MOZZARELLA BROODJIES


MOZZARELLA BROODJIES
12 snye brood
6 snye mozzarella kaas, kwart duim dik gesny
6 snye ronde snit bacon, vinnig geraak
3 eiers geklits en met bietjie melk geklits
Fyn brood krummels
Maak ‘n toebroodjie van die bacon en kaas.
Druk die kante van die broodjie toe met vingerpunte.
Dip broodjie beide kante in eier en melk mengsel en dan beide kante in fyn brood krummels.
Vlakbraai die broodjies in canola olie tot goudbruin, dreineer op kombuispapier.
Bron: Liza Oosthuizen
Foto: Liza Oosthuizen









