BOELIEBIEF VLEGSEL


BOELIEBIEF VLEGSEL
Bietjie olie
1 ui gekap
½ teelepel droë pietersielie
½ pakkie sampioene in skyfies gesny
½ rooi soetrissie ontpit en in blokkies gesny
knypie sout en peper
1 blikkie 300 g boeliebief
1 eetlepel balsamiese asyn
1 eetlepel worcestersous
½ teelepel rissievlokkies
1 koppie gerasperde mozzarella kaas
Sesamesaad vir garnerimg
Deeg
1 rol gekoopte skilferkorsgeeg
Bietjie volroom melk vir bo oor smeer
Voorverhit oond op 220 ºC.
Verhit die olie en soteer die ui en pietersielie tot ui sag is.
Voeg sampioene by en soteer tot sag.
Voeg soetrissie by en soteer vir een minuut.
Voeg sout, peper en boeliebief by wat stukkend gedruk is en verwyder van hitte.
Voeg kaas by en meng.

Rol deeg oop en rol effens plat, plaas op foelie wat gespuit is met spray en cook.
Paas die vulsel op die deeg sodat daar min of meer 9cm bree stroke langs die kante oop is.
Sny die sykant in 3cm bree stroke skuins na die kante uit.
Vou die skuins stroke bo oor die vulsel sodat dit ‘n vlegsel vorm en druk bo en onderkante bymekaar.
Verf die bokant van vlegsel met bietjie melk.
Sprinkel sesamesaad bo oor.
Bak vir 15 min op 220 ºC.
Nota:
Kan ook die reses aanpas met sardyne, laat dan die worcestersous, balsamiese asyn en rissievlokkies weg.

Resep aanpassing en foto : Gideon Louw




BOEREWORS MET PERSKES

BOEREWORS MET PERSKES
Foto: Maralize Van Winsen
FOOD LOVERS RECIPES
1 groot ui
1 kg boerewors
30 ml sonneblom olie
1 blik(410 g) perskeskywe
50 ml blatjang
5 ml sojasous
Skil en kerf die ui.
Braai wors en ui saam oor matige hitte in die olie tot gaar.
Dreineer die perskeskywe, behou die sap.
Versprei die perskes oor die wors.
Meng perskesap, blatjang en sojasous en giet bo-oor worsmengsel.
Prut vir so 20 minute of totdat ‘n lekker sous gevorm het.
Bedien saam rys, pasta of kapokaartappels.




BROCCOLI BREAD GRILLED CHEESE SANDWICHES


BROCCOLI BREAD GRILLED CHEESE SANDWICHES
Recipe tested and photo: Wian Swart
FOOD LOVERS RECIPES
Was gisteraand lus vir iets anders en het toe die eerste keer brokoli en blomkool broodjies gemaak. Hier is die oorspronklike resep, ek sal in die comments my verandering insit. (Was ook hopeloos te honger om fotos te neem 😉 )
1 extra large crown of broccoli or 2 small crowns of broccoli (enough to yield 3 cups lightly packed pulsed broccoli)
2 large eggs
½ cup shredded mozzarella cheese
2 thick slices of cheddar cheese
Cut broccoli into small florets and place into food processor. Pulse until all of the broccoli become crumb-sized.
Measure out 3 lightly packed cups of broccoli and place into a large, microwave safe mixing bowl. Cover surface of bowl with plastic wrap. Place bowl in the microwave and heat at full power for about 1 minute to 1½  minutes. Broccoli should be soft and cooked.
Let broccoli cool slightly until it’s no longer too hot to touch. Divide broccoli into three batches. Take your first batch and place in between several paper towels or into a cheese cloth or tea towel. Wring cloth a few times, draining out most of the water from broccoli. You do not need to squeeze the broccoli completely dry, but you do want to remove most of the water. Place dried broccoli back into mixing bowl and repeat with remaining two batches of broccoli. You should be left with 1 1/3 cup of dried broccoli when you’re done squeezing out the water.
Add eggs and cheese to the broccoli. Stir until everything is completely combined, resembling a broccoli paste.
Line a large baking sheet with parchment paper. Preheat oven to 200ºC. Take ¼ of your broccoli mixture and place onto the baking sheet. Spread and shape the broccoli mixture to resemble a square that is approximately 4 ½ inches wide and 1/8 inch thick. Repeat with remaining broccoli mixture, spacing each square 2 inches apart. You will have a total of four squares which will be the bread slices for your sandwiches.
Bake for about 15 minutes until edges are golden and the breads feel firm to the touch. You should also be easily able to slide the breads off the parchment paper.
Form sandwiches with your breads, placing a slice of cheese in between two slices of bread. The softer side of the bread (that was facing down in the baking pan) should be the inner sides of your sandwich, with the slighly crispy sides facing out. Add some oil to a cast iron skillet over medium heat. Once skillet is hot, place your sandwiches into the pan. Use a small lid that just covers the sandwiches to weigh down the sandwiches and help retain in the heat. Cook until bottom of sandwiches are browned and crispy and then flip over and repeat until cheese is completely melted and both top and bottom of sandwiches are browned and crispy.
Nota- Ek het gaar blomkool en brokkoli gebruik, so hoef nie dit nog gaar te maak na die voedsel verwerker nie. Ek het bietjie bees salami opgesit en dit toe sommer in die sandwich press gesit. Ek was maar skepties oor dit, maar dit was baie lekker en baie vullend. En tot die kinders het daarvan gehou!
Dis ‘n baie lekker gesonder alternatief vir brood. So ‘n koppie brokkolie en twee eiers en kaas is genoeg vir twee toebroodjies. Dit is redelik ryk en baie vullend. ‘n Lekker hoê proteiene aandete wat nie te swaar is nie.




LELANE SE SPINASIE EN FETA SKONS


LELANE SE SPINASIE EN FETA SKONS
Resep en foto: Lelane Van Der Walt
FOOD LOVERS RECIPES
Slap-Degie:
250 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
Kruie van jou keuse
125 ml melk
125 ml kookolie
1 eier
Vulsel: – gaar spinasie en feta gemeng

Meng alles goed saam tot ‘n slap degie.
Skep lepelvol in ‘n kolwyntjiepan, dan vulsel  ( gaar spinasie en feta) en weer degie.
Bak in oond 180 ºC tot goudbruin en gaar.

 




TROPASIAN SALM SLAAI

TROPASIAN SALM SLAAI

Hoeveelhede – eie keuse:
groot komkommer, in repe gesny
mango
dragonfruit
sprietuie
blaarslaai
gerookte salmon
Kewpie mayo
Teriyaki sous

Pak ‘n laag blaarslaai, dan komkommer repe, stukkies mango en dragonfruit in opdien bord.
Rangskik salmon bo-op gevolg deur sprietuie.
Bedien met mayo en teriyaki sous.
Teriyaki sous:
1 koppie soya sous
5 eetlepels bruin suiker
3 eetlepels heuning
1 cm vars gemmer, fyn gerasper
1 eetlepel mirin
1 eetlepel sesame olie

Meng alles in ‘n pot en prut tot sous verdik.
Laat afkoel voor gebruik.
Bron en foto: Charleen Nieuwenhuizen




FRANS SE VYE EN BILTONG OP ROGBROOD

FRANS SE VYE EN BILTONG OP ROGBROOD
Hierdie is n wenner. Rogbrood met maaskaas, fyn vyekonfyt, biltong, gesnipperde groenvye en feta. Ek bedien gepekelde komkommer en soetrissie saam met dit vir die persoon wat die soet van die vye wil breek. Die vye, maaskaas en biltong saam is n wen kombinasie. Dis n ete opsigself
Bron en foto: Frans van Rensburg




SPINASIE MET GEPOSJEERDE EIER EN SPEKVLEIS


SPINASIE MET GEPOSJEERDE EIER EN SPEKVLEIS
Spanasie met posjeerde eier en bacon.
1 bossie spinasie skoon gemaak, gekook in sout water. Druk water goed uit en fyn opgesny.
7 med grote aartappels geskil, gekook in sout water tot lekker sag. Water af en fyngemaak met botter en bietjie melk en gegeur met wit peper en nutmeg.
Eiers geposjeer en water wat kook met ‘n bietjie wit asyn, sodra water kook breek eier in ‘n bakkie en sit versigtig in kokende water. Skep uit met ‘n lepel.
Paar repe spekvleis gebraai.

BRON:
Petro van Genderen




SPINACHE PANCAKES AND RICOTTA PANCAKES

SPINACHE PANCAKES AND RICOTTA PANCAKES
1 bunch of cooked, drained and chopped spinach
½ cup (125 g) ricotta cheese
¼ cup grated cheddar cheese
ground black pepper
½ teaspoon paprika
pinch of grated nutmeg
¼ cup grated Parmesan cheese
½ cup breadcrumbs

BATTER
1 cup plain cake flour
1 ¼ cups milk
1 egg
butter, for cooking

CHEESE SAUCE:
2 tablespoons butter
¼ cup plain cake flour
1¾ cups milk
1 cup grated cheddar cheese

Put the spinach, cheeses, pepper and nutmeg in a bowl and mix well.
TO MAKE BATTER:
Sift the flour and pinch of salt into a bowl. Add half the milk and the egg. Whisk until smooth: add the remaining milk. Heat a teaspoon of butter in a frying pan and pour in a thin layer of batter. Cook the base until golden, then flip. The batter should make 8 pancakes.
TO MAKE CHEESE SAUCE:
Melt the butter over low heat, add the flour and cook for 1 minute. Remove from the heat and slowly stir in the milk. Bring to the boil, stirring constantly. Remove from the heat and add salt and pepper and grated cheese.
Preheat the oven to 180ºC. Divide the filling among the pancakes, roll up and put in a greased ovenproof dish. Pour cheese sauce over pancakes. Mix the Parmesan, paprika and breadcrumbs together and sprinkle over the sauce. Bake for 30 minutes, or until golden brown.

