VULSELS VIR TOEBROODJIES


VULSELS VIR TOEBROODJIES
Vleisvulsels
BOELIEBIEFSMEER
‘n Vleisvulsel wat ‘n paar dae in die yskas gehou kan word. Smeer
brood met blatjang voordat die vulsel opgesit word.
1 x 300 g blik boeliebief, fyngedruk
100 g komkommer, fyngekap
30 ml gekapte grasuie
50 ml mayonnaise
5 ml suurlemoensap

Meng al die bestanddele goed saam. Plaas in ‘n verseëlde houer in
die yskas.

KERRIEHOENDERVULSEL
Gebruik dié vulsel saam met blaarslaai.
250 ml gevlokte koue, gaar hoender
15 ml mayonnaise
1 ml matige kerriepoeier
5 ml blatjang
‘n paar druppels Tabasco-sous

Meng al die bestanddele goed saam. Plaas in ‘n bedekte houer in die
yskas.
Wenk: Gebruik oorskiet gaar hoender of koop hoender wat reeds
gaargemaak is, óf maak ‘n paar stukkies hoender gaar, vries en
ontdooi soos verlang.

Vinnige vleisvulsels:
Skyfies koue bees-, lams-, vark- of hoendervleis gemarineer in
Franse slaaisous, saam met slaaibestanddele.
Koue bobotie saam met blatjang en piesangskyfies.
Gerasperde biltong, aangeklam met ‘n bietjie aangemaakte mosterd.
Gekapte Weense worsies, gemeng met aangemaakte mosterd en
mayonnaise.
Fyngekapte ham, gemeng met gekapte, ingemaakte pynappel en
mayonnaise.
Lewerpatee, tamatieskyfies en blaar slaai.
Gevlokte (of skyfies) oorskiethoender of -kalkoen, komkommerskyfies
en toebroodjiesmeer. (Gekrummelde bloukaas kan by toebroodjiesmeer
gevoeg word.)
Dun skyfies Frankfurters of gaar boerewors saam met mosterd (sous
of aangemaakte mosterd).
Soutbeesvleis en agurkies, aangeklam met mayonnaise. Geur met
blatjang en gekapte grasui.

EIERVULSEL MET SONNE BLOMSAAD EN HAM
1 hardgekookte eier, gekap
7 ml mayonnaise
1 ml mosterdpoeier
1 knoffelhuisie, gekneus
10 ml sonneblomsaad, gerooster (opsioneel)
1 hamskyf, in blokkies gesny

Meng al die bestanddele.
Wenk: Die vulsel kan die vorige aand gemaak word en in die yskas
gebêre word.

Vinnige eiervulsels
Roereier, gemeng met ‘n bietjie mayonnaise en ‘n bietjie
tamatiesous, of roereier en tamatieskyfies.
Fyngekapte hardgekookte eier, gemeng met brosgebraaide spekvleis en
aangeklam met ‘n bietjie slaaisous of mayonnaise.
Fyngemaakte hardgekookte eier, gemeng met aangemaakte mosterd.
Hardgekookte eierskyfies, komkommerskyfies en toebroodjiesmeer.
Wenk: ‘n Hardgekookte eier bly langer goed as dit nie afgedop word
nie.
Hardgekookte eiers kan vir ‘n paar dae in die yskas gebêre word.

VULSEL MET KAAS EN SPEKVLEIS
200 g cheddarkaas, gerasper (500ml)
4 repe swoerdlose spekvleis, gesnipper en brosgebraai
1 ml aangemaakte mosterd
20 ml blatjang

Meng al die bestanddele. Bêre in ‘n ver seëlde houer in die yskas of
vries.

VULSEL MET MAASKAAS EN BEESVLEIS
Gebruik met ‘n skyfie koue, gaar beesvleis op brood
125 g gladde maaskaas ( houertjie)
15 ml blatjang
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
‘n paar druppels Tabasco-sous
1 agurkie, gekap
4 skyfies gaar beesvleis

Meng al die bestanddele, behalwe die vleis. Plaas saam met
blaarslaai op growwe brood.

Vinnige kaasvulsels
Maaskaas/roomkaas, gemeng met een van die volgende bestanddele:
heuning, tamatiesous, vissmeer, gekapte eier, gaar geurige
maalvleis, gekapte ui en piekels.
Maaskaas, gemeng met gerasperde kaas, gekapte radys en komkommer of
agurkies en mayonnasie.
Gerasperde kaas, gemeng met toebroodjiesmeer, saam met ‘n
slaaiblaar.
Gekrummelde bloukaas, gemeng met toebroodjiesmeer.
Krummelmaaskaas (gegeur of ongegeur), gemeng met toebroodjiesmeer,
saam met ‘n skyfie salami (veral op rogbrood).
Skyfies mozzarellakaas, salami en tamatie op rogbrood. Komkommer en
blaarslaai is ook lekker hiermee saam.

