KAMMA KFC BAKKIE


KAMMA KFC BAKKIE
Resep en foto: Mikayla Nieuwenhuizen
FOOD LOVERS RECIPES
10 medium grootte aartappels, saggekook en fyngedruk. Geur met sout, peper en botter.
2 blikke heelpit mielies, water afgegooi en gebraai in ‘n bietjie botter
2 x 400 g pakke “Southern style chicken bites”, diep gebraai of oondgebak tot gaar
2 pakkies “knorr savoury gravy” aangemaak volgens instruksie
gerasperde cheddar kaas

Skep kapokaartappels in bakkies, gevolg met die mielies. Skep van die sous bo-oor. Pak hoender stukkies bo-op, en sprinkel kaas oor. Mikrogolf totdat kaas begin smelt, so vir ‘n minuut, en geniet.




RYSSLAAI MET TUNA

RYSSLAAI MET TUNA
3 koppies gekookte bruinrys
1 blik tuna in olie
3 hardgekookte eiers, in blokkies gesny
2 koppies ertjies, ontvries, moet nie kook nie
½ koppie elk (gekap) van die volgende vars kruie:
seldery
kruisement
rocket
spinasie
pietersielie
1 koppie mayonnaise
3 eetlepels suurlemoensap
sout en peper na smaak

Meng alles saam.
Resep en foto: Madie Tacklenburg




GRANBERRY SAUTEED SMOKED HAM


GRANBERRY SAUTEED SMOKED HAM
In pan 1
2 cups of mixed veggies (small chunks of carrots, celery, red onions, turnips)
1/4 teaspoon maldon salt
1 teaspoon ghee for sautéing
Sauté until veggies are soft.

In pan 2:
1 cup shredded/ julienned zucchini
kale ( I used 2 cups for 2 people )
1 small red bell pepper , chopped
20 g of chopped green onion
1/4 teaspoon maldon salt
1 teaspoon ghee for sautéing

Sauté until veggies are soft.
Cooking the ham. Chop ham into small squares. Add cranberry spread . The ham is juicy enough so you will not need ghee. Sauté until ham is beginning to bubble . Stir often, so cranberries don’t stick to pan.
Recipe and Photo: Annie Goussard Newton




TAMATIE EN EIER MENGELMOES (SHAKSHUKA)


TAMATIE EN EIER MENGELMOES (SHAKSHUKA)
Eerste probeer slag. Kan die dis enige tyd van die dag geniet.
Bedien 2 – 4 mense
Kook tyd: 30 – 45 min
1 ui
1 pakkie sampioene
1 pakkie “diced bacon” spek
1 tamatie
1 blikkie tamatie en uie smoor
5 eiers
klein bietjie tamatie sous
klein bietjie blatjang, vir die soetigheid
½ koppie water
sout en peper na smaak
knippie barbecue spice
chilli flakes

Verhit pan met bietjie olie en begin uie braai, wanneer uie half gaar is, gooi sampioene en spek in en kook tot gaar.
Voeg gekapte tamatie by en klein bietjie water en kook tot sag. Voeg nou blikkie tamatie en uie smoor, blatjang, tamatie sous, sout en peper, knippie barbeque spice en die res van water by en kook tot lekker dik “smoor”.
Maak klein ronde spasies in die smoor en gooi die eiers in daardie spasies. Sit deksel op en kook tot eiers gaar is, maar eier geel nie hard nie. Moet nog lekker loop.
Bedien met lekker broodjie.
Dit is heerlik.
Kan enige vleis gebruik of hoef nie vleis te gebruik nie.
Foto en resep: Quintus Lou Gerber




CHILLY CHEESE DOG


CHILLY CHEESE DOG
500 g mince
1 teaspoon each of the following:
garlic powder
onion powder
Aromat
oregano
chilly powder/flakes
sugar
3 teaspoons Cayene pepper
1 cup tomato sauce

Fry mince in little bit of oil. When brown, throw in all ingredients, let it simmer for 15 min at least to get full flavour.

Cheese sauce:
Make about 250 ml white sauce
Add:
2 cups yellow cheddar
1 cup white cheddar
salt and pepper to taste

Sausage:
You can use any sausage you want. I used fresh pork sausage – pan fried till cooked.

To put together:
Cut buns. Put slices of fresh chilly scattered over the bun. Put the sausage on top. Cover with the mince. Top with cheese sauce.
Photo: Martin van Vuuren




HOENDERSLAAI VIR EEN PERSOON


HOENDERSLAAI VIR EEN PERSOON
2 hoenderborsies, sonder vel
12 komkommer skyfies, dun gesny
1 medium tamatie, in skywe gesny soos lemoenskyfies
4 blare blaarslaai, stukkend geskeur, nie gesny nie
1 swart sampioen
1 koppie gaar pasta
swartpeper en sout na smaak
stukkies Feta kaas

Sous:
1 eetlepel picalillie
1 eetlepel mayonaise
1 eetlepel chuney

Kook hoenderborsies met sout vir 15 minute tot gaar.
Kook pasta totdat dit gaar is, nie pap nie.
Braai die swart sampioene tot sag en sny in dun skywe.
Braai die hoenderborsies in bietjie olie tot ligbruin.
Meng al die bestanddele vir die sous saam.
Voer jou bord uit met slaaiblare en versprei die pasta egalig daaroor.
Pak nou die tamaties, komkommer en sampioen bo-op die pasta.
Sny die hoenderborsies in skyfies soos ‘n brood, maar hou dit bymekaar.
Plaas borsies bo-op alles en gooi bietjie swartpeper oor.
Gooi sous bo-oor die hoender en geniet.
Foto en resep deur Johan Snyder




SPICY CHICKEN AND FETA SALAD


SPICY CHICKEN AND FETA SALAD
chicken breast (1 per person), cut into bite-size pieces
1 small onion
1 clove of garlic
olive oil
2 tablespoons balsamic vinegar
2 tablespoons Worcestershire sauce
1 teaspoon chicken spice
pinch of salt (to taste)
1 teaspoon of sugar

Fry the onion and garlic with a bit of olive oil. Add the balsamic vinegar, sugar and Worcestershire sauce and let it simmer for 2 minutes. Add your chicken and the other ingredients. Do not let the mixture get too dry. Fry till chicken is cooked. Set aside.
On a plate place butter lettuce (or any other of your choice), a few slices of cucumber (quartered), cherry tomatoes (halved), onion rings (not too many of it will overpower the salad). Add vinaigrette by mixing olive oil, white vinegar, salt and fresh parsley. Add your chicken next. Crumble some Feta cheese on top and add olives.

Note: I made my own beetroot so I added a few pieces of beetroot to the salad as well (optional). Another option is to also add some avocado. This salad can be changed according to your liking and favourite vegetables. You can also add some corn kernels (cooked fresh – not from the can as it will become soggy).
Photo: Paula DaSilva du Plessis




GEKOOKTE RYS, TAMATIE EN UIE SMOOR MET FRIKKADELLE


GEKOOKTE RYS TAMATIE EN UIE SMOOR
Gekookte rys

2 uie
3-4 tamaties
sout, suiker en peper na smaak
Maak ‘n smoor van bogenoemde.

Frikkadelle
Maalvleis, ui, green pepper, tamatie, broodkrummels, eier, peper, aromat of sout meng deur en rol klein balletjies en bak.

Meng die gekoote rys en smoor saam, skep bietjie in die bakkie, plaas ‘n stukkie waspapier onder in die bakkie, dit verhoed dat dit lek.
Sit dan die balletjies bo-op die rys. Die rys en smoor mengsel kan in die yskas bly tot voor dit bedien word vir die warm weer.
Resep en Foto: Jacqueline Jones




WASABI MENGSEL SLAAI MET GEBAKTE TUNA


WASABI MENGSEL SLAAI MET GEBAKTE TUNA
1-2 blaarslaai
1 komkommer
1-2 tamaties
Capers
Mayonnaise
Wasabi paste

Sny al die groente lekker klein, meng mayonnaise en wasabi saam en meng deur slaai.
Bak vis soos verkies.
Plaas wax paper in bakkie, skep bietjie slaai en plaas vis bo-op.
Resep en Foto: Jacqueline Jones




GEBAKTE HOENDER VLERKIES MET GROENTE ROER BRAAI


GEBAKTE HOENDER VLERKIES MET GROENTE ROER BRAAI
Hoender vlerkies, deurgesny
sout en peper
Bak vlerkies in ‘n pot met olie (deep fry).
Meng met spur durky sous of sweet-chilli sous.

Groente stir-fry
1 pak spaghetti
1 pak McCain roebraai (jou keuse)
olyf olie/sesame olie
soy sous
vis sous
oyster sous
Teriyaki sous
OF koop net die bottel stir-fry sauce, wat ook al vir julle werk.

Bietjie olie in pan, maak warm.
Plaas groente in en roer braai tot net warm(nie pap).
Meng dan die souse deur die groente tot goed bedek, skep uit pan.
Vat ‘n bietjie gekookte spaghetti en bietjie olie in warm pan en meng bietjie groente deur, skep in ‘n groot bak en doen dit dan weer tot al die groente en spaghetti op is.
Skep bietjie stir-fry in bakkie met 2 vlerkies.
Resep en Foto: Jacqueline Jones