GERALDINE SE TUNA KOEKIES

tuna en aartappels koekiestested
GERALDINE SE TUNA KOEKIES
Ek het nou ‘n tuna koekie resep bietjie aangepas.
2 blikkies tuna afgewater
¼ koppie koekmeel
klein ui baie fyn gerasper
1 eier geklits
½ koppie kapokaartappels
sout en peper

Neem 1 eetlepel  instant souse (die 3 cheese een, het al potatobake ook gebruik) voeg dit by die megnsel en roer deur. Plaas die mengsel ongeveer ‘n halfuur in die yskas.  Skep lepels vol in warm olie en bak tot albei kante mooi kleur het, pasop vir te warm olie.  Dreineer op kombuispapier.
Geniet.
Resep en foto:  Geraldine Chantel Combrink




GROENBONE MET SALMON EN BASIL PESTO

2015-04-01-pestotested
GROENBONE MET SALMON EN BASIL PESTO
Hierdie is regtig ‘n bitter maklike resep en sal enige mens beindruk

Handvol groenbone puntjies af gesny
Twee stukke salmon (dikker palm van jou hand wees +_ 500 gram die dik stukke werk die beste
Salmon moet skoon gemaak wees sonder vel (as verkies) en grate uit gehaal
Kook water
2 Eetlepels Botter
1 Heel suurlemoen
4 eetlepels suurlemoen sap
2 tot 3 eetlepels Basil Pesto ( Pesto Princess of Ina Paarman)
Sout en Peper na Smaak
n Groot stuk Foelie wat jy dubbel kan vou asook die salmon kan toe vou om ‘n
pakkie te maak
Vars gemaakde kapokaartappels (so veel as wat jy verkies)

Sit jou oond op 180 grade
Gooi die boointjies in n pan met kookwater en 2 eetlepels suurlemone sap
en sout. Kook vir 2 tot 3 minute en haal uit en sit eenkant
Maak nou ‘n pakkie met die foelie en sit op n plat bakpannetjie neer.
Pak die boointjies in ‘n ry op die foelie en sit dan jou rou salmon daar bo op.
Vat jou 3 eetlepels Basil Pesto en smeel mildelik bo-op salmon.
Sout en peper na smaak en 2 eetlepels suurlemoensap asook jou oorblywende botter
bo-op
Seel jou foelie pakkie en druk in die oond
Salmon het reggtig nie nodig om baie te bak nie so 15 tot 20 min is regtig genoeg.

Bedien op saam met kapokaartappels, skyfies suurlemoensap en ‘n slaai.
Bron: Lunette Prinsloo




WORSIE-GEREG

Worskostested
WORSIE-GEREG
Ek wil graag ‘n resep met julle deel. Dit is ‘n groot gunsteling in my huis en maak dit nogal gereeld. Ons noem dit sommer “Worsie Gereg”
WORSIE GEREG
500 – 600 g boerewors, in ringetjie gesny
1 groot ui, gekap
1 teelepel knoffel
2 eetlepels medium kerrie poeier
2 eetlepels blatjang
1 eetlepel bruinsuiker
1 blik tamatie en ui mix
115g tamatie pasta
sout en peper na smaak

Tip: Dit is makliker om die wors in ringetjies te sny as dit nog gevries is, anders skeur die velletjie van die wors af en dan kook die wors pap.
Braai wors, ui en knoffel in ‘n kastrol tot mooi bruin en gaar.
Voeg dan die res van al die bestanddele by, roer goed deur en laat prut totdat alles goed deur gekook het en kerrie gaar is.
Bedien gereg op mash.
Baie lekker!

Resep en foto: Natasja Bekker




SEEKOS SLAAI

2015-03-25-seekosslaaitested

SEEKOS SLAAI
Het vanaand ‘n vinnige seekos slaai aanmekaar geslaan voor die krag vanaand om 18h00 afgegaan het!
Ek het 400 g mossels skoongemaak en vinnig in suurlemoen/knoffel botter gaar gemaak en eenkant gesit om koud te word. Toe 400 g calamari op selfde manier gaar gemaak en daarna 400 g garnale. Terwyl die seekos koud word het ek borde gepak met verskillende slaai blare (asian mix) en toe komkommer, klein tamaties en avokado opgesny en oor die blare gestrooi. Het toe in die middel van die bord ‘n lekker skep “basil pesto” roomkaas gesit en die seekos bo oor gestrooi. Het nog bietjie suurlemoensap en balsamic reduksie oorgesprinkel en toe lekker vars gemaalde peper en sout oorgestrooi. Ons het heerlik gesmul en wag nou vir die krag om weer aan te kom!

Resep en foto: Rosemarie Maythan




VEGGETA PASTA WITH BOLOGNAISE SAUCE

tested
VEGGETA PASTA WITH BOLOGNAISE SAUCE

I used 1 cucumber
1/2 green capsicum
1 tomato

Sauce
100g mince meat
3-5 tomatoes juiced
1 clove of garlic
2 stalks of basil

Use your vegetable twister to make your cucumber into pasta.
Then add all your veggies to it.

Fry the meat and add the garlic and basil. Then add thetomatoes and cook until it becomes saucy or starts to thicken. Roughly 20-30 min to cook

Put the veggies in a plate add pour sauce over it. Don’t use all the sauce for one serve.
Only pour the sauce over it when you going to use it or it will go runny because of the vegetable water.

