SNACKWICH BROODJIES VAN OORSKIET GROENTE

snackwich broodjies martietested

SNACKWICH BROODJIES VAN OORSKIET GROENTE
Moet vir julle vertel wat hier aangaan. Het nie brood in die huis vanaand nie, kyk in die broodblik en daar is net 1 snytjie en korsies. Adam sal trots wees op my. Oorskiet wortels en aartappels, gemash, eier en so vier eetlepels bruismeel, gekapte pietersielie en aromat bygesit en in die snackwish gevul met ham, kaas, tamatie, avo en blaarslaai. Dit is more Andre se kosblik!

Martie Fourie Moolman




AMERIKAANSE HOENDERSLAAI

AMERIKAANSE HOENDERSLAAI
1 Middelslag ui, gekap
1 knoffelhuisie, gekap, of knoffelsout
1 k langkorrelrys
3 k hoendersftreksel
geurmiddels van keuse
1 k gaar ertjies
1 klein blikkie groen boontjies
1 k gaar suikermielies
1 rooi soetrissie
1 groen soetrissie
1 klein gaar hoender

Kneus knoffel of gebruik knoffelsout.  sit saam met rys en aftreksel in kastrol. geur, bring tot kookpunt. roer met vurk en laat stadig kook vir 20 min. of net sag. sny hoender in blokkies en voeg saam met ertjies, boontjies en mielies by rys. Roer gekapte rissie by wanneer koud..
Bron:  Marthie Grobler




“KANNIE-OPHOU-ETIE-BROODJIE” (wenner)

10 - Kannie ophou etie broodjietested
“KANNIE-OPHOU-ETIE-BROODJIE” (wenner)
My 1ste broodjie inskrywing – gevulde pizzabroodjie
Deeg
4 koppie  bruismeel
¾ eetlepels kitsgis
2 eetlepels kookolie
1 teelepel sout
1 ½ koppie warm water
2 eetlepels suiker
Meng alles saam maar gebruik slegs 2 koppies meel. Soos jy dit saammeng, voeg res van die meel by.
Knie vir 8-10min.
Bedek en laat rys vir ‘n uur.
Rol dan uit tot so 5 mm dik.
Smeer deeg met chutney. Sny ham en salami in blokkies. Pak salami/ham laag en bedek met mozarella.
Rol toe en smeer met eier en sprinkel met crushed garlic en sesame saad. Oond toe vir 25min op 190°C op gespuite bakplaat.
Bedien met gepiekelde chilli indien verkies.
Voilá!!!!!
Resep en foto:  LIEZL LOUW




TUNA OONDBROODJIES a la Madri

 

25 - TUNA OONDBROODJIEStested

TUNA OONDBROODJIES a la Madri

Volgraan-/Rogbrood/Low GI Seedloaf
2 Blikkies Tuna (in water) gedreineer
1 Gekapte ui
*Dill/gherkins in blokkies OF gerasperde komkommer
2 Wiele Feta kaas in blokkies
*Cocktail tamaties in helftes
5 Eetlepels ongegeurde jogurt/griekse jogurt
Tomato Paste
Sout en gemaalde swartpeper
10ml country garlic & herb (Robertson) of mixed herbs
Gerasperde kaas
Paprika
*OPSIONEEL

Pak broodjies op ‘n oondplaat en smeer tomato paste oor elkeen. Meng tuna, uie, *gherkins/dill/komkommer, speserye en ongegeurde/griekse jogurt. Skep op elke broodjie en smeer egalig oor broodjies. Sit *cocktail tamaties en feta kaas bo-op elke broodjie. Gooi gerasperde kaas bo-oor en paprika vir kleur. Grill in oond tot kaas goudbruin is. Bedien saam met aartappelwiggies in die oond.
BRON- Madri Henn




ONTBYT WAFEL MET BACON, EIER EN AVO

Ontbyt wafeltested

ONTBYT WAFEL MET BACON, EIER EN AVO
VIR 2 PERSONE

1 eier
½ koppie karringmelk
½ koppie koekmeel
½ teelepel origanum
knippie sout
½ koppie klein gesnyde spek
½ koppie gerasperde kaas

Klits eier en karringmelk.
Voeg meel, kruie en sout by en meng by eiermengsel.
Voeg spek en kaas by.
Gooi helfte van mengsel in wafelpan en maak gaar tot brosbruin.
Sit enigiets van jou keuse bo-op. Ek het avo en ‘n eier gedoen.
Voila -alles in 1 ontbyt.

