HUTSPOT MET WORS

hutspot lisindatested

HUTSPOT MET WORS
Word traditioneel gemaak met gemashde aartappels en wortels. Maar kan ook wors byvoeg. Jy benodig:
klein pakkie wortels, opgesny
5 medium aartappels
½ medium ui
wors van jou keuse
sout en peper
4 eetlepels plaasbotter
4 eetlepels room

Braai die wors tot gaar en braai ui in botter. Kook die aartappels en wortels saam in water met bietjie olyfolie en sout en druk fyn vir  mash. Voeg wors en uie saam, voeg room en sout en peper by. Kan ook chakalaka by die met mash sit, saam met die wors, is dit baie lekker.
Bron: Lelane Van Der Walt
Foto:  Lisinda Blaauw




IDEES VIR FRANSE BROODJIE FRENCH TOAST

IDEES VIR FRANSE BROODTJIE- FRENCH TOAST

IDEES VIR FRANSE BROODJIE- FRENCH TOAST

Lisinda Blaauw – Banana slices with syrup/honey is also very yummy on french toast

Rina Kleinhans – Spek en piesang met heuning… klink snaaks maar heerlik

Gene Koen – Smokeys worsies, of Nat droëwors

Cheryl-Anne Greyling – Make a french toast stack. One slice french toast with syrup and cheese. Second slice on top. Repeat a third time.

Stephanie Ferreira – Suiker en suurlemoensap

Martie Venter – Bacon en smelt kaas oor dit.

Lieselle Kinghorn Southey – Probeer bacon en brie/camembert en piesang, baie lekker kombinasie. Baie vullend. Of maak ‘n toebroodjie met kaas en ham vulsel, doop jou toebroodjie in die eier soos wat jy jou French toast sal maak; braai dan soos French toast en geniet.

Hanli Catlin – ek is mal oor fyn kaneel.

Lesley-Ann Faber – Marscapone kaas en berries dis heerlik

Sherryl Currin – My family have it with Nutella.

Althea Wilson – What about chopped onion, green peppers, mushrooms , saute in pan,add pilchards add spices and on toast. Divine.

Nolene Fourie Gouws – Kaas, bovril en jam, heerlik

Lizette Huysamen – My kinders was kleintyd mal daaroor met suiker en kaneel op

Ivy Rossouw – Lekker aarbeie met bietjie room

Marlene Kotze – bacon en Maple syrup. heerlike kombinasie

Wilmien Oosthuysen – Nuttela met room gemeng. Selfs vir versiersuiker op koeke!!!!! Heerlik!

Louisa Badenhorst – Kaneelsuiker heerlik!

Maria Venter – Ham en kaas met avo

Linda Nel – Biltongstof in die beslag en dan heuning bo oor

Bernise Speek Venter – chocolate smeer!!

Chrisna Church – crispy bacon, groen vye en stroop

Corné Venter Schamrel – Mascapone, heuning en bacon! Is heerlik saam

Anita Kroon –  Ek soek en soek maar sien nerens peanutbutter en stroop nie??? En marmite en kaas EN stroop. Yum!

Mareschal Loock –  Smeer met tamatiesous, gerasperde kaas, en mixed herbs of origanum…smelt weer in microwave en laar afkoel.Golden syryp en gerasperde kaas.

Hestelle Cordier – Enige iets solank dit drip van die vars room

Carin Oberholzer  – Lekker met versiersuiker op gestrooi en druk dan suurlemoensap bo oor…. yummie soet suur!

Delene Jonker –  Fyn vis met mayo en agurkies en blaarslaai.

FOTO GELEEN BY – mccormick.com




CHICKEN STIRFRY

 

chicken stirfrytested

CHICKEN STIRFRY
Fry chicken in oil with fresh garlic, onions, green pepper, chicken spice, paprika and cumin until done. Remove chicken from wok. Add red&white cabbage and carrots. Add soya sauce, honey, ginger and chilli sauce. Stirfry until done. Serve with fresh coriander.

