MASALA HOENDERLEWERS

MASALA HOENDERLEWERS
500 g skoon hoender lewer
1 gekapte ui
½ gekapte soetrissie
1 teelepel knoffel en gemmer pasta
1 bossie vars koriander
½ koppie melk of room
2 Eetlepels kookolie
2 gekapte tamaties
4 eetlepels mango blatjang
1 teelepel garam Masala
½ teelepel rooi chilli poeier
½ teelepel borrie
½ teelepel koriander poeier
½ teelepel sout
½ teelepel komyn saad
1 lourierblaar
1 pyp kaneel

Braai al die speserye in olie met lourierblaar en pyp kaneel vir so 3 min.
Gooi uie, soetrissie, tamatie, garlic en gemmer paste in en braai saam tot mooi bruin. Haal uit en hou eenkant.
Sit nog so bietjie olie in pan by, verhit tot lekker warm en gooi dan hoender lewertjies in. Braai tot donker bruin.
Sit die uie ens nou by en kook op lae hitte. Sit blatjang by en melk/room en prut stadig vir so 10 min tot gaar.
Garneer met vars gekapte koriander.
Resep geplaas deur Seldon Oosthuizen
Foto: Sheldon Oosthuizen




IDEES VIR SKILPADJIES

IDEES VIR SKILPADJIES
Elize de Kock
Maak so. Jy maal sommer alles deur ‘n 5 mm sif. Die resep is vir koekies, maar jy kan dit ook in netvet toedraai vir skilpaadjies
Gideon Louw
My persoonlike ondervinding is as jy dit in klein stukkie kerf dan issit nie so loperig nie en kan jy dit makliker in die netvet toedraai
Annarie Van Der Vyver
My skoonma sny die lewer sommer in skywe. Ek vind dat ek dit verkies
Anna Venter
Maal jou lewer en ui na smaak saam. Voeg nou spice na jou smaak by (ek gebruik net bbq en bietjie aromat). Sny blokke netvet en sit in ‘n kolwyntjie pan. Skep nou lepel lewer in en vou deeglik toe. Vries tot heeltemal hard. Om gaar te maak…pak steeds half gevries op rooster, anders is die lewer geneig om uit die vet te loop. As jy dit effe gevries begin gaarmaak dan word die buitekant gaar voordat dit kans kry om uit te loop.
Foto:  Martie Fourie Moolman




RONEL SE LEWERKOEKOEKIES

RONEL SE LEWERKOEKOEKIES
1 kg gemaalde lamslewer
1 groot ui, fyngekap
fyngekapte pietersielie, na smaak
2 groot eiers
3 eetlepels asyn
1 ½ koppies bruismeel
sout en peper
Worcestersous speserye
knoffel en kruie speserye

Meng al die bestanddele goed deur. Skep lepels vol in warm vlak olie.
Toets na die 2de omdraai of dit gaar is, maar moenie te dood bak nie.
Nota:
Ek maak my beslag stywerig aan. As dit nog te slap is, voeg nog bruismeel by.
FOTO: Ronell Boshoff




BEEF LIVER AND ONIONS

BEEF LIVER AND ONIONS
1 kg beef liver, sliced 1 cm thick
2 tablespoons butter or 2 tablespoons margarine
1 large onion, sliced 5mm slices
1⁄2 teaspoon seasoning salt
1 cup milk
2 extra large eggs
3 cups fine dry breadcrumbs
2 tablespoons vegetable oil

Soak liver in cold salted water for 15 to 20 minutes.
In 10-inch skillet, melt butter over medium heat.
Add onion and cook, stirring occasionally, until tender and lightly browned.
Sprinkle with salt.
Keep warm.

In a shallow bowl, whisk together milk and eggs until well blended.
Place bread crumbs in separate shallow bowl.
Rinse liver under cool running water.
Pat dry with paper towels.
Dip into milk mixture, then into bread crumbs, coating evenly.
Leave in fridge for at least half an hour.
Heat oil in large skillet over medium heat.
Add liver and cook 2 to 3 minutes on each side or until cooked through.
Top with onions.
Recipe and picture:  Elize de Kock




JAAR TOET SE LEWERKOEKIES

JAAR TOET SE LEWERKOEKIES
1.5 kg beeslewer, membraan verwyder
1 groot ui, skoongemaak en in groot stukke gesny
2 wortels, skoongemaak en in groot stukke gesny
4 medium aartappels, geskil
½ koppie broodkrummels
2 groot eiers, geklits
1 teelepel fyngemaakte koljander
2 teelepels braai speserye (ek het die sout vervang met speserye)
¼ koppie asyn
½ teelepel peper

Verwyder die pypies in lewer en sny op in stukke.
Maal lewer, wortels, uie en aartappels tesaam met growwe sif op meultjie.
Meng goed saam. Skep lepels vol en bak in vlak olie tot gaar.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk




DIEPGEBRAAIDE HOENDERLEWERTJIES IN MOROKAANSE KRUMMELKORS MET LEMOEN DOOPSOUS

DIEPGEBRAAIDE HOENDERLEWERTJIES IN MOROKAANSE KRUMMELKORS MET LEMOEN DOOPSOUS
250 g houertjie hoenderlewertjies in happie groot stukkies gesny en goed geprik met skerp dun tand vurk (dit verhoed dat die lewertjies bars wanneer hulle in die olie braai)
250 ml Griekse dubbelroom jogurt
500 ml graanvlokkies, fyngemaak
250 ml vars lemoensap
15 ml mielieblom
Speserye:
15-20 ml Morokaanse speserye (WW Morocan Spice, a warm blend of cumin, coriander, harissa and rose petals)
2-5 ml gedroogde rissie vlokkies (na gelang van hoe warm jy dit wil hê)
1 ml hoender speserye

Marineer die stukkies hoenderlewer in jogurt in yskas vir ‘n uur (dit maak dit supersag).
Meng die fyn graanvlokkies met die Morokaanse speserye en gedroogde rissie vlokkies en gooi in plat houer.
Nadat die hoenderlewertjies in die jogurt gemarineer het, bedek elke stukkie goed in die krummel mengsel en sit in ‘n bord. Sit terug in yskas vir ‘n halfuur voordat hulle gebraai word, sodat die krummels nie afval nie.
Maak sonneblom olie warm in kastrol of gebruik diep braaier. Ek gebruik my kleefvrye wok op my vinnigste warmste gasplaat.
Braai die lewertjies in medium hitte olie sodat die krummels nie brand nie maar net die paar minute. Die lewertjies moet nog effens pienk wees binne.
Dreineer op bruin papier en bedien met die lemoen doopsous.

Lemoen doopsous:
Meng die mielieblom en hoender speserye met die lemoensap en kook in mikrogolf tot verdik en half deurskynend. Doen dit in kort sarsies van 10 sekondes op 100% krag op ‘n keer en roer en herhaal tot gaar en die tekstuur dikkerig en glad.
Hierdie is ideaal as ‘n versnappering saam met drankies of voorgereg. Ek het myne vanaand saam met fluffy sexy mash as aandete geëet.
Foto en resep: Elsabie Templeton




R SE HOENDERLEWERTJIES

R SE HOENDERLEWERTJIES
Ek het ‘n vriendin wat die lekkerste hoenderlewertjies maak. Sy het al soveel keer vir my probeer verduidelik hoe om dit te maak, maar ek kry dit maar net nie reg soos sy dit maak nie.
Hier is my 5-bestanddele weergawe van haar hoenderlewertjies.
Daar is nie regtig waar hoeveelhede vir hierdie resep nie want alles is maar soos jy daarvan hou, maar ek gaan probeer.

250 g hoenderlewertjies, gewas; galblase verwyder; in stukkies gesny so groot soos wat jy wil
‘n Gegeurde meeltjie van jou keuse om lewer te bedek (ek het sommer ‘n houer coating van die winkel rak af gevat)
1 medium ui, in stukkies gesny
± 1 koppie old brown sherrie
± 1 koppie room
knoffel na smaak
swart peper na smaak
rissie na smaak
gerookte paprika (optioneel)
gemengde kruie (optioneel)

Braai die uie tot dit begin verkleur. Sit die knoffel by en laat dit nog ‘n minuut braai. Skep die uie en knoffel uit in ‘n bakkie en hou vir later.
Plaas nog ‘n bietjie olie in die pan en laat dit warm word.
Bedek die lewer stukkies met die coating en braai dit in die warm olie tot mooi bruin en dit begin bros word. Voeg die reeds gebraaide uie en knoffel by. Voeg die sjerrie by en roer al die vasgebraaide lekkerte van die bodem af los. Sit die room, swart peper, rissie vlokkies, paprika en kruie by. Roer deur.
Proe maar of nog sout nodig is – moet nie die coating wat jy gebruik onderskat nie.
Sodra die sous begin verdik is jou hoenderlewerties reg.
Bedien saam met ‘n stysel van jou keuse.
Foto: Wayne Dugmore




5 INGREDIENT CHICKEN PERI PERI LIVERS

5 INGREDIENT CHICKEN PERI PERI LIVERS
1 medium onion
250 g tub chicken livers
1 tablespoon crushed garlic
Peri-peri sauce
salt and pepper

Dice 1 medium onion per 250 g tub of peri-peri chicken livers.
Fry onion in a little oil until translucent.
Add a generous teaspoon of crushed garlic.
Livers and peri-peri sauce, season with salt and pepper, simmer until done.
Serve with bread of your choice.
Photo and Recipe: Lesdee Gloak Bam




SKAAP LEWER MET KRUMMEL PAP

SKAAP LEWER MET KRUMMEL PAP
Mmmm wat is nou lekkerder as skaaplewer en krummel pap vir middag ete.

1 kg lewer in blokkies gesny (week in melk so vir uur lank)
uie opgekap (net soveel soos wat jy benodig of wil gebruik
Bisto poeier
sout en peper na smaak
Braai uie tot deurskynend in bietjie olie.
Haal lewer uit melk en druk droog met kombuis papier.
Sit lewer saam met uie in en gooi nou bietjie sout en peper oor.
Nie te veel sout nie want bisto het ook sout in.
Braai totdat lewer gaar is.
Sprinkel nou Bisto oor (net soos wat jy goed dink) en voeg water by om ‘n lekker sousie te maak.
Kook lewer in sous so vir 5 min.
As sous te dik is voeg nog water by totdat jy tevrede is met sous.
Ons het krummelpap by dit gehad. Kapok aartappels is ook reg. Geniet!
Foto en resep: Ronel Muller Thoma




HOENDERLEWER IN NANDO’S SOUS

HOENDERLEWER IN NANDO’S SOUS
Resep en foto : Karien Bronkhorst
Ons huisgesin hou baie van Nando’s se hoenderlewertjies. Gisteraand toe probeer ek toe die volgende resep en was vrek lekker!
750 g hoenderlewers
1 groot bottel Nando’s sous van jou keuse – ek het Wild Herb gebruik
1 ui, fyngekap
1 teelepel gemmer en knoffel pasta
1 teelepel knoffel
botter en olie vir braai
Nestle se “Dessert and Cooking Cream”
soetrissisesous
melk
Was die hoenderlewers tot mooi skoon en kook dan vir so 5 min. Dreineer die water af en laat lewers afkoel en droog word. Sny dit dan in 2, moenie kleiner sny nie.
Verhit bietjie olie en botter in ‘n pannetjie en braai die hoenderlewers so paar op ‘n slag tot lekker bruin. Jy kan ook ‘n bietjie hoender speserye oor sprikel, maar nie te veel nie. Skep uit en hou eenkant.
In dieselfde pan, braai die uie, knoffel en gemmerpaste asook die gewone knoffel totdat die uie gaar is. Pasop dat dit nie brand nie.
Voeg nou sous by, probeer eers so 125 ml en kan dan byvoeg soos benodig. Voeg so halwe blikkie van die “cooking cream” by en so 100 ml melk, Laat bietjie prut en voeg dan die soetrissiesous by na smaak. Voeg die gaar lewers by en laat dit nog ‘n rukkie prut totdat sous dikker word.
Die Nando’s sous, cooking cream, melk en sweet chilli sous kan na smaak bygevoeg word. Hang ook net af hoeveel sous jy wil hê.
Ek het dit saam met rys en pap bedien.