EIERVRUG EN “HASHBROWN” BURGER

EIERVRUG EN “HASHBROWN” BURGER
1 eiervrug, in skywe gesny
sout en peper volgens smaak
tamatie, in skywe gesny
gerasperde kaas
basilliekruid, vars of gedoog
aartappelkoekies (hashbrowns), tuisgemaak of gekoop
spek
olie vir panbraai

Voorverhit die oond tot 190ºC.
Plaas die eiervrugskywe in ‘n voorbereide bakplaat, sprinkel sout en peper oor die eiervrug na smaak.
Plaas ‘n skyfie tamatie op elke eiervrugskyf en sprinkel die kaas en basilliekruid bo-op die tamatie.
Plaas die bakplaat met die eiervrugskywe in die voorverhitte oond en bak vir 25 minute.
Braai die “hashbrowns” in ‘n pan met olie op die stoof tot gaar, verwyder en plaas eenkant.
Braai die spek in dieselfde pan tot gaar en bros.
Vir opdien, plaas ‘n hashbrown op die bord, gevolg deur die gebakte eiervrugskywe en laastens die gebraaide spek bo-op.
Nota:  Kan ‘n sous van eie keuse saam met die burger bedien.
Foto en resep:  Rianca Kruis




GIDEON SE EIER EN KAAS ROOSTERBROOD

GIDEON SE EIER EN KAAS ROOSTERBROOD
Ek het vanaand vir my hierdie broodjie oppie kole gemaak en was djjeeerlik.
Per brooitjie :
1 eier
3 snytjies brood
‘n bietjie gerasperde kaas
sout en peper na smaak
‘n smeersel chutney of mayonaise wat jy ookal van hou

Sny die binnekant van die een sny brood vierkantig uit en smeer die buitekante van die ander twee snye met ‘n bietjie botter en die binnekante met ‘n bietjie mayo.
Plaas die uitgeholde sny bo op ‘n ander sny met die gesmeerde kant buite.
Strooi ‘n bietjie gerasperde kaas in die holte.
Breek dan ‘n eier op die kaas en sit sout en peper by na smaak.
Strooi weer ‘n bietjie kaas en plaas dan die ander sny bo-op.
Plaas die broodjie op ‘n toeklap rooster en braai op matige kole vir ±10 min tot goudbruin en die kaas gesmelt is, die eier se geel behoort dan lekker loperig te wees net soos ek van dit hou.
Hmmmmmmm djeerlik !!!
Foto en resep deur Gideon Louw




BEESVLEIS TACO

BEESVLEIS TACO
Was nie lus vir Italiaans vanaand toe maak ek bietjie Meksikaans.
500 g maer bees maalvleis
1 ui, gekap
1 groen pepper, gekap
Taco speserye mengsel

Braai uie en pepper tot begin verkleur en sit dan maalvleis by. Gooi speserye na smaak by en roerbraai tot gaar en die vleis los is.
Maak die taco doppe warm in oond soos per aanwysings op pakkie.
Berei die salsa:
2 tamaties, opgekap
1 klein ui, opgekap
Komkommer dun gesny of in spiraalrepe gesny en gesprinkel met rys asyn of sushi asyn
Genoeg gerasperde Cheddar kaas.
Suurroom
Sit die maalvleis in die taco doppe en skep van die salsa bo-op.
Bedien die gerasperde kaas en suurroom saam sodat elke persoon na smaak kan bysit.
Ek het met mielies bedien.
Resep en Foto: Elsabe Templeton




SHRIMPSLAAI

SHRIMPSLAAI
So warm by ons, slaai op sy beste.
240 gram skoongemaakte shrimps (en in botter met suurlemoen gebraai)
1 klein pynappel (stronk verwyder en in klein blokkies gesny)
klompie druiwe korrels
1 blikkie manderyn segmente (water afgegooi)
1 groot kop botter slaai (butter lettuce)
2 eetlepels mayonaise
3 eetlepels vars room
1 teelepel suiker (bruin)
Sout vars gemaalde peper na smaak

Pak slaai mooi oop onder in bakkie.
Dan pynappel en manderyn segmente.
Dan druiwe korrels, meng mayo, room, sout peper en suiker saam, voeg shrimps by en skep op slaai bed. Tussen my en manlief het ons als klaar gemaak.
Resep en foto: Alta Gunter van Dyk




STUFFED FRENCH LOAF

STUFFED FRENCH LOAF
French Loaf
Mozzarella Cheese
Swiss Ham
Feta Cheese
Rosa Tomatoes
Pickeled Jalapenos Slices
Chipotle Sauce
Garlic Flakes
Oregano
Olive Oil

Remove the centre of the french loaf. Sprinkel with olive oil, garlic flakes & oregano. Layer the french loaf with mozzarella cheese, swiss ham slices, tomatoes, feta chees and jalapeno slices. Sprinkel with Chipotle Sauce, Olive oil, garlice flakes and Oregano.
Bake in a 180° degree C oven for 12-15 min.

PHOTO: Tanya Pretorius




MINETTE SE LOADED FRIES

MINETTE SE LOADED FRIES
Na ek onlangs by ‘n restaurant iets soort gelyk gemaak het. Het ek besluit om dit te probeer na maak en sommer my eie twists bygesit.
Skyfies (ek gebruik american style en myne was in olie gebak)
Fyn gesnyde green pepper en ui (so kwart gebruik van elk)
Pakkie spek krispy gebraai
Kaas sous (ek het sommer ‘n pakkie gebruik)
Ingelêde jalapeno ringetjies
Begin bou met skyfies, dan pepper en ui, dan spek, dan kaas sous en bo op ‘n klompie jalepenos. Onthou om skyfies te sout en peper.
Dis vreeslik vullend en lekker. Genoeg vir twee mense.
Foto en Resep: Minette Mirie Vd Westhuizen




BULLY BEEF EN TAMATIE PASTA

BULLY BEEF EN TAMATIE PASTA
6 Porsies
1  pak 500 g Fatt’s & Moni’s elbow macaroni
(ek halwe gewone en halwe elbow, nie genoeg gehad maar verkies elbow)
1 blikkie Bull Brand bully beef
2 blikkies Miami Tomato Braai Relish
1 blikkie Rhodes baked beans in tomato
swart peper
Aromat
1 handvol vars pietersielie
1 handvol vars prei

Kook die macaroni in ‘n medium grootte pot tot gaar maar nie pap nie.
Gooi water af en plaas terug in die pot maar hou pot van plaat af.
Sny die bully beef in blokkies en kap die pietersielie blare en prei fyn (gooi by volgens smaak) terwyl die macaroni gaar word.
Na dreinering van macaroni, voeg die gekapte items, blikkie baked beans, 2 blikkies tomato relish en swart peper en aromat na smaak by.
Let egter dat die blikkies ook sout in het so pasop vir te veel aromat en swart peper.
Meng als liggies deur die macaroni. Plaas die pot terug op die stoof op lae hitte tot alles warm is en gaar.
Resep en foto: Christelle van Rooyen




PINEAPPLE AND CHICKEN SALAD

PINEAPPLE AND CHICKEN SALAD
2 boiled and cube chicken breast
1 cup pineapple cubes
1 cucumber cubes
3 tablespoons sweet corn
½ teaspoon salt
¼ teaspoon pepper
2 tablespoon fresh cream
3 tablespoon mayonnaise
In a bowl mix all together.
SERVE CHILLED
Recipe and photo: Eleanor Ferndale




ONTBYT MAALTYD

ONTBYT MAALTYD
Bron:  Rina Botha
FOOD LOVERS RECIPES
Die gereg is vir 8 mense, jy kan dit vermeerder of minder maak soos verkies. Die bestanddele se hoeveelhede is ook na eie keuse.
8 snye brood, gerooster
spek
kaasworsies
gerasperde kaas
gebraaide uie (opsioneel)
6 eiers
melk
room
sout en peper na smaak
gemengde kruie
Sny die spek en kaas worsies in stukkies en braai saam in ‘n pan op die stoof tot lekker gaar.
Plaas die rooste brood in ‘n oondpan.
Versprei die gebraaide spek en kaasworsies oor die roosterbrood.
Indien jy van gebraaide uie hou, skep die uie oor die spekmengsel.
Sprinkel gerasperde kaas oor die gevulde broodjies.
Klits die eiers met melk, bietjie room, sout, peper en gemengde kruie.
Giet die eiermengsel oor die kaas en bak die gereg in ‘n voorverhitte oond tot die eiermengsel gaar is.
Skep ‘n gevuldebroodjie vir elkeeen wat lekker wil eet, Bedien met vars tamatie en vars vrugte, baie vullend.




EIERROULADE MET TUNA EN MAASKAAS

EIERROULADE MET TUNA EN MAASKAAS
8 eiers
1 koppie melk
1/3 koppie koekmeel
1 fyn gekapte soetrissie
2 eetlepels gekapte sprietuie
1 eetlepel gekapte kruisement blare
1 bakkie gladde maaskaas (250 g)
1 blikkie tuna
sout na smaak

Meng die meel, eier en melk in ‘n mengbak en voeg dan die soetrissie, kruisement, sprietuie en sout daarby.
Plaas ‘n strook bakpapier in ‘n plat bakplaat met randjies sodat ‘n deel van die papier oor die een kort end uitsteek en spuit met spray and cook. Giet die eiermengsel oor die papier en bak vir ongeveer 20 minute op 180ºC tot die eiers gestol het. Smeer of sprinkel jou keuse van vulsel oor (ek het die maaskaas en tuna mengsel gekies). Neem dan die lang kant van die papier en rol die roulade op terwyl jy die papier terselfdertyd aftrek. Doen dit dadelik terwyl die mengsel nog warm is. Sny in skywe en bedien.

Wenk. Indien jy dit netjies kan doen, keer die klaargebakte roulade eers onderstebo uit op ‘n ander vel bakpapier sodat die onderkant bo is. Die rede is dat die groente in die vulsel bo wys as dit klaar gebak is, terwyl die onderkant net eier wys. Indien jy dit omkeer sal jou vulsel op die dowwe kant kom en die buitekant van die roulade sal mooi kleurvol vertoon.
Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete