CHICKEN AND ROAST VEGETABLE LAYERED LOAF

tested

CHICKEN AND ROAST VEGETABLE LAYERED LOAF
Pesto (maak jou eie deur 60g basil blare, 50g pine nuts, 50g gerasperde parmesaan kaas, 2 knoffelhuisies en 75-125ml olyfolie (goeie een), te verwerk) in voedselverwerker tot dik pasta
Vir die hoender en groente laag het jy nodig:
2 red peppers
2 yellow peppers
2 chicken breasts,cut into strips
2 tbsp olive oil
1 large red onion, peeled and cut into wedges
2 courgettes, sliced length-ways
1 large round loaf 23cm/9inch wide (bread)
2 balls mozzarella, torn
1 beef tomato, thinly sliced

For a salad:
3 tbsp extra virgin olive oil
1 tbsp sherry vinegar
1 tbsp Dijon(or English) mustard
50g rocket leaves
2 heads Little Gem lettuce -Place the red and yellow peppers directly on a gas or open flame and keep on turning until black all over. Remove and place in a glass bowl with cling film over and set aside. Once cool enough to handle, peel off the black skin and cut the flesh into quarters, removing the seeds.

-Heat a large griddle pan and place the chicken strips in a bowl. Add oil and season with salt and pepper, then toss to coat.
-Place the chicken on the hot griddle along with the red onion and courgettes and cook for 2-3 minutes.
-Slice off the top of the loaf bread. Hollow out the loaf by scooping out the soft bread, leaving 3cm/1 1/4inch of bread around the edge.
-Fill the hollow loaf with layers of the peppers, chicken, red onion, courgettes, mozzarella, tomatoes and pesto, seasoning between each layer.
-Place the lid of the loaf back on and push down, you can wrap it in cling film and leave overnight or slice straight away.

-Make a salad by whisking together the oil, vinegar and mustard in a small bowel. Place salad leaves in large bowl, pour over the dressing and mix.

Posted by Amanda Conradie
Ek sit cling film om en Los oor nag. Baie lekker vir n piekniek.




TUNAGEBAK

tunagebak huisgenoottested

TUNAGEBAK
Ek het vandag dit probeer, baie baie lekker. Al wat ek volgende
keer sal anders doen, is die pasta met tuna mengsel meng.
Genoeg vir 6 mense
500 ml (2 k) skroefpasta
170 g x 2 blikke tuna
250 g sampioene, in skywe gesny
2 sprietuie, gekap
250 g kaas-en-uie-tjips, fyngedruk
250 ml (1 k) dikroom
4 eier, geklits
sout en peper, na smaak
250 ml (1 k) gemengde kaas (mozzarella en cheddar)
slaai vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 ^(0)C.
Smeer ‘n koekpan.
Kook die pasta volgens die aanwysings op die verpakking en dreineer.
Meng die tuna, sampioene, sprietuie en tjips in ‘n bak.
Meng die room, eiers, sout en peper in ‘n beker.
Giet die roommengsel by die tunamengsel in, voeg die helfte van die kaas by en meng.
Bedek die bodem van die gesmeerde koekpan met die pasta.
Bedek met die tunamengsel en oorblywende kaas.
Bak ‘n halfuur of tot ferm.
Sit voor saam met slaai.

Foto:  Diane Roode Hancox




MIELIEPAP PIZZA’S

pap pizzatested

MIELIEPAP PIZZA’S

Rol pap in balletjies , druk plat en diepbraai vir 5 min. Sny boonste deel af en vul met gebraaide spek, sampioene en kaas. Bak in oond tot kaas gesmelt is

 

Bron en Foto: Christo Smal




MARMITE- EN KAASBROODJIE

marmite en kaas broodjietested
MARMITE- EN KAASBROODJIE

Smeer dik botter of margarien op broodjie, dan marmite en dan baie gerasperde kaas.
Plaas ‘n snytjie bo-op, sit weer baie botter, marmite en gerasperde kaas op, pak ander snytjie bo-op.
Herhaal so vier keer, afhangende hoeveel mense daar is. Maak toe met foelie.

Sit in oond op 180°C vir ± 25 na 30 minute tot kaas lekker gesmelt het.

BRON EN FOTO: Marie Rheeder Troskie




YSKASLEEGMAAKTERT

2014-06-20-yskasleegmaakterttested

YSKASLEEGMAAKTERT

Alles wat in Saterdagaand se gereg was en dit is, steak repies, tamaties, broccoli, avo en hardgekookte eiers. Ek het net bietjie bacon oorgestrooi en getop met bietjie kaas en toe ‘n geklitste eier, melk en potato bake mengsel oorgegooi om te laat stol. Onder in die bak het ek driehoekig gesnyde broodsnye gepak sodat hulle oorvleuel om ‘n soort van ‘n kors te vorm, voor ek die ander bestanddele daarop gepak het.

Nadat die hele spul bymekaar gesit is, word dit natuurlik in die oond gebak vir so 30min by 180ºC.

Foto en resep geplaas deur Adam Cloete




JACQUI’S LIGHT MEALS

JACQUI’S LIGHT MEALS
(Tuna Pasta)
½ Tin of Tuna (Brine),
50g Pasta (Cooked) &
50g Peas
Cook Tuna & Peas together, add Spices, add Pasta.

