LOUWTJIE SE BLOMKOOL SLAAI


LOUWTJIE SE BLOMKOOL SLAAI
rou blomkool, in fyn blommetjies gebreek
wortel, fyn repies gekerf
uie
tamatie
groen rissies
komkommer, dun skyfies
avokadopeer
Fetakaas
gerookte hoender
soet chillisous
Mayonnaise Lite

Maak vroeg, en verkil vir redelike periode.
Hoeveelhede volgens jou voorkeur.
Ek wissel af met Broccoli, Salami, enige ander vleis, of geen vleis.
Was heerlik in ons hitte.
Resep en foto: Louwtjie Beck




GARNAAL EN TUNA SLAAI


GARNAAL EN TUNA SLAAI
Vandag is dit ‘n erge 40 grade in Oudtshoorn, kosmaak is nou nie vandag in my program nie, so dit was middagete;
6 botter blaarslaai se blare, grof gebreek
½ ui fyn, gekap
10 kersie tamaties, in 3 gesny
½ komkommer, in blokkies gesny
2 seldery stingels, fyngekerf
paar stukkies vars pynappel, in blokkies gesny
1 blikkie tuna, gedreineer
1 pakkie 250 gram voorafgekookte garnale (shrimps)
1 eetlepel suurlemoensap
sout en peper

Meng alles saam.
Indien verkies kan ‘n lekker ligte slaai sous bygevoeg word.
Foto en resep: Alta Gunter Van Dyk




ROERBRAAI HOENDER, VARS GROENTE EN BASMATIE RYS


ROERBRAAI HOENDER, VARS GROENTE EN BASMATIE RYS
Foto en resep deur Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
Roerbraai hoender en vars groente op basmati rys. Vinnig en eenvoudig heerlik.
4 ontbeende hoenderborsies in repies gesny
Groente:
4 wortels, in julienne repies gesny
½ kop brokollie, in stukkies opgebreek
1 stingel seldery met blare, opgekerf
4 sprietuitjies, opgesny
1 teelepel gerasperde vars knoffel
1 teelepel gemmer

Ek roerbraai die groente eerste in baie warm wok in avokado olie (suurlemoen geur), verwyder terwyl dit nog krakerige tekstuur het en hou eenkant terwyl die hoender repies  geroerbraai word tot goudbruin. Voeg die groente by en roer deur tot dit weer warm is. Bedien met soja of soetsuur sousie.




WAATLEMOEN PIZZA


WAATLEMOEN PIZZA
Dikkerige sny waatlemoen
Perskes/spanspek
Kiwivrug
Aarbeie
Bessies
Fetakaas

Sit die sny waatlemoen neer en pak al die ander bestanddele bo op, sny soos ‘n pizza en geniet.
Heerlik saam met Balsamiese asyn
Saam met Gekrummelde hoender bedien as ligte aand ete
Foto: Petré Van Jaarsveld




NOT SAMOOSAS TRIANGLES


NOT SAMOOSAS TRIANGLES
Dis nog ver van payday so ek het maalvleis met gerasperde kaas in myne, hooffoto. Jy kan direk bak, maar moes in eier en meel rol want my tortillas het bly bars.
Ons eet ook nie chillie of brandgoed nie maar voel vry om in te gooi.
2 steaks (approx. 400 g) sliced very thin
1 onion, diced
1 capsicum sliced thin and diced
15 ml fresh garlic
salt and pepper and other burny spices if you like it

10 Tortillas, cut in halves
20 pieces of cheese cut in triangles to fit 1/3 of tortilla half with slight margin
30 ml flour
30 ml water
oil for frying

Fry the meat and remove, fry onion, garlic and capsicum, add together and season. Set aside.
Mix flour and water to a paste (this is the glue). Use one tortilla half, add a piece of cheese in the middle, brush so that you have equal space at the sides.
Brush “glue” mix on one half of the straight edge and fold onglued side over, then the other side. Press. You now have a pocket.
Fill pocket to about 1 cm from the top, brush with glue mix, press edge flat with fingers until well sealed. Fry in hot oil until golden brown and serve with aoli dipping sauce or sauce of choice. (Big Mac sauce goes well with it).
Variation: Dip in egg and flour or crumbs before frying.

ALTERNATIVES:
Fill with any filling of choice below:
Chicken mix
Shredded cooked chicken leftovers
Cream cheese
Ketchup or hot sauce
Salt and paprika
Garlic powder
Chopped chives and/or parsley

Mix and fill pockets. Fry as is or dipped in egg and crumbs.
Minced meat, fried off with onion, garlic and chopped gherkins. Fill pockets with cheese triangle, meat mix and seal. Fry with or without crumb coating.
Grated cheese with fried cubed bacon and chopped spring onions. Fry with or without crumb coating.
Serious people, let your imagination go wild.
Recipe placed by Kiti Citi
Photo Kiti Citi




ELIZE SE LIGTE MIDDAGETE SOUTTERT


ELIZE SE LIGTE MIDDAGETE SOUTTERT
Resep en foto:  Elize Senior Wolvaardt
FOOD LOVERS RECIPES
1 blikkie fyn tuna
½ pak sout en asyn skyfies (chips) fyngedruk
1 ui gesipper en gebraai in bietjie olie
Vuurhoutjie boksie grootte kaas
Knippie rooi peper (opsioneel)
Paar kruisement takkies
4 eiers geklits in 125ml melk

Smeer  of spuit oondbak, meng skyfies en tuna  en sit onder in bak.
Giet die geklitste eier en melkmengsel oor.
Rasper kaas oor.
Bak in voor verhitte oond op 180°C vir 30 minute.




AVOKADO EN TUNA PASTASLAAI


AVOKADO EN TUNA PASTASLAAI
Resep geplaas deur Rina Kleinhans
FOOD LOVERS RECIPES
170 g blikkie tuna  – water gedreineer of meer indien verkies
1 koppie kersie tamaties, gehalveer
½ rooi ui, fyngekap
410 g blik heel pitmielies  – vloeistof gedreineer
1 avokado, gesny in blokkies
2 koppie gaar penne pasta
sout en varsgemaalde swart peper, na smaak
2 eetlepels gekapte vars koljander

Slaaisous:
60 ml olyfolie
sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
¼ teelepel fyn komyn
Om op te bedien: botter slaaiblare, skoon gewas

Kook die pasta volgens die aanwysings en laat heeltemal afkoel.
Meng die tuna, tamaties en ui in ‘n groot bak . Voeg die pitmielies by en meng.
Voeg die avokado en pasta by en meng net liggies.
Meng die slaaisous bestanddele en skep oor die slaai.
Geur met sout en peper na smaak en meng die gekapte kolanderblare by.
Om te bedien, plaas ‘n slaaiblaai of twee op elke bord, en skep die slaai binne in die slaaiblaar, dat die slaaiblaar dien as ‘n bakkie vir jou slaai, sprinkle nog bietjie vars koljander of pietersielie oor.




MINI PIZZA BREAD BUNDLES


MINI PIZZA BREAD BUNDLES
1 pack  bread dough
ham ( cut in small pieces)
3 – 4 tomatoes ( cut in small pieces)
grated cheese

Use some oil on your hands and on you counter so that the dough doesn’t stick against it.
I made more or less 25 balls out of 1 pack of dough.
Make it flat and put some ham, tomato and cheese and close it up.
Put it in a greased oven dish.
Bake for 1 hour at 190ºC.
Recipe and Photo: Sonia Knoetze‎




PIZZA BROODJIES

PIZZA BROODJIES
(vinnige aandete)
Foto en Resep: Christelle van Rooyen
FOOD LOVERS RECIPES
Rooster snye brood (moet niks opsmeer nie) in oond aan albei kante tot effens bruin (brood moet nie meer sag wees nie).
Gooi bietjie kaas, smeer dan “Miami sweet tomatoe relish with chilli” oor (een blikkie is genoeg vir 9 snye brood), bietjie sout en peper, dan russian wiele en stukkies uie en dan kaas oor.
Bak tot kaas gesmelt is en worsies ens mooi warm is (of kan worsies warm opsit maar pasop vir sous as jy vooraf braai, dit maak die brood nat).
Ook lekker met ander vleis variasies (gevlokte hoender, gaar maalvleis, ham, ens.)




CALAMARI AND BABY SPINACH SALAD


CALAMARI AND BABY SPINACH SALAD
The baby spinach can be replaced with lettuce.
500 g deep fried calamari rings
1 lemon cut into wedges
500 g baby spinach
6 radishes slice thinly

DRESSING
5 tablespoons oil
5 tablespoons fresh lemon juice
2 tablespoons mayonnaise
2 garlic cloves chopped
freshly ground black pepper to taste
salt to taste

Mix all ingredients together in a bowl and drizzle the dressing over just before serving
Photo: Marika Tegmann