DIE SMAAKLIKSTE LEWER OOIT

 

2015-10-23-diesmaaklikstelewerooitlewer cobustested

DIE SMAAKLIKSTE LEWER OOIT
Vat n pak snipper bacon en braai dit tot matig hard saam met n ui wat in klein blokkies gesny is.   Kry vir elkeen n lekker groot stuk lewer, skaap of beeslewer maak nie saak nie. Sorg dat die lewer so n sentimeter dik is en mooi skoon sonder velletjies.  Nou die baie belangdrikste van als.  Braai die lewer in ‘n baie warm dikboom pan presies n minuut aan ‘n kant. Die lewer is nog rou aan die binnekant en mooi geskroei an die buitekand,net sout en swartpeper na smaak.  Nou vat jy n oondpan smeer hom olie en sit jou lewer darin.  Jou oond is alreeds verhit op 180 c• .  Nou vat jy die gebraaide bacon en uie en bedek dit sorgvuldig oor jou stuk lewer.  Nou vat jy plakkies kaas en pak dit mooi op die bacon sodat die kaas die bacon kan vasklou om nie af te val nie,  Nou sodra jou oond se liggie afgaan sit jy jou oondpan met lewer so 200 mm van die oond se boonste spiraal af en sit onmiddelik jou top griller op grill en van bake af.  Onthou jou oond is alreeds warm so jy moet nou jou lewer presies vir 15 minuute gril en dan uithaal .Mens sal nou dink dat die lewer nog rou sal wees, maar glo vir my dit is gaar en sag soos jy nog nooit lewer ge eet het nie.

Baie belangdrik :
Lewer 1 cm dik, te dun gaan die lewer taai word en te dik gaan die lewer rou uitkom.
Braai presies n minuut an n kant en presies 15 min op grill in n warm oond,,,
Als is uitgewerk op tyd en dikte om sodoende n volmakte sagte lewer te kan voorberei,Bedien terwyl dit warm is saam met brood of tuisgebakte brood is nog beter,,,rerig mense julle sal nie weer lewer op n ander manier wil eet nie.
Bron en Foto:  Cobus Erasmus




SPICY CHICKEN LIVER AND MIXED VEGETABLE PIE

2015-12-09-chickenliverandveg
SPICY CHICKEN LIVER AND MIXED VEGETABLE PIE
Serves: 4 – 6
2 tablespoons cooking oil
500 g chicken livers, cleaned
1 onion, finely diced
1 tablespoon Rajah All-in-One curry powder
1 cup frozen mixed vegetables
1 Knorrox chicken stock cube
1 cup water
2 teaspoons Robertsons mixed herbs
2 tablespoons Knorr brown onion soup
6 potatoes, boiled and mashed
½ cup cheddar cheese, grated

Preheat oven to 180°C.
Heat oil in a pan and fry the chicken livers until brown on the outside but still pink inside, then remove from the pan and set aside.
Add the onion to the pan and fry until soft then add the Rajah All-in-One Curry Powder and fry for 1 minute to release the flavour and aroma.
Add the frozen mixed vegetables, Knorrox Chicken Stock Cube, water and Robertsons Mixed Herbs to the pan and simmer for a few minutes until the vegetables are tender.
Mix the Knorr Brown Onion Soup with 4 tablespoons of water to form a smooth paste and add to the pan together with the chicken livers.
Allow to simmer for a few minutes to thicken then place the mixture into an oven-proof casserole dish.
Top with mashed potato and sprinkle with cheddar cheese then place into the oven and bake for 25 minutes or until the top is golden brown and the cheese has melted
PHOTO: Gillian Shannon




GEURIGE LEWER EN PAP

2015-10-12-geurigelewerenpap

GEURIGE LEWER EN PAP

1 kg lewer, in blokkies gesny
3 eetlepels appelkoosjam
2 uie
2 tamaties
1 pakkie tamatiepasta
15 ml soyasous
10 ml braai speserye
10 ml Robertson Country knoffel en kruie
10 ml gekneusde knoffel
± 350 ml water
sout na smaak

Braai die knoffel, uie en tamaties.
Gooi knoffel by en braai.
Gooi dan al die res van die bestanddele by en roer deur.
Giet water oor tot dit redelik souserig is. So om en by 350 ml.
Gooi sout na smaak en sit op lae hitte en kook omtrent halfuur of tot baie van die sous afgekook het.
Solank daar nog sous vir die pap is.




LAMB’S LIVER IN A CREAM AND BRANDY SAUCE

2015-08-13-elizelambslivertested

LAMB’S LIVER IN A CREAM AND BRANDY SAUCE
Nog ‘n heerlike resep vir lewer. Geniet.
500 g lamb’s liver, cleaned and cut into strips
250 g pork rashers, rind removed and cut into cubes
2 red onions, peeled and coarsely chopped
300 ml cream
30 ml brandy
salt and pepper
200 ml beef stock
2 potatoes, peeled and cubed
50 ml Maizena
20 ml Worcestershire sauce
oil for frying
Fresh parsley

Coat liver strips with Worcestershire sauce and dust with Maizena and season with salt and pepper.
Keep in fridge for at least 30 minutes.
In a nonstick pan, fry pork rashers until brown.
Add potato cubes and onion and fry until onions is brown. Add stock, cover and boil until potatoes is soft.
Add brandy and cream and bring to the boil, simmer for 5 minutes. Keep aside.
In another very hot nonstick pan, fry the liver in batches (as the pan will cool off very quickly) in a little oil for about 1 ½ minutes (90 sec) a side. Do not overcook. The liver should just be seared.
Add seared liver to the sauce with potatoes, mix and sprinkle with fresh parsley.
Serve immediately with polenta or mieliepap.
NOTE:
If liver stand for a while, it will loose its tenderness.
Recipe: Elize de Kock
Photo: Amanda Conradie




BROS ROOIBOK LEWER

2015-08-12-brosrooiboklewertested
BROS ROOIBOK LEWER

Meng in ‘n sakkie (ziplockbag):
2 koppies koekmeel
½ eetlepel braai spice
1 teelepel suurlemoenpeper
1 teelepel knoffel poeier saam
Maak mengsel van:
2 geklitste eiers
bietjie melk

Spoel lewers af en dreineer.
Doop die lewer elk in die eier- en melk mengsel.
Rol in die meel mengsel en en bak in diep olie tot goudbruin en bros (so 3 min).
Bak net ‘n paar op ‘n slag anders trek jou olie water en dit kook gaar en jou bros lagie val af.
Bedien saam met enige sous, ‘n brand een en soet een werk goed saam.

BRON/FOTO: Jp Erasmus




KERRIE NIERTJIES

koos-se-niertjie-en-soustested

KERRIE NIERTJIE
Resep: Elda Lombard
Foto: Koos van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
4 tot 6 skaap niertjies
1 ons botter (30 ml)
1 koppie vleissous
3 teelepels kerriepoeier
1 desertlepel koekmeel (12.5 ml)
1 teelepel sout
2 teelepels uiesout

Sny niertjies in die helfte deur.
Rooster 6 min.
Smelt die botter en voeg die kerrie, meel, sout en uiesout by.
Meng goed, voeg vleissous by en laat stadig kook tot dik.
Voeg niertjies by en kook 30 min.

Resep aangepas deur Koos van der Merwe:
1 kg lam niertjies
3 groot uie
3 teelepel kerriepoeier
¼ pakkie bruin uiesoppoeier
20 g sout
2 g swart peper

Sny niertjies in die helfte deur.
Sny die uie in skyfies en braai in so 150 g botter.
Draai die stoof plaat se hitte af na medium, op my stoof no 3.
Voeg die niertjies by.
Plaas ‘n deksel op die pot en roer so elke 5 minute tot nietjies so medium gaar is.
Daar sal genoeg vleissous in die pot wees.
Voeg die kerriepoeier by.
Jy kan asyn byvoeg, dis opsioneel.
Draai stoofplaat na nul maar los jou pot op die plaat.
Maak die bruin uiesous aan met 150 ml koue water en voeg by.
Sit die deksel terug op die pot en los alles toe terwyl jy die lewer apart braai in uie.
Ek maak lewer medium gaar anders is dit te droog.
Skep die gaar lewer by die niertjies, roer deur en bedien.




TREK VELLETJIE VAN LEWER SO AF

 

2015-08-06-trekvelletjievanlewersoaftested

TREK VELLETJIE VAN LEWER SO AF

Ester Barnard:  Laat lê in asynwater vir rukkie.

Stefaans Blaauw: Laat lê vir so uur in koue water. Maak ‘n gaatjie in die vleis en druk jou vinger deur. Wikkel dan die vlies rondom die lewer los.

Alet Swart: Laat lê in koeksoda vir ‘n ½ uur. Kook vir 2 min in kookmelk. velle val self af.
Bak of braai saam met uie en spicy rice spices.

Lorett Brittnell: Ek laat lê die hele lewer in ‘n skoon zink en gooi ‘n ketel kookwater daaroor. Die vel raak so wit en as jy ‘n snytjie daaarin maak en jou vinger onderin druk, geepad die vel van die lewer. Ek haal soms die hele lewer se vel in 1 stuk so af. Vir my die maklikste maar dit werk net maklik as die lewer in groot stukke is.

Annamerie Wilkinson: Lê in melk dan trek die velletjie maklik af.




SOET-SUUR HOENDERLEWERTJIES MET SPEK EN UIE

 

HOENDERLEWERTJIES MET SPEKtested
SOET-SUUR HOENDERLEWERTJIES MET SPEK EN UIE
3 uie
½ pakkie gesnipperde spek
500 g skoongemaakte hoenderlewertjies
1 teelepel sout
1 koppie water
25 ml asyn
25 ml suiker
25 ml bisto poeier

Kap die uie grof en braai in bietjie olie.
Voeg die spek by en braai tot uie sag is.
Voeg die hoenderlewertjies, sout en die koppie water by. Laat prut tot hoenderlewers gaar is.
Meng die asyn, suiker en bistopoeier in ‘n koppie en maak verder vol met water.
Voeg by en prut tot sous lekker dik en geurig.

Foto en resep: Jacques Marianne Van Niekerk




MASALA PORK LIVER AND HONEY APPLE RINGS

 

PORK LIVER AND HONEY APPLE RINGStested

MASALA PORK LIVER AND HONEY APPLE RINGS

Masala liver:
liver, cleaned and cut into thin strips
1 teaspoon curry
2 teaspoons meat masalah, (I used mutton masala)
1 teaspoon dried chilli
pinch of salt
1 teaspoon tumeric
cup of flour
1 lemon
bunch of fresh coriander
2 to 3 hot fresh chillies

Mix all spices together except for the flour.
Add liver and mix through.
On a different plate sprinkle flour and then dip the liver inside the flour, make sure the liver is fully covered with flour.
Now warm some sunflower oil in a pan and fry liver in hot oil ,3 – 5 min on each side.
Set aside and garnish with chopped coriander, fresh chilli and lemon juice.

Honey Apple Rings:
2 apples, peeled and cut into rings
1 teaspoon butter, melted in hot pan

Add apple rings and fry for 5 min.
Just before you serve it add 3 tablespoons or more of honey.

The potatoes was boiled in a bit of saltwater.

Recipe and photo:  Shan T Russ




HOENDERLEWERTJIES IN SJERRIESOUS

hoenderlewer met sjerrie sous Mariannetested

HOENDERLEWERTJIES IN SJERRIESOUS
Braai saam:
25 ml olie, in pan
500 g hoenderlewers
1 gekapte ui en
2 gekapte tamaties
vars gemaalde swartpeper sout en pietersielie
50 ml sherrie

Geur met die sout, peper en pietersielie.
Voeg die sherrie by en roer tot begin prut.
Bedien oor gebakte aartappels.

Resep en Foto: Jacques Marianne van Niekerk