IDEES VIR LIGTE ETES

FLR BB with Hearttested

IDEES VIR LIGTE ETES
Linda Grobbelaar
Ek het so baie sulke gedagtes. Wens ek kon so iets doen. Ek eksperimenteer gedurig. Iets wat ek nou onlangs probeer het en wat rerig lekker is. Is spinasie stokkies. Dit het net vir my na mors gevoel om dit weg te gooi. Vars jong spinasie. Die wit stingels van die spinasie afgesny en happie grootte gesny. Sit in mikro met biki sout vir ‘n 5min. Maak ‘n slap degie. Dip stukkies daarin en braai in olie. Dit is heerlik!

Leonie Steenekamp
don’t forget lovely quick savoury pancakes. Fillings like spinach and feta, ham, cheese and mushroom are popular

Bennie Venter
Lekker en vinnige tuna gereg wat selfs jonges geniet. Ideaal vir middag ete. Braai uie en gekapte mushrooms met bietjie knoffel en swart peper. Voeg dan so 3 blikkies tuna by asook n hele pak fyngemaakte kaas en uie chips. Meng deeglik en skep in plat glas bak. Rasper kaas oor en bak so plus minus 15 minute tot kaas smelt. Heerlik

Elsabie Templeton
daar moet altyd iets met proteiene wees en onthou die vegetariers! tjalies (wraps) kan dubbel diens doen vir hoender of vleis repies in heuning en mosterd of bloukaas en rooi uie marmelade sousies met slaai in sowel as oondgeroosterde groentes of roerbraai groentes soos eiervrug, baby marrow, wortel, botterskorsie (alles in julliene gesny en gebraai) saam met soet rissie sous. Op die koeler dae is ‘n individuele bakkie met lasagne of ‘n bord spaghetti bolognaisse altyd ‘n wenner. Ek glo in hou die dis eenvoudig (minder bestandele is meer) MAAR dit moet die beste wees wat jy kan maak.




BACON EN HOENDERSLAAI

 

bacon en hoenderslaaitested
BACON EN HOENDERSLAAI

Blaarslaai….coctail tamaties, gesnyde uie en sampioene, agurkies, peppadews, chedder kaasblokkies, feta en neute, 250 g spek gaar en stukkies gesny, 3 hoenerborsies gaar en fyn gesny …..sous het ek mayonaise en spur se pienk sous gemeng …sout en peper en knoffel …heerlik heerlik

BRON- Magde Van der Kolff




GEVULDE VETKOEK MET N TWIST

chicken mayo vetkoektested

GEVULDE VETKOEK MET N TWIST

Hier is hy nou julle die is net n ander weergawe. Dis chicken en mayo. Die deeg is
3 koppies koekmeel
N halwe pakkie gis
So 1 eetlepel bruin suiker
So eetlepel sout
Dit gooi ek alles in my food processor
Dan meng ek so 80-100 ml koue water
1 eier
60 ml olie
Gooi dit stadig by die koekmeel mengsel in dit sal soos broodkrummels begin lyk
Dan gooi ek warm water nie kook water net warm water by tot dit n deeg begin vorm en laat die food processor die knie werk doen. Ek smeer dan my hande en n bak met botter haal die deeg uit werk so klein bietjie botter seker so eetlepel botter in en sit dit in die bak maak toe met n vatdoek en sit in die oond vir so halfuur tot n uur. Die filling kan jy maak net wat jy wil eintlik. Jy roll die deeg plat uit sit eers jou sous of kaas of so neer dan jou filling en dan knip jy dit toe soos n appelkoos konfyt tertjie vou die kante in en die kant kom op die bak pan (liggies gespuit met spray and cook) neer en dan baj jy dit vir so 20-25 min by 190 Grade C.
Met die resep kry jy so 12 uit
ek het dit nou al gemaak met die kool en mince, chicken en mayo en bacon en kaas.

Resep en foto:  Wiandra Nel




FRIKKADELVORMPIES

Frikaddel vormpiestested

FRIKKADELVORMPIES
1 weetbix beskuitjie
250 ml melk
1 eier
2.5 ml sout
1 pakkie tamatie room sop
500 gemaalde beesvleis
1 middelslag ui, fyn gekap.
1 middelslag tamatie in klein blokkies gesny.

