SUBS


SUBS
My eie subs met die volgende:
2 French loafs of soveel soos jou gesin nodig het
tamatie paste
1 pak spek
1 pak frankfitters
1 ui fyn gekap
Gerasperde cheddar kaas.

Ek sny loafs oop en smeer met tamatie paste.
Braai spek, frankfriters, ui saam.
Pak alles saam in loafs en sprinkel gerasperde kaas oor.
Braai in lekker warm oond tot goud bruin.

Dis nog lekkerder as debonairs sen en so kan mens speel met jou bestanddele.

Resep: Ricky Vennard

 




CREPE SPIRA

crepe spira
CREPE SPIRA
Crêpe-beslag (maak 10- 15 groot crêpes)
175 ml (100 g) koekmeelblom
1 teelepel (5 ml) sout
3 eiers
1 eiergeel
175 ml melk
75 ml water
1 eetlepel (15 ml) olie
Vulsel
1 houer roomkaas (±200 g)
3 sprietuie, versnipper
sout en gemaalde swartpeper

Crêpe spirale
Crêpes
roomkaasvulsel
ham / gaar spek / vars salm

Crêpe-beslag
Sif die meel en sout saam.
Meng die eiers, eiergeel, melk en water goed saam.
Voeg die droë bestanddele by en meng goed.
Wanneer die beslag glad is, voeg die olie by.
Bedek en laat in die yskas rus vir 30 minute.
Verhit ‘n braaipan tot matige hitte en smeer met ‘n lagie olie.
Voeg net genoeg beslag by om ‘n baie dun crêpe te maak.
Verwyder uit die braaipan en laat afkoel.

Vulsel
Meng die roomkaas en sprietuie en geur goed met sout en swartpeper.

Crêpe-spirale
Smeer die crêpes met die roomkaasmengsel en pak ‘n lagie van die ham, spek of salm daarop.
Rol die crêpe met die vulsel styf op om ‘n spiraal te vorm.
Sny in die helfte deur en bedien met vars roketblare.




BABA GANOUSCH

baby something van francotested

BABA GANOUSCH

Isrealse/ middeloosterse dis. Perfek vir ligte etes of voorgereg as doop sous vir naan brood of groente.
2 Aubergines groot. geskil en gekap
6 eet lepels Olyf olie
1/2 Rooi ui fyn gekap
2 fyn Knoffel huises
1 groot bondel vars Basiliekruid
1 Ciabata of 2 pita brode
Verhit olie in n pan oor matige hitte en braai uie en aubergines vir 15min of tot sag, Braai knoffel vir 2min. verwarm ‘n griddle pan, vryf olie op die binnekant van brood en braai to bruin strepe sigbaar is. Plaas aubergine mengsel in voedsel verwerker met basiliekruid en bietjie olyf olie. Meng tot ‘n growwe pasta en skep uit in opdien bak. sit voor met die brood of rou groente repe.
Franco Dippenaar



BOSTON BAKED BEANS

Boston bake beanstested
BOSTON BAKED BEANS
1 x 500 g haricot boontjies gekook tot per sag.
400 g pork belly on 5cm blokkies gesny,vel aan.
50g bruin suiker
45g swart treacle
1eetlepel engelse mostert aangemaak
4 naeltjies
8-10 pekel uitjies
sout en peper
In oondvaste pot met deksel plaas die boontjies onder in.Maak seker daar ia genoeg water om bone te bedek. plaas ander bestandele behalwe sout in pot. druk die naeltjies in een van die uitjies.bak in voorverhitte oond teen 160 grade vir omtrent 3 ure.
Verwyder van die oond. Trek al die vark vleis op na met vel na bo
sprinkel met sout en bak vir verdere uur sonder deksel.
bedien net so op sy eie of op rooster brood.

Franco Dippenaar



GEBAKTE TUNA EN SKYFIE GEREG

tested

GEBAKTE TUNA EN SKYFIE GEREG
1 groot pak kaas en uie chips fyngedruk.
2 eiers geklits.
2 blikke tuna in olie( 1 gedreineer en een nie)
1 blikkie sweetcorn
2 eetlepel chutney
2 eetlepel mayonnaise
2 eetlepel tamatiesous

Meng alles saam. Gooi in ‘n oonvaste bak. Rasper kaas bo oor en bak vir 30 minute by 180º C. tot gestol
Ek het die resep op een van die kookblaaie gekry en maak hom al die tyd!
Vinnig en die huismense lief dit
Resep ingestuur deur:  Hettie Bezuidenhout

 




KAASWORSIE PASTEI

2013-12-22-kaasworspastei

KAASWORSIE PASTEI

Gisteraand net kaas worsies gebraai in pan en toe gebak met degie in die oond, vir 45 minute op 180°C, sousie gemaak en bo-oor die bakworsies geëet, met vars gekookte ertjies en mengelslaai.
DEEG:
1 koppie meel
4 teelepels bakpoeier
1 ml sout
125 ml olie
125 ml melk
1 eier

Meng en skep lepels vol bo-op die vleis mengsel, bak by 180°C tot lekker bruin en gaar.
Resep en foto: Marie Rheeder Troskie




WILMA SE CHAKALAKA TERTJIES

2013-12-20-wimasechakalakatertjiestested
WILMA SE CHAKALAKA TERTJIES
500 g maalvleis
1 groot ui gekap
1 blik Chakalacka met mielies
250 ml gerasperde Cheddar Kaas
6 eiers geklits
Sout en swartpeper na smaak.
Pietersielie vir garnering

Maak so:
Stel die oond op 180gr C. Smeer ‘n muffinpan met margarien.
Braai maalvleis in ‘n pan uit sonder enige olie/magarien op medium hitte. Wanneer bruin en gaar skep met ‘n gaatjieslepel uit en braai die ui in die olie tot gaar. Voeg die maalvleis terug en gooi die chakalacka by. Voeg sout en swartpeper by. Prut tot al die water verdamp het.
Skep in muffinpan, gooi geklitste eier oor strooi kaas oor en laastens pietersielie.
Bak vir 20-25min tot eier gestol en kaas gesmelt het.
Bedien as ligte aandete met ‘n groenslaai of net so as ‘n versnappering.

BRON- Wilma Josey Venter




LINGUINI ALA LORRAINE

 lorraine se linquinitested
LINGUINI ALA LORRAINE

Het vanaand nogal iets geniet wat ek eenkeer by ‘n restaurant in Hermanus geeet het. Het skoon vergeet om ‘n foto te neem. Sal volgende keer een plaas.

Kook linguini tot sag. Dreineer. Meng dit met basil-pesto. Skep porsie in bord. Maak ‘n ordentlike hamburger pattie gaar op kole/pan en plaas bo-op pasta. Sny ‘n skyfie tamatie bo-op die pattie en “krummel” blou kaas bo-oor die tamatie/pattie. Rooster vir ‘n minuut of twee onder die oond se element.

Nogal ‘n interessante en smaakvolle kombinasie. Ideaal vir ‘n ligte aandete (alhoewel dit nogal vullend is). Dalk ietsie anders vir ‘n braai . . .

Lorraine Weitz Brand



HAM EN KAAS QUICHE

2013-12-10-1460088_10152870930754460_36172791_n
HAM EN KAAS QUICHE
4 eiers
1 koppie griekse ongegeurde yogurt
3/4 koppie gerasperde ham
3/4 koppie gerasperde kaas
Sout en peper na smaak
Medium ui fyn opgesny
1/4 soetrissie fyn opgesny
Klits die eier goed en gooi al die bestanddele saam. Gooi in tert pan of muffin pannetjies en bak teen 180 grade C vir 40 minute

BRON- Elmarie van der Merwe




MINI QUICHES

2013-12-06-miniquiches-002
MINI QUICHES
Are an all time favourite – these freeze really well in a zip lock bag – they are perfect for when guests drop around, kids lunches, or just a snack!
24 slices fresh bread, crusts removed
butter for spreading
4 eggs beaten
1 cup milk
1/2 cup cream or greek yogurt
4 rashers of bacon, rind removed
1 brown onion finely chopped
1 cup grated cheese

Butter the slices of bread and press them firmly down (butter side down) into muffin cases. Bake for 10 minutes in a preheated oven at 180 degrees – leave in pans. In a jug combine the eggs, milk, cream or yogurt and whisk to combine. Fry the bacon and onion until starting to brown – divide the mix evenly into the muffin cases. Pour the egg mixture over the top and sprinkle with cheese. Bake for 30 minutes or until golden and puffed.

Adam Cloete
Hier is die mini quiches (2 soorte) van gisteraand.  Die linkerkant se 6 is korsloos en het groenrissie en gerasperde baby marrow as vulsel en die aan die regterkant, bacon en leeks. Die vla is maar ‘n mengsel van eiers, suurroom, gewone yoghurt en roomkaas en hulle is gesprinkel met gerasperde cheddarkaas.

Adam Cloete
Ek het die resepte vir myself aangepas om 12 van elk te maak en die bestanddele van die vla maar sommer so op skatting gekombineer. Albei het egter heerlik gekom

FOTO- ADAM CLOETE