SOUTVLEIS KOEKIES MET AARTAPPEL


SOUTVLEIS KOEKIES MET AARTAPPEL
2 aartappels, met skil aan gerasper
1 ui, gerasper
1 blik corned beef, fyn gedruk
sout en peper
vars pietersielie, gekap
125 ml meel
1 eier
olie vir vlakbraai

Meng al die bestanddele saam. Vorm in koekies, druk effens plat en braai weerskante tot goudbruin in pan.
Bak nog so 10 min by 180ºC.
Bedien met sous van jou keuse!
Het 14 uit die resep gekry.
Resep geplaas deur Ilze Garbers Jacobs
Foto: Ilze Garbers Jacobs




WORSIES IN FRANSE BROOD ROLLETJIES


WORSIES IN FRANSE BROOD ROLLETJIES
8 – 9 snye brood
200 ml gerasperde kaas
8 – 9 viennas
375 ml melk
3 groot eiers
sout en peper
olie vir vlakbraai

Rol snye brood plat met ‘n koekroller. Verdeel die kaas tussen die snye brood (sprinkel oor), sit ‘n worsie op elke sny en rol styf op. Klits melk, eiers, sout en peper saam. Doop elke rolletjie in eiermengsel, en druk die naat goed vas. Braai oor ‘n lae hitte tot al 4 kante bruin is. Bedien met tamatiesous, mosterd of blatjang.
Resep en Foto: Ilze Garbers Jacobs




IDEES MET CHAKALAKA


IDEES MET CHAKALAKA
Foto:  Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
Marilize Hauptfleisch Fourie:
Ek voeg by pakkie savoury muffin mix en ‘n koppie kaas. Heerlike spicy klam muffins.
Leon Mongie:
My vrou ook vandag vir ons gemaak soos jou resep, toe gooi ek so ‘n handvol biltong poeier by vir ekstra sout smaak, baie lekker uitgekom. Sy het die spicy een sommer gebruik. Gaan die “sterk” een ook probeer.
Marlene Fourie:
Kan ook in kerrie gebruik word of pasta met mince.
Lizelle Oosthuizen:
Oom Buks mense se smaak verskil mos maar, maar ek self geniet ‘n bietjie chakalaka saam met pap en braaivleis. Ek sien deesdae gebruik mense dit vir pizza ook. Eintlik ‘n blikkie kos wat baie disse ‘n ander nuwe smaak kan gee.

Anneli Kriel:
Ek gooi chakalaka in my groentesop, my mense is mal daaroor.
Louise Groenewald:
Baie lekker. Ek meng dit by my maalvleis saam met pasta. Baie lekker en gerieflik.
Hendrik Meyer – Bykos vir braaivleis
Blik elk:
baked beans
heelpit mielies
blik chakalaka
1 eetlepel gedroogte pietersielie
3 eetlepels mayonnaise
Dreineer mielies.
Meng alles saam en verkoel.
Heerlik saam braaivleis.

Rita Killian:
Maak dit by sous. As dit sterk is sit mielies nog uie en tamaties by met mieliemeelpap en wors.
Sumi Muller:
Ek maak chakalaka hoender en slaai. Spice jou hoender, gooi in ‘n pot met blikkie chakalaka en kook tot hoender sag is. Lekker saam met pap of rys.
Vir die slaai vat ek ‘n blikkie met eetlepel mayonnaise en blokkies cheddar.
Lekker saam met Braaivleis
Marilyn Jacobs Hess:
Maak gesnyde uie bruin, gooi bietjie kerrie poeier en suiker by. Gooi nou chakalaka by. Kook vir so ‘n rukkie tot kerrie deur gekook is. Meng by gekookte noedels. Gooi mayonnaise by. Laat afkoel. Heerlike bykos!
Dossie Dednam:
Maak mieliepap balle (kan geblikte heel mieliepitte bygooi), gooi chakalaka (+ tamatie smoor) oor, rasper kaas bo-oor en bak in die oond.
Le Anne Le Roux:
Chakalaka pasta met boerewors
Maak spaghetti gaar en n ring wors (sny in wieletjies), braai bietjie knoffel in pan en gooi 1 blik tamatie en uiesmoor in en 1 blik chakalaka, koppie cheddar kaas en halwe blok room kaas! Meng alles saam! Dis flippen lekker!!!