Meng die weetbix beskuitjie en melk.
Klits eier en sout en voeg by die eier en weetbix mengsel.
Meng die tamatieroomsop poeier by die weetbix mensel.
Sny tamatie in klein blokkies.
Roer gemaalde vleis, uie, en tamatie by die weetbix mengsel.
Skep in gesmeerde muffin pannetjies. Bak in oond vir 1 uur op 160 grade Celsius

Resep en Foto verskaf deur Christina En LP Louw




GEVLEGTE WORSBROOD EN ONTBYT MUFFINS

2014-09-21-gevlegdeworsbroodtested

GEVLEGTE WORSBROOD EN ONTBYT MUFFINS
Ontbyt met ‘n twist.
Gevlegde brood:
3 koppies koekmeel
3 koppies witbroodmeel
1 eetlepel droë pietersielie
1 teelepel sout
1 pakkie droë kitsgis
550 – 600 ml louwarm water
Sif die koekmeel en broodmeel saam en meng goed.
Meng die res van die bestanddele by die meelmengsel en knie goed tot die deeg terug bons wanneer jy daarop druk. Plaas die deeg in die skottel, bedek en laat dit rys op ‘n warm plek tot dubbel die volume.
Knie die deeg af en deel dit in 3 ewe groot stukke deeg.
Maak elke deel deeg plat, plaas gaar braaiwors op die plat deeg en rol die deeg toe om die wors. Vleg die 3 stukke deeg met die wors soos ‘n gevlegde brood en plaas op ‘n bakplaat, plaas eenkant en laat die gevlegde brood rys.
Bak die brood in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir ongeveer 1 uur.
Gevulde tamaties:
1 koppie fyn aspersies
¼ koppie mayonnaise
2 eetlepels fyn gekapte uie
tamaties, ontpit en uitgehol
Meng die 1ste 3 bestanddele saam in ‘n mengbak, skep die vulsel in die uitgeholde tamaties en plaas eenkant.
Gebraaide swart sampioene:
Braai die groot heel sampioene in knoffelbotter in ‘n warm pan op die stoof tot gaar.
Strooi gerasperde kaas en rooipeper na smaak oor die sampioene, laat die kaas smelt, verwyder die sampioene van die hitte en plaas eenkant.
Ontbyt muffins
Mengsel 1:
125 g gekerfde dadels
200 ml water
½ teelepel koeksoda
⅓  koppie rosyntjies
⅓  koppie sitrus skille (pomelo skilletjies soos vir konfyt opgekook)
⅓  koppies tuisgemaakte marmelade
Plaas die bestanddele in ‘n kastrol op die stoof en kook dit saam vir 5 min. Plaas eenkant om af te koel.
Mengsel 2:
1 eetlepel fyn semels
¼ koppie sonneblomsaad, effens gekap
¼ teelepel sout
1 koppie bruismeel
1 groot eier
¼ koppie suiker
1 koppie fyn gerasperde wortel
Klits die suiker en eier saam in ‘n mengbak, voeg die res van bestanddele met die dadelmengsel by die eiermengsel en meng goed deur. Skep die deeg in voorbereide muffinpannetjies.
Bak die muffins in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 25 minute.
Maak intussen die stroop vir die muffins:
½ koppie kookwater
2 Rooibostee sakkies
1 eetlepel suurlemoensap
¼ koppie suiker
Voeg die water, teesakkies en suurlemoensaop in ‘n potjie op die stoof en laat die tee sterk trek voordat jy die suiker byvoeg. Bring die tee tot kookpunt en verwyder die potjie van die plaat.
Skep 2 eetlepels stroop oor elke muffin wanneer dit uit die oond kom.
Resepte: Meisie Hattingh‎




BOELIEBIEF MET KOOL EN BROCCOLI OP PASTA

2014-09-14-pamsmaltested

BOELIEBIEF MET KOOL EN BROCCOLI OP PASTA
1 ui
Halwe groen soetrissie
1 pk  x 250 g sampioene (opsioneel)
Teelepel paprika
Gesnipperde kool ,so n kwart van ‘n heel koolkop
Blikkie boeliebief
1 pk knorr bacon & cheese souspoeier
Koppie melk

