BACON EN KAAS AARTAPPELS

BACON EN KAAS AARTAPPELS
1 x pakkie spek
Gesnyde kaas
Smeer kaas
Cheddar kaas
Groot aartappels
Braai speserye
Kook aartappels in mikrogolfoond vir 12 min.
Sny in skywe tot amper deur.
Braai spek en sny in stukkies.
Sprinkel braai sout in aartappels.
Voeg spek en gesnyde kaas tussen in.
Smeer die smeerkaas bo oor.
Rasper cheddar kaas bo oor.
Bak in die oond tot kaas gesmelt is.
Foto en resep geplaas deur Cecil Dunhin




FRANSE ROOSTERBROOD MET ‘N TWIST

FRANSE ROOSTERBROOD MET ‘N TWIST
Genoeg vir 4 persone
4 ½ snye brood
4 rooiworsies in ringetjies gesny
1 ui gekap en gebraai tot deursigtig
4 agurkies in ringetjies gesny
4 Ingelegte peppadews opgekap
2 hoenderdye opgekook en grof gepluis
1 groot spinasieblaar fyn gekap
Plat tamatieskywe
6 eiers geklits, met genoeg melk gemeng en gegeur met sout en peper
Gerasperde kaas
Pak 2 ¼ snye brood onder in ‘n vuurvaste oondbak.
Giet van die eiermengsel oor die brood en pak worsies op die brood.
Skep gebraaide uie oor en sprinkel gekapte peppadews oor.
Pak agurkieringe bo op peppadews en strooi grof gepluisde hoender oor, asook fyngekapte spinasie.
Pak tamatie ringe bo op.
Sit die res van die  2 ¼ snye brood bo op en giet die res van die eiermengsel bo oor.
Rasper genoeg kaas bo oor, en bak @ 180ºC tot gestol.
Foto en resep: Petré Van Jaarsveld




KAMMA-GANSLEWER


KAMMA-GANSLEWER
Die het nou absoluut niks met n gans te doen nie maar is baie lekker.
3-6 tamaties
1 ui
1-2 appels (verkieslik suur)
sout, peper en marjoryn
Skil die tamaties, sny dit fyn op en smoor met fyngekapte uie.
Sny die appels in skywe. Voeg by die tamaties en smoor tot glaserig.
Voeg sout, peper en marjoryn daarby, na smaak.
(Kan ook n bietjie suiker byvoeg as te suur.)
Dit smaak goed op brood as ‘n maaltyd of kan ook oor aartappels geskep word as n sousie of dalk as n pannekoekvulsel.
Resep geplaas deur Heiner Lange (Lili Lange)




FULLY LOADED CHIPS

FULLY LOADED CHIPS
30 ounce bag of french fries
1 cup diced ham
1/4 cup diced dill pickles
1/2 tablespoon yellow mustard
Swiss Cheese Sauce
3 tablespoons butter
3 tablespoons all purpose flour
2 cups milk (I used 2%, can use whole or heavy cream for a creamier sauce)
8 ounces chopped swiss cheese
Bake the french fries as directed.
Meanwhile to prepare the sauce melt the butter in a medium size saucepan over medium heat. Once the butter is melted whisk in the flour. Will be thick. Pour in the milk and stir to combine, as it heats this will thicken slightly. Add in the cheese and continue to stir as the cheese melts. Once the cheese is completely melted continue to stir. The sauce will thicken.
When the sauce is thick, remove from heat.
To assemble the fries, top the fries with the diced ham, diced pickle, drizzle with cheese sauce and mustard.
Serve warm and enjoy!
Recipe posted by Lizaan Ras le Roux

 




CUBAN SKYFIES

CUBAN SKYFIES
Foto en resep deur Bëauty Mazibuko II
2 de Foto:Bianca Greyling‎
FOOD LOVERS RECIPES
Dis nou die lekkerste chips en dis vrek vullend
1 pakkie fyn gemaakte spek (bacon)
1 pakkie Knorr Pasta Sous 36 g (Three Cheese)
2 eetlepels koekmeel
1 Vienna gekerf
250 ml melk
‘n handvol gerasperde kaas
gevriesde McCAIN Skyfies (slap chips)
Speserye (van jou keuse)
Plaas die skyfies in die mikrogolf tot dit ontdooi is. Braai die skyfies dan in kookolie tot die lekker crispy is. Haal uit en plaas dit op ‘n bord en sprinkel bietjie sout en speserye daaroor
Braai dan die spek tot dit crispy is.
Witsous –
Plaas 1 pakkie pasta sous in ‘n mikrogolfbare bakkie. Voeg die koekmeel by. Sit gerasperde kaas by en voeg melk by en meng goed. Plaas dan in die mikrogolf vir 5 minute. Roer so af en toe.
Haal die witsous uit en voeg die gebraaide spek by. Sny die Vienna in skyfies daarby. Meng spek en die vienna in jou witsous in.
Bediening –
Skep die witsous mengels oor die skyfies. Rasper bietjie kaas oor, plaas dit in die microgolf sodat die kaas bo-oop bietjie smelt. En bedien warm.
Fluit fluit my storie is uit.
Dis hemels, probeer die resep.

Nota: Madeleine Meintjes:
Dit lyk soos die immer gewilde “fully loaded chips”. Skyfies met ‘n kaas witsous bo-oor, met bros gebraaide bacon bits, en weer n lekker geurige kaas bo-oor. Vir diegene wat van n byt hou, kan vars gesnipperde jalepenos oor die bacon strooi en dan die kaas. Vrek lekker en BAIE vullend. n Maaltyd op sy eie.

