ILLSE SE GUNSTELING PASTA EN MAALVLEIS GEREG

ILLSE SE GUNSTELING PASTA EN MAALVLEIS GEREG
250 g pasta – apart gaargemaak volgens aanwysings
1 pakkie maalvleis
1 pakkie klein mielies, klein gesny
1 pakkie knopie sampioene, in kwarte gesny
1 rooi slaai pepper, blokkies gesny
1 groen slaai pepper, blokkies gesny
1 ui, fyngekap
2 knoffel, fyn gekap
100 g klein spinasie blaartjies
sout en peper na smaak
1 Beef ekstrak blokkie
1 handvol vars basielie, fyngekap
1 groot handvol vars pietersielie, fyngekap
1 eetlepel Sjerrie asyn of rooiwyn asyn
500 ml Passata
2 eetlepels tamatie puree
1 eetlepel elk olyfolie en botter
1 teelepel Robertson steak & chops spesery mengsel

Braai uie en knoffel tot deurskynend in olyfolie en botter.
Voeg al die groente behalwe die spinasie by en roerbraai ‘n paar minute.
Voeg maalvleis by en roerbraai tot bruin.
Voeg passata, puree en bief ekstrak en spesery mengsel by. Meng goed deur. Voeg ook asyn by.
Prut op lae hitte vir 20 minute.
Voeg basielie & pietersielie by asook spinasie en roer deur vir so minuut of twee tot spinasie blare sag is.
Kook intussen ook die pasta sodat alles saam gaar is. Dreineer pasta en voeg by vleis mengsel. Voeg sout en grofgemaalde peper by na smaak.
Bedien warm met sterk Cheddar of Parmesaan kaas bo-op gerasper.
Bron en Foto: Illse Anthony Martheze




KERRIE MAALVLEIS VIR VETKOEKE

KERRIE MAALVLEIS VIR VETKOEKE
Deeg gekoop en gesny en gebak in lekker warm olie.
Bestanddele vir maalvleis
500g maalvleis
1 ui opgesny
1/4 tl vars knoffel
2 medium aartappels
1 k fyn gemengde groente.
1 eetl kerrie
1 tl borrie
Sout en peper
Blatjang na smaak
1 eetl suiker na smaak
Metode
Braai ui en knoffel en voeg al die droë bestanddele by behalwe suiker.
Roer en voeg die maalvleis by. Maak los met vurk om klonte uit te kry.
Voeg bietjie kookwater by, ek prut so 5 minute.
Sny aartappels in klein blokkies en voeg dit en gemende groente by maalvleis.
Voeg nog bietjie water by en kook tot gaar en nie te droog. Indien jy te veel water bygevoeg het vat van souswater en meng met 1 eetl soppoeier. Voeg by en roer.
Prut 5 minute.
As maalvleis gaar lyk toets aartappel met ‘n vurk dan voeg jy die chutney en suiker by en roer deur. Meng die twee eers.
Prut nog 5 minute en sit plaat af.
As dit reg proe kan jy bedien.
NS. Jy kan ‘n lourierblaar byvoeg van kook stadium af, dit gee n lekker smaak.
Resep vir maalvleis: Ronell Muller Boshoff




GERALDINE SE BIEFBURGER PATTIE

GERALDINE SE BIEFBURGER PATTIE
500 g maalvleis
2 sny witbrood (korsies afgesny)
1 eier
2 eetlepels blatjang
1 eetlepel worcertersous
½ teelepel elk van droë tiemie en pietersielie
¼ teelepel elk van fyn naeltjies, “nutmeg” en koljander
1 teelepel sout
Meng alles goed saam.
Vorm “patties” en bak in vlak olie.
Resep: Geraldene Camons Cartwright




BROODROLLETJIE EN FRIKKADEL VERRASSING

BROODROLLETJIE EN FRIKKADEL VERRASSING
Dis rolletjies wat jy uithol en verf met gesmelte botter, knoffel en pietersielie.
Frikkadelle gedeelte is maalvleis, die uithol broodstukkies, kaas, knoffel, sout/pepper, origanum. Maak balle en braai effens.
Ek het sommer 6 gebraaide gesnyde sampioene onder in gesit, toe gerasperde kaas binne en op rande; dan in elke holte ‘n frikkadel. Toe monkeygland en tamatie sous gemeng en ‘n eetlepel op elk gesmeer. Nog gerasperde kaas en bietjie pietersielie bo-op gesit.
Bak 20 minute  180 grade C.
Heerlik.
Bron en Foto: Twané Jansen-Oliphant




FATIMA’S CABBAGE FRIKKADEL


FATIMA’S CABBAGE FRIKKADEL
2 meaty bones or marrow bones ( very important, to give depth in flavor )
3 onions finely chopped
3 tablespoons of cooking oil
2 teaspoons of black pepper
1 teaspoon of salt
3 cloves
3 all spice
1 tablespoon of butter
½ a teaspoon of nutmeg
1 large cabbage

For the Frikkadel ( meatballs)
500 grams of steak mince
4 pieces of white bread soaked in water then squeezed dry .
2 garlic cloves peeled and finely grated
1 peeled onion grated
1 egg
1 teaspoon of salt
1 tablespoon of parsley
1 teaspoon of Black pepper
1 teaspoon of crushed chilies ( optional)

Heat a large pot or saucepan and add your bones and onions, cloves, all spice and salt. Braise till brown, add black pepper and add a cup of hot water. Cook till onions are almost gravy Like – adding water when needed. While this is simmering away – we make the Frikkadel.

Simply mix all meatballs ingredients together in a bowl with your hands – place covered in fridge while you prepare the cabbage leaves.

Ok, now check your pot with the bones and onions and give it another stir. Ensuring that it don’t burn. Keep on simmer.

The Cabbage leaves –
Separate the Cabbage into leaves, cutting the thick vein away or else you won’t be able to fold the leaves – now place the leaves 3 at a time in a large pot with boiling water. Let it cook for just a minute – remove with a slotted spoon – repeat with other cabbage leaves.

Ok – now take out your Frikkadel mix from the fridge – roll little balls and place in centre of cabbage leaves, now roll up into little parcels.

Place cabbage parcels into your brown onion gravy, neatly next to each other, add 1 tablespoon of butter at this stage and sprinkle with a little nutmeg – allow to simmer on a medium heat for 35 minutes. Serve with white rice and some lemon atchar.

Delicious !!!
Source: Cape Malay Cooking with Fatima Sydow




ITALIAN CHICKEN OR PORK POLPETTE IN TOMATO SUGO


ITALIAN CHICKEN OR PORK POLPETTE IN TOMATO SUGO
(Frikkadelle in tamatie en uie smoor)
250 g minced chicken or pork
3 tbsp dry bread crumbs
1 tbsp freshly grated Parmesan cheese (not the powdered junk)
1 tbsp finely chopped parsley
1/2 onion, finely grated
1 large egg yolk beaten
salt and pepper

Mix everything together. Remember the seasoning will seep out of the polpette as they cook, flavouring the tomatoes, so make sure you season them well to start with. Mould into walnut size balls.
Cook tomato sugo – chopped tomatoes, onions, garlic, touch of chilli. Add some Parmesan to taste, add cream – optional. Drop the polpette into the cooked sauce, cook until done. Serve on pasta or rice.

Photo: Petro Borchard




DELENE SE KOOLBLAAR ROLLETJIES

DELENE SE KOOLBLAAR ROLLETJIES

Voorbereiding

2 kleinerige koolkoppe( Groot kool koppe se blare en nerwe is baie hard).
Sny binneste gedeelte van kool (stronk ) uit om Holte te vorm. In n groot pot kook water. Plaas kool in hol kant onder. Draai na om en by 10 min om ( moenie vurk gebruik en blare breek nie. Ek gebruik houtlepels. Na nog paar minute sal boonste laag blare begin los kom. Haal af en uit met n tangetjie. Plaas al die blare op skinkbord ( ek gebruik Groot skinkbord anders ruik als na kool). Sodra al die kool gedoen is en af gekoel het sny die middelste harde “rib” uit( hou alle gedeeltes wat af en uit gesny is om swaarboom pot se boom te bedek. Dit keer dat rolletjies brand . Groot blare kan in kwarte gesny word. Als gedoen.. meng die maalvleis mengsel.
+/- 800g vetterige beesvleis of skaapmaalvleis ( my slagter ontbeen n skaapboud vir my en maal dan saam met vleis van die maagvet van die skaap) te maer vleis maak n harde kompakte rolletjie. Bees maalvleis werk net so goed.
4-5 toontjies knoffel
2 tlp sout
1 tlp wit peper
In n vysel of klein bakkie(ramekin) stamp knoffel sout en peper saam tot fyn. Voeg by sap van 2 kleinerige suurlemoene.
1 kp bonett rys( die rys kook vinnig sag)
1 blik tamatie puree
1 groot sakkie tamatie pasta of 2 blikkies.

