HEERLIKE MAALVLEISBROOD

11224824_10211257614219008_7916788754861178071_ntested

HEERLIKE MAALVLEISBROOD

My eie deeg gemaak met meel en margarien wat ek ingevryf het,knippie sout en teelepel kremetart gemeng met koue water tot deeg vorm.
ongeveer 100g margarien per 2 koppies meel.
Dit moet net goeie krummels vorm en al die meel moet deurgemeng wees. 1 telepel kremetart per 2 koppies meel.

Maalvleis- braai uie tot sag,voeg tamatiepasta by en braai, voeg maalvleis by en braai. Voeg sout,peper,pietersielie en oreganum na smaak by. Laat afkoel.
Spuit n broodban met spray en cook of smeer.

Rol deeg uit en voer pan uit met deeg. Skep maalvleis in en maak broodjie mooi toe met res van die deeg. Smeer met eier en bak in oond by 180grade vir om en by 40 min of tot goudbruin.
Was heerlik met my gravy.
Bron en Foto: Leonora Bateman




DENZY SE MAALVLEISBOLLETJIE

denzy-se-minsbolletjietested

DENZY SE MAALVLEISBOLLETJIE
Denzy het vanaand Minsbolletjies en chakalaka en chickpeas sousie met kapok aartappels gemaak.
500g skaap maalvleis
fyn koljander
pietersielie
2 eiers
2 blokkies Wheat Bix
2 teelepels barbeque spice
sout, pepper en fyn knoffel, na smaak

Meng die maalvleis met al die ander bestanddele saam, maak bolletjies en bak in oond tot gaar by 180°C.
Vir die sous:
½ pakkie tamatie paste
3 lepels suiker
1 blikkie butternut chakalaka en chickpeas

Ek het tamatie paste in pot gegooi en 3 lepels suiker bygevoeg en bietjie gekook. Voeg die blikkie butternut chakalaka en chickpeas by  en laat kook.

Foto en resep:  Denzel Koenana




PORK AND LEMON MEAT BALLS WITH PASTA

porklemonmeatballstested

PORK AND LEMON MEAT BALLS WITH PASTA

FOR THE MEATBALLS
1 slice white bread , crust removed
45 ml milk|
400 g minced pork
1 lemon , zest plus 5 ml juice
1/2 beaten egg
1 garlic clove , crushed
15 ml chopped sage ( ek het pietersielie ook by gesit en klein bietjie , gerasperde parmesan kaas )

FOR THE TOMATO SAUCE
30 ml olive oil
1 onion , chopped
1 garlic clove , crushed
400 g tin chopped tomatoes
250 ml passata
10 ml sugar
400 g pasta

Soak the bread in the milk for 2 minute , squeeze out excess milk , then place in a bowl with the pork . Add the remaining meatball ingredients , season , then mix well . Using your hands , form into walnut – sized balls .
For the tomato sauce , heat half the oil in a pan . Saute onion and garlic until soft , about 3-4 minutes . Add the tomatoes , passata , sugar and a little seasoning , then cook for a futher 8-10 minutes .
Heat remaining oil in a pan . Fry the meatballs until evenly browned and cooked through .
Cook the pasta in plenty of boiling water .
Meanwhile , add the meatballs to the tomato sauce . Cook gently for a futher 3 minutes until heated through , then serve with the pasta .

PASSATA is a herb seasoned tomato puree . If you can’t find it , use canned tomato puree instead .
Recipe and photo submitted: Petro van Genderen




BAKMENGSEL MAALVLEISTERT

bakmengsel-maalvleisterttested
BAKMENGSEL MAALVLEISTERT
500g maalvleis
1 ui gekap
5ml gemende kruie
375ml melk
125g bakmengsel
3 eiers
5ml sout
Peper
2 tamaties (ekt dit uitgelos)
100g gerasperde kaaa
Voorverhit oond tot 190c
Braai ui en maalvleis en kruie
Skep in bak
Klits melk, bakmengsel, eiers, sout en Peper, tot glad.
Giet oor vleis en bak 25min. Haal uit rangskik tamaties en strooi kaas oor en bak 8 min.
Laat tert 5min lank afkoel!
Baie lekker!!
Bakmengsel wenresepte 2
1kg ongesifte koekmeel
50ml bakpoeier
10ml sout
350g kook vet (holsum)
Sif droe bestandele en rasper vet in en vryf met vingers in !!
Bere mengsel tot benodig! !
Bron: Wenresepte 2
Foto: Benhet Niewenhuis




KARIN SE GROENTE EN VLEIS ETE

1 baktested
KARIN SE GROENTE EN VLEIS ETE
Vat jou braai bak spuit hom met spray and cook.
Gooi rys op die bodem so 1 en n half koppie.
Sprinkel enige soppoeier oor eers net n bietjie.
Sny rou vars groente op, wortels, ertjies, boontjies, baby marrows, mushrooms enige iets.
Sprinkel weer soppoeier op.
Sit rou frikaddelle bo-op, sprinkel soppoeier, peper extra aromat, tiemie, pietersielie en smoked paprika.
Dan die geheim: Gooi 1 liter Ginger Ale koeldrank oor en bak op 180 vir 1 en n halwe uur.

Resep en foto: Karin Hurn




MELISSA’S MEAT LOAF – MEAT BALLS

melissa-se-meat-loaftested

MELISSA’S  MEAT LOAF – MEAT BALLS

1 Onion
1 Granny Smith Apple
750gr Beef Mince
250ml Fresh Breadcrumbs
50ml Seedless Raisins
1 Egg
25ml Milk
37,5ml Chutney
15ml Curry Powder
Salt & Pepper to taste
125ml Tomato Sauce
12,5ml Soft Brown Sugar
Peel and chop the onion finely. Peel, core and chop the apple. Combine the onion, apple, mince, breadcrumbs and raisins, mixing lightly with a fork.
Beat the egg, milk, 25ml of the chutney, 10ml of the curry powder and salt & pepper. Combine lightly with the mince mixture.
Shape into medium size balls.
Grease or spray a 22cm ring mould or 25 x 10 x 7cm loaf pan and arrange the meat balls, closely packed, in it.
Microwave, uncovered, for 7 minutes on 70%.
Combine the tomato sauce, brown sugar and remaining chutney and curry powder. Spoon this mixture over the meat balls. Microwave, uncovered, for 15 – 18 minutes on 50% power.
Allow to stand before serving.
Source: Microwave Winners Annette Human
Photo: Melissa Ann Vermeulen




DUITSE KOOLFRIKKADELE

koolfrikadelletested

DUITSE KOOLFRIKKADELE

Koolkop
2 dikkerige snye witbrood (ek het 125ml oats gebruik)
500ml maalvleis
1 eier
1 ui
1 knoffelhuisie fyngedruk
5ml sout
5ml droë origanum
2ml droë tiemie
1ml peper
1liter beesaftreksel

Voorverhit die oond 180 grade Celsius
Sny sowat 6 van die gesonde buite koolblare versigtig los en kook hulle effens in soutwater op tot hul sag genoeg is om te vou.
Meng res van die bestandele behalwe die beesaftreksel.
Maak balletjies en rol toe in koolblare.
Pak in bak.
Giet aftreksel oor frikkadele.
Bak 1uur lank sonder deksel.

Bron: Wenresepte nr 3
Foto: Benhet Nieuwenhuis




OU KAAPSE BOBOTIE

OU KAAPSE BOBOTIEtested

OU KAAPSE BOBOTIE

1 dik sny wit brood
n bietjie melk om brood in te week
2 e botter
2 uie , gekap
2 huisies knoffel , gekneus
2 e kerriepoeier
2 t borrie
2 t sout
1 e blatjang
1 e appelkooskonfyt
asyn  na smaak (ongeveer 15ml)
2 t suiker
1 kg maalvleis
4 eiers
6 lemoenblare ek het suurlemoen blare gebruik
1 1/2 kp melk om aan einde oor te gooi
Sout en peper na smaak

Voorverhit oond tot 180 C . Week die.brood in n bietjie melk totdat dit sag is en maak dit fyn met n vurk . Druk onnodige vog uit . Smoor die uie en knoffel in die botter totdat dit bruin is . Meng die kerriepoeier , borrie , sout , blatjang , konfyt , asyn en suiker met vleis en voeg dit saam met die brood by die mengsel . Meng alles goed . Smeer n pasteibak en gooi die vleis mengsel daarin . Druk nou blare , in die mengsel . Bak dit vir ongeveer 20 tot 30 minute totdat dit by na gaar is . Klits in tussen die ander twee eiers goed , voeg 1 1/2 koppie melk by , en geur dit met sout en peper na smaak . Gooi dit oor die bobotie en bak dit vir nog 15 tot 20 minute . Sit die bobotie voor met geelrys en blatjang .
Foto: Petro van Genderen




MARISKA SE GLUTEN VRYE “PATTIES”

gluten-vrye-patties-mariskatested

MARISKA SE GLUTEN VRYE “PATTIES”
Hier is ‘n maklike resep vir almal wat op gluten free dieet is.
Selfgemaakte beef patties
1 kg maer beesvleis
1 ui gerasper
1 patat gerasper (gebruik net die helfte)
sout en peper na smaak
2 eetlepels Worcestersous
2 ekstra groot eiers

Meng alles saam en maak lekker groot patties.
Braai die pattie in ‘n pan met bietjie olie tot net gaar.
Bou dan jou burger soos jy daarvan hou.
Myne was oorskiet patat en uie van die patties gemeng met een eier en sout. Vlak gebraai in die plek van ‘n bun.
Avo
Tamatie
Kaas
Pattie
Groot mushroom bo-op… heerlik!!!!

Resep en foto:  Mariska Rossouw




ERIKA’S PANCAKE STACKER

pannekkoek stackertested
ERIKA’S PANCAKE STACKER
3 plain pancakes
mince
thyme
cabbage
zucchini (baby marrow)
carrot
mushrooms
All Gold tomato and herb pasta sauce
Ina Paarman roasts garlic sauce
Cheddar cheese
salt and pepper

Brown mince and veg in a little oil. Add thyme, salt and pepper. Add pasta sauce.
In ovenproof dish layer pancake, mince mix and drops of garlic sauce continue with layering.
Top with shavings of cheddar cheese.
Bake or grill until cheese is melted.
Recipe and Photo: Erika Foot