MAGRIET SE SCONE-WICHES

sconwichtested
MAGRIET SE SCONE-WICHES
Hierdie is my dierbare skoonsus Magriet se reseppie.
4 eetlepels olie
1 eier
¾ koppie melk
1 koppie koekmeel
2 teelepels bakpoeier
1 ½ koppie Chedder kaas
Knippie soutKlits olie, eier en melk goed.
Sif droë bestanddele saam.
Voeg kaas by.
Skep beslag in warm snackwich pannetjie.
Bak tot goud bruin.
Geniet soos wil!!!

Foto: Thelma En Wessel DuPreez
Resep: Magriet




JO-ANNE SE PITZA BROODJIES

14468760_10210697834027078_4026184560891650629_otested
JO-ANNE SE PITZA BROODJIES
Snytjies brood se korsies af gesny en plat gerol.
Tamatie paste, kaas, spek ingesit en opgerol.
Doop in geklitste eier, dan meel, dan weer in die eier, en dan in broodkrummels.
Bak in diep olie tot goud bruin. Sien foto’s
Heerlik verby

Resep en foto: Jo-Anne Smit




DUBBEL KAAS, HAM EN AVOKADO ROOSTERBROODJIES

avo-en-ham-toastietested

DUBBEL KAAS, HAM EN AVOKADO ROOSTERBROODJIES
Hier is ‘n heerlike roosterbroodjie met Roomkaas, ham, avo en gouda kaas.. ek noem dit sommer “Rina’s dubble cheese ham and Avo toastie” Geniet hom dadelik dat die kaas sommer sulke drade trek… yummies

Brood
ham
avokado
gegeurde roomkaas
gerasperde Gouda kaas
botter

Pak jou snytjies brood twee, twee in pare.  Smeer jou snye brood lekker dik met die roomkaas… plaas 2 snytjies ham op die een kant van jou toebroodjie, sny die avokado in skywe en plaas bo-op die ham, sit swart peper en bietjie sout oor (onthou die roomkaas is ook sout) rasper nou gouda kaas lekker dik bo-op die avokado en sit die ander snytjie brood bo-op.  Smeer die toebroodjie altwee kante met botter en plaas in die toedruk rooster tot lekker bruin en gesmelt.. Bedien dadelik dat die kaas nog lekker gesmelt is en sulke lekker drade trek… Lekker eet..

Foto en resep:  Rina Kleinhans




HOE OM JAFFELS TE MAAK

jaffel pannjaffeljaffel-gesnytested

HOE OM JAFFELS TE MAAK
Ek sien daar het n paar mense het gevra hoe maak mens Jaffels
So maak mens
Kry vir jou n Jaffel pan. N Mens kry verskillende vorms. My gunsteling die ronde een
Neem Twee snye brood.
Smeer die een kant van elke sny goed met Botter Nie Margarien nie.
Wel jy kan Margarien gebruik maar ek sukkel altyd om met Margarien die Jaffels mooi bruin te kry en dit brand vas
Sit die eerste sny brood met die botter kant na onder in die Jaffel Pan
Skep jou vulsul(van jou keuse net nie te veel nie) op die brood ek druk die brood ligges dat dit mooi 100% al die kante raak veral die onderkant van die Jaffel pan
Plaas die tweede sny brood bo op die vulsul met die botter na die buitekant
Knyp die Jaffel pannetjie toe, Sny die Brood randjies wat uit steek oor die rand van die Jaffel pan af en plaas op hitte.
Ek doen dit op n elektriese stoof plaat alhoewel dit eintlik oorspronklik begin is om op gas te bak.
Eintlik maar net waar nie elektrisiteit was nie veral as jy kamp
Ek wag so n minuut aan n kant en maak dan oop om te kyk of dit bruin raak. Eers die een kant dan die ander kant.
NB – TIP
As jy daai broodjie mooi egalig bruin wil he en glad nie vasbrand nie.
Moenie die Botter smeer nie.
Smelt die botter tot loperig en skep die botter met n lepel oor die broodjie dat dit egalig oor die broodjie versprei
Ek post sommer n paar voorbeelde van Jaffel panne
Bron: Koos van der Merwe




LIEZEL SE FRANSE ROOSTERBROOD

Liezel se French Toasttested
LIEZEL SE FRANSE ROOSTERBROOD
¼ koppie koekmeel
1 koppie melk
1 knippie sout
3 eiers
¼ teelepel kaneel
1 teelepel vanilla geursel
1 eetlepel suiker
6 snytjies Sasko witbrood

Meng alles saam en doop brood in die mengsel. Braai in vlak olie. Geniet saam met Lyles’s goue stroop, spek en jou geliefdes en goeie geselskap.