Alida Fourie:
Van die min blikkieskos wat ek gebruik. Lekkerste lekker. Braai knoffel en uie in bietjie kookolie en botter, roerbraai dan maalvleis saam, voeg 1 blikkie Chakalaka by, prut n rukkie. Geen verdere fieterjasies nodig. Bedien met rys, stampmielies of mielierys. Lekker eet.
Kan ook werk in tamatiesmoor vir smul lekker pap en vleis.
Johanna Coetzee:
Lekker dis op sy eie saam 2 minute noodles ook. Of blik tuna, mayonnaise en so 2 eetlepels mild chakalaka as vulsel in pannekoek met titsel suurlemoen sap op vulsel voor jy pannekoek oprol.
Marina Hamilton-Walker:
Pampoen in stukke, blikkie chakalaka, blikkie chickpeas, blikkie klapper room. Meng en bak so uur tot gaar by 180°C.
Miemsie De Klerk:
Gooi in ‘n oondskottel saam met wors en bak in die oond, braai vis en bedien chakalaka saam met vis en vars gebakte brood, maak jou eie broodrolletjie met chakalaka vulsel binne die rolletjie gebak. Vul aartappels met Chakalaka.
Marlyn Ingram Ferreira:
Blikkie saam met 500 g bruismeel. meng en bak dan ‘n broodjie daarvan.

Mel Fourie:
BROODJIE (of in muffinpannetjie) – BAIE LEKKER
4 eiers
410 g Mild & Spicy CHAKALAKA
500 g self raising flour
Oond op 180 ºC.
Smeer broodpannetjie of muffinpan.
Klits eiers, gooi chakalaka in en meng dan meel en kaas in.
Gooi in pan en bak vir 35 minute of sit in muffinpannetjie (vir savoury muffins) en bak vir 20 minute.
Ek gooi altyd so bietjie paprika of cayenne pepper bo-oor voor ek bak.

Caroline du Plessis:
Neem hoender stukke 1.5 kg. Maak skoon. Sit in oondpan, gooi jou speserye oor soos hoender, en pepper na smaak.
2 blikke chakalaka
125 ml mayonnaise
125 ml melk
15 ml bruin suiker
Meng alles saam. Gooi oor. Bak op 200°C in ‘n bedekte oondbak tot gaar.

Laurie Poolman:
Eet met slap chips, polonie en brood of sommer pap en vleis as ‘n sous of in kerrie disse of in skaap afval of in sop of sommer net skoon.
Santi Van Der Merwe:
Ek pak hoenderstukkies in bak en gooi die hele blikkie oor die hoenderstukkie. Maak toe met foelie en bak in die oond. Mens kry “mild” en “sterk” Chakalaka. Ons hou van die “mild” een.
Saadiqah Davids:
Maak brooddeeg, druk plat in oondpan en smeer chakalaka op,  strooi baie kaas oor. Bak in oond. As dit klaar gebak is, smeer lekker crushed garlic gemeng met olive oil en mixed herbs oor. Heerlik met braaivleis.




MEATLESS WRAP


MEATLESS WRAP
Our supper tonight with no meat!
Stir fry:
¼ cabbage, shredded
1 onion, chopped fine
1 grated carrot
1 red pepper, chopped
½ punnet chopped mushrooms

In a separate pot boil up 3 potatoes cubed. Once soft, add potatoes to stir fry. Add salt and pepper. Fill some wraps with the stir fry and enjoy!
Recipe and photo: Zelda Ellis




ILZE SE KERRIE EIERS MET ERTJIES


ILZE SE KERRIE EIERS MET ERTJIES
Foto en resep:  Ilze Garbers Jacobs
FOOD LOVERS RECIPES
So dis ‘n ou variasie op ‘n gunsteling van my ma – kerrie eiers! Lekker op ‘n Sondagaand, of enige aand!
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyn gekap
2 cm vars gemmer, gerasper
10 ml olie
2 eetlepels kerriepoeier
2 eetlepels borrie
3 tamaties, gekap
400 ml water
1 koppie ertjies
5 ml suiker
1 eetlepel blatjang
100 ml room
sout en peper na smaak
vars koljander
2 – 3 gekookte eiers per persoon

Braai uie en knoffel in olie tot sag. Voeg gemmer by en braai nog 3 min. Voeg kerriepoeier en borrie by en braai 5 min oor lae hitte. Voeg tamaties en water by, en prut 10 min totdat 2/3 van die water weggekook het. Voeg ertjies, suiker en blatjang by en prut nog 5 min.
Roer room, sout en peper deur, sny gekookte eiers in halwes en sit in sous.
Gooi gekapte vars koljander oor (opsioneel) en bedien met basmati rys!




