SPEK EN MAALVLEIS PASTEI


SPEK EN MAALVLEIS PASTEI
1. Gebruik ± een Kilogram maer maalvleis en maak jou eie geliefkoosde frikkadel mengsel.

Voer ‘n ronde gesmeerde oonvaste ronde pannetjie uit met twee pakkies strepiespek sodat dit oor die kante hang.

2. Pak die maalvleismengsel binne in die uitgevoerde pannetjie.


3. Vou die oorhang spekrepies een vir een mooi bo-oor die mengsel.


4. Bak in oond by 180°C vir ± 1 – 1 ¼ uur.
5. Dreineer alle oortollige olierigheid, wat om die kante opdam, af deur die pannetjie skuins te draai terwyl jy die pasteitjie vashou met ‘n spaan of lepel. — OF lig die pastei uit en plaas dit op bakpapier/afkoelrakkie sodat dit nie in die olie bly lê nie.
6. Sny in skywe e n bedien warm saam met kapokaartappels, rys, aartappelskyfies en mengelslaai. Of net saam met verskillende soorte slaai.
Dit wat oorbly kan ook in skywe gesny word en as dit afgekoel is in kosbakke gepak word.

BRON:
Onbekend – ek het net ‘n prentjie of foto gesien my kop probeer gebruik en —– HEERLIK:
FOTOS:  My Eie.Petra Nel




GIDEON SE LAMSVLEIS OONDGEBAKTE FRIKKADELLE


GIDEON SE LAMSVLEIS OONDGEBAKTE FRIKKADELLE

1kg gemaalde lamsvleis
2 eiers
1/2k gewone jogurt
1 gekapte ui
1t sweetchillie flakes
1 1/2 pakkie bruin uie soppoeier
1t droe pietersielie
gemaalde swartpeper na smaak
Meng alles saam en maak bolletjies
En pak in n gespuite vuurvaste bak
Bak in n voorverhitte oond op 200 grade vir 1 uur

Bron en Foto 1: Gideon Louw
Foto 2: Peet Strijudom‎




HEERLIKE BOBOTIEGEREG UIT KOOK EN GENIET

HEERLIKE BOBOTIEGEREG UIT KOOK EN GENIET
2 uie
kookolie
1 kg maalvleis
1 sny brood
125 ml melk
15 ml kerriepoeier
1 ½ eetlepel suiker
10 ml sout
2.5 ml peper
7.5 ml borrie
30 ml asyn
125 ml rosyne en 4 lourierblare – opsioneel
45 ml blatjang
Bolaag:
125 ml melk
2 eiers

Voorverhit die oond tot 180°C.
Braai die uie en maalvleis in ‘n warm pan met olie tot gaar.
Week die brood in die melk, wanneer die brood deurweek is, druk die melk uit en maak die brood fyn.
Meng al die bestanddele saam in ‘n mengbak en skep die mengsel in ‘n oondbak.
Bak die gereg vir 45 min tot 1 uur in die voorverhitte oond.
Klop die eier en melk vir die bolaag saam en giet oor die gereg ‘n halfuur voor dit uit die oond kom.
Sit voor met geelrys en blatjang.
Resep getoets en foto: Lana Veltman




SHAN’S BEEF MINCE PIE

SHAN’S BEEF MINCE PIE

Ingredients:
2 pastry rolls
500g mince
Half cup oil
1 chopped onion
1 large carrot finely chopped
2 large potatoes diced (optional) I preboiled it
2 tablespoons bisto mixed in 1 cup cold water
2 tablespoons tomato paste mixed in half cup of water
1 egg beaten up
Pinch of salt
Ground black pepper
Method:
Fry onions in oil till golden brown
Add carrots fry for 3 minutes
Add diced boiled potatoes
Add mince and turn down heat to medium
Add tomato paste and bisto sauce
Simmer for 10 minutes
Add salt and pepper
Use an oven proof dish and spread it with butter
Layer 1 pastry roll at the bottom
Fill it with the mince filling
On top another pastry roll
Beat up 1 egg and spread all over the pastry
Bake for 20 to 30 minutes on 180 degrees
Source and Photo: Shan T Russ




ELNA SE TUISGEMAAKTE BURGERPATTIES

ELNA SE TUISGEMAAKTE BURGERPATTIES
1 kg maalvleis
1 ui, gekap
5 ml gekapte knoffel
5 ml tamatie pesto
5 ml basil pesto
5 ml Worcestersauce seasoning (Chef’s choice)
2.5 ml kerriemengsel (gekoop by speserye winkel)
2 eetlepels soya sous
½ pakkie wit/bruin uiesop
sout en peper na smaak
15 ml koekmeel
1 eier

Meng alles saam en maak patties. Bak by 180°C tot bruin.
Bedien met Avo salsa.
Twee avo’s fyn gemaak en meng chunky salsa.

Resep en foto: Elna Erasmus




ALTA SE HERDERSPASTEI MET ‘N KINKEL

ALTA SE HERDERSPASTEI MET ‘N KINKEL
Half kilogram van elk: bees blokkies en varkblokkies
3 uie gekap
Kwart van elke kleur bell peper fyn gesny
1 teelepel fyn knoffel

Braai als saam tot uie deurskynend is, Voeg vleis by uie mengsel, braai kook tot vleis sag is, Voeg 1 en ‘n half koppie gevriesde pitmielies en ertjies by, Kook ‘n verdere 10 min.
Maak ‘n pakkie sous aan van keuse en gooi oor vleis , skep in bak.
Ek het 8 medium aartappels gekook fyn gemaak met botter, melk, sout en vars gemaalde swart peper en 1 teelepel bakpoeier, bo- oor vleis geskep , in oond gesit van 180 ºC tot net begin kleur, Bedien met tuisgemaakte beetslaai en mengelslaai.
Bron en foto: Alta Gunter Van Dyk




GERDA SE GEVULDE MURGPAMPOEN


GERDA SE GEVULDE MURGPAMPOEN
1 medium ui (opgekap)
500g maalvleis
1 murgpampoen (groot) – middeldeur gesny en gaar gekook vooraf
1 blikkie gemengde kerrie-groente
Sout en peper na smaak
Bietjie kaas vir bo-oor
Voorverhit oond tot so 170C
Braai uie en knoffel in bietjie olyfolie en voeg dan die maalvleis, sout en peper daarby – braai tot gaar.
Gooi die blikkie groente by en laat net paar minute prut.

Vul die halwe murgpampoen volrond  en strooi bietjie kaas bo-oor.
Bak tot gesmelt in oond.
Ons het net outydse tamatieslaai (uit ons tuin) daarby geeet. 💐

RESEP EN FOTO: Gerda le Roux




VALMA’S COTTAGE PIE


VALMA’S COTTAGE PIE
2 onions , chopped
oil
500 g beef mince
2 carrots , grated
1 cube beef stock , in 1/2 cup hot water
salt and pepper
3 eggs , boiled and peeled ( ek het nie eiers in gesit nie )
6 potatoes , peeled and boiled
splash hot milk
large knob butter
1 tsp ( 5 ml ) BBQ spice
or nutmeg
Preheat oven to 180 C
Saute onions in oil until lightly browned
Add mince and stir with onion until cooked through
Add grated carrots and simmer until pot is almost dry .
Add stock and season.
Spoon mince into dish cut boiled eggs into halves or quarters and press into mince .
Mash potatoes with a little milk and butter . season well .
Spread over mince .
Scatter BBQ spice or nutmeg over mash and dot with a little more butter .
Bake for 30 minutes or until golden . Smaak baie lekker BBQ spice oor .

PHOTO:  Petro van Genderen




FRIKKADEL OF PATTIE


FRIKKADEL OF PATTIE
1 kg maalvleis
Sout en peper na smaak
1 teelepel fyn neutmuskaat
½ teelepel fyn naeltjies
1 eetlepel fyn koljander
1 eier
1 gerasperde ui
1 eetlepel koekmeel kan ook vervang met 2 wheetbix fyn gedruk
Meng nou alles goed saam en rol jou frikkadele of maak patties.
As jy wil kan jy gerasperde kaas ook byvoeg of kerrie met die resep kan jy speel. As jy nie hou van kruie nie kan jy net sout en peper of enige spesery van jou keuse byvoeg.

Bron: Zorana van den Berg
Foto: media




MARIUS SE BOERE LASAGNE

MARIUS SE BOERE LASAGNE
mieliepap wat nie te styf gemaak is nie
maalvleis mengsel
500 g maailvleis
1 uie fyn gekap
1 soet rissie, fyn gesny
1 blikkie tamatie en uie smoor
1 blokkie hoender aftreksel
5 ml gedroogde tiemie
5 ml gedroogde origanum
1 knoffel huisie
Sout en peper na smaak

Braai uie soetrissie en knoffel saam. Voeg tamatie en uie smoor saam en hoender blokkie opgelos in water kook so 10 min sodat suurigheid van tamatie verdwyn, voeg maalvleis en kruie by. Asook sout en peper na smaak. Kook tot maalvleis gaar is en vloeistof bietjie minder is. Nie te droog nie.
Skep pap in oondvaste bak en vorm plat laag. Plaas maalvleis mengsel bo oor en skep weer ‘n laag pap bo-oor, maak dit gelyk. Gooi witsous bo oor (pakkie of self gemaak) en strooi gerasperde kaas oor. Bak in oond by 180°C vir so 20 min tot kaas gesmelt en mooi kleur het.
Bron en foto: Marius Prinsloo