LEKKER HOENDERLEWERTJIES

 

hoenderlewers marietjietested
LEKKER HOENDERLEWERTJIES
Vanoggende se ontbyt was hoenderlewertjies wat ek as volg gemaak het:
fyn uie gebraai
sout en peper na smaak
1¼ koppie tuisgemaakte Ms Balls blatjang
¼ koppie tuisgemaakte tamatiesous
1 teelepel suiker
Worcestersous na smaak

Alles lekker in die pan gebraai tot gaar. Bedien met gebakte eiers, roosterbrood, tamaties en kaas.
Foto en resep:  Marietjie van der Merwe




PERI PERI HOENDERLEWERTJIES MET SAMPIOENE EN SUURROOM

2015-01-19-hoenderlewertjieselizetested
PERI PERI HOENDERLEWERTJIES MET SAMPIOENE EN SUURROOM
olie en suiwer botter, vir braai
1 ui, gekerf
1 knoffeltoontjie, gekerf
1 pak sampioene, gekerf
2 klein houertjies lewertjies
1 homp van Nando se Peri-Peri sous
1 hoogvol eetlepel suurroom

Plaas die olie en botter in pot en braai die ui en knoffeltoontjie in pot.
Voeg die sampioene by en braai verder.
Voeg die lewertjies by braai saam.
Voeg ‘n lekker homp van Nando se Peri-Peri sous by en haal van plaat af.
Vou dan die hoogvol eetlepel suurroom in.
Vak is uitgelek.
Resep geplaas deur Joyce Koen
Foto: Elize de Kock




CARIN SE HOENDERLEWERTJIES

 

tested
CARIN SE HOENDERLEWERTJIES

Ek maak gewoonlik my hoender lewertjies skoon en sny dit in klein hap groottes.
In ‘n oondbak gooi ek ‘n pakkie bruin uiesop poeier en meng met so ‘n koppie en half water.
Ek gooi dan al my lewertjies in mengsel.
Sny soveel bacon jy wil in stukkies by en ‘n ui wat fyn gesny is.
Meng sommer so bietjie in bak. Strooi dan hoender speserye oor en as jy wil of bietjie peri peri.
As jy nie van peri peri hou nie strooi net hoender speserye oor.
Maak toe en bak in 180°C oond vir so 2 tot 2 ½ure.
Ek maak dit al die jare so en bedien dit op mash.

Resep van Carin Hattingh




BENICIA SE PERI PERI HOENDERLEWERTJIES

peri peri chicken liverstested
BENICIA SE PERI PERI HOENDERLEWERTJIES

1 kg skoongemaakte lewertjies
250 ml room
1 groot ui, fyn gesny
2 tamaties, geskil en gerasper
2 teelepels crushed garlic
gemengde speserye, sout en peper, na smaak
1 botteltjie Nando’s Peri Peri sauce (ons het Medium gekies, maar hulle ander souse is ook baie lekker)

Marineer die lewertjies al van die oggend af in die peri peri sous.
Braai die ui tot ligbruin, voeg dan die garlic en gerasperde tamatie by.
Haal die lewertjies uit die sous en plaas in die pan en braai tot dit amper gaar is.
Voeg  die res van die peri peri sous by en laat bietjie prit vir 2 minute.
Voeg dan die room by en kook vir nog so 10 minute tot room verdik.
Bedien met roosterbrood of panini’s of sommer net gewone brood.

Foto en resep:  Benicia Mattheus




SWEET AND SOUR LAMBS LIVER

2014-12-03-sweetandsourlambslivertested
SWEET AND SOUR LAMBS LIVER
Dip liver in boiling water before cleaning to enable easy removal of veins and membranes.
Soak liver 2 – 4 hours in an acidic liquid like lemon juice or vinegar or buttermilk.
Remove membranes and veins before cooking or frying.
500 g liver
5 ml salt
1 ml pepper
6 ml fat or oil
250 ml boiling water
12.5 ml (1 tablespoon) flour
12.5 ml (1 tablespoon) sugar
25 ml (2 tablespoons) vinegar

Cut cleaned liver into small cubes.
Warm fat in a warm saucepan and fry 2 – 3 min.
Add boiling water and simmer for 10 minutes.
Mix flour, sugar and vinegar and add to thicken sauce.
Boil 3 – 5 minutes until cooked, serve; be careful not to overcook.
Note:
Kidneys can be added to this dish, optional.

Recipe: Adapted by Elize de Kock from ”Kook en Geniet ”
Photo: Elize de Kock




LIVER LOAF

tested
LIVER LOAF
Recipe: 500 Selected Recipes – Old Mutual. (Mrs. Henna Visagie)
Photo:  Adam Cloete
FOOD LOVERS RECIPES
500 g liver (beef, lamb or pork)
2 small onions
250 g sausage meat
1 cup finely crushed corn flakes
2 eggs well-beaten
few slices bacon
1 teaspoon Worchestershire sauce
1 tablespoon lemon juice
salt to taste
½ teaspoon celery salt
½ teaspoon pepper (to taste)

Cover the liver with one cup boiling water and simmer gently for 5 minutes.
Drain reserving broth. Put liver and onions through mincer.
Add sausage meat, corn flakes, seasonings and eggs.
Add enough broth to moisten slightly, mix well, pack mixture into greased loaf pan.
Cover top with bacon and bake in moderate oven (180ºC) for 45 minutes or until done.
Serve hot or cold.