WORSIE EN KAASROL


WORSIE- EN KAASROL
Foto: Ilze Garbers Jacobs
FOOD LOVERS RECIPES
Kors:
500 ml koekmeel
20 ml bakpoeier
2 ml sout
125 g margarien/botter
150 ml melk

Vulsel:
250 g grof gerasperde weense worsies
500 ml gerasperde kaas
50 ml margarien/botter, gesmelt
1 fyngekapte klein uitjie
7 ml Worcestersous
7 ml mosterd
2 eetlepel gekapte pietersielie
sout en peper na smaak
Eiermelk:
1 eiergeel gemeng met 25 ml melk

Verhit oond tot 200ºC en smeer ‘n bakplaat. Sif meel, bakpoeier en sout saam, vryf botter in en meng melk by tot ‘n stywerige deeg vorm. Rol deeg uit op meelbestrooide oppervlak in 35 x 27 cm reghoek. Meng vulselbestanddele en smeer eweredig oor deeg. Rol in lengte op soos rolkoek. Plaas rol op bakplaat. Sny in 1 cm dik skywe met ‘n skerp mes, maar nie heeltemal deur (tot onder nie). Trek skywe effens uitmekaar en verf met eiermelk. Bak by 200ºC vir 20-30 min.




PUFFY CHEESE TOASTIES


PUFFY CHEESE TOASTIES
240 g grated cheese
3 mayonnaise
1 free-range egg
1 t baking powder
4 slices bread (I replaced it with thick slices of Panini)
butter, for spreading on your toast

Turn the oven’s grill to high.
Mix the cheese, mayonnaise, egg and baking powder well using a fork.
Toast the bread in a toaster, then butter.
Place a big tablespoon of the cheesy mixture onto each piece of toast and spread evenly. Place under the grill and bake until golden brown and puffy. Eat immediately.
Cook’s note: Puffy cheese is similar to Welsh rarebit or a croque monsieur, but without the fuss and the ham.
I added a dash of Worcestershire Sauce and a little English Mustard Powder.
Photo: Melissa Ann Vermeulen
Recipe posted by Melissa Ann Vermeulen




VARKWORSIE EN MURGPAMPOEN OONDGEREG


VARKWORSIE EN MURGPAMPOEN OONDGEREG
Foto en resep: Christelle van Rooyen
FOOD LOVERS RECIPES
8 medium murgpampoene, punte verwyder
400 g cocktail varkworsies
250 g swoerdlose spek
4 gras uie, opgesny en wortelpunte verwyder
ongeveer 1 koppie blokkies feta, swart peper geur
Sweet Chilli sous

Sny punte van murgpampoentjies af en sny in lengte deur. Neem twee cocktail varkworsies (net mooi ingepas) en druk dit effens plat. Sit dit in elke murgpampoentjies in (soos jy ‘n worsie in ‘n hotdog bun sal insit). Plaas dit in ‘n oondvaste glasbak (ek het dit nie gesmeer nie).
Gooi sweet chilli sous en gekapte gras uie oor (myne was meeste bo-op maar werk beter binne-in) en druk effens binne in murgpampoentjies in. Rol die gevulde murgpampoentjies in die spek toe. Sprinkel bietjie feta oor. Bak in ‘n vooraf verhitte oond tot die spek krispy is en die murg pampoentjies sag, maar steeds ferm.
Let wel: Ek het geen olie by- of oorgegooi nie. Die dis maak heelwat sous onder van die sweet chilli, spek ens wat uitbraai. Dit gee die murgpampoentjies kans om sag en gaar (maar nie pap nie) te word. Die spek maak ook dat die gevulde murgpampoentjies nie uitmekaar uit val as dit opgedis word nie. Sien op foto is een wat nie spek om het nie, lekker maar breek effens.
Kan ook geniet word saam met fyn aartappels.




HOENDER EN KORINGSLAAI


HOENDER EN KORINGSLAAI
2 hoenderborsies, gesny en gaargemaak
1 medium ui (rou of gaar, myne sommer rou) of ‘n handvol sprietuie, opgekap
2 koppies gaar stampkoring
3 takkies vars pietersielie, opgekap
Ina Paarman se Honey & Mustard slaaisous
Aromat na smaak
Ina Paarman garlic and black pepper sout na smaak

Ek het sommer ‘n vinnige slaai aanmekaar geslaan met gister se oorskiet gebraaide oondhoender (witvleis) en koring. Gebruik minder sout, peper en kruiesout as jy oorskiet vleis gebruik wat reeds sout ens. bevat. Meng alle bestanddele saam en geniet!
Resep en foto: Christelle van Rooyen




GEROOKTE MOSSELS MET GESMELTE KAAS OP ‘N FRANSE BROODJIE


GEROOKTE MOSSELS MET GESMELTE KAAS OP ‘N FRANSE BROODJIE
2 blikkies gerookte mossels
½ ui, gekap
1 teelepel thyme
3 eetlepels mayonnaise
2 eetlepels peri peri sauce
1 koppie kaas
peper vir smaak
1 Franse broodjie, gesny

Meng alle bestanddele in ‘n bak, skep op snye Franse broodjies en bak in oond teen 180ºC tot kaas gesmelt is.
Geniet warm.
Foto: Denzel Koenana