Recipe and picture:  Annie Williams




TUNASKYWE

TUNASKYWE
Deeg:
500 ml (2 koppies) koekmeelblom
10 ml (2 teelepels) bakpoeier
2 ml (½ teelepel) sout
5 ml (1 teelepel) suiker
125 ml (½ koppie) gerasperde Cheddar-kaas
125 ml (½ koppie) olie
125 ml (½ koppie) melk

Vulsel:
2 eiers, hard gekook, fyn gekap
1 blik tuna, in water verpak, gedreineer en gevlok
15 ml (1 eetlepel) fyn gekapte ui
Sout en peper na smaak
30 ml (2 eetlepels) mayonnaise

Voorverhit die oond tot 180°C (350°F).
Smeer ‘n bakplaat.
Sif die droë bestanddele saam en meng die kaas by.
Klits die olie en melk saam en giet by die meelmengsel.
Meng deur met ‘n mes tot net gemeng en rol uit op ‘n met meelbestrooide oppervlak tot sowat 7 mm dik.
Meng al die bestanddele vir die vulsel saam en smeer oor die deeg.
Rol op in die lengte, vorm ‘n halfmaan en plaas op die gesmeerde bakplaat.
Sny in skywe, maar nie regdeur nie.
Bak sowat 20 minute lank of tot die bokors goudbruin en gaar is.
Dien op saam met slaai.
Genoeg vir 4 mense.

Resep geplaas deur Sandra Thorpe
Foto Sandra Thorpe




FROM-THE-FRIDGE-OMELETTE

Carmen Denyssentested
FROM-THE-FRIDGE-OMELETTE
Use whatever veg you have on hand, along with eggs and milk, to easily whip up a tasty omelette
Ingredients
1 courgette
1 tbsp olive oil
4 eggs
half a teacup frozen peas (no need to defrost)
handful grated or sliced cheese (cheddar, feta, ricotta or goat’s cheese work well)

Method
1. Trim the ends off the courgette, then cut into slices about the thickness of a £1 coin. Heat the oil in your smallest non-stick frying pan (around 20cm). Tip in the courgette and cook for a couple of mins, just until it starts to turn golde. Break the eggs into a bowl and beat with a fork. Season with a little salt, if you like.
2. Add the peas to the pan, then pour in the eggs and sprinkle with the cheese. Turn the heat down really low and cook for about 10 mins until the egg has almost set. In the meantime, heat the grill to high. 3 After 10 mins on the hob, pop the pan under the hot grill for a min or two until all the egg has set. Place a cutting board or plate over the pan and flip over. Cut the omelette into wedges and serve warm, or leave to cool and serve with salad or coleslaw. Can be kept in the fridge for up to 3 days.
FOTO – Carmen Denyssen – LID




LENE SE BUNNY CHOW

bunny chow lena 2tested

LENE SE BUNNY CHOW

Pas hoeveelhede aan na gelang van die hoeveelheid mense wat gaan eet. 🙂

Kook aartapels + – 4 plaat op 6, plaas dan wortels saam wat in repe gesny is.. nadat die skaapvleis ontdooi is, plaas in ñ groot pot, plaas dan gekapte uie, ñ bietjie crush garlic, ñ pakkie ertjies, twee lepels kerrie poeier, bietjie tabasco sous  en kook plaat op 3 vir so ñ uur ongeveer.
plaas dan aartapels en wortels saam in die pot ( moet nie TE veel roer nie ) los op die plaat vir so 30min plaat bly op 3.. tot alles lekker sag is en die sous heerlik dik.
koop ñ heel brood  en hol uit ( moet nie die binne kant van die brood weg gooi nie )
Skep die lekker vleis mengsel in die uitgeholde brood en eet dit uit met die uitgehaalde binnekante. Eet die brood lekker saam tot alles op is… geniet dit

fOTO EN RESEP:  Lené Samantha Webb




GEBAKTE HASH BROWNS ONTBYT

2015-08-29-gebaktehashbrownsontbyttested
GEBAKTE HASH BROWNS ONTBYT

Bestanddele
1 groot pak repiespek
250g (ongeveer 6) ontbytworsies van jou keuse
250g gekapte ham
½ kop gekapte uit
½ kop elk gekapte groen en rooi rissie
12 eiers
1 kop melk
500g gevriesde “hashbrowns”, ontdooi
1 kop cheddar kaas
1 teel sout
½ teel gemaalde swartpeper
¼ teel gedroogde dille

Voorverhit oond tot 175°C.
Smeer ‘n oondbak liggies.
Braai spek en worsies in aparte panne tot mooi bruin, so 10 minute.
Dreineer spek op papierhanddoek (hou so 2 porsies in pan.
Krummel die spek en sit eenkant.
Sny worsies en ham in klein stukkies.
Roerbraai uie en soetrissies oor matige hitte in die pan met die stukkies spek, tot sag. Verwyder met gaatjieslepel.
Klits eier en melk in ‘n groot bak.
Vou die hashbrowns, kaas, sout, peper, dille, uiemengsel en gekrummelde spek, worsies en ham in.
Plaas in bak en bak 35 – 45 minute of tot gestol.
Bron en foto: Amanda Struwig




MARYNA SE MOSSELPASTA

maryna se mossels pastatested

MARYNA SE MOSSELPASTA

Aandete! Braai uie knoffel in botter en olyfolie. Na uie gebraai is, voeg halwe suurlemoen se sap by gebraaide uie. Voeg vars mossels by en braai vir so paar minute. Intussen maak so 4 blikkies gerookte mossels oop en hou eenkant. Voeg nou jou klaar gaar spaghetti by.
Voeg nog knoffel en die ander helfte van suurlemoen se sap by en sout en pepper. Sodra alles lekker gemeng is, voeg nou die 4 blikkies gerookte mossels by en braai tot lekker gemeng. Voeg die olie ook by.

Nota:  Indien daar genoeg olie/sous in die pan is, pas maar aan deur nie al die blikkies se olie by te sit nie.

Foto en resep:  Maryna Kruger




LYNETTE SE MAALVLEISBREDIE IN N ROL

LYNETTE SE MAALVLEISBREDIE IN N ROLtested

LYNETTE SE MAALVLEISBREDIE IN N ROL
Jy het nodig… 1 middelslag ui in fyn blokkies gesny.. braai saam met knoffel krummels.
Braai dan 500 – 700 g maalvleis saam met ui  gooi geurmiddels van jou keuse by
wanneer maalvleis gaar is voeg die volgende by:
1/2 blikkie KOO Butter Beans in Tangy Curry Saucel
1/2 blikkie KOO – Vegetable curry Sweet & picy flavour
1/2 blikkie KOO – Samp & Beans in meat flavoured sauce
1/2 blikkie KOO – Sweetcorn, potato & Green bell Pepper in curry Sauce
50 ml blatjan
laat alles saam kook vir so 10 min
Sny dan bokant van hamburger buns af en druk brood na binne om holte te maak.
Vul brood met vleismengsel en bedien saam met mengel slaai

BRON EN FOTO – Lynette Bamberger Pienaar – Lid




HOENDERGEVULDE BOTTERSKORSIE

gevulde butternut regemaaktested

HOENDERGEVULDE BOTTERSKORSIE
2 porsies
1 botterskorsie, nie te groot nie
2 ontbeende hoenderborsies, klein blokkies gesny
230 g roasted onion roomkaas
songedroogte tamatie na smaak
chives na smaak
± 1 koppie gekapte sampioene, 2 – 3 grotes

Sny die botterskorsie middeldeur en gooi bietjie olyfolie oor en bak in die oond teen 180°C tot gaar, of maak paar gatjies in en maak gaar in die mikrogolf. Sny is twee en haal die pitte uit. Haal nog van die vleis van die pampoen uit as die gatjie te klein is. Hou eenkant
Besprinkel die hoenderblokkies met suurlemoensap en gooi hoender speserye oor, nie sout nie.
Braai die sampioene en chive in bietjie olyf olie, net vinnig, sit die hoender by en braai tot gaar, sny die songedroogte tamatie fyn en meng ook by. Wanneer die hoender gaar is, haal van die hitte af en roer genoeg roomkaas deur. Proe vir sout, myne was reg, niks ekstra bygesit nie.
Skep die mengsel in die uitgeholde botterskorsies, rasper ‘n mengsel van parmasan en cheddar kaas oor en bak in die oond vir ongeveer 20-30 min tot alles goed warm is en die kaas gesmelt.
Nota: jy kan die pampoen wat uitgekep is by die hoender roer en saam meng vir die vulsel.
Bedien dadelik saam met ‘n lekker slaai
Resep en foto: Rina Kleinhans