1 x Slice Whole wheat Bread
2 x thin slices Ham
Tomato
Cucumber.
Toast bread and top with ham, tomato and cucumber. Drizzle balsamic vinegar over and sprinkle with salt & pepper

Jacqui’s low fat Pizza.
3 x Cracker bread
6 x cherry tomatoes – sliced
30g cheese, finely grated
sweet chilli sauce.
Put sweet chilli sauce on Cracker Bread. Then cherry tomatoes, grated cheese. Place on Baking tray & grill for 5 minutes

Spicy Chicken Salad
90g Chicken Cooked in Soy Sauce & Ginger (Keep the Liquid aside).
100g Chopped Celery,
Green Pepper,
50g Carrots and
100g Mushrooms.
Mix the Meat and Vegetables and then add the Liquid used for the Chicken.

Recipes:  Jacqui Landsberg Botma




OMELET PIZZA

omelet pizzatested

OMELET PIZZA
6 eiers geklits met ongeveer 100ml koue water
1/2 ui gekap en in botter gebraai saam met
1/4 green pepper
5 sampioene opgesny
2 snye ham in klein blokkies gesny
1 tamatie in blokkies gesny
1 koppie gerasperde kaas
Sout en peper na smaak

Laat ‘n blokkie botter in jou “non stick” eier pan smelt en gooi dan jou geklitste eier en water mengsel in oor stadige hitte. Wanneer die eiermengsel do amper gestol het, voeg dan die gebraaide uie, green pepper, sampioene, tamatie en ham by en maak seker dat jy dit eweredig oor die hele ommelet versprei.
Voeg dan sout en oeper by na smaak en sprinkel die kaas bo-oor. Sit weer die deksel op sodat die eier heeltemaal kan stol en die groente goed warm word en die kaas lekker smelt.

Sny in kwarte en bedien saam met rooster brood en lemoensap.

Bron: Rosemarie Maytham




EIER GEBAK VIR LIGTE ETE

Eiergebak en roosterbroodtested

EIER GEBAK VIR LIGTE ETE

Opbrengs: 6 porsies

8 Eiers
½ na 3/4 koppie room of melk (of helfte helfte)
1 koppie gerasperde cheddarkaas
1 koppie fyngekapte ham blokkies of gebraaide spek
¼ koppie fyngekapte groen soetrissie- gebruik rooi geel en groen
¼ koppie fyngekapte uie

In ‘n groot bak, klits die eiers en room. Roer die kaas, ham, soetrissie en ui by. Gooi in ‘n gesmeerde 20cm vierkantige bak. Sprinkel bietjie paprika en pietersielie oor.
Bak by 200° C vir 25/30 minute of tot goudbruin.

Hierdie resep is regtig vreeslik lekker. Ek het dit bedien met snytjies tamatie en komkommer, geroosterde brood en wors met ‘n uie sous. Dit was meer as genoeg en vullend.

BRON – Rencia Odendaal Pretorius

FOTO – Thalia Botha-Rondganger




KERRIEBOONTJIE MAALTYD VAN WIT BOONTJIES

 

2014-06-07-kerrieboontjiestested

KERRIEBOONTJIE MAALTYD VAN WIT BOONTJIES

Weet nie of jul kerrieboontjies ken nie – Week die klein wit boontjies oornag in water die volgende dag vat jy net vleis,speserye.sout, uie en klein wit boontjies wat oornag geweek is.   Braai die uie  bietjie en sit die vleis by, braai bietjie bruin sit nou jou boontjies, speserye, sout en peper by, en bietjie water.  Kook tot die vleis sag is en die boontjies gaar en sag.
Wanneer gaar meng 1 teel kerriepoeier, 1 teel borrie, 3 teel suiker en bietjie asyn met bietjie water en voeg by.
Kook deur. Bedien op rys.

BRON- Sophia Bester Agenbag‎




KOREAANSE BIEFSTUK VINGERS

2014-06-08-steakslaai

KOREAANSE BIEFSTUK VINGERS
Biefstuk van jou keuse (hoeveelheid wissel volgens jou omstandighede)
1 fyngekapte ui
4 fyngemaakte knoffelhuisies
5 eetlepels soyasous
2 eetlepels sesameolie (omdat dit baie duur is, gebruik ek olyfolie)
50g suiker
2 eetlepels medium droë sherry
50ml beesekstrak
sout en ‘n knippie peper van jou smaak

Sny die biefstuk in dun vingergrootte repe en plaas in ‘n marineerbak. Meng al die ander bestanddele saam en giet oor die vleis. Bedek en laat marineer vir so lank as moontlik, maar nie korter as 1 uur nie. Verhit die oondrooster tot hoog en plaas die vleis op ‘n bakplaat en rooster vir 5 tot 10 minute terwyl gereed omgedraai en met die sous bedruip word.

Of pas dit aan by jou omstandighede

Ek het 2 gaar steaks in die vrieskas gehad, wat ek opgesny het en toe in die sous gemarineer het. Die steaks was redelik underdone. Die het ek toe so bietjie in die pan gebraai in olyfolie, uitgehaal en die sous in die pan gegooi en laat “reduce”. Intussen die bak met hardgekookte eiers, tamaties, avo, ‘n bakkie guacamole en die steak repies gepak. Die sous oorgegiet en toe die gaar broccoli ook net bietjie in dieselfde pan gebraai en tussen die ander gepak. En……Steak en Broccoli slaai.

2de foto:   Ek het dieselfde sous gebruik, maar koue gaar varkboud vleis in repe gesny en vir 20 minute op 220ºC in die oond gerooster, saam met die sous, nadat dit vir 2 ure gemarineer het, net om die sous gaar te kry. Toe laat afkoel en op die bord saam met tamatiestukkies, slaaiblare, en ‘n geel soetrissie in blokkies gesny, gerangskik en die sous deur dit gemeng. Dit is op kamer temperatuur ge-eet.

Bron en foto:  Adam Cloete