BANTING BRAAIBROODJIES

13330917_10209924000195489_1480976056488185980_ntested
BANTING BRAAIBROODJIES
½ blomkool fyn gemaal in ‘n voedsel verwerker/food processor
2 eiers
½ koppie morzarella en parmesaanse kaas gemeng/of pecorino (jy kan ook net morzarella gebruik)
bietjie gedroogde oregano en basil
sout en peper na smaak
1 teelepel olyfolie
Verwarm oond op 180 ºC. Sit die halwe blomkool in die voedsel verwerker en maal fyn. Sit die eiers, kruie,  kaas en sout en peper by en meng so paar sekondes goed deur in die voedsel verwerker.
Sit bakpapier op ‘n oond plaat en smeer met ‘n kwassie of jou hande die papier in met die teelepel olyfolie.
Skep met ‘n lepel die mengsel vir 4 broodjies op die plaat en druk langs die kante om ‘n mooi vorm te kry.
Maak dit so 1 cm dik.
Bak in die oond vir 40 minute en draai die broodjies dan om met ‘n spaan en bak vir nog 10 minute.
Haal hulle uit en laat bietjie afkoel en sit dan die braai broodjie bestanddele op en braai soos ‘n gewone braai broodjie.

Resep en foto: Claudia Bellink




MARCELLE SE BILTONG QUICHE

MARCELLE SE BILTONG QUICHEtested
MARCELLE SE BILTONG QUICHE

Just now
Biltong Quiche
Broskors gekoop of gemaak
250g gerasperde Cheddar kaas
150g dun gekapte Biltong ( kleiner gebreek)
4 Eiers
375 ml Room of laevet Maaskaas
Sout en vars gemaalde swart peper
Takkie tiemie gestroop
Voer quiche pan uit met kors en prik bodem
Plaas in yskas vir 30 min
Verhit oond tot 200°C
Strooi kaas oor kors en biltong bo-op kaas
Klits eiers en room saam. Voeg sout en peper hierby
Gooi bo-oor vulsel. Gooi tiemie oor
Bak vir 40 – 45 min op onderste rak van oond
Laat ten minste 15 min staan voordat jy dit sny
Bedien saam met slaai vir ligte ete
Ek het Smoked Paprika bo-oor gestrooi
Dit gee n heerlike smaak

RESEP: Marcelle Botha van Demo Den
FOTO: Marieta James




BOELIEBEEF POFFERTJIES

boeliebeef poffertjiestested

BOELIEBEEF POFFERTJIES
My persoonlike chef is besig om boeliebief poffertjies te maak en dit was baaaaaaie lekker.
Meng goed saam:
1 blikkie boeliebeef, fyngedruk
1 gerasperde ui
bietjie swart peper na smaak
1 teelepel chillie flakes
1 eetlepel balsamiese asyn
1 eetlepel Worcestersous

Meng saam:
25 ml gesmelte botter
1 eier
75 ml melk
Meng:
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
25 ml suiker
sout na smaak

Voeg dan die melk mengsel by die koekmeel mengsel en meng goed.
Voeg nou die mengsel by die boeliebeef mengsel.
Skep eetlepel grootte skeppies en diepbraai in olie.
Plaas op doekpapier om olie te droog.

Foto en resep:  Gideon Louw




HOENDER EN MUSHROOM SPUDS

HOENDER EN MUSHROOM SPUDStested

HOENDER EN MUSHROOM SPUDS
Resep:
Aartappel
Hoender
Mushrooms
BBQ sous
Uie
Kaas
Melk
Botter
Spices

Sny hoender,uie fyn en braai in bietjie olie saam spice van jou keuse as amper gaar gooi BBQ sous en mushrooms by roer lekker deur.
Wit sous is net botter een eetlepel meel en melk roer meel en botter saaam in warm potjie en las melk stelselmatig by. roer tot glad. Voeg dan bietjie kaas by as nie het is nie nodig nie, Voeg dan die wit sous saam die hoender mengsel in en laat deur kook vir so 5min.
Kook aartappels of maak gaar in mic..
Jy kan skil van aartappel verwyder of op hou myne het af gekom toe ek gesny het toe haal ek dit sommer af.
BRON – Cecily Sangeres Baartman




HENDRIK SE EIERS IN MOSTERDSOUS

hendrik se eier in mosterdsoustested

HENDRIK SE EIERS IN MOSTERDSOUS
6 eiers gekook afgedop en in helftes
1 EL koekmeel
30g Botter
500ml melk
5 EL Duitse mosterd
Sout en peper na smaak
Maak witsous van botter, melk en eier. Voeg mosterd by kook tot dik
Gooi oor eier
Bedien met gekookte aartappel of rys
Bron en foto: Hendrik Markgraaff




EARL SE BACON EN UIE PUFF PASTRY WIELE

earl se bacon en uie puff pastry wieletestedearl se rolletjies

EARL SE BACON EN UIE PUFF PASTRY WIELE
1. Ontvries today’s Puff pastry
2. Sny pakkie bacon in repies of blokkies en maak gaar in pan
3. Terwyl bacon gaar word sny jy so ‘n paar tamaties.. In die helfte in met water in ‘n klein pot.. Gooi ‘n bietjie origanum en sout by.. Laat dit stadig kook en later gooi jy dit deur ‘n sif en weer op die stoof laat dit “reduce”… Ek het ook so bietjie knoffel en suiker ook aan die einde bygegooi.. Dis die tamatie sous..
4. Sny so 2 tot 3 uie en sit dit dan in selfde pot wat bacon in was.. Voeg do bietjie sout by.. Op medium/stadige hitte om dit so lekker bruin en sag te kry..
5. Rol die deeg oop maar nie uit nie.. Toe smeer ek van die tamatie sous op.. Toe die uie en bacon.. En toe rasper ek cheddar kaas oor..
6. Die volgende stap is om dit versigtig op te rol en dan in yskas te sit om bietjie styf te raak..
7. Sny en sit so bietjie van tamatie sous bo op..
8. Plaas in 180 grade oond en later as dit amper reg lyk dan gril jy hom so bietjie van bo..

Dit dink ek is dit.. Het so iets ‘n tydjie gelede op die TV gesien maar het nie nog ‘n resep gevolg nie so ek kan nie presiese mates en tyd gee nie.. Dink ook dit sal nogal lekker wees as ‘n snack ook.. So terwyl jy wag vir die braai..
Bron en foto: Earl Justin Wales




ALBERT SE BOEREKROKETTE VAN OORSKIET MAALVLEISGEREG

albert se boerekrokettetested

ALBERT SE BOEREKROKETTE VAN OORSKIET MAALVLEISGEREG
As jy enige maalvleis gereg oor het soos herderspastei, is hierdie iets lekker om te maak
Meng alles deurmekaar en meng een of twee eiers daarby in.
Rol dit in ‘n lang worsvorm.en plaas op ‘n skinkbord wat met kleefpapier oorgetrek is in die vrieskas tot gevries.
Sny in kroket grootte stukkies, rol in meel, dan eier en dan krummels en herhaal dit nog een keer.
Plaas die gekrummelde krokette in die yskas vir ten minste ‘n halfuur om dit te laat stol
Braai in diepolie tot goudbruin.

BRON: Albert Buitenhuis
FOTO: Myrtle van Dyk




SUENELL SE VINNIGE AANDETE

FB_IMG_1462122831012tested
SUENELL SE VINNIGE AANDETE

Vinnige Sondag aand ete
Hush met oorskiet
4-5 med aartappels (klein blokkies gesny)
1 klein ui (fyn gekerf)
1 tlp gekerfde knoffel
omtrent 200gr russians klein gesny(ham/bacon/oorskiet braaivleis)
1 pakkie mushrooms op gesny
4 eiers
olie vir braai

in ‘n diep pan gooi genoeg olie in om omtrent half vol te he, en op medium hitte braai uie en knoffel saam. Slegs vir ‘n minuut of twee.
Voeg die aartappels by en verhoog die hitte na medium hoog. Braai die aartappels tot die randte begin verbruin.
In ‘n aparte pan braai rusians en mushrooms saam tot gaar. Voeg bietjie sout en peper en tiemie by na smaak.
Skep mushroom mengsel uit en hou een kant.
Bak eiers in pan tot sag.
Haal aartappels uit en laat op handoekpapier dreineer vir ‘n rukkie.
Skep aartappels onder in bord met mushroom mengsel bo op en gebakte eier bo op.
Sout en Pepper met warm sous bo oor.

BRON EN FOTO : SUENELL LIEBENBERG




LINDA SE OOP KAAS EN KNOFFEL BROODJIES

Linda se Oop Knoffel en Kaas Broodjiestested
LINDA SE OOP KAAS EN KNOFFEL BROODJIES

Oop knoffel en kaas happies!
knoffel botter
gerasperde kaas
fyngekapte uie
mayonnaise

Meng alles saam, sny “French loaf” in skywe en smeer van die mengsel op elke broodjie
Strooi pietersielie en paprika oor.
Bak in oond op 180°C vir omtrent 10 min afhangende van hoe bruin jy dit wil hê. Dis regtig baie lekker en iets anders as die gewone knoffel of braai broodjies.

Resep en foto: Clive-Linda Cawood-Wilson




PIZZA SAUSAGE ROLLS

pizza sausage rollstested

PIZZA SAUSAGE ROLLS

enige “puff pastry”, tamatie sous, kaas of gewone worsies van jou eie keuse, gerasperde kaas, Italian spice, paprika, eier en meel.
Stel oond op 180C.
Rol “puff pastry uit op gestrooide meel oppervlak, smeer tamatie sous oor, besprinkel met kaas. Plaas worsies op deeg , sny in blokkies en rol elke worsies sodat die deeg dit heeltemal bedek.
pizza sausage rolls 2
Klits eier en smeer oor elkeen, strooi paprika en pietersielie oor.
pizza sausage rolls 3
Bak v 20 tot 25 min.

FOTO EN RESEP:  Clive-Linda Cawood-Wilson