BEER CAN BURGER

beer can burgersbeer can burgers3beer can burgers2tested

BEER CAN BURGER
1.4 kg ground beef
10 slices bacon
70 g pepper Jack cheese, cubed
70 g extra sharp Cheddar cheese, shredded
150 g sliced fresh mushrooms, cooked
150 g Brussels sprouts, cooked
150 g green peppers, cooked
150 g onions, cooked
Preheat the grill to 300ºF or 150ºC and setup for indirect heat.
If adding smoke, place a handful of smoker wood chips in a smoker box or some aluminum foil with holes cut out and place over the lit burner.
Divide the beef into equal portions and form large balls.
Push a can (Doesn’t have to be beer) into the ball and smash it.
Using your hand, form the meat around the can, pushing it up and evenly around the can.
Wrap two pieces of bacon around the base of the meat.
Extract the can, fill the hole with anything you want, I used cooked mushrooms, Brussels sprouts, green peppers and onions. Top with cheese, place on the grill and cook using indirect heat for 1 hour.
Recipe tested and photos: Samantha FiFi Koekemoer




GEVORDERDE BROODTERT

 

broodterttested

GEVORDERDE BROODTERT
6 snye brood, korsies afgesny. Die brood moenie baie vars wees nie. Sny in blokkies.
Voeg ongeveer 1k lou melk by en meng tot amper soos slappap lyk.
Voeg 6 eiers by en meng.
Voeg nou die volgende by en meng goed.
Half blikkie bully beef, fyngedruk
1/2 pakkie bacon, fyn blokkies gsny
3 viennas, in die lengte in kwarte gesny en dan in klein blokkies
1 fyn gekapte ui
3 skyfies ham, fyngekap
Half pakkie mushrooms, fyn gesny
Half green pepper in blokkies gesny
1 k fyn gerasperde kaas
Meng alles goed en smeer n oondbak en giet in die bak. Bak ongeveer 1 uur in matige oond of tot bruin bo-op en gaar. My oond se deur seel nie mooi so hy vat altyd so bietjie langer.
Vir variasie kan mens fyn gekapte spinasie of baby marrows ook byvoeg.
Bron en Foto:  Jacques Marianne Van Niekerk




HOLLANDSE ZUURKOOL STAMPOT

 

2015-07-17-hollandsezuurkoolstampottested

HOLLANDSE ZUURKOOL STAMPOT

BESTANDELE
8 aardappels geskil en deur die helfte gesny
1 pot 700gram sauerkraut (zuurkool)
1 rookworst
250 gram spek blokkies
botter
bietjie melk
sout en peper

METODE
Sit in ‘n vergiet die zuurkool en spoel af met koue water. Laat uitdrup.
Skil jou aardappels en sny deur die helft en kook vir 10 minute met sout in water. Sit dan bo op jou zuurkool en laat vir 20 minite kook tot die aardappels gaar is.
In die tussen tyd sit jy 2 eetlepels botter in ‘n pan en braai die spekkies. Haal uit die spekkies maar hou die juice in die pan en sit bietjie water by en laat staan.
Giet die water van die aardappels en zuurkool af en mash dit alles saam met 3 eetlepels botter, klein bietjie melk en sout en peper na smaak.
Sit op lae hitte en laat net so vir 10 minute deur warm.
Sit die rookwors in kookwater op ‘n medium hitte vir so 10 minute maar moenie dat hy kook nie want dan bars hy uit sy vel haha!
Roer die spekkies deur die zuurkool stampot en bedien saam met die wors in plakkies gesny en die juice. Eet smakelijk!

Hollandse zuurkool stampot

SOURCE/PHOTO: Claudia Bellink




JAFFELS MET EIER

jaffels met eiertested

JAFFELS MET EIER
Vir die eerste keer in my lewe jaffels gemaak by die werk smile emoticon Dit was ‘n treffer!
500 g maalvleis gebraai
200 g sgesnyde sampioene
1 opgekapte ui
3 knoffel tone
3 eetlepels Mrs Balls Chutney
1 eetlepel suiker
sout, peper
2 eetlepels Garam Masala
Genoeg plakkies kaas
Genoeg snytjies brood


Braai die maalvleis en sampioene saam.
Braai die ui en knoffel in bietjie olie, sit die maalvleis by en braai lekker, voeg die res van die bestanddele by en kook net lekker deur.
Botter die jaffels aan die buite kant. Sit 1 sny brood in die jaffel maker en op die broodjie 2 eetlepels maalvleis en ‘n plakkie kaas bo op. Plaas die ander sny brood bo-op, botterkante buite. Braai tot reg.
By 3 jaffels het ek 1 hele eier ingesit bo op die maalvleis met kaas en dit het perfek uitgekom!

Resep en foto:  Claudia Bellink




MUSSEL SALAD

2015-07-16-musselsaladtested

MUSSEL SALAD
1 tomato
1 spring onion
piece of parsley
1 chili
salt and pepper

Chop up everything and mix with a tin of mussels.
Enjoy before hubby come home from work, hehe!

