ROOIBOK LIVER

2015-06-02-rooiboklivertested

ROOIBOK LIVER
rooibok liver
olive oil
sea salt
black pepper

Cut liver into large pieces and place in a high heat pan (not to smoking point) with a small amount of olive oil.
Griddle for 30 seconds per side and remove from the heat.
Allow to rest for 2 minutes then add a crack of sea salt and black pepper.
Plate up and drizzle a tablespoon more of olive oil.
Serve with a seasonal salad.

SOURCE/PHOTO: Philip Reineke




LEWER EN -AARTAPPELGEREGTE

tested
LEWER EN AARTAPPELGEREGTE

Estelle Leeuwner Claassens – Het een gehad waar uie en lewer lae gepak word en dan net room oor kry en gebak word. Glo dun aartappel skywe tussen in sal uitstekend werk.

Jeanette Martins – Ek rol die lewer in bietjie meel en braai vinnig in ‘n warm pan. Nie gaar nie, net geseël. Skep in ‘n glasbak. Braai uie in dieselfde pan en skep bo-op die lewer. Sny aartappels in dun skyfies en pak bo-op. Maak ‘n koppie melk warm en los ‘n stock-blokkie daarin op. Gooi dit oor die aartappels en bak met ‘n deksel tot die aartappels gaar en sag is.

Joey Kotze – Lewer is die beste kos. Braai uie in botter voeg lewer blokkies by braai tot gaar gooi bietjie water by maak sous dik met souspoeier of gooi asyn by by en maak suursous albei heerlik kan lewer in bruismeel sit voor braai Koningskos




BACON AND LIVER BREAKFAST

2015-05-28-liverandbacontested

BACON AND LIVER BREAKFAST
250 g bacon bits
250 g chicken livers
1 tin tomato and onion mix

Fry the liver first, then add bacon, keep turning it so it doesn’t burn.
Add tin onion and tomato salt and pepper sometimes at some curry powder.
Let that simmer on low heat till onion and tomato mix has heated through and meat is well covered with the gravy.
I used the new star instant pap and that was quick too, so breakfast was served.
Hope you try it and enjoy it. I chop and change I add green peppers and mushrooms if I have.
Recipe and photo: May van der Merwe




ELIZE SE LIPLEKKER LEWERKOEKIES

2015-05-07-elizeseliplekkerlewerkoekiestested
ELIZE SE LIPLEKKER LEWERKOEKIES
500 g bees/lams lewer, skoon gemaak
1 medium ui, geskil
2½ ml bakpoeier
4 snye brood
5 ml Worshestershire sous
10 ml wit wynasyn
1 eier
30 ml vars pietersielie
2.5 ml fyn koljander
1 ml fyn naeltjies
1 ml neutmuskaat (nutmeg)
2½ ml braaivleisspeserye
125 g skouer spek
swartpeper na smaak
sonneblomolie vir braai

Maal lewer, ui, pietersielie en brood saam met die spek in ‘n vleismeul met ‘n growwe sif (5mm sif).
Kilts die eier, Worshestershire sous, asyn, bakpoeier en speserye. Meng die 2 mengsels saam en sit in die yskas vir tenminste ‘n half uur.
Verhit die olie in ‘n pan tesame met eierringvormpies. Skep mengsel in vormpies (maak ringetjies mooi vol om ‘n ‘pattie’ te maak) en braai vir 3 minute aan ‘n kant.
Wanneer gaar, sit die patties op kombuispapier om te dreineer. GENIET!
Resep en foto: Elize de Kock


Ek het Elize se resep vir ‘n basis gebruik, maar het net nie die lewer fyngemaal nie maar in klein blokkies gesny en agterna bygevoeg by die gemaaldes net omrede ek my koekies ‘n bietjie growwer tekstuur gee. Dit was heerlik! Oja dan het ek ipv eierringe te gebruik het ek met my hand die koekies gevorm en effens platgedruk in die pan. Dankie Elize vir die resep.
Ons het dit geniet saam met smash en gekookte patat en outydse tamatie slaai hmmmmmmmmmmm nou is my bol lekker styf gepomp.
Kommentaar en Foto: Gideon Louw




BOBAAS LAMSNIERTJIES

2015-04-29-bobaaslamsniertjiestested
BOBAAS LAMSNIERTJIES
Bron Carolie de Koster
Foto: Elize de Kock
FOOD LOVERS RECIPES
500 g lamsniertjies, skoongemaak
125 g spek, opgesny
1 ui, grof gekap
15 ml sonneblom olie
125 ml water
15-30 ml Worcestersous
5 ml biefekstrakpoeier
sout en varsgemaalde swartpeper
15 ml paprika
250 g sampioene, in skyfies, opsioneel
30 ml koekmeelblom
15 ml bruinsouspoeier
125 ml water
40ml botter
15 ml olie
30 ml brandewyn
250 ml room
plaasbrood

Sny die skoongemaakte niertjies in kleiner stukkies.
Verhit die botter en olie en braai die uie en spek vir ’n paar minute.
Skep niertjies by en braai oor matige hitte tot vloeistof verdamp het en mooi bruin is.
Voeg 125 ml water, Worcestersous en biefekstrakpoeier, swartpeper en sampioene by en bring tot kookpunt.
Bedek en prut 8 – 10 min lank of tot nierjies sag is.
Meng die meelblom souspoeier en 125 ml water en roer in.
Bring tot kookpunt en roer deurentyd tot glad en dik.
Roer die brandewyn en room by en bring tot kookpunt.
Geur met sout en hou warm.
Rooster intussen die brood.
Bedien in klein sop of poeding bakkies en eet met Roosterbrood.
Genoeg vir vier mense.




SHARON’S CHICKEN LIVER LASAGNE

chicken liver lasagnetested
SHARON’S CHICKEN LIVER LASAGNE
garlic oil
1 small onion
2 x 500g chicken livers (I used Rainbow)
1 packet bacon
1 packet mushrooms
2 x 50 g tomato paste
2 teaspoons Maggie Garlic and Chilli sauce
dash of Worcestershire sauce
pinch of origanum
pinch of mixed herbs
3 tablespoons peach chutney
red wine
water
lasagna sheets

White Sauce:
butter
flour
milk
cream
salt and pepper to taste

Fry onion in little garlic oil. Add Bacon and fry till almost done.
Add Chicken livers and fry until almost done.
Add mushrooms, tomato paste and a little origanum.
Add a little mixed herbs, the Maggie Garlic and chilli sause.
Add a little Worcestershire, some chutney to taste.
Add some red wine and some water.
Cook for 15 mins on low.
Layer the lasagna sheets and chicken liver mix.
NB: Do not be scared to add some of the liquid if you do so the lasagne sheets will cook soft.
Bake in oven at 180°C for half an hour.
Top with white sauce and bake in oven for another half an hour.
Enjoy!

Recipe and photo: Sharon Naude




THAI HOENDERLEWERKOEKIES

THAI HOENDERLEWERKOEKIEStested

THAI HOENDERLEWERKOEKIES
500 g hoederlewers, skoongemaak
2 eetlepels rooi kerriepasta
1 eier
2 eetlepels vis sous
2 teelepels suiker
4 salotte, gekap
1 sny brood se krummels
3 eetlepels lemmetjie sap
2 suurlemoen gras stingels, gekap
2 eetlepels vars koljanderblare, gekap
3 knoffelhuisies, gekap

Sit alles in voedselwerwerker en kap tot gemeng.
Braai lepelsvol in vlak olie en dreineer op kombuis papier.
Bedien met sout, rissie sous, koljanderblare en gekapte vars rissies.

Resep en foto: Martie Fourie Moolman




BRANDBEK HOENDER AFVAL

brandbek hoener afvaltested
BRANDBEK HOENDER AFVAL
400 g hoender magies
250 g hoender lewers
2 groterige uie, gsnipper
½ koppie tamatiesous
2 eetlepels balsamiese asyn
2 eetlepels Worcestersous
2 eetlepels bruinasyn
1 eetlepel pietersielie
1 eetlepel suiker
1 teelepel chillie flakes
sout wit en swart peper
2 eetlepels bruin asyn + 1 koppie water

Neem die bruinasyn en koppie water en voeg saam met die magies in ‘n kastrol.
Kook vir ± 1 uur tot sag.
Smoor die uie en voeg lewers daarby en kook effe.
Voeg die uie, lewers en al die ander bestanddele by die magies in die kastrol.
Geur met die sout, witpeper en swartpeper na smaak.
Kook alles deur en sorg dat daar ‘n lekker sousie is.
Dien op saam met rys!
BRON – Gideon Louw




HAGGIS

2015-02-16-haggis

HAGGIS

1 sheep’s pluck i.e. the animals heart, liver, and lights (lungs)
cold water
1 sheep’s stomach (empty)
1 lb lightly toasted pinhead oatmeal, medium or coarse oatmeal
1 – 2 tablespoons salt
1 level tablespoon freshly ground black pepper
1 tablespoon freshly ground allspice
1 level tablespoon of mixed herbs
8 oz finely chopped suet
4 large onions, finely chopped
(lemon juice (or a good vinegar) is sometimes added as well as other flavourings such as cayenne pepper)

Wash the stomach in cold water until it is thoroughly clean and then soak it in cold salted water for about 8-10 hours.

Place the pluck in a large pot and cover with cold water. The windpipe ought to be hung over the side of the pot with a container beneath it in order to collect any drips. Gently simmer the pluck for approximately 2 hours or until it is tender and then leave the pluck to cool.

Finely chop or mince the pluck meat and then mix it with the oatmeal. Add about half a pint of the liquor in which the pluck was cooked (or use a good stock). Add the seasonings, suet and onions, ensuring everything is well mixed.

Fill the stomach with the mixture, leaving enough room for the oatmeal to expand into. Press out the air and then sew up the haggis. Prick the haggis a few times with a fine needle. Place the haggis it in boiling water and simmer for approximately 3 hours.
Photo Leonora Shelton




SKAAPLEWER

SKAAP LEWERtested
SKAAPLEWER
Nog ‘n randrekker dis. Sny jou lewer soos steaks en maak gaar soos steak. Lewer wat reg gaargemaak is, is heerlik.
500 g skaaplewer, vliese en are verwyder
sout en grof gemaalde swartpeper
botter en olyfolie vir braai
Soetsuur Sous:
4 uie, grof gekap
3 knoffelhuisies, gekap
5 ml (1 teelepel) sout
5 ml (1 teelepel) rooipeper
5 ml (1 teelepel) brandrissievlokkies
5 ml (1 teelepel) paprika
100 ml suurlemoensap
skil van 1 suurlemoen
125 ml bruinsuiker
200 ml water
meel om sous te verdik

Lewer:
Sny die lewer in stukke en geur met die sout en peper.
Verhit die botter en olyfolie in ’n diep riffelpan.
Braai die lewerstukke vinnig aan weerskante tot net gaar. Verwyder van die hitte en hou eenkant.
Suursous:
Braai die uie en knoffel liggies in ’n bietjie botter en olie.
Voeg die res van die bestanddele, buiten die meel, by. Laat prut tot al die suiker gesmelt en die speserye goed deurgekook is.
Verdik die sous met ’n bietjie meel wat aangemaak is tot ’n pasta en kook deur. Roer. Sit voor met die gaar lewer.
Bedien die lewer en sous met kapokaartappel of mieliepap en slaai.

Foto: Elize de Kock
Aangepas: Elize de Kock