GEROOKTE HOENDERSLAAI MET MOSTERDSOUS

GEROOKTE HOENDERSLAAI MET MOSTERDSOUS
(UITPAKSLAAI)
GENOEG VIR 6 MENSE
1 kropslaai, stukkies gebreek
1 groen soetrissie, repies gesny
1 bossie spring onions, gekerf
2 koppies gaar skroewe noedels
5 gerookte hoenderborsies, skyfies gesny
2 ringe Fetakaas (kruie smaak), stukkies gebreek
1 handvol rosyntjies
6 hard gekookte eiers, kwarte gesny
cocktail tamatietjies

Mosterdsous:
1 koppie lite mayonnaise
10 ml rooi of wit balsamiese asyn
1 teelepel suiker
15 ml wholegrain mosterd
15 ml water

Meng die sousbestanddele saam. Laat rukkie staan.
Gebruik ‘n groot platter (ovaal of rond) om die slaai op uit te pak. Blaarslaai eerste met slaai bestanddele bo-oor. Strooi die noedels oor en dan die skywe hoender en dan Fetakaas. Sprinkel rosyntjies oor en drup die sous oor. Pak die eier kwarte in ‘n mooi patroon bo-op en sprinkel gemenge kuie oor elke eiertjie. Pak klein tamatietjies tussin-in. Learn to Cook with Louise- good basics, good food!
Resep: Louise Groenewald




MIKROGOLF AARTAPPELS

MIKROGOLF AARTAPPELS

1 lekker groot aartappel per persoon
kaas, in plat 2 x 2 cm blokke gesny
tamatieskywe, in die helfte gesny
gebraaide spek, optioneel
sout en peper (selfs bietjie knoffelsout vir die wat hou van knoffel)
botter/margarien

Spoel aartappels af onder water en sit dit in mikrogolf bakkie net so sonder water of deksel.
Maak gaar in mikrogolf vir 10 – 12 min (hang af van grootte van aartappel en mikrogolfoond, hou maar dop)
Wanneer aartappel gaar is, haal uit, sny versigtig so 4 gleuwe in aartappel.
Sit skyfie kaas en tamatie (en spek) in elke gleufie, strooi sout en peper oor en sit klein klontjie botter op elke gevulde gleufie.
Sit terug in mikrogolf vir so 10 – 15 sekondes of tot kaas net begin smelt.
En geniet – oppas net, daai aartappel is vrek warm!!
Resep: Sonja Young
Foto: Louisa Rossouw Hollenbach
Hier is my aartappels, ek eet dit saam met stampmielies en koedoevleis.




ROL BROODJIE

ROL BROODJIE
¾ pak deeg (ready made deeg by kafee)
1 blikkie tamatie puree
250 g spekvleis
1 ui
375 ml gerasperde cheddarkaas

Voorverhit oond tot 200° C.
Rol deeg uit.
Smeer tamatie puree oor deeg.
Braai spek en ui en smeer oor.
Sprinkel kaas oor.
Rol deeg in lengte op soos swiss rol.
Plaas in gesmeerde broodpannetjie en laat rys eers bietjie voor bak.
Bak ± 30 minute.
Kan ook enige vulsel soos verkies gebruik.
Bron:  Joey Kruger




HEERLIKE ROULADE

tested

HEERLIKE ROULADE
45 ml botter
60 ml koekmeel
250ml warm melk
125 ml gerasperde cheddarkaas
3 eiers, geskei

Voorverhit die oond tot 200 °C. Smeer ‘n vel bakpapier met botter of olie en gebruik dit om ‘n middelslag-rolkoekpan mee uit te voer sodat die kante van die papier bo die rande van die pan uitstaan.
Smelt die botter in ‘n kastrol en voeg die koekmeel by. Verhit, terwyl jy roer, tot die mengsel borrel. Voeg die melk geleidelik by en hou aan roer tot die mengsel glad is en begin kook.
Verwyder van die hitte en roer die kaas en eiergele by. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm. Vou ‘n groot lepel eierwit by die kaassous in om die mengsel ligter te maak. Vou nou die res van die eierwit versigtig in tot net deurgewerk. Skep die mengsel in die voorbereide pan en smeer gelyk. Bak vir 12-15 minute tot opgepof en goudbruin. Haal uit die oond en keer die rollade uit op ‘n skoon teedoek. Trek die bakpapier versigtig af en laat effens afkoel.
Smeer jou eie souterige vulsel of vulsel van jou keuse op en rol versigtig op

Resep: Maria Liebenberg




BUNNY CHOW

BUNNY CHOW
1 tbsp Olive oil
1.5 kg Beef goulash
½ tin Tomato puree
2 tsp Rajah Curry Powder (mild)
1 tsp Curry mix
1 tbsp Brown vinegar
2 tbsp Apricot jam
¼ Green pepper, finely chopped
2 tbsp Chutney
4 Onions, finely chopped
4 Carrots, diced
1½ Granny Smith apple, grated
2 Loaves white bread or two french loaves
Salt and pepper to taste

First create a basic curry.
Heat the olive oil in a pot and fry the beef until cooked.
Remove the beef and then fry the onions in the same pot.
Mix in the curry powder and vinegar.
Then put all the ingredients except the chutney into an ovenproof dish.
Cook in the oven for approximately 40 minutes at 180°C.
Mix in the chutney once you have taken the dish out of the oven.
Cut the bread into 3 pieces (or more in the case of the French loaf) and hollow them out to create a little bowl.
Scoop the curry into the “bowl” and serve with yoghurt or chopped banana.