Ricotta Pancakes with Berries and Mascarpone:
140 g cake flour
5 ml baking powder
1 ml salt
4 eggs separated eggs
40 g castor sugar
30 g butter , melted
170 ml milk
225 g Ricotta cheese
20 g butter and 10 ml oil to fry the pancakes
icing sugar and Mascarpone to serve

Sift the flour, baking powder and salt together. In a separate bowl, whisk the egg yolks, sugar and melted butter together for 2 minutes, then add the milk and Ricotta cheese and stir to combine. Gently fold the cheese mixture into the flour mixture. Whisk the egg whites in a clean bowl, until stiff peaks form. Add spoonful of the egg whites to the batter to loosen the mixture, before folding in the remaining egg whites. Heat the butter and oil in a frying pan over moderate heat. Drop spoonfuls of batter into the pan and fry pancakes for 1-2 minutes per side, until golden and cooked. Serve with a dusting of icing sugar and a dollap of Mascarpone and the berries.
Photo and recipe posted by Petro Van Genderen




SPEKKO RYS SUSHI KOEK

SPEKKO RYS SUSHI KOEK
500 ml Spekko Royal Umbrella Jasmine rys
1 liter water
sout na smaak
60 ml rys-asyn
15 ml strooisuiker
2 nori-velle, gesny om in ’n ronde koekpan van 15 cm te pas
125 ml mayonnaise
25 ml wasabi-pasta
200 g salm-sashimi, dun gesny
1 ferm avokado, in skywe gesny
30 ml gemengde wit en swart sesamsade
1 komkommer, in linte gesny
8 – 12 steurgarnale, skoongemaak en liggies gaargestoom

Kook die rys in die gesoute water volgens die aanwysings op die pak
Haal van die plaat af en sit eenkant om af te koel.
Sprei die rys uit oor die bodem van ’n groot, plat bak.
Meng die asyn en die suiker en giet oor die rys.
Gebruik ’n groot slaplemmes om die rys te sny en verwyder enige klonte.
Laat die rys verder afkoel tot kamertemperatuur.
Deel dan die rys in twee gelyke dele.
Skep die een helfte van die rys in ’n ronde koekpan van 20 cm wat met kleefplastiek uitgevoer is en druk vas.
Sit die eerste nori-sirkel bo-op (daar sal reg rondom 2,5 cm oop wees na die kante van die pan).
Meng die mayonnaise en die wasabi. Smeer die helfte hiervan oor die nori-sirkel op die ryskoek.
Pak nou ’n laag salm en avokado.
Plaas die ander helfte van die rys bo-op en druk weer vas.
Plaas die tweede nori-sirkel bo-op.
Verkoel voor opdiening.
Om op te dien:
Keer die koek uit op ’n opdienbord.
Smeer die ander helfte van die wasabi-mayonnaise op die koek en strooi die sesamsade bo-oor.
Garneer met komkommer-rose en steurgarnale.
Sny met ’n baie skerp mes en sit voor.
Foto: Charleen Nieuwenhuizen




CECIL SE KAASWORS PANNEKOEKE


CECIL SE KAASWORS PANNEKOEKE
Resep en foto: Cecil Dunhin
FOOD LOVERS RECIPES
Wors van keuse klaar gaargemaak, soveel porsies soos verkies. Sny in lengtes wat in jou bak sal pas. Bak die pannekoek klaar, genoeg om in jou bak te pas soos die foto wys. Maak jou witsous klaar, genoeg vir 2 lekker dik lae.
Rasper genoeg kaas
Pannekoek deeg:
2 koppies koekmeel
2 koppies melk
2 koppies water
2 eiers
1 teelepel sout
2 eetlepels olie
Meng alles saam tot ‘n gladde deeg, laat rus 5 min en bak in warm pan.

Witsous:
3 eetlepels botter
500 ml melk
3 eetlepels maizena
sout na smaak

Smelt botter en maak maizena aan met bietjie van die melk tot glad en meng res van melk by.  Meng melkmengsels in by gesmelte botter.  Sit in die mikrogolf vir kort rukkies terwyl jy baie gereeld roer, tot glad en gaar. OF maak op die stoof in potjie teen lae hitte.  Sodra gaar, sit sout in na smaak.
Wanneer jy die witsous, pannekoek en wors alles gereed het, neem ‘n oondbak en sit ‘n lekker dik laag witsous onder in die bak.
Sit pannekoek plat neer en sit ‘n stuk wors en genoeg gerasperde kaas bo-op en rol op.
Pak opgerolde pannekoeke bo-op die witsous laag in die bak soos op die foto.
Sit nou weer ‘n laag witsous oor die opgerolde pannekoeke en gooi ‘n lekker dik laag kaas bo-oor.
Bak in die oond by 180°C tot deur warm en die kaas lekker gesmelt.