GIDEON SE VOLSTRUISWORS EN PASTAGEREG

2014-08-25-gideontested

GIDEON SE VOLSTRUISWORS EN PASTAGEREG
My aandkossies was vanaand kurktrekker pasta.
Varsgebraaide volstruiswors in eetbare stukkies gesny
in aparte pan, braai sampioene, uie, fyngekerfde rissie (verskillende kleure)
Voeg by – tamatie en braai, voeg wors by
Bietjie Tobasco sous, swart peper, sout en ‘n eetlepel sampioen soppoeier
Kook spiraalpasa tot gaar (Al Dente) meng met die wors mengsel
Net voor opdien ,voeg bietjie Rocketslaai en pietersielie by en meng deur
GENIET

Foto en resep:  Gideon Louw

Hier is Gideon se weergawe
my aandkossies was vannaand kurktrekker pasta saam met volstrys wors, masrooms , gesmoorde uie , gesnipperde pepper , bietjie tobeskou, swart peper, bietjie sout en n eetlepel sampijoen sop poeier , en net voor opdien n bietjie rocket en pietersiellie ingesny by die mengsel en sommer lekker gesmaak nous my bol sommer lekker gepomp




PIZZA CONES

pizza conetested

PIZZA CONES
Baie eenvoudig. Het roomys cones gevat foelie omgesit. Puff pastry uitgesny om cone gesit en gebak vir so 10 minute by 200 grade C . Laat afkoel en die cone afgehaal van die foelie af.
Gevul met tamatie en uiesmoor, gekapte halfgaar bacon en green peppers, in cone geskep en gerasperde kaas in cone gedruk en gebak  by 150 grade C tot kaas gesmelt het.
Mens kan die cones so effens lig aan die voorkant as jy wil seker maak die kaas loop nie uit nie.

Resep en foto:  Ria Jacobs




HEERLIKE TUNASLAAI

HEERLIKE TUNASLAAI
1 tot 2 blikkies Chunky Tuna effens kleiner gebreek.
1 blikkie Pynappel stukke gedreineer
‘n Paar Sweet and Tangy Gherkins in ringetjies gesny.
1 Klein Uitjie fyn gekap.
‘n Paar klein blokkies kaas.
1 pak Noodles van eie keuse. Gaar gemaak volgens aanwysings op pak en laat afkoel.
Mayonnaise.

Meng alles saam met die gaar afgekoelde noodles en sit in die yskas om goed koud te word.
Hoe langer dit staan, hoe lekkerder!
Resep: Pamela Mac Leod




POTATO FRITTATA

potato fritattatested

POTATO FRITTATA
makes one 10-inch cast iron skillet of breakfast
5 Tablespoons canola oil, divided
1 small yellow onion, sliced
4 large russet potatoes, peeled and cut into 1/8-inch thick slices
3 Tablespoons unsalted butter
Kosher salt
Freshly ground pepper
7 large eggs
2 Tablespoons minced flat-leaf parsley
2 Tablespoons minced chives
2 Tablespoons heavy cream

Adjust the oven rack to the middle position and preheat oven to 200 degrees C
Heat a medium saute pan over medium high heat and drizzle with 2 Tablespoons of the canola oil. Add the onions and cook until caramelized, about 8 to 10 minutes. Deglaze the pan with 1/4 cup of water, scraping any brown bits from the bottom with a wooden spoon. Cook until the water evaporates and the onions take on a uniform brown color, about 5 minutes.

Transfer the onions to the roasting pan and toss with the raw sliced potatoes. Add 1 tablespoon of butter and the remaining 3 Tablespoons of oil. Toss with your hands. Season generously with salt and pepper. Cover the pan with foil and bake for 25 to 30 minutes or until the potatoes are tender.
Set the potatoes aside to cool for 15 minutes. Reduce the oven heat to 350 degrees F.
Meanwhile, whisk the eggs, herbs and cream together. Season with salt and pepper.
Heat a 10-inch cast-iron skillet over medium high heat. Melt the remaining 2 Tablespoons butter in the skillet, making sure that melted butter greases the side of the cast iron as well. Add the cooked potatoes to the pan. Top with the egg mixture. Cover the skillet with foil and bake for 30 minutes. Remove the foil and bake for 10 minutes more.
Slice and serve directly from the skillet, warm or at room temperature.

Foto en resep aangepas deur Adam Cloete
Om krag te spaar het ek net die eerste oond deel ge-mikrogolf vir 10 minute en dan het ek ook bietjie kaas en ham bygevoeg.




