MAGDE SE HOENDERSLAAI

 

hoenderslaai magdetested
MAGDE SE HOENDERSLAAI

Vir n hoenderslaai as hoofgereg met dalk n broodjie by het jy 200gram hoender nodig per persoon. Jy kan meer slaaibestanddele bysit om hoender 150g te maak maar ek het gou op my resepte ingegaan en gee graag die deur:
200g hoender gaar per persoon
2 groot blaarslaai
1 v groot komkommer in klein blokkies gesny
2 uie fyn gekerf
500gram coctailtamaties in kwarte
2 greenpeppers fyngekerf
Fetakaas 1 houer

Pas die resep aan soos jou mense daarvan hou ….dis altyd lekker
SOUS
hier gaan ek op smaak
Sout, peper, knoffelsout, origanum, hoenderspeserye, mayonaise en spur se pienk sous gemeng …
Ek sal dit more aand maak en foto opsit en regte hoeveelheid speserye bysit indien nodig …biejie blatjang maak dit ook lekker

Foto en resep:  Magde Van der Kolff
Nadat ek klaar die advokado en sampioene opgegooi het …het ek besef ek moes die foto neem voor dit ….dis net ons persoonlike smaak




BULLY BEEF ROLL

bully beef rolltestedbully beef roll

BULLY BEEF ROLL
Posted by Casper Aucamp
Photo: Hans Jonker en Wilna Dorfling
FOOD LOVERS RECIPES
1 Puff Pastry roll
Marmite
1 egg, beaten
1 can bully beef
1 onion, finely chopped
1 cup cheese
2 tablespoons chutney

Mix the onion, cheese and chutney with the bully beef.
Roll puff pastry open.
Take the back of a teaspoon and spread the marmite evenly over the puff pastry.
Spoon the mixed ingredients on pastry. Spread evenly. Roll up puff pastry.
Place on baking tray.
Cut puff pastry but do not intersect.
Brush beaten egg over the meat roll.
Bake at 180°C until golden brown.




KAMMA BEEF WELLINGTON

tested

KAMMA BEEF WELLINGTON

Ek maak ‘n Kamma Beef Wellington met gekoopte gevriese deeg wat ek ontdooi en in 4 stukke sny, moenie uitrol nie. Dan sny ek ‘n blikkie boeliebief oop en sny dit in 4 eweredige stukke en plaas in middel van deeg, smeer’n bietjie mosterd en blatjang oor. Sny kepe aan vier kante vanaf boeliebiefskywe, skuins na buiterande. Vou een-een kant van onder na bo, van bo na onder, van regs na links en van links na regs (al vier kante na binne bo-oor vleis). Smeer geklitste eiergeel oor elke Kamma Bief Wellington.
Dis my eie resep wat ek baie maak! Ekonomies en smaaklik!

Bron:  Petronella Kleintjie Botha Pieterse




KIKKER OU BROOD EN MIELIEPAP BIETJIE OP

FLR BB with Heart
KIKKER OU BROOD EN MIELIEPAP BIETJIE OP
Maak n beslag van
1 koppie koekmeel
1 eier
1/2 koppie melk
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel botter
knippie sout en peper
Bietjie melk ekstra om slap deeg te maak.
Melt die botter, en klits die eier daarby in, meng met half kp melk.
Meng die droe bestanddele en meng met die vloeistof mengsel. Indien die mengsel te dik is, voeg bietjie melk by tot ‘n slap beslag
Neem ou snye brood en doop in die beslag. Bak in warm olie. Bedien met kaas of biltong.
Maak Mieliepap en skep in n laagpan, druk mooi vas. Laat staan oornag, sny in skywe en doop in beslag.
Bak bruin in olie.
Bedek met oorskiet stukkies vleis en fyn pietersielie. Gebruik vir ontbyt!




CECIL SE NACHOS

2015-07-16-nachostested

CECIL SE NACHOS

Nachos:
1 pak doritos skyfies
1 pak tamatie pasta sous
1 bakkie cottage cheese
Gerasperde cheddar kaas.
nachos 1 nachos 2 nachos 3 nachos 4

Plaas al die bestandele in n oondbak, en bak vir 25 min teen 180 grade.
Bedien met guacamole.

Cecil Dunhin:
Het weer nachos gemaak, met maalvleis in die keer. Mince saam met gekapte uie en knoffel en pastasous in pan gebraai, pak in lae en bak soos oorspronklike resep.

Resepte en foto’s:  Cecil Dunhin




MIKROGOLF TERTJIES

tested

MIKROGOLF TERTJIES

Hierdie moeitelose tertjies bevat die klassieke kombinasie van spekvleis, kaas en sampioene. Heerlik!
Lewer 6

4 eiers
60 ml (¼ k) suurroom
80 ml (⅓ k) gerasperde mozzarella
sout en peper
100 g sampioene, in skywe gesny
3 skywe toebroodjieham, gekap
’n hand vol vars grasuie, gekap

Smeer 6 holtes van ’n silikoon-kolwyntjievorm.
Meng die eiers, suurroom en kaas in ’n mengbak en geur met sout en peper.
Meng die sampioene, ham en grasuie en verdeel tussen die kolwyntjiesholtes.
Giet die eiermengsel oor die sampioenmengsel in die holtes.
Mikrogolf 4 minute op hoog of tot die sampioene gaar is.
Sit die tertjies voor saam met ’n slaai van jou keuse.




HOLLANDSE BEETSLAAI-PIENKSLAAI

Hollandse Beetslaai - Pienkslaaitested

HOLLANDSE BEETSLAAI-PIENKSLAAI
Voeg die volgende saam in ‘n gróót mengbak :-
1 kg maalvleis (nèt gaar, moenie braai, gegeur met slegs sout en peper)
2 kg aartappels se kapokaartappels
Beetslaai (2 x 450 g botteltjies ‘grated and spiced’ gedreineer en verpulp)
6 eiers (hardgekook en baie fyn gemaak)
6 groot agurkies (fyn gerasper)
500 ml mayonnaise
fyn gekerfde blaarslaai


Roer alles goed saam tot gemeng.
Roer fyn gekerfde blaarslaai in die pienkslaai in nét voor opdiening.
Bedien bo-op addisionele slaaiblare (fyn gesny).
Skep ‘n blertsie mayonnaise op die pienkslaai en plaas repies agurtjie heel bo-op.
Dis heerlik en kan dien as voorgereg, hoofgereg of as vulsel op gesnyde bagette.
Genièt dit!
Resep en foto: Sansha Meyer




HOL VETKOEKE OF MET ‘N VULSEL

hol vetkoeke mete vulseltestedhol vetkoeke met vulsel 2
HOL VETKOEKE OF MET ‘N VULSEL
Maar ek dink Tanya as jy dit nie vir ‘n 2de keer laat rys nie behoort dit nie hol te wees as jy dit bak nie. My resep:
1 kg koekmeel / broodmeel
2 eetlepels asyn
2 eetlepels suiker
1 pakkie kits gis
7.5 ml sout, en so 2 tot 3 koppies louwarm water

Knie tot glad en elasties ± 10 min. Bedek bak met plastiek en laat rys 1 uur. Vorm vetkoek en bak in olie. Gewoonlik rol ek die deeg uit en druk met ‘n glas of piering die vetkoek uit, dan laat ek dit weer bietjie rys terwyl ek my vulsel voorberei. Sodra my vulsel reg is om net te prut tot gaar, bak ek my vetkoek, dan het dit weer effens gerys en as jy dit in die olie sit rys dit vanself nog en is lekker hol binne.

Resep:  Cornelia Bosman Walkinshaw

Foto en idee: Wanda van der Merwe
Vanaand het ek bietjie rondgespeel met vetkoek deeg. Lekker vetkoek deeg gevul met tamatie-uie bredie, viennas en kaas! Dit was baie lekker!
Ek het maar die 4 kante bymekaar gevou en met ‘n groot gesukkel het ek die punte maar net inmekaar gedruk en die bondeltjie liggies in my hande gerol. Dit is nogals tricky, die deeg kan nie te dun wees nie. Ek het die kante bietjie dunner gedruk na ek die vulsel ingesit het om dit als bymekaar te kan kry.




SPINASIE NESSIES

spinasie nessiestestedspinasie nessies 2

SPINASIE NESSIES

Nog n broodjie idee wat ek by n pragtige Tannie gekry het vandag! Dankie Tannie Rita Blignaut smile emoticon Het ses snye brood gevat en albei kante gebotter, Het Spinasie gekook met aartappel en toe sout en peper met room en kaas gaar gekook. Dit bo op broodjies geskep en so klein holte gemaak in spinasie en toe n eier in elke broodjie gebreek.
Toe kaas oorgestrooi en 2 eiers met koppie melk geklits en ook bo oor gesit en nou in die oond om te bak. 190 grade totdat eiers gaar is en kaas lekker bruin is. Geniet.

Foto:  Ronel Muller Thoma




THAI PEANUT ZUCCHINI NOODLES

thai noodles angelatested

THAI PEANUT ZUCCHINI NOODLES
I tried something new for dinner. This is my own recipe. Been trying to eat clean again.
2 medium zucchini
1 carrot
Half red onion, sliced
Clove garlic sliced
Handful chopped peanuts
½ avocado, cubed
1 tablespoon peanut butter
1 tablespoon lime juice
½ tablespoon honey
1 teaspoon sesame oil
1 clove garlic, minced
1 teaspoon garlic chili paste
Chopped chilli

In a small bowl, combine the peanut butter, lime juice, honey, sesame oil, garlic and chili paste. Whisk to combine, then set aside while you prepare the rest of the ingredients.
Peel the zucchini and carrot, then using a julienne peeler and cut the vegetables into long strands.
Sauté zucchini, carrot, red onion and garlic in a tablespoon of olive oil and season
After 5 mins add the peanut butter mixture and sauté a minute or two more
Plate and top with the chopped peanuts and the avocado
Optional: add sesame seeds and chopped fresh herbs
Serving is for one person
Recipe and photo:  Angela Landsberg