Resep en foto:  Bernadene Daniell Prinsloo




HENRY SE MIELIEPAPROL

PAPROLtested

HENRY SE MIELIEPAPROL

Maak ‘n pot stywe pap. Genoeg vir hoeveel mense jy ook al wil bedien. Die tekstuur moet min of meer selfde wees as die wat jy by pick n pay of spar by die Deli sal koop. Terwyl die pap aan gaan. Braai ‘n gekapte ui in baie min olie. Voeg dan jou mince by. (Maak soos jou gesin daarvan hou.) Ek het steak en tjop spice, mixed herbs en bietjie Worchestershire sous gebruik. Voeg dan tamatie en uie smoor by. En sout en peper na smaak.
Sodra jou pap gaar is. Rol ‘n groterige stuk foelie uit op jou werks oppervlak. Skep die pap uit op die foelie. Blink kant bo.
Lê ‘n stuk Glad Wrap oor die pap. Laat dit maar oorsteek oor die kante. Rol dan met koekroller tot dit min/meer ewe dik is oral. Ek myne so ± 1 cm dik gemaak. Haal glad wrap af. Rasper nou kaas oor jou pap. Ek verkies Cheddar. Skep nou jou mince oor dié.
Nou rol jy versigtig van die een kant af jou pap. Soos jy sal doen as jy ‘n swiss roll sou maak. Ek dit dit nogal moeilik gevind om net van een kant af te rol. So ek het half gegaan van een kant af en toe van die ander kant af. Rol nou foil om dit en laat dit “set vir paar minute in die yskas.
Rol nou versigtig uit die foil op ‘n bak plaat of oond bak. Rasper kaas bo-op. En sit in oond tot kaas lekker gesmelt is/ goud bruin.

En wöla

Onthou as jy dit sny om skerp mes te gebruik. En doop net in water voor elke sny. Dit help dat mes nie aan pap vassit.

Henry Knaus-Bekker




SKEP NOG GEREG

tested

SKEP NOG GEREG
1 blik roommielies
2 koppie broodkrummels
1 koppie melk
1 gekapte ui
1 koppie gerasperde kaas
1 koppie fyn biltong
1 eetlepel pietersielie
1 teelepel fyn knoffel
1 eetlepel mielieblom
1 eetlepel gerookte paprika

Meng alles saam en bak by 180 grade C vir 25/30 minute
Kan as bykos of ete met slaai voorgesit word.

Resep geplaas deur Floraine Wasserman Venter




MAGDE SE HEERLIKE SAMPIOENVULSEL

tested
MAGDE SE HEERLIKE SAMPIOENVULSEL
250 g gesnyde witsampioene gebraai in bietjie margarien
250 ml room
1 blikke knoffelroomsampioene
1 pakkie sampioen soppoeier, ek meng dit gewoonlik met die room

Ek kook alles vinnig saam en gooi ekstra knoffel by vir ons familie,  indien dit ‘n rukkie koud word, is dit styf,  as dit te styf is gooi net bietjie melk by.
Dis heerlik as dit koud bedien word in ‘n vulsel of soos ek dit op roosterbroodjies maak.
Vir afronding rasper ek bietjie kaas oor.
Resep en foto: Magde Van der Kolff




EASY CALZONES

calzones adam2014-07-09-calzonestested
EASY CALZONES

Ready made pie crust, or make your own. Or use pizza dough
5 tomatoes sliced thin.
a Tablespoon Herbs (Rosemary,oregano, basil or any Italian herbs)
Cream cheese, Parmesan, Mozzarella, Romano (or a blended package of fine shredded cheese)
salt and pepper to taste.
Blend the herbs and cheeses together

Directions:
Roll out one crust…lay slices of tomatoes all over the crust about 2 fingers apart. Place a spoonful of the blended herbs, cream cheese, and other cheeses on top of the tomatoes. Salt and pepper to taste.
add another sprinkle of cheese over the top of the tomato. Gently place the top pie crust or pizza crust over the top. Seal all the way around. Take a drinking glass and gently cut out each bump of tomato. Make sure each round Calzone is sealed. Use a little egg well beaten to ensure seal.
Give each Calzone a bath of garlic and melted butter then drop gently into hot grease until they brown or float to top…(You could also bake at 375 until brown. Serve with a good marinara sauce.
Foto:  Adam Cloete

Nota:   Ek noem dit my Surprise Calzones want elkeen het ‘n ander vulsel in. Verskillende kombinasies van tamatie, gerookte worsies, olywe, avocado, mosterd, soet chilliesous, kaas en tot groen soetrissies. Net ‘n wenk vir diegene wat so clueless soos ek kan wees. Sorg tog dat jou boonste deegvel heelwat groter is as die onderste een sodat dit mooi om die hopies kan pas. Verder, spasieer die hopies vêr genoeg uitmekaar uit om die deeg behoorlik te kan seël. Nie soos daardie twee in my bord wat met laslappies aanmekaar gesit moes word nie.
Foto:  Adam Cloete




TUNATERT MET BROOD

tunatert annelisetested

 TUNATERT MET BROOD
2 uie
1 koppie melk
4 – 6 snye brood
2 blikkies tuna wat in olie is
1 koppie gerasperde kaas
pietersielie
blatjang
tamatiesous
4 geklitste eiers
sout en peper na smaak
ekstra gerasperde kaas
Braai die uie.
Week die brood in die melk. Roer dat dit soos n “pap” lyk.
Voeg die uie, tuna plus die olie in die blikkie, kaas, pietersielie, blatjang, tamatiesous en geklitste eiers by.
Roer goed deur.
Skep in gesmeerde oondbak, strooi ekstra kaas oor.
Bak tot styf/gestol by 180ºC.  Sny in klein blokkies. bedien warm of koud.

Resep: Nada Duplessis Bloem

4 eiers
60 ml mayonnaise
250 ml melk
30 ml blatjang
4 snye witbrood (korsies af)
2 blikkies tuna
gerasperde ui
pietersielie
sout en peper
Week brood in melk en voeg res van die bestanddele by. Meng goed. Skep in voorbereide oondbak en rasper kaas oor.
Bak by 180ºC vir 30 min.

Resep:  Annelise Engelbrecht