ELIZABETH SE PERI-PERI HOENDERLEWER


ELIZABETH SE PERI-PERI HOENDERLEWER
500 g skoongemaakte hoenderlewer
1 fyngekapte ui
½ groen soetrissie, in blokkies gesny
1 tamatie, in blokkies gesny
250 ml room
1 opgehoopte lepel knoffelbotter of 1 teelepel knoffel
5 ml Ina Paarman chilli and garlic spice
5 ml Ina Paarman garlic and herb spice
1 skeut suurlemoensap
peri-peri na smaak
sout en peper na smaak
15 ml olie

Braai ui, groen soetrissie en tamatie in die olie tot die ui glansend is en die tamatie sag.
Sit die Ina Paarman speserye by en roer deur.
Voeg ‘n skeut suurlemoensap by.
Voeg die lepel knoffelbotter/knoffel by.
Voeg hoenderlewers by en roer deur.
Braai hoenderlewers tot almal verkleur is, maar nog nie gaar nie – so 2 min.
Voeg room by en laat afkook so vir 7 – 10 minute.
Voeg peri-peri na smaak by en kook nog so 2 minute.
Geur met sout en peper na smaak.
Skep uit en geniet.
Nota:
Ek het sommer 4 klein groen rissies ingesny, omdat my man van baie spicy kos hou.
Ek het voor ek die peri-peri bygevoeg het, vir my 5-jarige seuntjie van die lewers uitgeskep en hy het gehuil omdat hy nog wou hê.
Die resep en foto is my eie. Het sommer net bygevoeg soos ek goed gedink het.
Resep en foto:  Elizabeth Frylinck Claassens




VARIASIE POFADDER RESEPTE

VARIASIE POFADDER RESEPTE

‘n Lekker Maklike ‘Pofadder’ Resep. Die gestopte vetderm lyk kompleet nes ‘n pofadder as dit gaar is.
1 vetderm
1 skaaplewer, vlies en pypies verwyder
sout en peper
Dop die vetderm om. Krap dit skoon.
Sny die lewer in klein stukkies en geur na smaak met sout en peper.
Stop die vetderm met lewerstukkies.
Braai oor stadige kole.

VARS Wild Pofadder, sommer so in die jagkamp, BOERE BANTING
1 sprinbok lewer
2 springbok niertjies
1 springbok hart
1 groot ui
Sny alles in klein blokkies met ‘n skerp mes, gooi bietjie suurlemoensap by, en spesery sommer met Braaivleis speserye.
Stop dit nou in die vetrderm van die wildsbok en braai op die kole totdat die wors begin “styf” word, dan is hy reg vir eet.

POFADDER 2
DIE GEHEIM IS OM DIT STADIG TE BRAAI!
Op die plaas Gannavloer naby Vanwyksvlei, het André Oberholzer ons gewys om hul tradisionele pofadders te maak. Dit is ‘n vetderm wat met gemaalde lewer, hart en niertjies gestop word soos ‘n wors.
1 skaapvetderm
1 skaaphart
2 niertjies
1 lewer
Maal die hart, niertjies en lewer.
350 g gemaalde vleis (verkieslik met bietjie vet aan)
ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
koljander, grofgemaal
sout en swartpeper na smaak

Meng alles goed deur en stop in vetderm.
Bind oop kante toe met tou.
Braai stadig op die kole en draai gereeld om.

POFADDER WORS
Jan Braai – Published April 1, 2010
1 lewer (bees of wild)
peper
Steak en Chops speserye
250 g kaas
2 medium tamaties
1 groot ui
100 ml vars room
Skaap vetderm

Was die lewer skoon en trek die velletjie af (dit kan langdradig wees en jy moet geduld hê).
Sny die lewer in blokkies (10 x 10 mm) Voeg peper speserye by en meng goed.
Rasper kaas met ‘n growwe rasper.
Sny tamatie en ui op in klein blokkies.
Plaas alles in een bak bymekaar en meng goed.
Spoel die vetderm goed uit en sorg dat dit goed skoon is droog af.
Bind die een kant van die derm toe met tou, stop nou die mengsel in die derm. Moet dit nie te styf stop nie, anders sal dit bars as jy dit braai. Dit moet ook nie pap wees nie. (so hard as wat jy wors stop)
Gooi die oortollige room in en bind toe met tou.
Sit die pofadder in die yskas sodat die speserye en room kan werk. (3 ure plus)
Braai op ‘n medium hitte vuur tot gaar.

Geplaas deur Leon Alexander Williams
Foto:  Franco Dippenaar




“SPICY” HOENDERLEWERTJIES MET BYT

“SPICY” HOENDERLEWERTJIES MET BYT
2 x 500 g skoongewaste hoenderlewertjies
3 medium grootte uie, ringe gesny
1 groot groenrissie, gekap
3 mediumgrootte tamaties, gekap
gaar aartappel, in blokkies gesny
¼ koppie water
½ teelepel sout en swart peper na smaak
1 eetlepel peri-peri speserye (dalk ‘n bietjie meer vir ‘n warmer smaak)
1 eetlepel paprika
1 eetlepel chicken spice
1 eetlepel spicy kerrie poeier
bietjie worcestersous
bietjie bisto om te verdik

Braai die uie, groenrissie en lewertjies in die olyfolie en die spices tot feitlik gaar. Voeg tamaties by. Voeg gaar aartappel blokkies by.
Voeg die water by en prut vir 10 minute terwyl dit versigtig geroer word.
Verdik sous met bietjie bisto.
Franse brood gerooster vir opdiening.
Bron en Foto: Mariè Fourie




MA MAGGIE SE HEERLIKE LEWERKOEKIES

MA MAGGIE SE HEERLIKE LEWERKOEKIES
Hier is bestanddele om by gemaalde lewer te voeg.
2 snye droë brood
2 eiers, net geklits
3 eetlepels meel
¾ teelepel koeksoda
so 1 eetlepel asyn
bietjie fyn naeltjies
1 teelepel sout, genoeg swart peper, genoeg uie, fyngemaak

Meng alles deeglik, ek voeg laaste die asyn by. Deesdae voeg ek ook bietjie barbeque speserye by.
Skep lepelsvol in matige warm olie, bak totdat 1 kant bruin is, draai om, bak bruin en dreineer op kombuispapier.
Heerlik saam met kapokaartappels, slaai, selfs groen ertjies gaan lekker saam. Smaak ook volgende lekker as koud.
Selfs mense wie nooit lewer wou eet nie, smul te heerlik hieraan. Ek dink die koeksoda speel ‘n groot rol in smaak verbloem.
Mag vele mense heerlik hieraan smul.
Bron: Annie Kriel
Foto:  Adam Cloete




NATASHA SE LEWER BROODJIES


NATASHA SE LEWER BROODJIES
Oky ek het vanaand vir die eerste keer lewer gemaak. Bietjie anders maar was baie lekker.
1 ui, fyngekap
250 g lewertjies
peri peri
250 ml room
sout
pepper
blatjang

Braai die ui en lewerjies saam tot gaar.
Gooi sout en pepper oor en braai bietjie.
Gooi dan die room en blatjang by.
Gooi lewermengsel in oond pannetjie, smeer brood met botter, sit bo-op die lewer.
Sit kaas bo-oor en bak in oond vir 20 min.
Brood is krispy en baie baie lekker.
Resep en foto:  Natasha Swanepoel




SKILPADJIES A LA B


SKILPADJIES A LA B
Resep en foto: Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
1 kg gemaalde wildslewer (ek maal altyd my lewer en niertjies en hart saam)
1½ teelepel sout
½ teelepel peper
½ teelepel BBQ spice
2 eetlepels Worcestersous
2 eetlepels blatjang
1 ui, gerasper
knippie nutmeg
knippie naeltjies
netvet

Meng al die bestanddele en sit in ‘n blok netvet wat gesny is omtrent 10 x 10 of 6 x 6 cm afhangende hoe groot jy dit wil maak.
Steek vas met tandestokkies en sprinkel braaispice en pietersielie bo-oor.
Geniet oor die vuur.

 




MARLIEN SE LEWERKOEKIES EN KNOFFELMIELIEPAP

MARLIEN SE LEWERKOEKIES EN KNOFFELMIELIEPAP
Lewerkoekies
2 kg gemaalde lewer
1 ui, gerasper
3 eiers
4 snytjies vars brood, gerasper
bietjie knoffel
so eetlepels suurlemoensap
aromat, peper, tiemie, knoffelsout en braaisout na smaak
1 koppie koekmeel om te bind

Meng alles goed saam en bak lepels vol in pan met warm olie nie te warm tot gaar.

Knoffel pap:
Gooi so 3 eetlepels knoffel en bietjie sout in water as dit kook, maak pap nie te styf nie en as dit gaar is gooi 2 lepels botter bo op en gerasperde kaas.  Sit deksel op tot gesmelt en dan is dit reg,  kan dit deur roer of net so skep.
Lekker saam braai –  wors, rib of tjoppies.
RESEPTE EN FOTO:  Marlien Jonker




DEVILLED CHICKEN LIVERS

DEVILLED CHICKEN LIVERS

15 ml botter, smelt
225 g hoender lewers, in helfte gesny (of soos verkies)
2 spring onions of gewone uie, in blokkies gesny
1 huisie knoffel, fyn gekerf
15 ml tamatie puree
5 ml Franse mostert
dash Worcestershire sous
chilli
Opsioneel : skoot brandewyn

Roerbraai lewer teen medium hitte in botter saam met uie en garlic tot lig bruin en net gaar.
Voeg res by, roer braai nog 1 – 2 minute.
Bedien op rys/aartappel/brood.

Resep: Mev Beaton
Foto: Petro Borchard




FRANS SE LEKKER HOENDERLEWERS

FRANS SE LEKKER HOENDERLEWERS

Ek het die hoenderlewergereg jare gelede by n tannie gekry.
Braai uie in olie. Braai hoenderlewer. Braai gemaalde spek. Braai alles saam tot goed gaar.
Sny ‘n groen appel of twee in blokkies en braai saam vir ‘n paar minute.
Die appel werk soos ‘n bom saam met die geure. Sout en pepper.
Gooi baie paprika oor. Jy kan amper nie genoeg paprika oorgooi.
Braai nog n rukkie en bedien. Glo my dit is ‘n wenner.

RESEP:  Frans van Rensburg




BOERE-LAGOS HOENDERLEWERTJIES

BOERE-LAGOS HOENDERLEWERTJIES

Ek het by ‘n Indier vrou in Lagos geleer lewertjies maak – en ek kan om die dood nie haar naam onthou nie. Daar is nie juis hoeveelhede nie want dit gaan maar oor hoe jy daarvan hou. Ek sal my bes probeer met hoeveelhede.

1 ui, in stukkies gesny
2 tamaties, in stukkies gesny
3 knoffelhuisies, gekerf
1 rissie, gekerf (of na smaak)
1 teelepel gemengde kruie (of na smaak)
500vg hoenderlewertjies, skoongemaak en gal verwyder
1 koppie rooiwyn
1 koppie room (of jogurt)
sout na smaak
varsgemaalde swartpeper na smaak
1 eetlepel pietersielie

Soteer die uie. Voeg die tamaties by en braai tot water weggekook is.
Voeg gemengde kruie, knoffel en rissie by en roer deur.
Voeg die lewertjies by en braai tot dit alles van kleur verander het en begin verbruin.
Gooi die rooiwyn by (genoeg om alles te bedek).
Sodra dit begin kook stel jy die hitte af sodat dit prut.
Wanneer helfte van die wyn weggekook is gooi jy die room by en bring tot ‘n kook.
Geur met sout en peper (paprika gaan ook lekker hier by).
Laat dit kook tot jy gelukkig is met die dikte van die sous. Roer die pietersielie deur.
Bedien met platbrood.

Bron : Wayne Dugmore