TUNAVULSEL
1 x 185g-blikkie tuna, gedreineer en gevlok
ui, gekap
30 ml mayonnaise
15 ml tamatiesous
15 ml blatjang
4 argurkies, gekap

Meng al die bestanddele.
Plaas op ‘n broodrolletjie met ‘n blaarslaai.
Nog mengsels:
Suurlemoenbotter, vissmeer, gerasperde kaas en agurkies.
Fyngedrukte sardientjies, gemeng met rooipeper, hardgekookte eier
en suurlemoenbotter en/of mayonnaise.

AVOKADO-EN-SPEKVLEISSMEER
Met dié vulsel is dit onnodig om die brood te botter.
As dit gebêre word, moet kleefplastiek liggies oor die smeer
geplaas word.
125 g swoerdlose spekvleis, gekap en brosgebraai
1 ryp avokado, fyngedruk
10 ml gerasperde ui
1/4 of 1/2knoffelhuisie, gekneus
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
10 ml suurlemoensap
15-25 ml mayonnaise

Meng al die bestanddele goed saam.

TOEBROODJIESMEER
Toebroodjiesmeer kan op sy eie gebruik word of om ander vulsels
veral dié met eier of kaas op te kikker.
1 Engelse kommommer, gerasper en gedreineer
1 ui, fyngekap
3 geelwortels, gerasper
1 groot rooi soetrissie, ontpit en gekap
1 groot groen soetrissie, ontpit en gekap
wit asyn om groente mee te bedek
ñ 500 ml mayonnaise

Plaas groente in ‘n glasbak, bedek met asyn en laat oornag staan.
Dreineer goed en meng met mayonnaise.
Skep in skoon flesse, maak toe en bêre in die yskas tot benodig.

Nog lekker idees
Lizette Erasmus
Pynappelsmeer saam net russian skyfies.
Kaas met sweet chilli sous
Ham en perskekonfyt
Advokadopeer met biltong

Joyce Woodley
Eier mayo met ‘n titseltjie sweet chilli in.

Rita Labuschagne
Roomkaas gemeng met fyn blikpynappel of fyn gesnyde dadels.
Nog iets is ñ rolletjie gemaak met ñ snytjie brood gebotter, bietjie mayo met korsies afgesny. Plaas ñ aspersie op die punt en rol op. Lyk soos ñ worsrolletjie. Plaas met die snykant onder en in die yskas tot nodig. Sny in die helfte. Aldrie broodjies is heerlik.
Maalvleiskerrie is ook heerlik
Jy moet jou toebroodjies die aand vantevore maak en in die yskas hou en dan in die oggend die korsies afsny en dan in driehoekies.

Cornel de Beer
As dit vir mans is sny die brood in die lengte en vul met mengsel van gebraaide baked beans in bully beef saam met uie en speserye.




VISPAKKIE

2014-05-31-vispakkietested

VISPAKKIE

http://foodloversrecipes.com/geen-gis-pizza-deeg/

Ek gebruik my geen gis pizza degie (veeldoelig) wat op die blog is, maak dit aan en laat rus in die yskas.  Saam met ‘n blikkie Pilchards in tamatiesous  gebruik ek ook ‘n blikkie baked beans. Dis nog nie genoeg nie, so ek kap gou ‘n ui fyn, skil ‘n paar aartappels en sny dit in blokkies.

Terwyl ek die aartappels sag mikrogolf, braai ek die ui en gooi  eers die pilchards se sous by die uie in die pan saam met die baked beans en laat dit prut tot die vloeistof so bietjie verminder het. Dan kom die pilchards in en ek druk hulle sommer so rofweg in stukke en meng deur die boontjies en daarna die gaar aartappels.

Die deeg rol ek langwerpig uit en plaas dit op ‘n uitgevoerde bakplaat, skep die vismengsel daarin en vou dit toe soos ‘n pakkie. Verf met eier en bak in die oond by 180ºC vir 30 minute.

Bron en foto:  Adam Cloete

 




OONDGEBAKTE SPEK EN SKYFIES

282994_10204120422234685_502693179093206868_ntested

OONDGEBAKTE SPEK EN SKYFIES

Die tjippies is die ovenbake soort. Probeer lekker groottes kry. Draai na die streepspek om en pak in ‘n liggesmeerde plat pannetjie en sit onder jou oond se gril tot albei lekker bros is.

Foto en idee:  Bernadene Daniell Prinsloo




KITS AANDETE MET EIERS

FLR BB Yummy

KITS AANDETE MET EIERS

Een Groot Ui.
2 Tamaties.
1 E Margarien.
1 T Kerriepoeier.
1 E Asyn.
6 Hardgekookte Eiers

Metode:
Braai Die Ui In Die Margarien Tot Sag En Bruin.
Sny Die Tamaties In Dun Skywe En Braai Saam Met Die Ui.
Sodra Die Tamaties Gaar Is Meng Kerriepoeier En Asyn.
Gooi Die Mengsel Oor Die Tamaties En Roer Goed, Laat So ‘N PaarMinute Prut.
Sny Eiers In Die Helfte En Sit In ‘N Bak.
Gooi Die Tamatiemengsel Oor Die Eiers.
Bedien Warm.
Kan Saam Met Rys Bedien Word.
BRON- Cecilia Bedser




TUNA AARTAPPEL GEDOENTE

gevulda tuna aarttested
TUNA AARTAPPEL GEDOENTE
Ek het die heerlikste tuna aartappel ding gemaak – Rina Kleinhans het die idee vir my gegee
Maak medium groterige aartappel (1 per persoon) gaar in mikrogolf, sommer so met sy baadjie aan
Intussen meng blikkie tuna met fyn gekapte ui, groen pepers, sout en peper en genoeg mayonaisse.
Wanneer die aartappel uit die mikrogolf kom (oppas hy’s kokend) sny hom so 4 snye deur (nie regdeur nie), vul dit met die tuna vulsel en strooi gerasperde kaas bo-oor. Bak in warm oond tot kaas gesmelt en goudbruin is Ek het myne sommer in die halogeen-oondjie gedruk op 250 grade vir seker so 7 – 8 min (hou maar dop)

Resep Idee: Rina Kleinhans
Foto: Sonja Young




WOEPSIE-WAPSIES MET GROENTE

2014-05-24-woepsie-wapsiesmetgroente

WOEPSIE-WAPSIES MET GROENTE
8 varkworsies – ontvel
50 g kaas – blokkies gesny
1 koppie broodkrummels
2 eiers
vars pietersielie
1 teelepel braaisout
bacon

Meng die ontvelde, rou varkworsies met die broodkrummels, eiers, pietersielie en braaisout.
Maak balletjies
Rol bacon om, steek vas met ‘n tandestokkie en bak vir 20 min op 200grade in die konveksie oond.
BRON- Corne Liebenberg




ROMERIGE MOSSELBROODJIES

2014-05-22-romerigemosselbroodtjiestested
ROMERIGE MOSSELBROODJIES

Genoeg vir 4 mense
2 blikke (85g elk) mossels, gedreineer
1 groot ui, gerasper
3 knoffelhuisies, gekap
250 ml (1 k) cheddarkaas, gerasper
125 ml (½ k) mayonnaise
1 Franse brood/panini/ciabatta, in dik skywe gesny (8 skywe)
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Meng die mossels, ui, knoffel, kaas en mayonnaise. Verdeel die mosselmengsel tussen die broodskywe en smeer rofweg op elkeen.
Pak die broodskywe op ’n bakplaat en rooster 10 minute of tot die mengsel op die broodskywe effens goudbruin begin raak.
Sit dadelik voor saam met slaai.

FOTO- Elna Erasmus en Ronel Muller Thoma‎
Ronel Muller Thoma  – Wat ek gedoen het is ek het nie blikkie mossels gehad nie net gevriesdes! Ek het so n pakkie gevat en bietjie Rama ingegooi in potjie en gaar gekook! Het niks bygegooi nie net so gebruik!




PRAWN-SLAAI

10366034_10152040157821945_2944800381708012293_n
PRAWN-SLAAI
1 koppie gekookte prawns
1 koppie gerasper wortels
½  koppie pitmielies
1 koppie klein skulp noedels
1 koppie fyn blaarslaai
1 koppie blokkies komkommer
En dan gooi jy seafood mayonaise
Heerlik.

Foto: Karin Van Greuning Venter




EIERVRUG KOEVERTE (wenner- eiervrug week)

2014-05-16-eiervrugkoevertetested

EIERVRUG KOEVERTE (wenner- eiervrug week)
Maak ‘n bier beslag met
125 ml koekmeel
5 ml bakpoeier en
125 ml bier en hou in yskas.

Skil en sny eiervrug in dik skywe met spleet in middel maar nie regdeur.
Vul gleuf met kaas, tamatie , kaas en ‘n paar druppels tobasco steek gleuf toe met ‘n tandestokkie en dust met koekmeel.
Doop gevulde eiervrug koeverte nou in beslag en braai in warm olie tot goud bruin.
BRON- Elize de Kock




JOHAN SE MOSSEL BROODJIE

mossel broodjie johantested
JOHAN SE MOSSEL BROODJIE
Het sopas een van die maklikste, lekkerste en stoudste dusse ontdek!!
Klink regtig soos een van Hilda, van 7de laan, se kombinasies!! Maar probeer dit gerus, mits jy van die smake van die bestanddele hou, anders gaan jy dit glad nie geniet nie!!!
Jy gaan die volgende benodig:
Brood,
‘n blikke gerookte mossels,
botter,
‘n ui dun gesny
hot English mosterd en
kaas.

Dit is ‘n gewoone toasted toe broodjie, gevul en maak soos volg: Smelt ‘n klein bietjie EGTE BOTTER {baie belangrik}, terwyl dit smelt, pak jou toe broodjie met ‘n bietjie kaas, gerookte mossels, uie en nog ‘n bietjie kaas. Dan aan een sny brood smeer jy ‘n dun laag Hot English Musterd. Maak die broodjie toe met die Mosterd kant binne. Sit die broodjie in die pan en Rooster dit in die pan binne in die gesmelte warm botter.

NB….. Wees versigtig, as jy die broodjie draai, gaan alles uitval, so dus moet jy die vashou as jy dit draai.

Foto en resep:  Johan Haarhoff