Meng als met maalvleis.
Die rolletjies word soos n sigaar op gerol.
Plaas bo op afval stukkies overlapping en styf gepak. Sprinkel kruisement(mint) tussen lae.
Moet nie pot te vol maak nie. ( Ek line my gasstoof bo met foelie. Maak net makliker skoon)
Vul met water ,om en by 2 kp. Net totdat water begin wys tussen rolletjies. Maak toe en kook stadig. Waneer water weg. Weer selfde hoeveelheid water, maak weer mengsel van knoffel sout peper en suurlemoensap en gooi oor bo kant van rolletjies. Deksel stoom stadig.
Waneer gaar smelt kool in mond so sag is dit sonder dat rolletjie soggy is.
Ek maak oor kersfees 2kg vleis-4 kole dit is vir n ete maar teen tyd wat dit afgekoel is vir yskas is dit helfte minder as toe ons klaar ge eet het. Kinders kan nie ophou eet nie.
Dit vries baie goed.
Vra gerus indien hulp nodig het
Ek dra latex handskoene omdat suurlemoensap, tamatie puree en vleissappe my hande brand.

Bron en Foto: Delene Breytenbach




DALEEN SE KOOL FRIKKADELLE


DALEEN SE KOOL FRIKKADELLE
Smeer of spuit ‘n Oondpan.  Voorverhit Oond tot op 200°C en maak frikkadelle van jou keuse.
1 kg rou maalvleis
4 snye brood, gekrummel
1 fyn ui
knoffel, opsioneel
Worcestersous, tamatiesous, geurmiddels, sout, peper en pietersielie, na smaak
1 eier, om te bind
Maak balletjies ongeveer eier grootte.
Neem mooi skoon koolblare geweek in kookwater, die harde gedeelte verwyder om maklik om frikkadel te vou. Sit balletjies elk binne ‘n koolblaar en vou mooi toe, oopkant na onder. Plaas in die oondpan of geskikte glasbak vir hoeveelheid kos en blare beskikbaar. Gebruik net die groen gedeelte van die koolkoppe. Sodra almal klaar is, sprinkel ‘n bietjie goeie kookolie bo-oor en sout en peper.  Sprinkel oorblywende maalvleis bo-oor asook enige indien daar oor is groen blare gesnipper, wat later jou sous sal word. ‘n Blik tamatie en uie smoor van jou keuse eweredig versprei bo-oor en so ‘n eetlepel of twee suiker om die suur van die tamatie/uie te demp. Plaas bak toegemaak in oond by 200°C vir so halfuur om spoed te vang en begin kook/stoom/bak dan oop vir verdere 20 min tot 30 min oop by 180°C of tot liggies bruin bo-op. Hou sous dop. Bedien op rys. Geniet!
Nota:  die oorblywende kopkool word gebruik vir gebraaide boeliebeef gebak of gekook met aartappels, uie en tamatie gemash.

FOTO EN RESEP:  Daleen Terblanche




KRISPIE BROODROLLETJIE GEVUL MET MAALVLEIS

KRISPIE BROODROLLETJIE GEVUL MET MAALVLEIS

Het die harde Krispie broodrolletjies gekoop en net die bokant afgesny. Brood binne bietjie los gewikkel met ‘n mes en plat gedruk met my vingers sodat Broodrolletjies hol is binne.
Uie en maalvleis gebraai met sout, speserye (jou keuse) en Worcester sous.
Het witsous gemaak met wit cheddar kaas, knoffel, sout en pepper en gemeng met die maalvleis.
Skep maalvleis mengsel in elke holte van broodrolletjies saam bietjie “hot sauce”.
Sit klein bietjie kaas op om die bo deel van broodrolletjies ‘vas te hou’, en dan kaas oor bokant gesprinkel.
* Hoeveelhede en filling is maar eie keuse.

Bron en Foto: Frances Smith
In oond gegrill tot kaas gesmelt is en saam met avokado bedien.




LORAINE SE MAKLIKE BOLOGNAISE

LORAINE SE MAKLIKE BOLOGNAISE

My maklike bolognaise – baie komplimente gekry.
500 g topside maalvleis
1 groot gekapte uie
1 teelepel gekneusde knoffel
1 groot pakkie tamatie puree
4 eetlepels tamatiesous
sout en peper na smaak

Braai uie en knoffel saam in ‘n bietjie olie, voeg maalvleis by en braai tot lekker los en gaar. Voeg tamatie puree en tamatiesous saam met so ‘n koppie en 1/4 water, voeg sout en peper na smaak en laat stadig prut vir so half uur.
Ek gebruik hierdie vir my lasagne en ook vir my bolognaise. Almal wat my lasagne al ge-eet het kon nie uitgepraat raak nie..

Resep:  Loraine Peyper Viljoen