MIRKROGOLF FUDGE MET VERSIERSUIKER

MIRKROGOLF FUDGE MET VERSIERSUIKER
Resep en foto:  Karin van Zyl
FOOD LOVERS RECIPES
125 g botter
500 g pakkie versiersuiker
1 blikkie kondensmelk
5 ml vanilla

Smelt die botter, dan gooi jy die kondensmelk, versiersuiker by (alles in diep mikrogolf safe bak),
sit dit in die mikrogolf vir 10 min, maar jy moet dit elke minuut stop, goed roer, dit keer dat dit oorkook.
Na 10 min haal jy dit uit, los so vir min of 2, dan gooi jy die vanilla by, klop met houtlepel tot dit dik raak.

Gooi dan in bak op waspapier/ foelie, as jy ‘n langwerpige bakkie gebruik, set dit vinniger en volgens resep kry jy 32 blokkies, maar ek het myne in kleiner bak gegooi vir groter blokkies dis maklik 🙂




MARIEBESKUITJIES “TRUFFLES” MET WIT SJOKOLADE


MARIEBESKUITJIES “TRUFFLES” MET WIT SJOKOLADE
300 g mariebeskuitjies
200 g wit smelt sjokolade
180 ml room
30 ml botter
15 ml vanilla essense
smelt sjokolade vir doop
vermicillie vir doop

Maak mariebeskuitjies fyn in ‘n bak met ‘n glas se onderkant. Gooi koekies oor in ‘n glasbak. Sny sjokolade op in klein stukkies en gooi by koekies. Bring room en botter geleidelik tot kookpunt. Haal van hitte af sodra dit kook en meng vanilla by. Gooi oor koekiemengsel en roer tot sjokolade gesmelt is. Sit in yskas tot gestol. Rol balle en doop van hulle in vermicillie en die ander in die gesmelte sjokolade. Laat weer stol en geniet.
Resep en foto: Zelda Herridge




SJOKOLADE KLAPPER BALLETJIES

SJOKOLADE KLAPPER BALLETJIES
Vinnige soet dingetjie
1 Blik kondensmelk
500 gr klapper
2 180 g cadbury sjokolade slab

Meng kondensmelk en klapper.
Rol balletjies
Maak sjokolade warm.
Dip balletjies in warm sjokolade en sit op waspapier en sit in yskas tot geset is.
Foto en resep: Marilise Peyper Pitzer




ANGELA SE MIKROGOLF FUDGE

ANGELA SE MIKROGOLF FUDGE
1 blik kondensmelk
500 g suiker
30 ml gouestroop (glucose werk ook)
5 ml vanieljegeursel
125 g botter

Plaas kondensmelk, botter, suiker en gouestroop/glucose in ‘n groot mikrogolf vaste bak en mikrogolf teen 100% krag vir 10 min.
Roer 3 keer gedurende die tyd.
Klits vanieljegeursel by en klits tot dit begin dik raak.
Plaas in gesmeerde bak en laat afkoel.
Sny in blokkies en los in bak tot heeltemaal koud is.
Baie lekker en romerig!
Foto en resep: Angela De Roubaix
2de foto:  Lindie Nel




TUISGEMAAKTE MARSHMALLOWS

TUISGEMAAKTE MARSHMALLOWS
2/3 koppie corn stroop
1 koppie water (verdeel in 2)
2 koppies wit suiker
3 pakkies gelatin
1 teelepel vanilla

Gooi die 3 pakkies gelatin met helfte van koue water in jou klitsbak. Laat staan terwyl jy die res van bestanddele, behalwe die vanilla, kook tot 240°C. Gooi by gelatin en klits vir 9 min, voeg dan vanilla by. Ek het ook blou sprinkels bygevoeg. Kleefpapier in bak. Gooi marshmallow vinnig in bak en laat rus vir tenminste 3 ure voor jy dit sny. Doop in versiersuiker of enige iets anders. Ek het ook net vir my kind ‘n kersvader marshmallow gemaak.

Foto en Resep: Elizabeth Haupt




HOMEMADE FERRERO ROCHER CHOCOLATE

HOMEMADE FERRERO ROCHER CHOCOLATE
(We had Macadamia nuts in the garden, so this was used)
3 cups crushed hazelnut wafer cookies
3 cups finely chopped toasted hazelnuts/macadamia
1¼ cups Nutella
Whole nuts for middle of chocolate
Chocolate coating:
1 cup semisweet chocolate chips
1 teaspoon coconut oil (or vegetable oil)
1½ cups finely chopped toasted hazelnuts/macadamia

Line a baking sheet with parchment paper or nonstick mat.
Crush the hazelnut wafer cookies and add them to a bowl.
Mix hazelnuts/macadamia nuts and Nutella well. (it will be sticky).
Place in the fridge for 30 minutes so the mixture firms up.
Take a teaspoon size of mixture, add a nut in middle and shape into balls, place on baking sheet and freeze for 15 minutes.
While you’re waiting, stir the chocolate and oil together in a medium bowl.
Melt the mixture in the microwave on low heat until fully melted, stirring about every 30 seconds.
Add the chopped nuts and stir thoroughly to combine.
When the balls are ready, insert a toothpick into the ball and dip into the melted chocolate mixture.
Place the balls onto the baking sheet.
Once you’ve finished coating, place back into the fridge for 15 minutes.
To serve, place chocolates into mini cupcake liners.
Recipe by Amanda Conradie
Photo: Elize de Kock




LIP LEKKER SJOKOLADE FUDGE

LIP LEKKER SJOKOLADE FUDGE
1 blik kondensmelk
500 g strooisuiker
125 g botter
1 teeleppel karamel essence
1 slab pepperment crisp sjokolade
1 slab biscuit choc sjokolade of enige sjokolade van jou keuse

Meng botter, kondensmelk en suiker saam, sit in mikrogolf vir 3 min op hoog , roer, dan vir +- 18 min hoog en roer elke 2 min. Gooi uit in plat bak
Smelt, rasper of kap sjokolade fyn vooraf en plaas bo-op fudge sodra hy begin set, laat die mengsel dan saam stol. Die kombinasie is werklik vinger lek lekker.
Foto en resep: Shaun Smith




NOUGAT WITH GUMDROPS

NOUGAT WITH GUMDROPS
2 tbsp Butter
2 bags Mini Marshmallows (250g per bag)
2 bags White Chocolate Chips (225g per bag)
2 cups Gumdrops

Melt first 3 ingredients together until smooth. Mix in gumdrops. Spread on parchment paper lined 9 x 13 pan.
Chill overnight in fridge. Cut into squares.
**can be stored in freezer
From Leanne Lafleche
Photo : Shellaine Muller
Tweede foto: Theresa Van Wyk 

Gebruik hierdie gumdrops dit werk baie goed




KWEPER LEKKERS

KWEPER LEKKERS
Resep en foto: Petré van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
gelyke dele kwepermoes tot gelyke dele suiker
25 ml sout
45 ml asyn
Was die kwepers deeglik en vryf die donsies met ‘n growwe lap af.
Al die dele, selfs die skille en klokhuis word gebruik, so moet niks weg gooi nie.
Maak seker dat al die dons afgevryf word anders gaan dit ‘n irritasie op die tong veroorsaak as dit geëet word.
Skil die vrugte af en verwyder die klokhuis en hou eenkant vir later.
Sny die vrugte in blokkies. Plaas die vrugte stukke in 4 liter water aangemaak met sout en asyn om verkleuring te voorkom.
Kook die skille en klokhuis vir 30 minute in net genoeg water om dit half pad te bedek.
Syg deur gaasdoek en moenie dit deur forseer om dit te druk nie.
Neem hierdie vog en voeg dit by die vrugte blokkies wat gedreineer is.
Voeg nog water by om die vrugte net-net te bedek.
Kook die vrugte by matig vinnige hitte totdat dit pap en sag is.
Plaas in voedsel verwerker en puree dit.
Vryf die moes deur ‘n sif om seker te maak die moes is egalig en nie klonterig.
Voeg gelyke dele suiker by gelyke dele moes.
Dit wil sê as jy 500 g puree het gaan jy 500 g suiker gebruik.
Smeer ‘n kastrol met olie en kook dan die suiker en puree saam totdat die puree lyk of dit begin wegtrek van die kante.
Gooi die moes in ‘n gesmeerde bakplaat met ‘n dikte van 3 cm, die vrugte moenie dikker wees as 3 cm nie anders neem dit te lank om uit te droog.
Laat die mengsel vir 4 – 5 dae staan totdat dit droog en nie meer taai is nie.
Sny in blokkies en rol in strooisuiker.
Laat weer 4 dae lank droog word en verpak in lugdigte houers.




CREAMY FUDGE

CREAMY FUDGE
1 kg sugar
1 cup milk
115 g butter
2 tablespoons golden syrup
1 tin condensed milk
1 teaspoons vanilla essence.
Boil sugar with milk. Add butter and boil again, on a low heat stirring all the time. Add syrup and boil. Add condensed milk and boil. Boil for about 20 minutes or longer on low heat, continuously stirring until mixture thickens and is fudge brown. Remove from stove, add vanilla and beat very well until smooth. Pour into greased tins.
Photo and recipe posted by Jennifer Weir