SPAGHETTI BOLOGNAISE WITH PINOTAGE

SPAGHETTI BOLOGNAISE WITH PINOTAGE
Bolognaise sous:
1 blikkie gekapte Italiaanse tamaties
1 blikkie tamatie en uie relish
Kruie mengsel so 1 teelepel (gedroog) van elk oregano, roosmaryn, salie en tiemie
1/3 koppie rooiwyn (dis waar ek sommer die Chocoholic Pinotage oopgemaak het)
Balsamiese asyn (ek het sommer ‘n groot eetlepel van my balsamiese druppels “beads” bygesit)
2 teelepels bruin suiker om die suur van tamaties te neutraliseer
Sout en peper na smaak


Sit alles saam in klein kastrolletjie en bring tot by kookpunt en stel die hitte laer en prut vir omtrent halfuur terwyl jy die pasta kook.
Intussen roerbraai so 500 g bees maalvleis tot dit begin verbruin en voeg die tamatie sous daarby en prut tot dit nie meer waterig is nie. Skep oor die warm spaghetti en bedien onmiddelik.
Bron en Foto: Elsabie Templeton




HEERLIKE VINNIGE FRIKKADELLE IN TAMATIESOUS

HEERLIKE VINNIGE FRIKKADELLE IN TAMATIESOUS
Hier is nou ‘n heerlik vinnige frikkadelle met tamatiesous vir pasta of enige stysel
Maak die 3 bestandele frikkadelle en rasper ‘n wortel lekker fyn by.
http://www.foodloversrecipes.com/2017/01/frikadelle-met-drie-bestanddele/
Maak klein bolletjies en braai in bietjie olyfolie tot bruin. Sit eenkant
SOUS – maak hoeveelheid na gelang van die hoeveelheid frikkadelle wat jy gaan maak, hierdie was op 500g maalvleis
1 blikkie tamatie en uie smoor of maak jou eie smoor
5 spriete garlic chives
2 eetl fyn gekapte vars pietersielie
80ml tamatiesous
80 ml sweet chilli sous
1 pk Knorr Tasty Chicken 2 in 1 stew mix (sien foto)
Neem ‘n blikkie tamatie en uie smoor, ek verkies die italiaanse een, gooi in ‘n potjie op die stoof en sny vars garlic chives en pietersielie by en laat lekker deur kook, gooi die tamatiesous en sweet chilli sous by.
Maak pakkie Knorr Tasty Chicken 2 in 1 stew mix aan met so 300ml water en meng by die tamatiesmoor in, laat deur kook, dit gaan nou lekker dik wees, gooi bietjie water by tot dit ‘n aanvaarbare dikte is maar nie te dun en laat deurkook vir die sous om gaar te word.
Sit sout en swart peper by na smaak.
Gooi die sous oor die klaar gaar frikkadelle, draai die plaat af tot by 1 en laat net lekker stadig deurkook. Hierdie klewerige tamatie sous is heerlik saam met pasta of enige stysel.
Ek het net avokado en piesang daarby gesny en dit was regtig baie lekker.
Resep en foto: Rina Kleinhans




OUMA SE BOBOTIE

OUMA SE BOBOTIE
2 dikkerige snye witbrood, breek in stukke
1 blik ingedampte volroom melk (Ideal-melk)
3 eetlepels olie
1 kg maalvleis
2 groot uie, fyn gekap
1 groot wortel, grof gerasper
3 eetlepels marsala
2 teelepels borrie
3 eetlepels appelkooskonfyt
3 eetlepels pitlose rosyne
sap van een suurlemoen
sout en vars gemaalde swartpeper
3 eiers
3-5 suurlemoen- of lourierblare
1 blik gesnipperde tamaties
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
Week die stukke brood in ‘n kwart van die Ideal-melk en hou eenkant.
Verhit die helfte van die olie in ’n groterige kastrol en braai die vleis tot gaar, roer tamaties by.
Skep uit.
Verhit die res van die olie en braai die ui, wortel, marsala en borrie ’n paar minute.
Skep die vleis by die uiemengsel en roer die geweekte brood (met melk), appelkooskonfyt, rosyne en suurlemoensap by die mengsel.
Geur met sout en vars gemaalde swartpeper en skep in ’n gesmeerde oondbak.
Klits die eiers en res van Ideal-melk saam, geur met bietjie sout en giet oor die maalvleis-mengsel.
Druk die lourierblare of suurlemoenblare in die eier en melk mengsel (laat dit regop staan) en bak ± 30 minute of tot gaar.
Die bobotie resep is ongelooflik geurig en baie lekker.
Bron en  1 ste Foto: JT Maritz
2de Foto: Louwtjie Beck




JOCELYN SE WILDS FRIKKADELLE

JOCELYN SE WILDS FRIKKADELLE
Vir die mince mix:
500 g wilds maalvleis
2 eetlepels vars gerasperde gemmer (ek skil nie gemmer nie)
½  knoffel, gekap
paar vars koljander blare, gekap
1 eetlepel soya sous
sout peper na smaak
1 eier
1 chilli, gekap (optioneel)
½ ui, fyn gekap

Meng alles saam en maak bolletjies.
Spuit ‘n oondvaste bak met spray and cook en bak bolletjies op 200°C vir so 10 minute.

