NATACHA SOET SUUR SKAAPLEWER


NATACHA SOET SUUR SKAAPLEWER
Braai 2 groot uie en 1 groen soet rissie tot sag en effens bruin.
Skep uit en braai skoongemaakte lewer (so 500 – 800 g) wat in blokkies gesny is vir so 5 minute. Voeg sout en peper by.
Skep uit en sit eenkant.
Meng saam:
1 koppie water
¼ koppie blatjang
4 eetlepels balsamiese asyn
2 teelepels suiker
2 teelepels Worcestersous

Plaas in dieselfde pan en bring tot kookpunt.
Voeg uie en lewer by en prut stadig vir so 10 minute. (Maak toe jou pan)
Maak 1 eetlepel Maizena met 60 ml water aan en voeg by. Kook deur tot lekker dik.
Resep en foto: Natacha Visagie




HOE OM VLIESIES VAN LEWER TE VERWYDER


HOE OM VLIESIES VAN LEWER TE VERWYDER
Elize de Kock
FOOD LOVERS RECIPES
Bees en skaap niere dompel jy in kookwater vir paar minute, dit gaan onmiddelik verkleur. Die membraan sal nou maklik aftrek sommer met jou vingers. Nou sny jy dit in helfte en verwyder die harde wit vet en opsigtelike aarbuise. Bees en skaap lewer se membraan word ook so verwyder.

Hoender lewers nie,  sny jy net met ‘n messie die wit stukkies af. Maak seker voor jy met die lewers begin dat die gal uitgesny is ( so groen sakkie) as dit sou breek is al jou lewer bederf en gaan dit bitter wees.
Wanneer niere en lewer klaar skoon is, laat lê so 10 minute in soutwater. Spoel af en dis reg vir gebruik.
Karringmelk, melk en al die ander dinge is nie nodig vir lewer as jy dit bietjie in soutwater laat lê nie. Dit maak dit ook sag.




GEBAKTE HOENDERLEWERTJIES


GEBAKTE HOENDERLEWERTJIES
500 g hoenderlewertjies
1 ui, fyn gekap
± 200 – 250 g botter/margarien
1-2 pakkies soppoeier

Maak hoenderlewertjies skoon. Rol in soppoeier en pak in gesmeerde oondbak. Strooi gekapte ui oor en sit stukkies botter bo-oor. Maak net seker daar is genoeg botter! Bak vir ongever 20-30 minute teen 180ºC tot gaar. Dien op saam met rys.
Notas:
Geen vloeistof word benodig nie!
Moet nie te lank bak nie so nie is dit droog.
Foto: Bets Lourens




SKAAPLEWER EN NIERTJIES MET SOET-SUUR SOUS


SKAAPLEWER EN NIERTJIES MET SOET-SUUR SOUS
Resep geplaas deur Lelane Van Der Walt
Foto: Lelane Van Der Walt
FOOD LOVERS RECIPES
Soetsuur sous:
6 eetlepels tamatie sous
6 eetlepels water
6 eetlepels asyn
6 eetlepels suiker
1/3 teelepel sout
1 teelepel Engelse mosterd
stroop van 1 blik pynappel (440 g stukke)
1 pakkie bruin uiesoppoeier

Kook bogenoemde bestanddele ‘n bietjie saam.
Maak 2 teelepels maizena met 2 teelepels water aan en roer dit by die sous.
Braai die res van pynappel saam met ‘n gekapte ui.
Laat die lewer en niertjies vir ‘n ruk in asyn water lê, maak dit skoon en bedek met meel en met die volgende speserye:
koljander
tiemie
naeltjies
cumin
sout en peper
Braai tot goudbruin in bietjie olie.
Meng die sousmengsel, die pynappel- en uimengsel in by die lewer en prut tot die sous dik word.
Bedien met stywepap.




GEBAKTE HOENDERLEWERS MET SUURSOUS


GEBAKTE HOENDERLEWERS MET SUURSOUS
Heerlike middagete geëet, gebraaide spek, gebakte tamatie, hoenderlewertjies gebak en suursous met stywe pap.
500 gram hoenderlerwertjies
Maak mooi skoon en druk ‘n halwe lemmetjie se sap oor lewertjies.
Geur met:
1 teelepel gebreekte koljander
1 teelepel bbq speserye
1 teelepel aromat

Meng goed, rol nou elke lewertjie in meel en bak in vlak olie oor medium hitte (ek het gas stoof en is bietjie vinnig)

Bak mooi bruin en amper gaar, skep uit en laat rus, maak sous van die bietjie meel wat oor is in jou bak waarin lewertjies was en voeg 1 teelepel bisto by. Meng met bietjie water.
Deglace jou pan met bietjie water en voeg sous mengsel by kook goed deur.
Proe vir nog geurmiddels. Ek voeg nog bietjie swart peper by asook lea perins Worchestersous, Dit laat my terug verlang na my ou moeder, dit was Saterdae oggende se “brunch” in ons huis, partykeer niertjies of wors of ‘n tjoppie.
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk




GIDEON SE BLOKKIES LEWERKOEKIES


GIDEON SE BLOKKIES LEWERKOEKIES
Ek’t vanoggend verby die vars lewer geloop op pnp se rak, toe besluit ek nou moet dit kry.
Ek’t sommer net daar sonner lat vroulief sien ‘n parcel innie mandjie gesit.
Ek’t toe sommer my eie paais gebak rondom ‘n reseppie wat in my kop was.
500 g skaaplewer skoongemaak en velle afgetrek en in klein blokkies gesny.
1 ui, fyn gekerf
1 teelepel peper
½ teelepel chillie vlokkies
1 eetlepel sojasous
2 eetlepels balsamiese asyn
¾ koppie fyn broodkrummels
2 klein eiers
olie vir vlakbraai

Voeg alles saam in ‘n mengbak en meng goed.
Verhit die olie in ‘n pan en voeg kleinerige skeppies op ‘n slag in die warm olie en bak vir omtrent 2 of 3 minute aan ‘n kant tot lekker bruin en gaar.
Moenie te gou omdraai nie, anders kan dit uit mekaar val.
Moenie te lank bak nie, dit raak bitter en lewer is gou gaar.
Ek hou van die growwe tekstuur, daarom het ek dit nie gemaal nie, maar in klein stukkies gesny.
Dit was sommer ghoofies.
Resep en foto:  Gideon Louw




VINNIGE PERI PERI HOENDERLEWERTJIES


VINNIGE PERI PERI HOENDERLEWERTJIES

2 x 500 g hoenderlewer bakkies

Braai met olyfolie en botter tot heerlik bruin. Geur met sout peper na smaak en teelepel witasyn.
Braai tot gaar en voeg Spur se peri peri sous na smaak by en smoor vir so paar minute.
Bedien op wit rys garneer met kruisment blare, dit is vinnig en smaaklik, bedien met ‘n heerlike rooi wyntjie!🍹

Foto: Ronelle Jacobs




WESSEL SE LEWERKOEKIES


WESSEL SE LEWERKOEKIES
Die resep maak baie, maar hulle vries ontsettend goed.
500 g gemaalde skaaplewer
200 g beesmaalvleis
1 gerasperde ui
½ gerasperde green pepper
5 ml witpeper
2.5 ml sout
knippie neutmuskaat
2 eiers
½ koppie bruismeel

Meng alles behalwe die meel goed deur. Roer dan die meel by. Vlakbraai teelepelsvol tot gaar in bietjie olie.
Resep en foto: Wessels Van Vuuren




SOETSUUR SKAAPLEWER


SOETSUUR SKAAPLEWER
750 g skaaplewer, vel en grootste membrane verwyder en in skywe gesny
125 ml bruin asyn
3 heel naeltjies
2 ml peper korrels
1 lourier blaar
koekmeel om die lewer in te rol
olie om in te braai
2 groot uie, in skywe gesny
60 ml bruinsuiker
sout en peper na smaak

Marineer die lewerskywe 1 uur lank in ‘n mengsel van asyn, naeltjies, peperkorrels en lourier blaar. Verwyder die lewer uit die marinade, maar hou die marinade eenkant. Rol lewerskywe in meel, skud die oortollige af en braai tot gaar in bietjie warm olie.
Voeg die marinade, uie en bruinsuiker by, roer ook die aanbrandsels los onder op die bodem van die pan. Verlaag hitte en laat prut tot dik sous gevorm het. Geur na smaak.
Genoeg vir 6 mense.
Het saam met wit rys en ‘n heerlike groen slaai met pynappel stukkies bedien.
Resep en foto: Lorraine de Vries




OVEN BAKED CHICKEN LIVERS


OVEN BAKED CHICKEN LIVERS
12 fresh chicken livers
Southern Coating (I used original but you can use peri peri or any flavour you like)
salt and pepper
chicken spice or Italian seasoning
4 tablespoons butter, melted

Preheat oven to 175°C.
Place Southern Coating and seasonings of your choice in a shallow bowl or plate.
Pour melted butter into another shallow bowl or plate.
Roll whole cleaned and dried chicken livers in butter or margarine, then in coating.
Place coated chicken livers n a lightly greased 9 x 13 inch baking dish.
Bake in preheated oven for 40 to 45 minutes.
Turn after 30 minutes and add any remaining butter or if you prefer, some extra butter to the dish.
Enjoy hot with buttered toast.
Recipe and photo: Elize de Kock
http://www.foodloversrecipes.com/2018/11/marina-se-kerrieperskeslaai/