SALMSLAAI

salmslaaitested

SALMSLAAI
1 blikkie rooi salm
1 blikkie pienk salm
4 meduim aartappels
1 ui fyn gekap
200 ml Helmans mayonnaise
6 agurtjies gekap
sout
rooipeper vir garnering

Skil en kook die aartappels tot sag en “mash” dit fyn. Dreineer die vis maar hou die water en meng die vis en die res van die bestanddele by die aartappel.
Plaas in die yskas om goed te verkoel.
Indien die slaai te styf is nadat die verkoel is verdun dit met van die water van die vis.
Dien op saam met Melba toast of enige kraak koekie en vars slaai blare.
Dis ook baie lekker op volgraan brood of kan as ‘n pannekoek vulsel gebruik word.
Hoop julle geniet dit

Foto en resep:  Ilona Turner Chester




GIDEON SE SWART MOSSELS MET BRIE KAAS

2014-08-17-gideontested
GIDEON SE SWART MOSSELS MET BRIE KAAS
twaalf weskus swart mossils (mossels)
vier eetlepels brie kaas
‘n skud aromat
twee eetlepels knoffel
100 ml room
1 e botter
3 e olyfolie
1/2 t tiemie blare

Verhit die botter en olyfolie voeg by tiemie, knoffel, aromat , kaas wat opgebreek is in stikkies en room by bring tot kook en voeg mossels by,  kook vir 8-10 min en bedien saam met broodtjie wat met olyfolie gesprinkel is en ‘n paar minute in die oond gegril is !
Resep en foto:  Gideon Louw




SOUTVLEISGEREG MET KAPOKAARTAPPELS

FLR Slogan 2b

SOUTVLEISGEREG MET KAPOKAARTAPPELS

Wanneer die budget laag is, is hierdie gereg ‘n wenner.
3 groot uie, in ringe gesny
4 tamaties
sout en peper na smaak
300 g soutvleis
kapokaartappels

Braai uie en voeg tamaties by en braai tot sag. Voeg sout en peper by.
Voeg soutvleis by en verhit deeglik.
Bedien dit op kapokaartappels.
Cornelia Myburgh




HEERLIKE TUNA BROODJIE

2014-08-12-broodjie
HEERLIKE TUNA BROODJIE
1 blikkie Tuna
Swart olywe opgesny
Swart knoffel of fyn knoffel
Blokkies chedder kaas
1 t pesto
3 E mayonnaise
4 klein tamaties opgesny
1 klein uitjie opgekerf
Blaarslaai
Meng als saam  buiten die blaarslaai en sit op blare op broodjie
Resep en foto:  Marian van Deventer




VETFRIKKIES- FRIKKADELLE MET VETKOEKDEEG

vetfrikkiestested

VETFRIKKIES- FRIKKADELLE MET VETKOEKDEEG
Frikkadelletjies
1 kg maer maalvleis
250 ml oats
50 ml sagte broodkrummels
50 ml wit asyn
4 eiers geklits
1 groot aartappel, grof gerasper
15 ml sout
5 ml gemaalde koljander
5 ml gemaalde neutmuskaat
5 ml gemaalde wonderpeper
2 ml peper of na smaak

Meng al die bestanddele vir die frikkadelletjies saam.
Ek gebruik ‘n 25 ml maatlepel om die hoeveelheid vleis af te meet om bolletjies te vorm.
Braai frikkadelletjies in diep olie net tot gaar.
Plaas op kombuispapier om te dreineer en heeltemal af te koel.

Vetkoek
250 ml sterk lou melk
250 ml sterk lou water
40 g (50 ml) margarien
25 ml witsuiker
1 eier
850 g (1600 ml) koekmeelblom
10 g (1 koevertjie) kitsdroëgis
5 ml sout

Meng melk, water, margarien en suiker en roer tot margarien gesmelt het.
Klits die eier by.
Meng meel, sout en gis saam.
Voeg eiermengsel by.
Knie tot die deeg elasties en glad is.
As die deeg te pap is om te hanteer kan bietjies koekmeel bygevoeg word.
As die deeg te styf is voeg ‘n klein bietjie water by.
Smeer ‘n mengbak met olie en plaas die deeg daarin, draai die deeg dadelik om sodat die oliekant bo is.
Bedek die bak en laat die deeg rys tot dubbel die volume.
Knie die deeg af.
Rol deeg uit op meelbestrooide oppervlak tot ongeveer 1 cm dik.
Sny deeg in 6 x 6 cm blokkie met ‘n skerp mes.
Plaas ‘n frikkadelletjie op elke blokkie en vou die punte van die deeg oor die frikkie.
Knyp die openingkies versigtig toe.
Braai so vier op ‘n slag in diep olie en draai dikwels om sodat die deeg egalig braai.
Braai tot ligbruin en skep uit om te dreineer.
Sit warm of koud voor.
Hulle vries goed om later weer warm gemaak te word in die mikrogolf oond.
Lewer ± 50 Frikkies
Resep en Foto:  Johan Snyder




SPINASIE, FETA EN SPEK GNOCCI

2014-07-29-spinasie,fetaenspekgnoccitested

SPINASIE, FETA EN SPEK GNOCCI
1 pk spek in blokkies
1 pak vars spinasie
1 wiel feta gekrummel
1/2 kp room
Gnocci gaar gemaak soos op die verpakking
Braai spek blokkie in ‘n pan tot lekker gaar
Sit spinasie sommer so in die sakkie vir 4 min in die mikrogolf en wanneer gaar, haal uit en sny fyner ( Onthou om die hoekie van die sakkie te knip)
Meng nou die spek, spinasie, feta met die room en maak goed warm, roer nou die klaar gaar gnocci daarby in.  Proe vir sout en pas aan indien nodig.

Resep en foto:  Bernadene Daniell Prinsloo