MINCE, SPINACH AND PASTA BAKE

MINCE, SPINACH AND PASTA BAKE
1 packet macaroni (cooked and drained)
1 kg mince
1 red pepper
1 yellow pepper
2 medium onions
75 g tomato paste
2 tablespoon brown sugar
150 ml beef stock
10 ml garlic flakes
10 ml Italian herbs

1 bunch of spinach
300 g grated cheese (I use Edam)
6 large eggs
50 ml Maizena
5 ml baking powder
400 ml milk
salt and pepper to taste
5 ml paprika

MINCE: Fry chopped onions, peppers, garlic and mince till brown. Add tomato paste, brown sugar, Italian herbs and beef stock (I made mine with 20 ml Bovril dissolved in 130 ml hot water). Simmer everything together until most of the moisture is gone or else your dish won’t set properly.

SPINACH: Blanch spinach in boiling salt water for 2 minutes. Drain and put aside.

EGG MIX: Beat together eggs, milk, Maizena, baking powder and salt and pepper.

Spray a large oven pan (approximately 60 x 30 cm) with Spray n Cook.
Layer half of macaroni. Cover with half of egg mix and half of grated cheese.
Next layer is mince. Then spinach.
Finish with last half of macaroni. Pour remaining egg mix over and remaining cheese. Sprinkle with some black pepper and paprika.
Bake in a preheated oven at 180°C for approximately 45 min. When the pasta bake starts to pull away from the side and it’s golden brown on top it’s usually done.
Makes 8 – 10 portions.
Recipe: Elizabeth Margaret Hendrikz
Photos: Elizabeth Margaret Hendrikz




JAQUES BURGER PATTIES

JAQUES BURGER PATTIES
I make my own burgers for the Braai! Today it was
1½ kg pork mince
1½ kg lean beef mince
4 finely chopped onions
½ cup tomato sauce
¼ chutney
¼ cup sweet mustard sauce
spices to taste

Mix all the ingrediets together, vorm your patties, put in the freezer until you are going to braai them.
Yielded 16 x 200g patties!
Baste with your favorite basting sauce whilst braaing.
Recipe and photo:  Jaques Pretorius




MEXIKAANSE RYS MET MAALVLEIS


MEXIKAANSE RYS MET MAALVLEIS
2 uie
500 g maalvleis
1 koppie ongekookte rys
2 blikkies bone met vloeistof
1 blikkie mexikaanse tamatiemengsel
500 ml beef stock

Braai 2 fyngekapte uie, voeg 500 g maalveis by en braai tot amper droog.
Voeg 1 koppie ongekookte rys, 2 blikkies bone van jou keuse (ek gebruik 1 baked beans en 1 four bean mix) vloeistof en al, 1 blikkie mexikaanse tamatie mengsel en 500 ml beef stock,
Prut tot rys gaar is. Heerlik!!
Resep: Annalize Hattingh




BOLOGNESE MET ‘N VERSKIL


BOLOGNESE MET ‘N VERSKIL
1 groot ui gekap
500 g maer bees maalvleis
1 groot knoffel toontjie, fyn gerasper
1 groot wortel, grof gerasper
1 medium eiervrug geskil en in blokkies gesny
1 blik tamatie en uie
1 x 115 g houertjie tamatie paste (plastiese koppietjie van Rhodes)
1 blik rooi nierboontjies, goed afgewas
1 eetlepel Italiaanse kruie
1-2 eetlepels balsamiese kralletjies of druppels

Braai uie, knoffel, eiervrug, wortel en Italiaanse kruie in olie in pan tot uie deursigtig en sag.
Sit die vleis by en maak los van mekaar met plat spatula en roerbraai vinnig terwyl roer en in kleiner stukkies opbreek.
Gooi die blik tamatie en uie en die plastiese houertjie tamatie paste by en roer deur. Voeg nou die rooi nierboontjies by en laat prut vir ongeveer halfuur. Hou die vloeistof dop. Geur met sout en peper en sit so 1 tot 2 teelepels bruin suiker by om die suur van tamatie te neutraliseer. Wanneer die sous gaar is, sit so 1 groot eetlepel balsamiese asyn kralletjies by en roer deur. Bedien op pasta.
Foto: Elsabie Templeton
Nota: Vanaand se Bologna sous net my gewone ene sonder eiervrug, rooi boontjies en balsamiese kraletjies. Bedien met macaroni. Vanaand het ek die sous met stick blender fyner gemaak soos ‘n dik tamatie vleissous.
Foto: Elsabie Templeton




CHUTNEY FRIKKADELLE


CHUTNEY FRIKKADELLE
Maalvleis genoeg vir jou gesin – ons is net 2
500 g maalvleis
1 gerasperde ui
1 knoffelhuisie gekap
kwart klein groenrissie fyn gekap
1 eier
2 eetlepels Jungle Oats, as bindmiddel
1 eetlepel Chutney, na jou smaak
klein bietjie asyn ( 2 teelepels)
sout en peper, na smaak
titsel naeltjie

Smoor ui apart tot mooi bruin in bietjie gesonde olie. Meng die res van die betanddele saam en maak balletjies. Pak die bolletjies by die gebraaide ui en maak stadig gaar.
Voed stadig met bietjies water wanneer begin droog braai vir lekker sousie. Braai tot bolletjies mooi bruin en gaar is.
Saam bedien met slaai en gekookte aartappel en stukkies spanspek.
Resep en Foto: Louwtjie Beck




BROWN ONION MEATBALLS


BROWN ONION MEATBALLS
Brown onion frikkies, knoffel botter aartappels, blomkool in tamatie kaassous, mint ertjies, uie ringe & basmati rys.
± 1 kg mince
2 slices bread, soaked in a little milk
1 egg, grated onion
green pepper
salt and pepper to taste
Worcester sauce
steak and chops spice
packet of brown onion gravy
Mix with fork and put in fridge to cool and then form into balls. Pour brown gravy over and bake at 180°C untill browned.
Photo and recipe: Lelane Van Der Walt




MARIETJIE SE KAAS EN PASTA MET MAALVLEIS

MARIETJIE SE KAAS EN PASTA MET MAALVLEIS
Foto en resep:  Marietjie Le Sueur
1 ui, fyn gesny
± 500 g maalvleis
1 pakkie kaassous van jou keuse
½ pakkie pasta (250 g)
2 koppies gerasperde kaas
paar skywe tamaties vir bo-op, opsioneel

Terwyl pasta in water kook, braai jy die uie tot sag.
Voeg maalvleis by uie en braai tot bruin en geur na smaak.
Gooi uie en maalvleismengsel in mengbak.
As pasta gaar is dreineer water en voeg pasta by maalvleismengsel.
Maak kaassous volgens aanwysings aan en roer by maalvleis-pastamengsel.
Voeg ‘n koppie gerasperde kaas by en roer goed deur.
Gooi oor in oondvaste glasbak.
Sit die gesnyde tamatieskywe bo op  en strooi oorblywende kaas oor die tamatie of strooi net die kaas oor sonder die tamatie skywe.
Plaas bak in oond teen 180°C tot kaas lekker gesmelt is.
Kan bedien word met vrugte blatjang.




FRIKKADELLE GEBAK IN OOND

FRIKKADELLE GEBAK IN OOND
1 kg maalvleis
250 ml karringmelk
pakkie bruin uie soppoeier
1 groot aartappel, gerasper
1 ½ k  rou basmatie rys – kook soos op verpakking

Meng al die bestanddele goed saam. Hou van die gaar rys om mee te bedien, sit res in die vleis mengsel.
Rol in balle en sit in oondpan met genoeg water om bodem te bedek.
Bak by 180˚C vir so 40 min of tot gaar.
Indien nodig kan nog bietjie water bygevoeg word wanneer pan droog raak.
Bedien op rys.
Resep geplaas deur Frances Smith
Foto: Frances Smith




KOOL- FRIKKADEL-ROLLETJIES MET KAAS

KOOL- FRIKKADEL-ROLLETJIES MET KAAS
Hoeveelhede volgens die hoeveelheid porsies wat jy wil maak
koolblare
maalvleis
ui (in frikkadel)
tamatie
Mozzarella-kaas

Ek voel dit was nodig om kool-frikkadel so bietjie meer opwindend te maak. Ek het fyn neut, gerookte Paprika en Mozzarella kaas bo-oor gesprinkel en dit so 5 minute onder die grill gesit na alles gaar was.
Maak heel koolblare (die buitenste groenes) bietjie gaar in die mikrogolfoond sodat dit makliker kan vou. Laat afkoel.
Maak jou gunsteling frikkadel resep. Vorm frikkadelle en maak dit effens langer in ‘n wors vorm.
Gooi klein bietjie olie in ‘n oondpan/bak. Rol frikkadel worse elk in ‘n koolblaar toe en plaas langs mekaar met oop kant onder in bak, styf langs mekaar. Ek het so twee tuin tamatietjies gekap en bo-oor gesprinkel. Bedek met tin foelie en bak vir 30 minute toe op 180°C.
Maak pan oop en bak nog 30 min oop. Strooi fyn neut, gerookte Paprika en Mozzarella-kaas bo-oor en plaas vir 5 minute onder die grill tot mooi bruin. Bedien met fyn aartappels.
Resep geplaas deur: Louise Groenewald
Foto: Louise Groenewald




LASAGNA EN BUTTERNUT

LASAGNA EN BUTTERNUT
1 boksie knorr mince lasagna
1 pakkie noedels (nodig vir baie mense)
1 kg gemaalde vleis
1 ui
1 blokkie kaas

Butternut
1-2 pakkies winkel butternut / 2 groot butternuts
2 eetleppels kaneel
2 teeleppels suiker (tot soet genoeg)

Braai ui saam maalvleis tot bruin.
Voeg noedels in pakkie en ander pakkie noedels by en voeg so 500 ml water by en kook tot sag.
Voeg dan jou speserye mengsel by wat in pak is en kook tot droog.
Skep in oond pan.
Voeg dan die kaas sous wat in pakkie is bo-oor maalvleis mengsel.
Rasper dan blokkie kaas alles oor.
Sit in oond op 180°C en bak tot kaas lekker bruin is.

Butternut:
Pakkies: In microwave.Volg instrukkies op pakkie.
Of
Heel: sny in stukkies
Voeg sout by
Voeg water by
Kook tot sag en droog of gooi vloeistof af
Voeg suiker by tot soet na smaak en bietjie kaneel
Bedien saam met lasagne
Foto en resep: Jolene Smith