Nota: Bianca Greyling‎:
Ek het ‘n hele ruk terug hierdie Cuban Skyfies resep op die groep gekry. Ek het dit gister gemaak en jinne dit was nou lekker! Ek het i.p.v die spek en viennas, spek worsies gebruik en ek kon nie die Knorr sous kry nie toe gebruik ek Royco se kaas en knoffel souspoeier. Ek het ook my eie chips gebak, ek is nie mal oor daai wat mens in die pakke koop wat jy net kan gaarmaak nie. Dit was regtig uit die boonste rakke! Julle MOET die een probeer as julle nog nie het nie!

 




MURGPAMPOENTJIE TOEGEDRAAI IN SPEK

MURGPAMPOENTJIE TOEGEDRAAI IN SPEK
Voorverhit oond tot 180 grade C.
Was vars murg pampoentjie in water en maak droog. Draai repies spek om die murg pampoentjie en plaas in ‘n gesmeerde oondvaste glasbak. Strooi aromat of sout en peper na keuse. Ek het ook bietjie olie oorgestrooi. Bak ongeveer 8 min aan ‘n kant tot die spek krispy raak. Spek raak krispy maar murg pampoentjie nog steeds ferm en kraakerig nie pap nie. Bedien saam met kapok aartappels.
Resep en foto: Christelle van Rooyen




ROMERIGE MOSSELSBROODJIES

ROMERIGE MOSSELSBROODJIES
Genoeg vir 4 mense
2 blikke (85 g elk) mossels, gedreineer
1 groot ui, gerasper
3 knoffelhuisies, gekap
250 ml (1 koppie) Cheddarkaas, gerasper
125 ml (½ koppie) mayonnaise
1 Franse brood/panini/ciabatta, in dik skywe gesny (8 skywe)
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Meng die mossels, ui, knoffel, kaas en mayonnaise.
Verdeel die mosselmengsel tussen die broodskywe en smeer rofweg op elkeen.
Pak die broodskywe op ’n bakplaat en rooster 10 minute of tot die mengsel op die broodskywe effens goudbruin begin raak.
Sit dadelik voor saam met slaai.
Ek het net die uie uit gelos en dit vervang met knoffel. So teelepel. Bietjie sout en peper bysit.
Resep en foto geplaas deur Marika Tegmann




POPEYE SLAAI

POPEYE SLAAI
Vir eeen mamoewiese slaai
1 pak baba spinasie
2 klein pakkies gerasperde beet
1 rooi ui, in halfringe gesny
6 groot wortels, in dun ringe gesny
2 wiele fetakaas
1 houer cherry tamaties, gehalveer
1 pakkie sampioene, gesny
½ komkommer, gesny
1 bottel Ina Paarman feta en knoffel slaaisous

Lê sampioene oornag of 4 tot 8 ure in die slaaisous.
Maak slaai – gooi sampioene en sous by en roer goed deur!
Ons het dit saam braaivleis geniet, omdat ek nie stysel mag eet nie.
Nota:  Ek het leftovers gevat en steak bygesit en dan ook bone vir twee verskillende middagetes.
Foto en resep deur Leandri Potgieter




CHRISTELLE SE BROCCOLI ROEREIERS

CHRISTELLE SE BROCCOLI ROEREIERS
Pas resep aan vir hoeveelheid mense.
2 eiers, geklits met bietjie melk
sout en peper na smaak
vars pietersielie, fyn opgekerf
vars sprietuie, fyn opgekerf
vars brocolli, fyn opgekerf
Mozarella of kaas van jou keuse, om oor te rasper
1 na 2 snye Sasko Plus Soya & Linseed Brood

Giet ‘n klein bietjie olie of stuk botter in ‘n pan en verhit die pan.
Voeg al die boonste bestanddele behalwe die kaas en brood bymekaar en gooi in die verhitte pan.
Laat stadig op gasstoof prut tot gaar.
Skep op die brood en strooi dadelik die kaas oor (of meng kaas met items in pan as jy dit verkies).
Resep en foto: Christelle van Rooyen




ALTA SE GEVULDE AARTAPPELS

ALTA SE GEVULDE AARTAPPELS
5 groot aartappels ,gewas en toegedraai in foelie, bak in oond tot gaar maar nie pap(,myne was grootaartappels en het 2 en n half uur gebak),
Braai saam:
1 groot uie op gekerf
1 pakkie streaky spek fyn gesny
1 klein pakkie sampioene opgesny
Maak n wit sous wat nie te loperig is nie
3 eetlepels botter
4 eetlepels koekmeel,
smelt botter, roer meel by, voeg half koppie room by en dan melk na gelang van dikte van sous, sout en swartpeper na smaak,(ek roer so half teelepel droë mosterd poeier by)
haal sous van plaat af, meng die spek en uie mengsel nou met die witsous, sny gaar aartappels in lengte deur  en hol uit,(oppas dat skil nie breek nie, maak aartappels fyn (nie soos mash nie,daar moet nog stukkies wees )meng nou aartappels by witsout en spek mengsel, skep nou die mengsel in uitgeholde aartappel doppe, gooi kaas oor, sit terug in oond tot kaas gesmelt is, gooi bietjie fyn gekapte pietersielie oor. Bedien met slaai
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk