MINI KAASSOUFFLE

 

2015-08-14-mini-kaassoufflétested

MINI KAASSOUFFLE
(6 – 8 mini-soufflés)
40 g botter
60 ml meel
200 ml melk
2 koppies gerasperde sterk cheddar of gruyère-kaas
3 eiers, geskei
knippie kremetart

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smelt die botter in ‘n kleinerige kastrol. Sodra dit gesmelt is, voeg die meel by om ‘n roux te vorm. Hou ‘n oomblik aan roer en verwyder dan van hitte. Voeg melk bietjie vir bietjie by. Plaas terug op hitte en hou aan roer om ‘n redelike dik witsous te vorm. Gooi kaas bietjie vir bietjie by en hou aan roer tot al die kaas gesmelt is. Verwyder weer van hitte en roer eiergele by. Klits die eierwitte en kremetart tot styf. Voeg een derde van die eierwitmengsel by die kaassous en roer vinnig deur met ‘n metaallepel. Voeg daarna die kaassous by die oorblywende eierwit. Meng vinnig deur, maar wees versigtig dat jy nie te veel meng nie. Die idee is om soveel moontlik lug in die mengsel vas te vang. Spuit silikoon-muffinpanne goed en skep die soufflémengsel daarin. Maak elke holte driekwart vol. As metaalmuffinpanne gebruik word, moet die panne goed gesmeer en die bome met bakpapiersirkels uitgevoer word, wat
tot die grootte van die bome gesny is. Vul ‘n oondpan met sowat 2 cm kookwater. Plaas die muffinpanne in die oondpan en bak vir 15 minute. Haal die muffinpanne uit die water, laat ‘n oomblik afkoel en dop uit op ‘n bakplaat wat met gespuite bakperkament of ‘n silikoon-bakmatjie gevoer is. As metaalpanne gebruik word, moet die kante van die soufflés effens met ‘n mes losgemaak word voor jy hulle op die bakplaat uitkeer. Bak nog 10 minute teen 200 °C. Die soufflés kan ook vooraf gemaak en weer gebak word om uit te pof. As dit in die yskas gebêre is, moet die soufflés teen kamertemperatuur wees wanneer hulle gebak word. Voorverhit die oond tot 200 °C en bak vir 10 minute. Plaas die soufflé soos ‘n eiland in die middel van ‘n bord mosselroomsop, garneer en sit voor.




SHARONS SWEET AND SOUR CHICKEN STRIPS

tested
SHARONS SWEET AND SOUR CHICKEN STRIPS
Cut chicken breasts into strips and season.
Mix together about 1 cup flour, 1/2 cup maizena and about 1 teaspoon baking powder together in a bowl with ice cold water to make a batter. Season batter to your taste… I just use salt and pepper.
Dip the strips into batter and fry in VERY hot oil till golden brown. …. About 2 minutes

SWEET and SOUR sauce
3 tablespoons brown sugar
3 tablespoons tomato sauce
1/2 cup vinegar
1/2 cup pineapple juice
3 teaspoons maizena mixed with a little water
Bring to boil till thick.
Serve on rice.
I normally double my sauce…. It smells really strong because of the vinegar, but as it gets thick it comes right. Yummy

SOURCE: Sharon Gien Cambier
Photo:  Liezel Prinsloo




VIENNAS IN ‘N JASSIE

tested

CRESCENT DOGS-VIENNAS IN ‘N JASSIE
1 pak blaardeeg (puff pastry)
Viennas
Dun skyfies kaas
1 pak simba skyfies of tortilla tjips- enige geur (fyn gemaak)
Bietjie melk
Oond 180 grade C
Sny deeg in langwerpige stukke
Sit stukkie kaas op en vienna
Rol toe
Smeer met melk en rol dan in die fyngemaakte skyfies
Plaas op gespuite bakplaat en bak vir 15/20 minute tot goudbruin en opgepof
Bedien met tamatiesous
Foto:  Geraldine Chantel Combrink




KERRIE NIERTJIES

koos-se-niertjie-en-soustested

KERRIE NIERTJIE
Resep: Elda Lombard
Foto: Koos van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
4 tot 6 skaap niertjies
1 ons botter (30 ml)
1 koppie vleissous
3 teelepels kerriepoeier
1 desertlepel koekmeel (12.5 ml)
1 teelepel sout
2 teelepels uiesout

Sny niertjies in die helfte deur.
Rooster 6 min.
Smelt die botter en voeg die kerrie, meel, sout en uiesout by.
Meng goed, voeg vleissous by en laat stadig kook tot dik.
Voeg niertjies by en kook 30 min.

Resep aangepas deur Koos van der Merwe:
1 kg lam niertjies
3 groot uie
3 teelepel kerriepoeier
¼ pakkie bruin uiesoppoeier
20 g sout
2 g swart peper

Sny niertjies in die helfte deur.
Sny die uie in skyfies en braai in so 150 g botter.
Draai die stoof plaat se hitte af na medium, op my stoof no 3.
Voeg die niertjies by.
Plaas ‘n deksel op die pot en roer so elke 5 minute tot nietjies so medium gaar is.
Daar sal genoeg vleissous in die pot wees.
Voeg die kerriepoeier by.
Jy kan asyn byvoeg, dis opsioneel.
Draai stoofplaat na nul maar los jou pot op die plaat.
Maak die bruin uiesous aan met 150 ml koue water en voeg by.
Sit die deksel terug op die pot en los alles toe terwyl jy die lewer apart braai in uie.
Ek maak lewer medium gaar anders is dit te droog.
Skep die gaar lewer by die niertjies, roer deur en bedien.




KROPSLAAIHAPPIE

 

2015-08-07-kropslaaihappietested

KROPSLAAIHAPPIE

BESTANDELE/METODE
Kropslaai gevul met vark vleis repies , groensoetrissie repies , agurkie repies , wortel repies , rooi uie repies met n gebakte eier bo op en was heerlik saam met n bietjie sout en peper !

BRON/FOTO: Gideon Louw‎




SPINASIE TERTJIES

spinasie tertjiestested

SPINASIE TERTJIES
15 ml olyf olie
250 g sampioene
300 g spinasie
4 eiers
30 ml room
100 g mozzarella
sout en peper na smaak

Voorverhit die oond tot 190°C. Spuit of smeer ‘n muffinpan met 12 holtes goed. Verhit die olie in ‘n groot braaipan. Sny die sampioene in skyfies en soteer tot die sampioene sag is, ongeveer 5 minute. Skep met ‘n gaatjieslepel uit die pan en laat eenkant. Plaas die spinasie in dieselfde pan en gooi klein bietjie water by. Bedek en stoom die spinasie tot dit net begin verwelk. Gooi die spinasie uit in ‘n vergiettes en druk dit met ‘n lepel sodat die meeste van die water kan uitloop. Kap dit fyn. Klits die eiers en room saam, voeg die sampioene, spinasie en kaas by en meng goed. Geur na smaak met sout en peper. Verdeel die mengsel tussen die muffinkoppies en bak vir 20-25 minute tot goudbruin en gaar.
Oorspronklike resep van Die LowCarb Kombuis

Foto:  Pieter Coetzee
Nota:   Ek sal volgende keer knoffel bysit,dalk n knippie rooipeper ook, of tiemie, hy kort defnitief n dieper smaak. Maar hy is lekker.




TOEBROODJIEVULSEL IDEES

TOEBROODJIEVULSELS

TOEBROODJIEVULSELS IDEES
Hier is bietjie hulp!
Die volgende is slegs idees – jy moet maar self met die hoeveelhede rondspeel na aanleiding van hoeveel toebroodjies jy het om te maak.

