SPAGHETTI, MAALVLEIS EN KAASSOUS GEREG

SPAGHETTI, MAALVLEIS EN KAASSOUS GEREG
½ pak spaghetti, gekook
500 g gaar maalvleis
speserye na smaak
blatjang na smaak (optioneel)
1 pakkie tamatiepasta
1 ui
Braai ui, voeg maalvleis by en braai tot bruin, voeg speserye en souse by.

Kaassous
1 eetl.  botter/margarine
1 eetl.  koekmeel
1 koppie melk
1/2 koppie kaas of meer na smaak

Smelt botter, voeg meel by.
Voeg melk bietjie, bietjie by en roer aanhoudend tot dit kook, laaste die kaas. O ja bietjie sout en rooi peper (opsioneel).
Lagies van elk in ‘n oondbak, laaste kaassous en weereens kaas.
Bak in oond by 180°C, tot kaas net gesmelt is.
Resep en foto: Daleen Pretorius Wessels




GIDEON SE MAALVLEIS FRIKKADELLE


GIDEON SE MAALVLEIS FRIKKADELLE
Vroulief het vir ons die heerlike frikkadelle gemaak vir aandete ons het dit saam met blomkool met witsous geniet.
Djeeerlik was dit !!!
1 kg maalvleis (selfgemaak)
1 koppie plein jogurt
2 pakkies bruin uie sop (geen water)
1/2 teelepel gemaalde swartpeper
1/2 teelepel witpeper
1 teelepel chillieflakes
2 teelepels droë pietersielie

Meng alle bestanddele saam en maak balle en pak dit in ‘n gespuite oondbak.
Bedek dit met foelie en bak in die oond op 180°C vir een uur (oond nie voorverhit nie).
Haal foelie af na ‘n uur en grill effens.
Geen water word bygevoeg, omdat die maalvleis wat ek maak vetterig genoeg is.
Foto en resep: Gideon Louw




MAALVLEIS EN RYS GEBAK

MAALVLEIS EN RYS GEBAK
250 g spekvleis, gekap
250 g sampioene, in skyfies gesny
halwe rooi soetrissie, ontpit en in blokkies
halwe groen soetrissie, ontpit en in blokkies
olie
1 ui, gekap
2,5 ml gekapte knoffel
2,5 ml gemengde, gedroogde kruie
2,5 ml gedroogde basiliekruid
500 g maalvleis
1 eetlepel worcesterous
2 eetlepel blatjang
1 ml sout
swartpeper na smaak
1 pakkie potato bake
187 ml warm melk
1 koppie room
2 koppie gaar rys
1 koppie kaas gerasper

Stel oond op 180ºC.
Smeer ‘n diep oondbak.
Braai spek en sampoeine en soetrissies saam.
Verwyder van hitte.
Braai ui, knoffel en kruie en voeg maalvleis by.
Voeg geurmiddels by en braai 5 min.
Maak potato bake met die warm melk aan. Roer room en water by.
Skep gaar rys onder in bak, gevolg deur spekvleismengsel, maalvleismengsel en sous.
Strooi kaas oor en bak 25 minute.
HEERLIK!!!!!!!!!!!!!!!
Foto: Behnet Nieuwenhuis en Adam Cloete




GEEL PAP MET CHAKALAKA MAALVLEIS

GEEL PAP MET CHAKALAKA MAALVLEIS
500 g maalvleis
1 blikkie chakalaka (soort en sterkte van jou keuse)
1 blikkie gebakte bone in tamatiesous
1 gekapte ui
1 gekapte soetrissie
sout en peper na smaak
½ koppie gerasperde Cheddarkaas
1 koppie geel mieliemeel
2 ½ koppies water

Vir die pap:
Voeg ‘n teelepel sout en 1 eetlepel olie by die 2 ½ koppies water in ‘n kastrol en bring tot kooppunt. Voeg die mieliemeel by en klits met ‘n ballon draadklitser tot dit begin verdik. Bedek die kastrol en prut oor lae hitte vir 30 minute. Roer van tyd tot tyd sodat dit nie op die bodem vasbrand nie.

Vir die sous:
Braai die uie en soetrissie in bietjie olie vir ongeveer 5 minute oor medium hitte. Voeg die maalvleis by en roer braai tot die vleis verbruin het. Voeg die chakalaka by en kook onbedek oor medium hitte vir 20 minute. Voeg die boontjies saam met die sous by, geur met sout en peper en kook verder vir 15 minute.
Skep die pap in ‘n oondbak met die maalvleis sous bo-oor. Strooi ‘n goeie laag kaas bo-oor en bak by 180ºC in die oond tot die sous borrel en die kaas gesmelt is.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete




HOMEMADE BUNNY CHOW

HOMEMADE BUNNY CHOW
1 small loaf bread
600 g mince
1 tin of garden peas
2 large potatoes cubed
salt to taste
Table spoon curry masala mix
1 tin tomatoes and curry leaves
1 clove garlic
1 large onion finely chopped
2 table spoons of oil

Heat pot and add the oil. Add sliced onions and fry till light brown add garlic and mince, brown the mince. Add tinned tomatoes and curry leaves. Turn heat down to a simmer and add potatoes. Simmer for 20 mins and add the peas. Simmer for another 10 minutes. Turn off the heat.
Hollow out half a loaf of bread, add the curry. Let it rest for 3 mins and dig in.
Photo: Reuben K Coskey