Vir sous:
6 of 8 tamaties, gekook vir so 10 minute, laat afkoel en trek skil af, kap fyn
½ wit ui, fyn gekap
½ rooi ui, fyn gekap
1 knoffel, fyngekap
1 takkie roosmaryn
paar koljander blare of kruie van jou keuse
1 groot wortel, gerasper
2 chillies, gekap (optional)

Gooi alles saam in pot en kook so vir paar minute met sout en pepper na smaak. Giet oor mince balle en bak vir nog 10- 15 minute.
Bedien met gerasperde Parmesaan kaas en bruin rys.

Resep en foto: Jocelyn Fordred




KERRIEFRIKKADELLE

KERRIEFRIKKADELLE
500 g maailvleis
1 uie fyn gekap
10 ml gemengde droe kruie
1 groen apple ontkern en fyn gekap of gerasper
Meng alles liggies saam en maak frikkadelle en bak 15 min by 200ºC

Meng nou die volgende saam en kook 10 min
1 x 410g blik tamatie en uie smoor
10 ml kerrie poeier
3 eetlepels suiker
1 teelepel sout
25 ml blatjang
10 ml worcestersous

Giet die sous oor frikkadelle en bak onbedek nog 30 min.
Nogals lekker
Foto: Benhet Nieuwenhuis




PLEIN VINNIGE SPAGHETTI MET MAALVLEIS EN KAAS

PLEIN VINNIGE SPAGHETTI MET MAALVLEIS EN KAAS
500 g spaghetti
500 g maalvleis
3 pakkies koo tamatie paste 110 g elk.
1 blikkie tamatie relish
3 koppies kookwater
1 ui opgekap
1 teelepels fyngekapte knoffel
2 eetlepels blatjang
suiker na smaak
sout en peper, tiemie, oregano, basil als droe kruie.
gerasperde kaas

Braai die ui en garlic net tot deurskynend die ui. Voeg al die kruie sout en peper by.
Voeg die maalvleis by en braai tot gaar.
Meng al die sous bestandele met water en suiker en blatjang. Proe en as iets kort voeg by. Smaak kom eers uit as dit begin kook. Proe weer.
Voeg die sous oor die maalvleis en roer deur laat dit kookpunt bereik.
Voeg nou jou rou spaghetti by en kyk dat dit toe is onder die maalvleis sous mengsel. Ek breek my spaghetti.
Sit deksel op. Roer gereeld dit neem so 12 minute. Indien water te min is voeg nog bietjie by.
As dit gaar is moet dit n sousie he maar nie sopperig. Strooi kaas bo oor.

BRON: Bernard van Eck (ek’t asyn weggelaat en pasta by maalvleissous gevoeg)
Foto: Ronell Mulder Boshoff




BRUIN UIESOP EN JOGURT FRIKKIE MET KOOLSLAAI

BRUIN UIESOP EN JOGURT FRIKKIE MET KOOLSLAAI
Vir die frikkies het ek ongeveer 1 kg wilds maalvleis gebruik. Maak los met 2 vurke. Meng ‘n koppie ongegeurde dubbelroom Griekse jogurt met ‘n halwe pakkie bruin uiesoppoeier. Gooi dit oor die maalvleis en werk dit in die vleis in met die 2 vurke. Gebruik jou roomys lepel en vorm bolletjies (dis redelik sagte mengsel) van dieselfde grootte en plaas in ongesmeerde oondskottel. Bak by 200C vir 25min. Moenie toemaak nie.
Koolslaai:
Halwe koolkop harde stingel verwyder en fyn opgesny.
3 Wortels grof gerasper.
2 Groen appels grof gerasper.
2 Seldery stingels en blare fyn opgesny.
1/4 rooi ui fyn gerasper.
1 koppie mayonnaise gemeng met 1/4 koppie kondensmelk of na smaak.
Seldery sout na smaak.
1/2 koppie pitlose rosyntjies.
Meng nat bestandele goed saam met die seldery sout en meng in die groente bestandele in.
Bron:Elsabie Templeton
Foto:Elsabie Templeton