Recipe and picture of Di Bo




MEYER SE SOUT GEVULDE BROODJIE

2015-03-22-meyertested
MEYER SE SOUT GEVULDE BROODJIE
So derde pak winkeldeeg
Halwe pers ui
3x halwe sweet bell pepper (groen, rooi, geel)
Halwe koppie bevrore pitmielies
Gerasperde kaas
Kwart teelepel mild kerriepoeier
Sout en Peper na smaak
Braai alles in botter tot amper sag
Pak op deeg, vou toe, smeer met melk, bak teen 150C (in Thermofan oond) vir so 40min tot ligbruin

Resep en Foto: Meyer Combrinck




SKONROL MET WILDSVLEIS

skonrol met wildsvleistested

SKONROL MET WILDSVLEIS
Vulsel:
25 ml olie
1 ui, gekap
1 ml vars gemaaldes swart pepper
2 ml gedroogde tiemie
10 ml appeljellie of appelkoos konfyt
300 ml warm vleis aftreksel
500 g wildsvleis
5 ml sout
Kook vleis tot gaar en sag.

Skondeeg:
240 ml koekmeel
2 ml sout
175 ml water
20 ml bakpoeier
50 ml botter
10 ml Franse mosterd
100 g Cheddar kaas
2 ml gedroogde kruie

Sif bakpoeier, meel en sout saam.
Voeg kruie by en vryf botter in.
Sny water in.
Rol in ‘n reghoek ongeveer 5 mm dik
Smeer mosterd oor deeg.
Meng kaas en vleis en skep egalig oor.
Rol dit op, sny gleufies in net deur boonste deeg laag.
Bak 39 min by 200°C
Nota:
Ek het die kaas oor die mosterd gestrooi en het bacon gebraai en by vleis ingesit.
Resep en foto:  Lettie Martyniuk




STEAK IN KRUMMELS

Steakrepies in Krummelstested
STEAK IN KRUMMELS
Ek het gister met’ n paar stukkies taai steak gesit! Dit toe maar gekap en in repies gesny en net toe ek my broodkrummels in versapper wil maak, kalf die versapper.
Toe gryp ek ‘n paar droë karringmelk beskuite en kap dit fyn, gooi “flippen lekker spice” by.
Rol strips in koemeel gegeur met speserye, doop in geklitste eier en rol in krummels.
Diep braai in olie.
Bedien koud of warm met sweet chillie sous.
My mense was mal daaroor.

Resep en Foto: Marietjie van der Merwe




LAHEM BEL AJEEN (MINCE ON PASTRY)

mince on pastrytested

LAHEM BEL AJEEN (MINCE ON PASTRY)
I used
1 kg mince meat
2 large onions diced
1 large bunch of parsley finely chopped
1 bunch of Mint finely chopped
1 cup of tahini
½ cup of pomegranate molasses
Pastry is puff pastry or roti parartha

Fry your meat
Add your onions and cook until translucent. Then add your parsley and mint.
Stir really well.
Remove from heat and add the tahini and pomegranate molasses.
Add salt and pepper to taste
Once done add on pastry and add pine nuts of u wish and bake at 250ºC
Recipe and pictures: Di Bo




EENVOUDIGE KAPOKAARTAPPEL PIZZA

kapokaartappel pizzatested
EENVOUDIGE KAPOKAARTAPPEL PIZZA
± 10 medium aartappels
1 ½ – 2 koppies bruismeel
5 ml sout
50 ml melk
3 – 4 groot eiers
uie
soetrissie
wors

Maak kapokaartappels soos jy gewoontlik sou doen. (Ek het so ± 10 medium aartappels gebruik)
Ek het dit nie heeltemal fyn gemaak, omdat ek effe skurwer textuur verlang het.

Skep die aartappels in ‘n mengbak en sif  die bruismeel en sout by.
Meng dit goed deur. (ek het so bietjie die hande gebruik, soos as jy brooddeeg sou maak)

Voeg dan ‘n slukkie melk en eier by (voeg dit bietjie vir bietjie by) en meng dit tot dat jou deeg min of meer soos ‘n koekbeslag lyk.
Smeer ‘n oond pan met margarien/botter of spray and Cook.
Plaas jou beslag daarin.
Bak in voorafverhitte oond teen 180°C vir sowat 15 tot 30 minute, of totdat jy sien dis gaar soos met koek.
Haal uit en laat afkoel.

Terwyl jou “aartappelkoek afkoel” braai van jou gunsteling bestanddele:
uie
soetrussie
wors, maak net half gaar

Ons het lekker klein pannetjies sodat elkeen sy eie pan voorgesit kan word.
Dus het ek my aartappelkoek in kleiner porsies gesny en daarin geplaas.

Bedek/smeer nou die “koek” met tamatie en uie smoor.
Sprinkel bietjie kruie oor.

Hier is waar die res van die familie nou betrokke raak.
Laat elk vir hom/haar sy eie Pizza bou.
Elkeen pak nou sy basis met lekkerhede, uie ens.
Bedek dan met ‘n laag kaas van jou keuse.
Plaas dit terug in die oond en laat die kaas smelt (en dis hoekom jou wors nie heel gaar gemaak moet wees, anders is dit bietjie droog)

En daarsy!

Resep en Foto: Henry Knaus-Bekker