Vulsels met Groente/Vrugte:
Geroosterde groente op blaarslaai en aangeklam met slaaisous
Picalilly op blaarslaai
Fyngekapte appel, seldery en pekanneute in bloukaas slaaisous en mayonnaise

Vulsels met Kaas:
Gerasperde kaas en fyngekapte appel in mayonnaise
Gerasperde kaas en fyngekapte grasuie in mayonnaise
Gerasperde kaas en fyngekapte spek in mayonnaise/sweet chilli sauce
Roomkaas en grasuie
Gerasperde kaas met sweet chilli sauce
Gerasperde kaas met rooi uie in mayonnaise

Vulsels met Eier:
Spek en eier – met of sonder mayonnaise
Eier mayonnaise (jy kan ook soetrissie en/of agurkies bysit)

Vulsels met Hoender:
Hoender mayonnaise (soetrissie en/of agurkies)
Gebraaide hoender in marinade – met of sonder mayonnaise
Hoender en pitmielies in mayonnaise
Hoender en gaar fyngekapte spek in mayonnaise
Hoender met uie en vars salie
Hoender in sweet chilli sauce
Hoender en knoffel in mayonnaise
Peri-Peri hoender in mayonnaise
Heuning-mosterd hoender (in heuning mosterd slaaisous)

Vulsels met Seekos:
Fyngemaakte krapstokkies met mayonnaise
Praws in roomkaas
Fyngemaakte mossels
Tuna mayonnaise (dis baie lekker met soetrissies, agurkies en pitmielies)
Tuna en gerasperde kaas met mayonnaise

Vulsels met Vleis:
Spek (met of sonder blaarslaai en tamatie)
Beef repies met ui, mosterd of peperwortel
Spek, brie en cheddarkaas
Ham, pynappel en gerasperde kaas
Ham, roomkaas en pynappel
Lamsvleis en mint in mayonnaise
Gerasperde mozzarella en salami

Wilna Dorfling

 




MUFFIN MINCE BOLLETJIES MET ROER EIER

2015-07-24-muffinmincebolletjiesmetroereiertested

MUFFIN MINCE BOLLETJIES MET ROER EIER

BESTANDELE/METODE
Maak Mince bolletjies so 100 gram.
Sit dit in Muffin bakkies en bak dit in die oond tot gaar.
Dan maak jy spicy rou roer eier en gooi dit in elke bakkie by die meat ball.
Ek het besluit om sommer bietjie kaas ook oor te strooi. Bak alles weer tot kaas gesmelt is.

BRON/PHOTO: Koos van der Merwe




WEENSE WORSIEHAPPIES


WEENSE WORSIEHAPPIES
300 g gerookte weense worsies of ham of altwee, grof gekap;
300 g gaar rys (500 ml)
1 klein ui, fyn gekap en gebraai indien verkies
1 murgpampoentjie, gerasper
2 eetlepels mayonnaise
15 ml blatjang
3 ml kerriepoeier
3 ml sout
knypie peper
kruie na smaak
2 eiers, effens geklits
150 ml melk
100 g Mozzarella- of Cheddarkaas, gerasper (250 ml)

Ververhit oond tot 180 ºC en smeer bakplaat.
Meng alle bestanddele behalwe kaas.
Skep mengsel in voorbereide pan en bak vir 30 min.
Strooi kaas bo-oor en bak nóg 5 – 10 minute lank.
Sny in vierkante en sit voor.

Foto : Rina Kleinhans
Jy kan ook klein tamatie fyn kap en bysit indien verkies, dit is ‘n baie lekker ligte ete.

2de foto:  Frances Smith
Ek het myne sommer in die klein cupcake panne gebak vir ‘n lekker bite size versnappering, en droë pietersielie oor gesprinkel.




GEVULDE UIE EN MAALVEIS

 

GEVULDE UIE LENEtested

GEVULDE UIE EN MAALVEIS

Uie geskil,  uitgehol en gevul met maalvleis, draai dan toe in bacon. Plaas op ‘n bakplaat en sit in die oond vir 20-30min hang af hoe die bacon lyk want die mince was vinnig vinnig gaar, toe sit ek die stoof van 180 grade C na 70 net todat die bacon kleur kry en dat die uie nie brand nie. Die bacon het ek met tande stokkies saggies vas gesteek maar die smake saam is ongelooflik xox

voorgesit met macaroni

FOTO EN RESEP: Lené Samantha Webb