*Nota: Ek sal eerder hierdie resep gebruik as ‘n soet gereg met aarbeie en room eerder as ‘n sout maaltyd.

Foto: Liezel Van der Merwe




PITA MET KAAS EN SPEK

tested
PITA MET KAAS EN SPEK
Foto:  Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES

Ek het die pita met kaas en spek gemaak vir middagete.
4 pitas
¾ koppie roomkaas
1 blokkie fetakaas
1 koppie gerasperde Mozzarella kaas
paar repies spek
1 – 2 gekookte eiers

Neem die pitas en smeer dit met die roomkaas.
Meng die fetakaas met  Mozzarella kaas en sprinkel dit oor die pitas.
Plaas dan bo-oor die kaas ‘n paar repies spek en bak alles in die oond vir ± 15 min (ek het sommer ‘n bakplaat gebruik en met foelie bedek en dit net oorgeplaas in ‘n bord).
Plaas een of twee gekoote eiers wat middeldeur gesny is bo op die spek vir elke pizza en sprinkel ‘n bietjie peper oor die eiers en garneer met ‘n groenigheid.
Bedien warm.




GEBAKTE GEVULDE AARTAPPELS

gebakte gevulde aartappelsgebakte gevulde aartappels 2gevulde gebakte aartappels 3tested
GEBAKTE GEVULDE AARTAPPELS
Maalvleis
Aartappels
1 eetlepel knoffel
2 eetlepels worcester sous
Sout en peper
Kaas
Kook aartappels tot gaar.
Hol aartappels uit.
Braai maalvleis en knoffel.
Voeg oorblywende aartappel by maalvleis  en vul die uitgeholde aartappels
Strooi gerasperde kaas oor
Bak tot bruin in oond by 180 grade C

FOTO EN RESEP:  Cecil Dunhin




SOUFFLE OMELET

Souffle Omelettested
SOUFFLE OMELET
Souffle Omelet met gebraaide uie, sampioene, groen-, rooi-, en geel soetrissies, spek en kaas.
3 eiers, geskei
knippie sout
Klits die eierwitte en sout tot styf.
Klits die gele en vou dit by die styf geklitste eierwitte in.

Spuit ‘n pan met kossproei en voeg 1 eetlepel botter of olie in die pan.
Verhit tot goed warm (medium hitte). Giet die eiermengsel in die pan. Skraap ⅓ de van die beslag na die binnekant van die pan met ‘n eierspaan en vryf van die rou beslag in die opening. Herhaal tot amper al die rou beslag gestol is. Skep die vulsels op die helfde van die omelet en vou die ander helfde oor die vulsel. Gly die omelet op ‘n bord uit. Plaas die bord in ‘n warm oond vir ongeveer 2 – 3 minute.
Resep en foto: Petré Van Jaarsveld.




THE TOAST WITH THE MOST

moisttested

THE TOAST WITH THE MOST
Roughly smash 1 avocado, making sure to leave it chunky.
Spread generously onto toasted bread.
Fry an egg in sizzling oil so that the edges crisp up and the yolk is cooked to your preference.
Place the egg onto the bread. Make a dressing with 2 tablespoons sriracha sauce, a squeeze of lime juice, 1 tablespoon olive oil and 1 chopped spring onion. Drizzle the egg with the dressing and serve.

Photo: Petro van Genderen




DUITSE WORS GEREG

Duitse wors distested

DUITSE WORS GEREG
Resep en foto verskaf: Marianne de Beer
FOOD LOVERS RECIPES
1 groen soetrissie
1 Engelse komkommer
25 ml olie
1 blik (410 g) heel geskilde tamaties of 8 klein vars tamaties, ontvel
1 pak (500 g) varkworsies
sout en peper
paprika

Sny soetrissie in repies, verdeel die komkommer in die lengte in kwarte, verwyder die pitte en sny op in 1 cm stukkies.
Verhit olie in vlak pan en braai soetrissie tot sag, voeg komkommer by en braai verder.
Kap tamaties fyn en voeg by komkommermengsel en laat prut.
Verwyder intussen die vel van die varkworsies en rol in klein bolletjies en voeg by die komkommermengsel.
Bedek en prut stadig tot die vleis gaar is, geur na smaak met sout en peper en paprika.
Bedien met rys.