saam en druk liggies in pan.
Bak ± 1 en ‘n ½ uur by 160ºC.
Maak kapokaartappels om bo op te sit.
Sit kapokaartappels bo-op herderspastei.
Bak weer tot die aartappels net mooi verkleur.
Resepte en Foto: Alta Gunter Van Dyk




MAALVLEIS LEKKERTE


MAALVLEIS LEKKERTE
maalvleisnessies
maalvleis mini-pizzas
maalvleis pastei-rol
Bestanddele vir al drie geregte:
800 g maer maalvleis
3 medium uie
800 g vars tamaties
2 medium green peppers
4 klein jalapeno peppers (gebruik handskoene of laat weg indien nie van brand hou nie)
grofgemaalde swartpeper na smaak
gedroogde knoffelvlokkies na smaak
1 pakkie Royco sweet and sour sauce
Wellington Sweet Chilli-Naise dressing
2 rolle short-crust pastry (ontdooi deeg vooraf en hou koel in yskas)

Verhit oond tot 180ºC.
Maalvleisvulsel:
Voeg die maalvleis in ‘n groterige pan (sonder water of olie, die groente maak sap). Verwyder die tamatie en uie se skille en peppers en jalapenos se pitte en sny als fyn. Gooi die peper en knoffelvlokkies by. Prut alles saam in ‘n pan, hou dop dat dit nie brand nie die groente se sap kook uit, maar raak min. Gooi laastens die Royco sous (aangemaak in min water) by en kook deur. Die eindproduk moet min sous hê.
Rol die een pak deeg op ‘n meelbestrooide oppervlakte uit en druk sirkels uit. Ek het ‘n leë “baked beans” blik gebruik en dit maak maklik en die regte grootte: 12 deegsirkels vir muffinpan en 16 vir die pizza plaat.

Maalvleisnessies:
Vat ‘n muffinpan, spuit met cook and spray. Plaas die 12 deegsirkels in elke gat. Bak so 5 min in die oond sonder die vulsel en haal dan uit. Skep lepels vol maalvleismengsel dan in die holtes nessies en versprei eweredig. Bak tot amper gaar en smeer dan bietjie chilli-naise sous bo-oor (of eier of kaas as jy verkies). Bak tot goudbruin en deeg mooi gaar onder.

Maalvleis mini-pizzas:
Plaas die 16 deegsirkels op ‘n bakplaat (vooraf gespuit met cook and spray). Skep lepels vol maalvleismengsel op en smeer chilli-naise sous oor. Bak tot goudbruin en deeg mooi gaar onder.

Maalvleis pastei-rol:
Rol die oorblywende rol deeg uit. Smeer die deeg met chilli-naise en skep dan die oorblywende maalvleismengsel oor die hele deeg. Rol op en sny in pastei grootte stukke. Smeer bokant met melk of eiergeel (ek het nie maar dit sal mooier vertoon). Bak tot goudbruin en deeg mooi gaar onder.
Geniet saam met mengelslaai of hou oorskiet vir middagete môre.
Resep en fotos: Christelle van Rooyen




LASAGNE MET OEMF


LASAGNE MET OEMF
2 uie
1 geel pepper gekerf
500 g maalvleis
1 gerasperde wortel
1 fyn gekapte seldery stingel
Tamatie en basilsous van Ina Paarman  (600 g)

Braai uie, pepper, maalvleis, wortel en seldery stingel tot mooi gaar, voeg bietjie sout en peper by.
Gooi nou ‘n pak van Tannie Ina Paarman’s se tamatie en basil sous by (kyk by pasta souse by jou ketting winkels)
Prut stadig vir so 15-20 minute.

Intussen maak jou witsous (ek het nie hoeveelhede nie)
Botter (so halwe koppie)
Meel (haal van plaat af, gooi by botter en roer) So driekwart koppie
Terug op die plaat en melk (ek het omtrent 750 ml gebruik)
En roer tot lekker dik maar loperig.
Smeer bodem van oondvaste bak wat met olie gespuit is eerste met witsous.
Pak lasagne bo-op
Dan maalvleis
gekapte basil
kaas (cheddar)
nog kaas (grana padano)
Herhaal
Eindig met witsous, dan cheddar, grana padano en gekapte chives.
Bak in die oond 45-50 minute, 180°C
Resep en foto: Natacha Visagie




TRADITIONAL BOBOTIE


TRADITIONAL BOBOTIE
(8 generous portions) in a 20 cm x 40 cm square glass oven dish
2 slices of white bread soaked in one cup of milk
extra milk – maybe half to one cup
2 eggs
1 kg mince
2 teaspoons of turmeric
2 chunky desert spoons of chutney (Ms Balls Original is good)
2 rounded teaspoons of curry powder (maybe a bit more, you can add to taste when cooking)
2 dessert spoons of vinegar
2 tablespoons of sugar
8 chopped almonds (optional)
2 full teaspoons of salt
2 medium onions, chopped
Pepper to taste
1 cup of sultanas
4 bay leaves

Fry the onions and add the spices, vinegar, almonds and the meat. Fry until meat is browned well.
Mash up the bread, drain milk into a bowl. Add the bread, sugar, sultanas and chutney to the meat. Simmer for a while (20 minutes).
Adjust seasoning to taste.
Transfer to an oven dish, pat it down with a spatula and let it cool for a few minutes.
Mix eggs with drained milk and add more milk to make sure there is enough to cover the dish with about 3 to 5 millimetres to form a topping.
Pour the egg and milk mixture over the mince.
Stick the bay leaves into the bobotie, spaced apart about 5 cm (no science here, just stick them in so half is still exposed as you want to pull them out before dishing).
In the oven at 180°C for about 20 minutes.
Serve with long grain rice, salad and a dollop of Ms Balls chutney on the side!
Recipe posted and photo by Louw Coetzee




NONNA’S MEATBALLS


NONNA’S MEATBALLS
Baie lekker, sappige frikkadelle – word nie vooraf in olie gebraai nie, slegs in sous gaar gemaak.
Napoletana Sauce:
50 ml olive oil
½ onion, roughly chopped
2 cloves of garlic, roughly chopped
salt and pepper
500 ml tomato passata or tinned tomatoes (optional add tomato paste for extra flavour)
chopped bacon, optional

Fry onion in oil, add garlic and bacon when onion is almost done so it doesn’t burn.
Add rest, bubble slowly until nice and thick. I prefer to make double the sauce.

Meatballs:
100 g bread, crust removed
150 ml milk
1 teaspoon olive oil
¼ onion, finely chopped
1 clove garlic, finely chopped
20 g chopped flat leaf parsley
200 g pork mince plus 200 g beef mince – I use 400 g pork mince only
50 g grated Parmesan (not the powdered dust)
100 g grated Mozzarella
1 teaspoon salt
pinch pepper

Fry onion until soft, set aside to cool.
Soak bread in milk to soak for couple of minutes.
Squeeze out excess milk and discard (or add to the Napoletana sauce)
Knead together by hand until well combined. Add egg and mix until mixture binds together.
Divide mixture and roll into even sized balls. (I prefer about squash ball size)
Place meatballs into simmering sauce and simmer, until meatballs are cooked through.
Turn meatballs halfway through the process – about 15 – 25 minutes depending on size.
If sauce begins to dry out, add ¼ cup water as required.
Serve in small bowls with lots of the sauce. Grate extra Parmesan over – serve with garlic bread
or pasta.
Can be frozen after cooked – cover with a lot of sauce. Put in Ziploc bag to prevent freezer burn.
Recipe posted by Petro Borchard
Photo:  Ek het hierdie weer gister bedien van gevriesde weergawes. In plaas van die sous in die resep, het ek die nuwe geblikte sheba “Boerie Relish” gebruik – dis heerlik en vinnig. Ek het net ekstra basil by gesit.




PEPERSOUS FRIKKEDELLE


PEPERSOUS FRIKKEDELLE
800 g maer maalvleis
250 ml Lancewood klaar aangemaakte pepersous met room
200 ml ongegeurde jogurt
150 ml droë hawer (Jungle Oats vlokkies)

Pluis die maalvleis los met twee vurke. Strooi die hawervlokkies oor die vleis. Meng die jogurt met die pepersous en roer by die maalvleis in.
Meng goed sodat die bestanddele ordentlik versprei is deur die maalvleis. Ek het so 3/4 koppie gekarameliseerde uie van die vorige aand oorgehad en dit bygevoeg vir geur.
Gebruik ‘n roomys lepel en skep ‘n balletjie vleis mengsel in jou hand wat met olie natgemaak is (dit verhoed dat die vleis vassit aan jou vel).
Vorm ‘n ronde frikkie en plaas in oondbak wat gesmeer is met olie. Vorm al die frikkies en pak in die oondbak. Bak oop in voorverhitte oond by 180°C vir 40 min.

Die hawervlokkies suig enige vloeistof op wat die jogurt kan afskei sodat daar nie waterigheid onder in die oondbak agterbly. Kyk op my fotos.

Nota: Die frikkies is los en geurig en hoef glad nie omgedraai te word nie.
Ek is nie seker of dit sal werk om in pan te braai op die stoof want ek is seker dit sal uitmekaar val agv die los tekstuur as dit omgedraai word.
Ek glo dit sal werk as dit stadig op die stoof geprut word met deksel op sonder omdraai maar dan gaan dit vaal vertoon maar nog steeds lekker geurig smaak.
Ek het net met gestoofde perskes en geroomde spinasie bedien.
Resep en foto: Elsabie Templeton




MAALVLEIS, JALAPENO EN TORTILLA GEREG


MAALVLEIS, JALAPENO EN TORTILLA GEREG
500 g beesmaalvleis
2 medium uie, opgekerf
vars pietersielie opgekerf (so 3 na vier takkies se blare)
4 klein jalapeno peppers, ontpit en opgekerf (gebruik handskoene as jy kan, veral die pitte brand). Laat item uit indien jy nie van iets hou wat effens brand nie.
kruie na smaak (ek het fyn naeltjies, koljander, Worcestersous, speserye en sout gebruik)
2 eetlepels suurlemoensap
¼ koppie worcestersous
So bietjie kookolie om bogenoemde in te braai op stoofplaat
1 blik Miami sweet tomato relish
2 koppies gerasperde mozarella kaas
1 pak 150 g Pick ‘n Pay Tomato Salsa Tortilla Corn Chips

Voorverhit die oond tot 180ºC.
Braai die maalvleis en res van bestanddele (behalwe die mozarella, blik tamaties en tortilla chips) saam tot mooi gaar maar nie droog nie. Voeg die blik sweet tomato relish by en kook mooi deur.
Gooi die tortilla chips in ‘n medium glasbak (ek het dit nie gesmeer nie, ek het van die maalvleis se olie afgegooi en bietjie oorgelos) en bedek oor bodem van bak. Gooi ‘n laag mozarella oor. Dan die maalvleismengsel en laastens nog mozarella.
Bak in oond tot kaas mooi gesmelt en goudbruin is.
Resep en foto: Christelle van Rooyen