Recipe and photo: Shan T Russ




AARTAPPEL EN EIER GEBAK

 

2015-07-11-aartappelseneiersgebaktested

AARTAPPEL EN EIER GEBAK
Ongeveer 7 gekookte aartappels in skywe gesny
8 hardgekookte eiers in skywe gesny
witsous (kaassous) gemaak met
2 groot eetlepels botter
2 groot eetlepels meel
1 eier
Genoeg hoenderekstrak om die korrekte tekstuur vir die sous te kry.
‘n handvol gerasperde Cheddarkaas.
Smelt die botter in ‘n medium grootte kastrol en roer dan die meel by tot dit goed deurgemeng is. Voeg die hoenderekstrak bietjie vir bietjie by terwyl aanmekaar geroer word. Wanneer die sous begin romerig word, gebruik ‘n hand draadklitser om dit verder te roer tot die sous glad is. Laat dit verder prut tot dit ‘n gladde dik, maar nog loperige tekstuur het. Meng ‘n handvol kaas daarby in tot gesmelt. Haal van die hitte af en klits een rou eier daarby.
Spuit ‘n oondbak met kleefwerende sprei en pak ‘n laag aartappels op die bodem. Volg dit op met ‘n laag eierskywe, wat nie noodwendig teen mekaar gepak hoef te word nie. Indien wel, sal jy meer gekookte eiers nodig hê. Volg dit op met ‘n dun lagie sous en sprinkel bietjie kaas oor. Herhaal die lae tot die bestanddele opgebruik is maar hou genoeg sous om heel bo oor te smeer. Strooi bietjie kaas oor die boonste laag en bak vir ongeveer 30 minute by 180ºC.
Bron en Foto: Adam Cloete.




SAUSAGE UNDER A BLANKET OF DOUGH

2015-07-07-sausageunderablanketofdoughtested

SAUSAGE UNDER A BLANKET OF DOUGH
Fry tomato,onion and sausage till sausage is half cooked

Dough
1.5 cups of flour
10 ml baking powder
2 eggs
200 mls of milk

Mix together till smooth
Salt and pepper to taste. Take oven proof dish add sausage mixture first then pour dough over and bake at 180 deg  C for 30 min until golden brown.
The dough is very versatile once baked it has a soft bread like texture.

SOURCE/PHOTO: Liza van der Merwe




PANNEKOEK-CANNELLONI


PANNEKOEK-CANNELLONI
Jy benodig (vir die vulsel)
1 kg maalvleis
1 rooiui, gekap
1 rooi, groen en geelsoetrissie, in repe gesny
1 blikkie gekapte tamaties
1 blikkie tamatiepasta
sout en peper na smaak
ongeveer 6 pannekoeke
Braai die uie in ’n bietjie olie, voeg dan die maalvleis by en braai dit verder totdat die vleiskorrels bruin en gaar is.
Soos ’n bolognaise-sousie. Voeg nou die res van die bestanddele (behalwe die pannekoeke!) by en laat dit prut totdat alles deurwarm is en die geure lekker gemeng het.
Hou die vleismengsel eenkant warm.

WITSOUS
100 g botter
100 ml meel
1 ℓ melk
’n paar knippies sout

Smelt die botter en voeg ’n paar skeppies meel by. Roer dit goed en voeg dan ’n halwe koppie melk by. Roer weer goed om te keer dat klonte vorm.
Hou so aan totdat al die meel en melk opgebruik is en die sous verdik het.
Sprinkel ’n bietjie sout oor en roer dit goed deur.
Skep nou lepels vol van die maalvleismengsel in ’n pannekoek en rol dit op. Plaas die pannekoek dwars in ’n oondvaste bak en hou aan pannekoeke vul en inpak totdat die bak vol is.

Resep geplaas deur Jannie Duvenage




VRUGTIGE HOENDER EN AVOKADOSLAAI

2015-07-01-vrugtigehoenderenavokadoslaai

VRUGTIGE HOENDER EN AVOKADOSLAAI
Vleis:
4 rou hoenderborsies, ontvel, ontbeen en in repies gesny
½ koppie avokado olie
sout en grofgemaalde swartpeper na smaak
4 eetlepels heuning
Slaai:
Slaaiblare, gemengde pak slaai kan ook gebruik word
2 avokado’s, in skyfies gesny
1 pakkie aarbeie (250g), ontstingel en gehalveer
1 mango in skyfies gesny of 1 blik mangoskyfies gedreineer
Slaaisous:
½ koppie avokado olie
3 eetlepels witasyn
2 teelepels witsuiker
½ teelepel mosterdpoeier
2 eetlepels heuning

Vleis:
Meng die bestanddele vir die marinade (avokado olie,sout en peper en heuning.)
Plaas die hoenderrepies daarin en laat dit vir 2 ure marineer.
Verhit ‘n bietjie ekstra avokado olie en soteer die hoenderrepies tot gaar.
Slaai:
Pak die slaaibestanddele op ‘n mooi opdienslaaibord……….(avokadostukkies, aarbeie gehalveer en die mangoskyfies)
Skep die gaar hoenderstukkies eweredig bo-op.
Slaaisous:
Meng die bestanddele van die slaaisous en giet dit oor net voor opdiening oor die slaai.
** Die marinade kan ook gebruik word om heel ontbeende hoender te marineer en dan as heel stukke te braai om voor te sit saam met ander bygeregte.

Resep geplaas deur Charmaine Timmerman




GEVULDE AVOKADO

 

2015-06-22-gevuldeavokadotested

GEVULDE AVOKADO
Gevulde avokado was op vannaand se menu !!
2 groot avos deur gesny, ontpit en afgeskil
smeer die halwe avos met suurlemoensap orals plaas eenkant
6-8 klein tamaties opgesny en bietjie gedreineer
1k broodblokkies
1/2 k spinasie blare fyn gekerf
1/4 k gaar bacon stukkies
2e mayonaise
1 e olyfolie om brood blokkies in te braai tot bruin
sout en peper na smaak
plaas die avos in ‘n bakpan ek het sommer n stuk foelie onder in gesit om hulle n bietjie regop te stut
meng alles saam in ‘n bak en vul die holtes maak dit effens oorvol
plaas vir +- n halfuur in n voorverhitte oond op 200°C
Resep en foto: Gideon Louw