STOKKIE LEKKERTE IN ‘N BROODROL


STOKKIE LEKKERTE IN ‘N BROODROL
Genoeg Kamembert kaas (ons het twee ronde blokke gebruik)
1 pakkie repiespek
1 koppie koekmeel
2 geklitste eiers
2 koppie broodkrummels
paar blare ( sommer kropslaai )
olie vir diepbraai
sosatie stokkies
6 broodrolletjies ( ons het sommer rondes gebruik en halfpad deur oopgesny )

Sny die kaas op in 25 x 25 mm blokkies en doop dit eers in die meel dan in die eier en dan in die krummels.
Gebruik een repie spek om twee kaas stukkies mee toe te draai sodat twee sye nog oop is en ryg dit drie, drie op ‘n sosatie stokkie
Bak dit in diep olie vir ‘n paar minute (ek het sommer my rooipannetjie gebruik oppie kole).
Sit ‘n blaar of twee in die gesnyde rolletjie en plaas die gebraaide stokkielekkerte bo op die blare en spuit ‘n bietjie van jou gunsteling sous oor en trek die stokkie uit.
Ons het die rolletjies vooraf ‘n bietjie onder die rooster gehad vir nog ‘n bietjie krispieness.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw




HAM EN PYNAPPELSLAAI


HAM EN PYNAPPELSLAAI
1 medium geel soet pynappel, in blokkies gesny
200 g Eskort Mini Picnic ham, in blokkies gesny
1 medium rooi ui, in ringe gesny
100 g sprietuie, opgesny (snipper met kombuis skêr)
1 boerekomkommer, afgeskil en opgekerf (verwyder pitte ook as nie van dit hou nie)
Ina Paarman’s Garlic Pepper
sout na smaak

Meng alles saam en geniet saam met vars broodrolletjies en botter!
Resep en foto:  Christelle van Rooyen




DUBBEL AARTAPPEL GENOT


DUBBEL AARTAPPEL GENOT
Ek het ‘n oulike resep by ‘n vorige werkgewer gekry. Met ‘n paar eiers en aartappels maak jy 2 heerlike disse wat jy sommer saam met ‘n slaai eet. Jy moet nogals weet hoe om omelette te maak om die resep aan te pak sal ek sê, maar andersins maklik.

4 groterig of 6 kleiner aartappels
Eie hoeveelhede van:
gebraaide, gerookte spek
kaas
Vir omelet:
6 tot 8 eiers
2 uie, gekap

Bak die aartappels in oond tot sag/gaar en sny middeldeur.
Skep aartappel versigtig uit skil. (Moenie baie diep uitskep nie)
Sit dit wat jy uitgeskep het, eenkant.
Sny spek kleiner en skep bietjie in die aartappelskille. Strooi kaas oor en bak paar min tot kaas smelt.
Jy kan ham, polony, salami, biltong ens. ook gebruik. En daar het jy ‘loaded potato skins’.

Braai die uie vir 10 minute oor medium hitte. Die ui moet mooi bruin karameliseer. Sout en peper na smaak. In ‘n bakkie klits die eiers. Sny die aartappel wat uitgeskep is,  in stukkies en meng dit en die ui liggies saam met die rou eier. Giet mengsel in groterige non-stick pan wat lekker warm en ge-olie is. Ek gebruik sommer selfde pan as wat ek ui in gebraai het vir extra geur. Maak net seker dit is ‘n goeie non-stick een. Draai hitte af en sit deksel op en maak gaar. (maak dalk gaatjies met vurk in eier)
Wees versigtig dat dit nie brand nie. Sit bord bo-op en keer pan om sodat jou omelet op bord uitkeer. Skuif versigtig terug in pan met eierspaan sodat die rou kant nou onder is. Oor lae hitte los so paar minute om gaar te word en daar het jy het ‘n Spaanse omelet. (frittata).
Maak 1 groterige omelet vir 4 ouens of 6 kleiner porsies.

** Druk aartappels in oond waneer omelette amper gereed is. **
Resepte en foto’s: Yolande Potgieter




STURDY SAUERKRAUT STEW WITH BRATWURST


STURDY SAUERKRAUT STEW WITH BRATWURST
Recipe and photo: Annet Geelhoed
FOOD LOVERS RECIPES
350 g or bratwurst
100 g of bacon cubes
500 g of sauerkraut
2 tablespoons oil
750 g of potatoes
1 onion
25 g of butter
50 ml of milk
1 deel apple juice
salt and pepper

Peel the potatoes, cut into pieces and cook in 30 minutes until tender. Peel and chop the onion.
Heat the oil in a frying pan. Fry the onion with bacon cubes in 2 minutes. Add the apple juice and sauerkraut and let it simmer for 15 minutes with the lid slanted on the pan.
Put the sausage with the butter in a frying pan. Put it on low heat without lid. Turn the sausage regularly
Turn up the fire slowly. Fry the sausage in 15.min.
do not heat the milk. Drain the potatoes. Stir the potatoes finely, stir in the warm milk together with a knob of butter. Add the sauerkraut mixture without too much moisture. Season the stew with salted pepper. Put the bratwurst on the stew and servers together.




OMELET LEKKERTE


OMELET LEKKERTE
3 eiers
15 ml vars broodkrummels
15 ml melk
5 ml pietersielie
1 aartappel, gaar en in blokkies gesny
15 ml gekapte ui
15 ml kaas, gerasper
15 ml olie
sout en peper

Klits eiers goed.
Voeg al die ander bestanddele by en roer goed.
Giet in 23 cm warm pan, gespuit met kossproei.
Bak 2 min tot onderkant gaar is, lig die kante van tyd tot tyd dat die boonste rou eiermengsel onderin kan loop.
Bedien met ‘n vulsel van jou keuse, ek het van die oorskiet maalvleis van die vetkoeke gebruik OF
Vou die omelet en sit voor saam met vars roosterbrood en pangebraaide kersietamaties.
Foto: Frieda Greyling




POACHED CHICKEN, PISTACHIO AND HERB SALAD


POACHED CHICKEN, PISTACHIO AND HERB SALAD
4 chicken fillets
60 ml fresh lemongrass, chopped
1 x 425 g tin coconut cream
60 ml water
1 red chilli, seeded and finely sliced (or use a finch of dried chilli flakes)
2 cm stem fresh ginger, cut into thin strips with potato peeler
60 ml spring onions, finely sliced
5 ml fish sauce
15 ml honey
60 ml fresh basil, chopped
2 handfuls fresh coriander
60 ml pistachios, shelled
fresh coconut, shaved
juice of 1 lime

Place the chicken and lemongrass in pot with the coconut cream and water over medium heat and cook for 10 minutes without the lid on. Allow to cool in the pot, remove the chicken and slice to desired width.
Place the chilli, ginger, spring onion, fish sauce, honey, lime and basil in a small bowl and stir, allowing the flavors to mix.
Divide the coriander among 4 plates and top with the sliced chicken.
To serve sprinkle the pistachios and fresh coconut shavings and drizzle with the chilli and ginger sauce.
Photo and recipe: Elsabie Templeton




SOUTBEESVLEIS ONDER ‘N DEGIE


SOUTBEESVLEIS ONDER ‘N DEGIE
Deeg
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
125 ml gesmelte botter
125 ml melk
60 ml mayonnaise

Meng meel, bakpoeier en sout
Voeg die botter, melk en mayonnaise by en meng goed
Druk die helfte van die deeg teen die boom van ‘n oondbak vas

VLEISMENGSEL
Jy kan maalvleis of geblikte soutbeesvleis gebruik
1 blik soutbeesvleis (boelie bief)
1 ui, gesny
2 ml worcestersous
250 ml gerasperde kaas
1 ml mosterdpoeier
30 ml pietersielie

Sorteer die ui en vleis vir 2 min oor matige hitte
Skep die vleismengsel op die deeg
Sprinkel worcestersous oor
Meng die kaas, mosterd en pietersielie
Sprinkel die helfte van die kaas oor die vleis
Plaas die res van die deeg bo-oor en sprinkel res van die kaasmengsel oor.
Bak 30 min by 180ºC
Resep en foto: Frieda Greyling




LEKKER BOERE SUSHI


LEKKER BOERE SUSHI
Lekker boere sushi vir die kosblik.
1 sny brood, platgerol en korsies afgesny en botter gesmeer.
¼ van snytjie in lengte, Bovril gesmeer
¼ met smeerkaas gesmeer
Het sommer bietjie ertjies fyngedruk en bietjie mayonnaise ingeroer en gesmeer op res van sny.
Worsie op die sny gesit en dit opgerol en rol in wiele gesny.
Dit is njammies lekker! Sommer net weer lus gewees vir speel.
Resep geplaas deur Roni Van Der Walt
Foto © Roni Van Der Walt




SAUSAGE STUFFED FRENCH TOAST


SAUSAGE STUFFED FRENCH TOAST
Heerlike snack vir die krieket!
10 slices soft white bread (remove crusts and roll flat with a rolling pin)
10 cooked sausages (I used brown sugar and honey flavored sausages, you can flavour your own)
3 eggs
½ cup milk
3 tablespoons sugar
½ tsp cinnamon
1 tsp vanilla
1 tablespoon flour

Lay one sausage on the edge of each bread slice and roll up tightly.
Heat skillet with some butter on medium heat.
In a square dish, whisk eggs, milk, sugar, cinnamon, vanilla, and flour.
Dip each roll-up into the egg completely and fry in butter until golden on all sides.
Serve with syrup.
Recipe posted by Amanda Conradie




LENTIL SALAD


LENTIL SALAD
Need to shed some of the holiday kilos? I would suggest this! Make a batch. Keep in fridge. Take some to work to keep you away from local takeaways. You can choose what you want to put in this salad.
1 x 400g tin lentils, drained and rinsed
1 chopped fresh carrot
¼ cup chopped red onion
½ cup chopped peppers (red, green or red or mixture)
¼ cup chopped cucumber
1 can chopped tomato
2 handfuls chopped fresh herbs or half tsp each dried. I used oregano, parsley and basil
1 round of Feta, crumbled
1 handful chopped Calamata olives, optional
zest and juice of half a lemon
2 tablespoons olive oil
1 tsp salt
black pepper to taste

Place the drained and rinsed lentils in a bowl. Add the rest of the ingredients. Mix well and taste, add more seasoning if necessary.
Photo: Angela Landsberg