TAMATIE, HOENDER EN RYSSLAAI


TAMATIE, HOENDER EN RYSSLAAI
400 g gekookte rys
300 g gaar hoender, in blokkies gesny
2 tamaties, in wiggies gesny
3 spruit uie, fyngesny
½ groen rissie, fyn gesny
60 g Feta kaas, gekrummel
15 ml basiliekruid, optioneel
‘n paar olywe vir garnering
Slaaisous:
50 ml olie
10 ml suurlemoensap
20 ml wit asyn
1 sprietui, fyngekap
2 ml gedroogte tiemie en roosmaryn
3 ml suiker
sout en peper na smaak
Plaas die rys in ‘n mengbak en voeg die hoender, tamatie en res van die bestanddele by en meng.
Meng die slaaisous bestanddele saam en meng dit liggies met die rysmengsel.
Skep die slaai in ‘n slaaibak en garneer met basiliekruid en olywe.
Moet ten minste 4 ure voor die tyd gemaak word.
Nota:
Jy kan die slaaisous maak en oor die warm rys giet, meng en later wanneer dit afgekoel is, die ander bestanddele inmeng. Bedien 6 en hou vir 2 tot 3 dae in yskas.
Resep: Sandy Riggien








