VARKWORSIES IN GEMMERBIER

VARKWORSIES IN GEMMERBIER
500 g varkworsies
Olie
100 g heel knoppie sampioene
3 wortels, in dun repies gesny
1 blik gemmerbier(340 ml)
1 pakkie groentesop

Ryg die worsies uit en rol bolletjies, braai in olie tot bruin. Voeg die sampioene en wortelrepies by en roerbraai. Meng die gemmerbier met die soppoeier en voeg by. Laat prut tot worsies gaar en sous dik is.
Ek bedien dit met mash en ertjieslaai.

Resep verskaf deur: Marianne de Beer




DENZY’S TUNA WHEELS

Denzyl tuna wheelstested

DENZY’S TUNA WHEELS

Deeg:
1 rol Cheese and Herb pastry
Vulsel:
1 blikkie tuna
½ rooi soetrissie, gekap
½ groen soetrissie, gekap
2 grasuie, gekap

Meng alles saam.
Rol die deeg oop.
Meng saam en smeer die deeg:
2 lepels roomkaas (ek het die smoked salmon gebruik)
2 lepels mayonnaise
Smeer die tuna vulsel oor die roomkaas mengsel. Kap tiemie en pietersielie op en sit bo-oor. Rasper kaas oor hele mengsel. Rol op en bak by 180°C vir 20 min of tot gaar en bros.

Bron:  Denzel Koenana




AARTAPPEL PANNEKOEKIES GEVUL MET HOENDER PATTIES

Potato pancakes stuffed with pattietested

AARTAPPEL PANNEKOEKIES GEVUL MET HOENDER PATTIES
Jy vat so 4 medium aartappels, skil en sny in blokkies, plaas in voedselverwerker saam met die volgende:
1 meduim ui opgekap
sout en peper
1 eetlepel knoffel
Maak alles fyn.
Keer uit in ‘n mengbak en voeg 1 eier en bietjie koekmeel by. (Ek het meel bygesit nie regtig gemeet nie.) Net sodat mengsel nie te slap of te styf is nie.
Bak gekoopte hoender patties en hou eenkant.
Maak ‘n pan met bietjie olie warm, maar nie te warm nie.
Skep lepels vol aartappelbeslag in die pan sit ‘n gaar pattie bo op en skep weer ‘n lepel aartappelbeslag bo op die pattie.
Laat hy onder gaar word, draai die stapeltjie versigtig om sodat albei kante gaar en bruin is. Dreineer op kombuispapier terwyl jy die res ook gaarmaak.
Bedien met lekker kaassous, kyk maar dat jy genoeg sout en peper byvoeg
Het heerlik uitgekom.

Foto: Ronel Muller Thoma




PIZZAROL SONDER VLEIS

pitsa_ntested

PIZZAROL SONDER VLEIS
Bestandele:
1 pak gekoopte brooddeeg
1 blikkie tamatie en uie
gaar roerbraai groente
kaas
Metode:
. Rol winkel brooddeeg dun uit. Smeer blikkie tamatie&uie oor. Versprei gaar roerbraai groente oor. Sprinkel laaste kaas oor. Rol op soos rolkoek. Plaas op bakplaat. Verf mayonnaise oor en sprinkel origanum oor. Bak vir 30min by 180grade.
FOTO EN RESEP: RuaanEmmarentia Bolton




TUNA EN EIER ROULADE

tested
TUNA EN EIER ROLADE
(Idiaal vir ligte middag etes of voorgereg)
(roulade):
60 g botter of margarien
75 ml koekmeel
400 ml melk
4 eiers (geskei)

Smelt die botter in n kastrol.
Voeg die meel by en roed goed.
Kook vir 2 minute.
Voeg melk by en roer aanhoudend tot die mengsel romerig is (geen klonte)
Kook op matige hitte terwyl dit aanhoudend geroer word.
Wanneer die sous dik is en geen klontjies het nie verwyder van die hitte af en laat afkoel.
Voeg eiergele by en meng goed deur.
Klits eierwitte tot styf.
Roer ‘n derde van die eierwit mengsel by die witsous meng goed deur.
Vou die res van die eierwit by. Vou stadig en egalig in tot daar geen eierwit kluitjies is nie.
Skep die mengsel in n uitgevoerde rolkoek pan (bakpapier moet bo die kante van die pan uitsteek en moet met olie of spray and cook gesmeer wees).
Bak vir 15 minute in n voorverhitte oond 190°C of tot goudbruin.
Laat effens afkoel. Keer die rol uit op n teedoek en rol op met waspapier na binne. Laat heel koud word

Vulsel:
5 eiers gekook en grof opgekap
1 blikkie tuna gedreineer
85 ml mayonaise
Sout en peper na smaak
5 ml italiaanse kruie. (Of gemengde droë kruie)
5 ml knoffel olie (opsioneel)

Meng alles goed deur.
Rol die afgekoelde rol oop en verwyder die bakpapier versigtig.
Smeer die vulsel oor die rol. Laat 1cm om alle kante oop.
Rol weer op en plaas in yskas om te stol (ongeveer 30 tot 60 minute).
Sny in 2cm skywe en bedien met n vars slaai.

Tuna and egg roulade
(Ideal for light lunches or as starters)
(roulade):
60 g butter or margarine
75 ml flour
400 ml milk
4 eggs (separated)

Melt the butter in a saucepan.
Add the flour and stir until a ball forms.
Cook for 2 minutes.
Add milk and mix until the sauce is creamy and lump-free.
Simmer on medium heat while stirring.
When the sauce has thickened up and there are no lumps remove from heat and allow to cool.
Add the egg yolks and mix well.
Whisk egg whites to stiff peaks.
Stir a third of the egg whites into the sauce.
Fold the rest of the egg whites into the sauce gently until it is well combined with no egg white lumps.
Pour mixture onto a lined jellyroll pan. (The parchment or baking paper must stick out over the pan and must be lined with oil or spray and cook).
Bake for 15 minutes in a preheated oven at 190°C or until golden brown.
Let it cool down. Turn it out on a tea cloth and roll up with parchment paper being inside. Let it cool down completely.

Filling:
5 boiled eggs roughly chopped
1 can tuna drained
85 ml mayonnaise
Salt and pepper to taste
5 ml italian herbs. (Or mixed dried herbs)
5 ml garlic oil (optional)

Mix all ingredients well.
Unroll the roulade and gently remove the parchment paper.
Spread filling on top leaving 1cm open on all sides.
Roll it up and place in fridge to set (30 to 60 minutes).
Cut into 2cm thick slices and serve with a crisp salad.
Resep en foto:  James Gillespie
2de foto: Clinton Elsa Swart
Nota:  Net bietjie verander:
2 blikke tuna ipv 1 en gerasperde kaas bygevoeg
Eerste keer wat ek n roulade gemaak het.
My familie en bure was mal daaroor!




MARIANNE SE ANDERSTE SHEBA

marianne se anderste shebatested

MARIANNE SE ANDERSTE SHEBA
Bron en foto: Marianne de Beer
3 koppies fyn gekapte tamaties
3 groot gekapte uie
1 hoenderblokkie
1 teelepel sout
oorspronklike Aromat na smaak
2 eetlepels suiker
1 koppie gemengde soetrissies (geel, rooi, groen)
± 1 koppie vol murgpampoentjies, in skyfies gesny

Braai eers die uie tot sag en voeg dan tamatie en geurmiddels by.
Wanneer tamatie ook gaar is, voeg al die ander bestanddele by en prut tot murgpampoentjies sag is, voeg water by soos nodig.
Meng 2 eetlepels tamatieroomsoppoeier en  2 teelepels bistopoeier, 1 eetlepel mayo in ‘n bietjie water en voeg by.
Prut tot lekker dik en voeg so skootjie room by. (Opsioneel)
Geniet saam met braaipap en al daardie lekker vleis wat julle altyd braai.




AARTAPPEL SKOORSTENE

aartappel skoorstene waynetested
AARTAPPEL SKOORSTENE
Kook medium tot groot aartappels sag en laat dit afkoel tot jy daarmee kan werk.
Voorverhit jou oond solank tot 180°C.
Sny die aartappels aan die onderkant gelyk sodat hulle regop staan by hulself.
Sny die aartappels nou aan die bokant oop en hol dit uit, maar nie tot heel onder nie.
Sit repe spek rondom die aartappels en steek dit met ‘n halwe tandestokkie vas.
Pak die aartappels in ‘n gespuite bak.
Maak ‘n lekker droërige vulsel vir binnekant.

Ek het gebruik:
roomkaas
feta kaas
rooi, geel en groen peper in stukkies gesny
sampioene, in stukkies gesny
uie flokkies
knoffel flokkies
papadew spice
mayonnaise

Gooi ‘n teelepel barbeque sous (ek het Spur s’n gebruik) in elke aartappel.
Skep nou elke aartappel tot amper vol met vulsel.
Druk ‘n stewige stuk sterk kaas bo in (ek het sommer cheddar gebruik).
Skep ‘n teelepel parmasan kaas bo-op elke aartappel.
Smeer die spek om die aartappel met barbeque sous – dis ‘n morsige storie.
Bak die aartappels vir so 25 – 30 minute tot die spek gaar is, die kaas gesmelt is en die parmasan begin bruin word.
Bedien saam met ‘n groen slaai.

Foto en resep:  Wayne Dugmore




PETRO SE SAUERKRAUT MET MASH EN BACON

mash en bacontested

PETRO SE SAUERKRAUT MET MASH EN BACON
Bestandele:
5 Meduim aartappels
sout en peper na smaak
melk
Botter
1 blik sauerktaut
pakkie Bacon
Metode:
Het mash gemaak met so 5 medium aartappels , geskil op gesny en gekook … sout en peper na smaak melk en botter … Roer een blikke 400g sauerkraut met mash … Braai een pakkie bacon om bo-op te strooi … jy kan ook boere wors braai , die vel afhaal op sny en in roer met die kool en mash .
Bron en foto: Petro van Genderen




HOENDER PARMASAN GESTOPTE KNOFFELBROOD

koffel_ntestedhoender parmasaan brood wayne reg

HOENDER PARMASAN GESTOPTE KNOFFELBROOD
Jy benodig:
125 ml koekmeel
125 ml karringmelk
10 ml peppadew spice (of wat jy van hou)
10 ml italiaanse kruie
Melk
Broodkrummels
2 hoender filette
Olie vir vlak braai
1 groot baquette
Mozarella kaas in skywe gesny
125 g Botter
2 eetlepels knoffel flokkies
125 ml parmasan kaas
2 eetlepels pietersielie
Voorverhit jou oond na 180!°C.
Maak solank jou olie warm in ‘n vlak pan op ‘n plaat.
Maak die ‘gom’ aan deur die karringmelk, koekmeel, peppadew spice en kruie te meng. Verdun die mengsel ietwat met ‘n bietjie melk tot ‘n dik mengsel wat aan die hoender sal klou.
Gooi jou krummels in ‘n aparte bak.
Sny die hoender filette oor die breedte in skywe. Doop die hoenderskywe in die gom en dan in die krummels.
Braai die gekrummelde hoenderskywe tot goudbruin in die olie.
Sny die punte van die baquette af en verdeel die baqette in 4 dele. Hol die stukke baqette uit.
Rol die gebraaide hoenderskywe toe in mozarella en druk dit in die baquette in.
Sny elke gevulde baqette in 2 of 3 oor die breedte.
Sit ‘n groot stuk foelie onder in ‘n bakplaat en pak weer die baqette saam op die foelie.
Smelt die botter. Meng die parmasan, knoffel en pietersielie by. Skep lepels vol oor die baquette.
Vou die foelie toe en bak soos ‘n gewone knoffelbrood in die oond vir 20 – 25 minute.
Indien my instruksies deurmekaar klink kan jy maar na die bron video kyk:




BROCCOLI AND BACON LUNCH

Broccoli and Bacon Lunch
BROCCOLI AND BACON LUNCH

Fry bacon bits until crisp.
Remove bacon from the pan and add onion, garlic , mixed herbs and black pepper.
Then add the broccoli cover the pan with a lid for 5 min.
Lastly add the tomatoes and stir fry and then add the bacon.
Ready to serve.

Recipe and photo: Frau Karin Gebhardt Nengola