Smoor ui , soetrissie in bietjie kookolie. voeg paprika by.
Roer gesnipperde kool by en roerbraai vir paar minute tot sag.
voeg gesnyde sampioene by
voeg boeliebief en gemengde kruie by.
maak pakkie souspoeier met lou melk aan .gooi oor en laat deurkook. geen ekstra sout nodig. ek gooi bietjie suurlemoenpeper (Ina Paarman) by.
En dis dit!
En gebruik verder jou verbeelding om dit op te kikker!!

Pam Smal se resep en foto




KAASSPEKBROOD

broodjie met spek en kaas 2tested

KAASSPEKBROOD
’n Lekker souterige brood wat geen botter of vulsel nodig het nie; sny dit net en pak in jou kosblik
310 ml (1¼ k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
4 sprietuie, fyngekap
350 g cheddarkaas, gerasper
125 g spek, gekap
4 eiers
sout en peper
10 ml (2 t) soetrissiesous
5 ml (1 t) olie
60 ml (¼ k) karringmelk

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n broodpan met olie.
Sif die meel en bakpoeier in ’n groot bak. Roer die sprietuie, kaas en spek by (moenie die spek gaarmaak nie – dit gee die brood sy geur terwyl dit in die deeg kook).
Meng die eiers, sout, peper, soetrissiesous, olie en karringmelk in ’n beker of bak. Giet in die meelmengsel en meng goed.
Plaas die deeg in die bereide broodpan en bak 40 minute of tot ’n vleispen wat in die middel gedruk word, skoon uitkom.
Laat vyf minute afkoel, draai uit op draadrak en laat heeltemal afkoel.

Foto:  Rina Kleinhans
2de foto: Hardus Van Der Hyde — Dit het baie lekker uitgekom.het dit somer in muffin pan gemaak – Ja met n koue hoender vulsel. Soos oom Gideon sal se dit was djeerlik




LIGTE ETE VAN KOUE GAAR VLEIS

tested

LIGTE ETE VAN KOUE GAAR VLEIS
1-3 koppies gesnyde koue hoender- of skaapvleis
2 eiers, hardgekook
1 groot tamatie, skywe
1 koppie gekapte pynappel of piesangs
Smeer ‘n oondbak. Pak afwisselende lae vleis, vrugte, eiers en tamaties
Voeg kerriesous oor en bak 15 minute by 180ºC.

Kerriesous:
3 eetlepels botter
1 ui
sout
1 eetlepels appelkooskonfyt
30 g koekmeel
½ appel
300 ml water
1 eetlepel vrugteblatjang
½ eetlepel kerriepoeier
2 teelepel suurlemoensap

Sny appel en ui fyn. Smelt botter en braai ui liggies. Voeg appel, kerrie, meel, konfyt, blatjang, sout en suurlemoensap by. Voeg water geleidelik by en kook paar minute. Dien op saam met rys.
Resep geplaas deur Petro Calitz




MARIAN SE KOOL “WRAP”

kool wraptested

MARIAN SE KOOL “WRAP”
heel onder het ek chedder kaas gesit.
En toe n eetlepel cultured cream.
Gaar Bacon
Gaar Hoenderstrips
Gaar Mushrooms
Gaar Uie
Mostertsous
Mayonnaise
Sit als op koolblaar, behalwe die mayonnaise. Sit vir 30 seK in miKrogolf oond. En dan as jy dit uithaal  sit die mayonnaise op. Vou toe en eet

Foto: Marian van Deventer




FLORAINE SE GEROOSTERDE HOENDERBROODJIE

tested

FLORAINE SE GEROOSTERDE HOENDERBROODJIE
Gaar hoender, fyngesny (so 4 koppies)
4 e blatjang,
6 eetl whirlwip,
350 ml dik kaaswitsous,
10 ml hoenderspice,
Roer goed deur, smeer op brood, rooster

Foto:  Floraine Wasserman Venter