BUTTER MEATBALLS WITH OATS


BUTTER MEATBALLS WITH OATS
500 g beef mince
2 bread buns, turned into bread crumbs by a food processor or store bought bread crumbs
1 ½ cups of oats
2 eggs
2 onions, finely chopped
1 tomato, chopped
5 ml soya sauce
5 ml sunflower oil
20 ml tomato sauce
20 ml chutney sauce
coarse salt and pepper, to taste
herbs and spices, to taste
paprika spice, to taste
BBQ Spice, to taste
1 small teaspoon of butter on each meatball
little bit of boiling water put on top of each meatball

In a mixing owl add the mince, eggs, oats, onions, the tomato, soya sauce, sunflower oil, tomato sauce, chutney sauce and salt and pepper and all the spices and mix well.
Roll each meatball into a medium size ball and roll into the breadcrumbs.
Place each meatball in a rectangular oven pan that has been sprayed with spray and cook.
After the meatballs has been placed in the rectangular oven pan, place a small teaspoon of butter on each meatball.
Take the boiling water and put on top of each meatball. Makes 16 medium sized meatballs.
Cover with tinfoil.
Place the meatballs in the oven for 1 hour on 180°C.
After 1 hour remove from the oven and let cool for about 10-15 min.
Serve and enjoy!
Recipe and photo:  Kristie Townsend




ERIKA SE HERDERSPASTEI MET ‘N VERSKIL


ERIKA SE HERDERSPASTEI MET ‘N VERSKIL
Resep en foto:  Erika Foot
FOOD LOVERS RECIPES
baba aartappels
gevriesde gemengde groente
500 g maalvleis (ek het wildsmaalvleis gebruik)
gerasperde kaas
Creme Fraiche (optioneel)
Robertson rustic garlic and herb speserye
½ pakkie Knorrox soya mince (ek het die oxtail, tomato and onion gebruik)
knoffel en pietersielie botter
gedroogde tiemie
Sout en peper
Water
15 – 20 ml Worcestershire
15 – 20 ml Asyn
Voorbereiding:
Ek het aartappeltjies oorgehad van gister se braai wat ek sommer gebruik het maar hier is wat ek gedoen het.
Kook aartappeltjies in water waarby bietjie sout gevoeg is. Sodra gaar dreineer. Plaas aartappels terug in pot en braai met die garlic & parsley botter, Robertson speserye en tiemie.
Sny in skyfies/ringetjies
Groente:
Kook gemengde groente tot gaar in water met knypie sout. Dreineer.
Maalvleis:
Braai maalvleis in knoffel en pietersielie botter, Robertson speserye en tiemie. Voeg bietjie asyn by en worcestershire. Sout en peper na smaak, maar passop om nie te veel sout in te sit nie aangesien die ander bestanddele ook souterig is. Braai tot amper gaar en vloeistof min is. Strooi dan soya maalvleis oor, roer goed en voeg bietjie, bietjie water by. Kook tot gaar. Ek het my beslag lekker dik laat kook.
Nou om alles bymekaar te bring:
Neem ‘n oondvaste bak en skep maalvleis daarin. Volgende skep die groente oor. Dis opsioneel, maar u kan lepels vol creme fraiche oor warm groente skep. Die volgende lagie is dan die skyfies aartappel en word dan afgerond met gerasperde kaas.
Dit kan in oond geplaas word vir kaas om te smelt maar ek het myne net so gelos.
Lekker eet!
Wenk: behalwe vir soya maalvleis kan ‘n blikkie lensies ook bygevoeg word om maalvleis bietjie te rek;-)

 




RONELL SE SPAGHETTI BOLOGNAISE

RONELL SE SPAGHETTI BOLOGNAISE
Kook 1 pak spaghetti, water af en hou eenkant
700 g maalvleis
200 g spek
1 groot ui
1 eetlepel vars knoffel
sout en peper, oregano en tiemie of Italian herbs, na smaak
3 x 100 g pakkies Koo tamatiepaste
1 blikkie All Gold tamatie relish
4 eetlepel blatjang
suiker na smaak
1 koppie water
2 koppies gerasperde kaas van jou keuse.

Braai gekapte ui tot net ligbruin en voeg knoffel fyn opgekap by.
Voeg jou kruie by roer deur.
Voeg jou maalvleis en fyn opgesnyde spek by asook sout en braai tot gaar.
Meng intussen jou sous bestanddele en suiker en 1 koppie water ook saam. Proe, as iets kort, voeg by.
Voeg jou sous bo-oor jou maalvleis en roer deur.
Laat prut maalvleis en sous mengsel vir so 5 minute.
Voeg jou spaghetti by maalvleis, werk dit versigtig deur met twee groot opskep/pasta lepels.
Strooi kaas bo-oor. Laat smelt met kos se hitte, hoef nie kaas te gebruik nie.
Resep en foto: Ronell Muller Boshoff
Tweede foto:  Meisie Van Der Colff