Posted by Petra Pretorius
Photo by Marlene Minderon

 




SOUTVLEIS KOEKIES

tested
SOUTVLEIS KOEKIES
Porsies: 12-15 koekies
2 aartappels, geskil en gerasper
1 x 300 g-blik ingemaakte soutvleis, fyngemaak
sout en swartpeper na smaak
2 ml gemengde kruie
70 g/125 ml koekmeel
250 ml sonneblomolie

Meng al die bestanddele, behalwe die olie, saam.
Verhit van die olie in ‘n vlak pan en braai lepelsvol van die vleiskoekiemengsel vir ongeveer 5 minute aan elke kant, tot ligbruin. (Dit is beter om die koekies in klompies te braai.)
Dreineer die vleiskoekies op handdoekpapier en sit warm voor in broodrolletjies met slaaigarnering en tamatiesous.
Variasie: Die vleiskoekies kan ook as happies bedien word met ‘n verskeidenheid doopsouse.

Resep:  Molly-Ann Underwood Schmidt
Foto:  Charleen Nieuwenhuizen




BROODROLLETJIES VAN BROOD

BROODROLLETJIES VAN BROOD
BROODROLLETJIES VAN BROOD

Ek maak die gebraaide broodjies vir die vrieskas as ek die dag erg omgekrap is. Baie goeie terapie en as ek klaar is, is my bui gesak, want ek kom die broodjies met mening by met die koekroller en raak so ontslae van my bui.
snye brood
dun gesnyde ham
Dijon mosterd
gerasperde kaas
tandestokkies
geklitste eier
sout en peper
olie vir diepbraai
Sny die broodkorsies af. Kom nou elke snytjie met die koeroller by en rol hom so dun soos papier. As hy nie baie dun is nie breek hy as jy hom oprol.
Smeer elke snytjie met mosterd en sit kaas en ‘n stukkie ham op.
Rol op en steek vas met tandestokkie. Nou kan jy hulle vries tot jy hulle benodig.
AS jy dit dadelik wil gaar maak, doop hulle in eier gegeur met sout en peper en braai hulle tot ligbruin in warm olie. Dreineer op handdoekpapier.
Trek die tandestokkies uit en bedien met ‘n slaai of pak dit in vir padkos.
Dit is baie lekker koud of warm en ek het altyd vir my kinders in hul kosblik gepak en as ons met vakansie is was dit een van die” moet daar wees kos” in die bak met padkos.
Idee en foto: Tim en Elsie Slabbert



MARTIE SE TUNA ROULADE

TUNA ROULADE
MARTIE SE TUNA ROULADE
Voorverhit die oond tot 200 ºC.
Vulsel:
1 blikkie tuna (200g) gedreineer
1 ui fyn gekap
½ koppie gerasperde chedder kaas
6 eetlepel grof gerasperde koue botter
6 eetlepel mayonnaise
1 eetlepel blatjang
1 eetlepel aangemaakte mosterd
Meng alles en hou eenkant.

Rol:
4 eiers
3 eetlepel suiker
½ teelepel sout
6 eetlepel koekmeel
¼ teelepel peper

Rol koekpan 38 x 25 cm.
Voer die pan uit met bakpapier.
Skei eiers en klits witte tot skuim.
Voeg suiker en sout by en klits tot styf.
Sif meel, peper en sout en vou in.
Klits eiergele en vou by eierwitte.
Bak rolkoek vir 8 min.
Keer uit op klam doek.
Verwyder die bakpapier.
Smeer vulsel oor warm basis en rol op.
Bedekking:
½ koppie fyn maaskaas
6 eetlepel chedder smeerkaas
fyn gekapte pietersielie
grof gekapte pekaneute
Meng kase en smeer oor rol.
Strooi pietersielie en pekaneute oor.
Verkoel rol tot nodig.

Foto en resep:  Martie Fourie Moolman




VINNIGE VLEISVULSELS VIR BROODJIES

toebroodjie

VINNIGE VLEISVULSELS VIR BROODJIES
Skyfies koue bees-, lams-, vark- of hoendervleis gemarineer in
Franse slaaisous, saam met slaaibestanddele.
Koue bobotie saam met blatjang en piesangskyfies.
Gerasperde biltong, aangeklam met ‘n bietjie aangemaakte mosterd.
Gekapte Weense worsies, gemeng met aangemaakte mosterd en
mayonnaise.
Fyngekapte ham, gemeng met gekapte, ingemaakte pynappel en
mayonnaise.
Lewerpatee, tamatieskyfies en blaar slaai.

Gevlokte (of skyfies) oorskiethoender of -kalkoen, komkommerskyfies
en toebroodjiesmeer. (Gekrummelde bloukaas kan by toebroodjiesmeer
gevoeg word.)
Dun skyfies Frankfurters of gaar boerewors saam met mosterd (sous
of aangemaakte mosterd).
Soutbeesvleis en agurkies, aangeklam met mayonnaise. Geur met
blatjang en gekapte grasui.




PERFEKTE BRAAIBROOD


PERFEKTE BRAAIBROOD
vetkoekdeeg
uie (soos nodig)
spinasie (soos nodig)
Genoeg gerasperde cheddarkaas
bacon (soos nodig)
Braai gesnipperde spinasie, uie en bacon saam. Maak deeg plat en versprei gebraaide bestanddele oor. Strooi gerasperde kaas oor. Rol op. Smeer pan lig met olie/ spray and cook. Sny kepe in deeg en braai gaar. Laat rus vir 10 minute.

RESEP: Sanchen Grobler