MARANDA SE BOLOGNAISE SOUS

MARANDA SE BOLOGNAISE SOUS
Met budgets was styf is en kospryse wat deur die dak skiet is hierdie resep  bo op my lys- kan 14 mense voer met die resep as jy hom as bolognaise gebruik.
Ek het altyd van die in vrieskas gebruik ook vir lasagne of sit op broodtjies met gerasperde kaas onder grill
1 kg maalvleis
8 uie
8 huisies knoffel
6 blikkies whole italian tomatoes
100 ml tomato pasteBraai uie wat in blokkies gesny is en knoffel.
Voeg maalvleis by tot bruin.
Voeg dan tamaties en paste by- ek sny myne gewoonlik in kleiner blokke.
Nou vir die geheim.
Op die stadium sit ek die bolognaise in my slow cooker en laat hom op low kook vir tenminste 6 ure of oornag.
Dit is regte italiaanse sous so geen spices.
Ek sit dan reg op einde 3 stock blokkies in (met baie min water).
As jy nie slow cooker het nie, kook net baie stadig en tenminste 3 ure tot jy olie sien opdryf.
Jy kan stock los en net sout bysit volgens smaak.
Resep en foto: Maranda van Dam




BOLOGNESE SUBS

BOLOGNESE SUBS
500 g maalvleis
knoffel na smaak
1 ui, gekerf
1 eetlepel tamatie paste
bietjie gemengde kruie
1/2 eetlepel suiker
sout en peper na smaak

Braai ui, maalvleis en knoffel tot gaar.
Voeg sout en peper by na smaak.
Gooi dan die tamatie paste en suiker in en braai nog ‘n bietjie.
Mengsel moet nie loperig wees nie.
Sit dan in ‘n hotdog rolletjie met kaas bo oor en bak in die oond.
Resep en foto: Tanita Nina Koen




“CHUNKY” HERDERSPASTEI

“CHUNKY” HERDERSPASTEI
1 kg maalvleis
1 groot ui, gesny
500 g gemengde gevriesde groente
(die soort met mielies, groenbone en wortelblokkies)
1 pakkie Royco Cottage Pie maker
Alternatiewelik kan jy Knorr se Beef & Onion soppoeier gebruik
knippie fyn koljander
knippie fyn naeltjies
5 ml Ina Paarman Season Salt
Omtrent 1 opgehoopte eetlepel Bisto bruinsouspoeier

Bo-laag:
Ina Paarman Potato Spice
4 GROOT aartappels of 6 kleiner
gerasperde Cheddarkaas
Gerookte Paprika

Stel oond op 180 grade C.
Maak aartappels gaar, maar nie pap nie. Ek kook myne in drukkoker vir 15 minute. Haal uit en hou eenkant.
Maak intussen die gevriesde groente in die mikrogolfoond gaar, vir omtrent 10 minute.
Braai die ui in bietjie olie tot bruin. Voeg die maalvleis, koljander, naeltjies en gegeurde sout by en roerbraai tot gaar. Voeg dan die groente by en ook die Cottage Pie maker, aangemaak soos op pakkie. (Jy meng dit net met water) Of roer die pakkie soppoeier en omtrent ‘n koppie water by. Kook deur op lae hitte vir 15 minute. Indien jy dit bietjie wil verdik, doen dit met die Bisto.
Plaas in groot bak. Sny die aartappels in dikkerige snye en plaas bo-op die maalvleis tot alles bedek is. Strooi Potato spice liggies bo-oor en dan gerasperde kaas en ‘n klein bietjie gerookte Paprika. Bak vir omtrent 15 minute en skakel dan die grill aan om dit mooi te rooster van bo af. Ek het soet pampoen saam bedien.
Resep en foto: Louise Groenewald




KERRIEFRIKKADELLE MET ‘N KERRIEGROENTE SOUS

KERRIEFRIKKADELLE MET ‘N KERRIEGROENTE SOUS
Frikkadellle:
500 g maalvleis
1 medium grootte ui baie fyn gekap
1 teelepel fyn knoffel
1 teelepel Oreganum
1 teelepel medium kerriepoeier (of volgens jou smaak)
1 pakkie bruinuie soppoeier
1 eier

Meng al die bestanddele vir die frikkadelle in ‘n mengbak, bedek en plaas in die yskas vir ten minste 30 minute voor dit gebruik word.
Sous:
1 blikkie gemengde kerriegroente
1 blikkie gekapte tamaties
1 teelepel koljander poeier
2 eetlepels bruin suiker
1 eetlepel Bisto poeier.

Meng al die bestanddele vir die sous en hou eenkant. Vorm balletjies van die frikkadelle mengsel en rangskik dit in ‘n oondbak. Giet die sous bo-oor, bedek en bak by 180ºC vir 30 minute. Haal die bedekking af en bak vir ‘n verdere 15 minute. Los die bak in die oond vir ten minste 15 minute na die oond afgeskakel is.
Bedien op grof fyngedrukte aartappels of ‘n stysel van jou keuse.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete




FRIKKADELLE MET BISTO UIE SOUS

FRIKKADELLE MET BISTO UIE SOUS
1 kg maalvleis
2 gerasperde uie
2 gerasperde tamaties
fyngekapte spring onions
3 geklitste eiers
spices
2 E asyn
sout en peper
2 snye brood gedoop in bietjie melk

Voeg alles by die maalvleis.
Meng goed en maak medium grootte bolletjies.
IN ‘N POT
Braai 1 gekapte ui met 3 huisies fyngekapte knoffel tot bruin.
Plaas nou jou frikkadelle in die pot braai liggies bruin en draai om.
Voeg nou bietjie water by en kook vir 25 min.
Maak ‘n bisto sousie van 6 E Bisto, 3 E blatjang en klein bietjie water vir meng.
Gooi dit bo oor frikkadelle en laat prut vir nog 10 minute.
Sal ‘n lekker dik sousie wees.
Resep geplaas deur Ronell Muller Boshoff
Foto: Ronell Muller Boshoff