

SOUS VIR HOENDERLEWERTJIES
Onse middagete, pap vir manlief, gebraaide uie, dan gebraaide spek, gebakte tamatie met sout en swartpeper en bietjie oreganum, en klein bietjie suiker, braai aan alkante.
Hoenderlewertjies:
Maak mooi skoon, laat lê in bietjie suurlemoen sap en braai speserye. Rol lewertjies in meel en bak lekker bruin, haal uit pan en hou eenkant.
Sous:
1 teelepel Bisto
swart peper en sout, na smaak
1 Eetlepel Worcestersous
½ suurlemoen se sap
Gebruik nou die bietjie meel wat jy lewertjies in gerol het en meng die Bisto daarmee, voeg swart peper, sout, Worcestersous en suurlemoen se sap by.
Meng saam met water en maak ‘n lekker dik, suur sousie.
As sous deurgekook het, plaas lewertjies terug, hou warm en dien op.
Foto en resep: Alta Gunter Van Dyk