PIETER SE LAMSLEWER

 

2014-07-25-lamslewermetsoutsuuruiesoustested
PIETER SE LAMSLEWER
1 ui, gekap
1 lamslewer
meel, sout, peper en gemengde kruie
Bisto, aangemaak met water
2 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels Worchesterchiresous
Maizena

Braai die ui in olie en botter tot deurskynend en skep uit.
Sny lewer in skywe (nadat dit skoongemaak is).
Meng meel, sout, peper en gemengde kruie in ‘n plastieksak, gooi lewer daarin en maak seker elke stukkie is goed bedek met meel, Braai dit nou in botter/olie in selfde pan vinnig beide kante.Skep uie terug met lewer, gooi nou die aangemaakte Bisto, tamatiesous en Worchesterchiresous by lewer en uie.
Laat prut vir 15 min, verdik met Maizena indien nodig, proe en pas aan na smaak.
Bedien met mash en slaaie.

Resep: Pieter Coetzee
Foto: Benhet Nieuwenhuis




HEERLIKE PERI PERI HOENDERLEWERTJIES

Heerlike peri peri hoender lewertjiestested
HEERLIKE PERI PERI HOENDERLEWERTJIES

Ek het uie gebraai in klein bietjie mix van kook olie/avodado(lemon flavour) olie. My hoenderlewrs bygesit. Bietjie gebraai en toe Ina Paarmans se peri-peri marinade bygegooi, melk vir lekker sousie, bietjie appelkooskonfyt en toe laat stadig prut. Voor opskep sousie effens dik gemaak met maizena. Was heerlik!!
BRON – Annelizle Botha

Bruce van Deventer:
Ek hou van peri-peri maar het geleer om BAIE ligter met die hand te gaan as wat ek in die verlede gegooi het. Ek het ‘n nuwe suurlemoensap ontdek op PnP se rakke. Dis van Lecol en die een geur is suurlemoen met botter en die ander een is suurlemoen met peri-peri en ek vind die een met peri-peri is net sterk genoeg vir gaste om nie te brand nie, maar daardie pikante byt doer agter in die geur potfolio te plaas. Dit brand nie maar so 5 min na jy geëet het, dan begin jy agterkom dat daar ietsie brand was maar dis net lekker.
Ek glo ook om die lewertjies stadig te braai in ‘n non-stick pannetjie sodat dit ligbruin gaar braai saam met uie en peppers en mushrooms voordat ek die res van my sous goedjies by gooi.
Ek het ook geleer om eerder met klapper olie te werk eerder as olyf olie omdat ek glo dat olyf olie nooit moet warm word nie en slegs koud in slaai souse of net so oor kos gegooi moet word omdat olyf olie n baie lae rookpunt het en klapper olie weer ‘n baie hoë rookpunt het en nie die samestelling van die olie verander nie. Mens raak daaraan gewoond soos mens aan olyf olie geword het. Kry asb net die reuklose ekstra virgin klapper olie. Natuurlike klapper olie laat die hele huis soos son, see en vakansie ruik wanneer dit warm word maar die enigste disse waarmee die klapper reuk werk is kerrie disse. Anders moet slegs die reuklose klapper olie gebruik word. Ek lees al hoe meer mediese verslae deur klapper olie te gebruik, stop Alzheimer’s en keer dit selfs om. So ek is baie bly ek het oor geslaan na klapper olie. Dit kan duur wees maar mens leer waar om te koop vir beste pryse. Dischem is ‘n goeie ek om te begin. Jammer ek het nou vreeslik geborduur.
Net laastens weer, ek persoonlik hou daarvan om die lewertjies gaar te braai – stadig – eerder as om dit gaar te kook. Ek kry net beter geur op daardie manier.




HOENDERLEWER PATEE

tested

HOENDERLEWER PATEE
Resep: Marie Fourie
Foto – Gideon Louw
FOOD LOVERS RECIPES
1 ui
bietjie botter
170 g hoenderlewertjies
sout en gemaalde peper
bietjie vars suurlemoen

Rasper die ui en braai stadig in bietjie botter tot net sag.
Voeg die lewertjies by en smoor tot gaar.
Of gebruik soveel lewertjies as wat jy van patee wil maak, pas maar die hoeveelhede aan.
Geur met sout en gemaalde peper en bietjie vars suurlemoen sap.
Maak lewertjies fyn in ‘n ‘food processor’.
Sit in ‘n bak of vormpie en giet gesmelte botter bo-oor.
Los oornag in yskas vir beste resultaat. Heerlik op rooster broodjie!

 




SUPER HOENDERLEWERSMEER

tested
SUPER HOENDERLEWERSMEER

15 ml regte botter
1 rooi ui, gesny
500 g hoenderlewers
1 vars knoffelhuisie
25 ml brandewyn
250 g gladde maaskaas
25 ml gekapte pietersielie
sout
growwe vars peper

Verhit botter, sorteer ui tot sag,
sny hoenderlewers in stukkies en braai effens bruin.
Geur, voeg brandewyn by, prut 3 minute.
Laat afkoel tot lou, plaas in voedselverwerker met maaskaas, verpulp tot sag, verkoel.
Variasie, gooi 8 capers by as verpulp.
Of braai 6 fyn sampioene saam ui.

Resep:  Floraine Wasserman Venter