VINNIGE MAKLIKE MAALVLEIS PASTEI


VINNIGE MAKLIKE MAALVLEIS PASTEI
Koop 2 rolle ready made skilferkorsdeeg. Ontvries dit vooraf, moenie in mikrogolf ontvries. Hou koud tot gebruik.
1 kg maalvlies
1 groot uie, gesnipper
2-3 medium wortels, geskil en in blokkies gesny
3 med aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 koppie ertjies en mielies, gebruik sommer gevriesde groente
1 stingel seldery, gekerf
1 teelepel sout
5 tot 10 ml koljander
3 ml origanum
3 ml basieliekruid
1 ml fyn naeltjies
knypie neutmuskaat
½ tot 1 teelepel braaispeserye of speserye waarvan jy hou
swart peper na smaak
1 eier
Braai uie en seldery in klein bietjie olie tot sag, voeg maalvleis by en braai lekker deur. Gebruik ‘n vurk om dit lekker fyn op te breek.
Voeg al die groentes, kruie, sout en peper by en stoom met min vog tot sag.
As dit gaar is en daar is nog bietjie vog, moenie afgooi, maak net sous dik met ‘n lepel mielieblom (Maizena). Dit help om die vleis te bind met opskep.
Terwyl jou vleis en groente lekker gaar word kan jy jou pan voorberei met die deeg.
Spuit pan sommer Spray & Cook om te keer dat skilferkors vassit.
Gebruik een rol, rol dit uit en voer pan onder en aan die kante uit. As vleis gaar is skep in jou pan wat vooraf uitgevoer is met een rol skilferkors.
Rol 2de rol skilferkorsdeeg uit en maak ‘n deksel vir jou vulsel. Rol die kantjies van die pasteideeg mooi en seël deur dit met ‘n vurk vas te druk. Sny oortollige degie af en gebruik as versiersel bo-op jou deeg deksel. Klits een eier goed, en smeer dit oor jou pastei deeg.
Bak in vooraf verhitte oond teen 180°C tot gaar.
Onthou om ‘n paar gaatjies in jou deeg te druk sodat die stoom kan ontsnap. Ek gebruik somer ‘n sosatie-stokkie hiervoor.
Prik ook jou onderste kors met ‘n vurk voor jy vulsel inskep.
Lewe 8 tot 10 mildelike porsies.
Bon A Petit
Resep en foto: Susan-Katryn Janse van Rensburg









