HONEY TOFFEE

HONEY TOFFEE
4 tbsp(s) butter
3/4 cup raw honey
pinch sea salt
dash vanilla extract
250 g unsalted nut of choice

In a medium saucepan, melt the butter and honey over medium heat to the soft crack stage, 140°C on a candy thermometer.( more or less 30 min )
Remove from the heat and stir in salt and vanilla.
Stir in the nuts.
Pour onto a well-greased or parchment-lined cookie sheet and let cool for at least 4 hours.
Note and Photo:  Graeme Patterson
Made with honey…butter…vanilla essense…salt…and pistachios! Came out perfectly…chewy but not too soft. Could have used less pistachios. Next batches…peanut…almonds….hazelnut…and want to try muesli!




TURKISH DELIGHT MET VARIASIES

TURKISH DELIGHT MET VARIASIES
2 k suiker
2 e mielieblom
1¼ k water
1 e gelatien
2 e suurlemoensap
versiersuiker
Volg die nota onder vir verskillende geure*

Week die gelatien in ‘n ¼ k koue water.
Meng die suiker en mielieblom en voeg 1 k water by.
Roer die suiker mengsel oor stadige hitte totdat die suiker opgelos is.
Laat dit 5 minute lank kook.
Voeg die suurlemoensap by.
Verwyder van hitte en voeg die gelatien by.
Roer die mengsel tot gelatien opgelos is.
Gooi in ‘n gesmeerde bak.
Laat afkoel en sny in stukke.
Rol elke stukkie in versiersuiker.
Wenk: Net voor die mengsel in die bak gegooi word kan ‘n druppeltjie ligte rooi kleursel bygevoeg word.

Nota:   (sien ‘Verskillende geure’ hier- onder) is sterker as ander. Voeg dit bietjies-bietjies op ’n slag by en proe die mengsel om die geur te toets. Verskillende geure
Roos –  Voeg 10 ml rooswater en drie druppels pienk koskleursel pleks van die sitrusskil en geel of oranje kleursel by.
Kersie – Roer 70 g gekapte geglaseerde kersies by die roosgeur-mengsel.
Lemoen-en-amandel  – Roer aan die einde van die gaarmaak- proses 100 g fyngekapte geroosterde amandelvlokkies by. (Moenie te groot stukke neute gebruik nie, want dit sal moeilik sny.)
Sitrus-en-gemmer  – Voeg 25 ml fyngekapte geglaseerde gemmer by die suurlemoen- of lemoenmengsel.
Sjokolade  – Doop individuele blokkies Turkse lekkers in gesmelte donker- of witsjokolade en laat dit op ’n draadrakkie hard word. IDE
Resep: Kobus Theunissen
Foto:  Maryna van Schalkwyk




SJOKOLADE GRONDBOONTJIE BALLE

SJOKOLADE GRONDBOONTJIE BALLE
250 ml versiersuiker
250 ml creamy grondboontjie botter
30 ml gesmelte botter
375 ml fyngemaakte rice crispies
1/2 blok melting sjokolade

Meng grondboontjie botter en gesmelte botter in ‘n bak en gooi versiersuiker en rice crispies by. Meng goed, vorm balletjies en pak op rak wat met foelie oorgetrek is. Plaas in yskas vir 40 min. Smelt sjokolade en doop balletjie daarin. Haal uit met tandestokkie en sit op foelie. Plaas in vrieskas vir 1 uur tot gestol.
Nota:
Sit in houer en bêre in vrieskas nie in yskas, want dan word dit pap.
Resep geplaas deur Elize Gouws
Foto: Elize Gouws




TUISGEMAAKTE CRUNCHIES

CRUNCHIES
1  1/2 koppie suiker
6 eetlepels stroop
30 g margarine
1 teelepel koeksoda

Kook suiker en stroop saam. Voeg margarine by en roer tot suiker opgelos is. Kook vir verdere 4 min.
Sodra die mengsel bruin begin word, verwyder van hitte.
Voeg koeksoda by.
Gooi mengsel in ‘n glasbak en los om te stol.
Wanneer gestol is, breek dit in stukkies met ‘n houtlepel.
Gooi in lugdigte houer en bere.
Resep en foto: Cindy Groenewald




TUISGEMAAKTE MALVALEKKERS

TUISGEMAAKTE MALVALEKKERS
Resep en foto: Cindy Groenewald
FOOD LOVERS RECIPES
30 ml gelatien
400 g (470 ml) suiker
15 ml vloeibare glukose of gouestroop
2 groot eierwitte
vanieljegeursel, opsioneel
koskleursel, opsioneel
50 ml versiersuiker
50 ml mielieblom

Sprinkel die gelatien oor 100 ml water in ’n klein bakkie.
Meng die suiker, glukose, ’n knypie sout en 250 ml water in ’n kastrol.Verhit dit oor lae hitte sonder om dit te laat kook en roer tot al die suiker opgelos het.
Verf kristalle teen die kant van die kastrol met ’n bietjie water af.
Laat die mengsel prut sonder om dit te roer tot dit die sagtebal-stadium (112 – 115 °C) bereik. (Om dit te toets kan jy ’n klein bietjie van die stroop in ’n bakkie met koue water drup – dit moet ’n sagte bolletjie vorm.)
Roer die gelatien mengsel by en sit dit eenkant.
Klits nou die eierwitte styf.
Voeg die vuurwarm stroop in ’n egalige, dun straaltjie by terwyl die klitser loop.
Klits vir omtrent 10 – 15 minute of tot die mengsel baie dik is en afgekoel het.
Voeg die geursel en kleursel by, indien jy dit gebruik.
Klits weer goed, tot die mengsel sy vorm behou.
Sif die helfte van die versiersuiker en mielieblom in ’n bak van 20 x 25 cm wat met bakpapier gevoer is.
Skep die malvalekkermengsel in die bak en sif die orige mielieblom en versiersuiker bo-oor. Laat dit staan om te stol.
Maak ’n skerp mes warm en sny die gestolde malvalekkermengsel in blokkies, of gebruik ’n koek- drukker om vorms daaruit te sny.

Malvalekkers met geroosterde klapper:
Volg die resep hier BO, maar gebruik geroosterde klapper in die plek van die mielieblom en versiersuiker.
Druk die kante van die malvalekkers ook in geroosterde klapper nadat jy dit in blokkies gesny het.




NOUGAT VAN GOUESTROOP

NOUGAT VAN GOUESTROOP
In dikboom kastrol:
250 ml suiker
125 ml koue water
en 100 ml goue stroop

Kook saam tot mengsel ‘n stywe balletjie vorm as bietjie van mengsel in koue water gegooi word, of as jy ‘n termometer gebruik, kook tot 120°C.
Haal van stoof af en klits 3 eierwitte styf, in aparte skoon glasbak, nie droog nie.
Gooi stroop-vloeistof stadig by eierwitte terwyl jy aanhoudend klits.
Kook nog hoeveelheid stroop van dieselfde hoeveelheid bestanddele tot stywe balletjie vorm en gooi weer stadig by eierwit mengsel terwyl jy aanhoudend klits.

(Jy kan die mengsel een keer kook, en in 2 deel, maar maak die 2de helfte eers weer warm voor jy dit bygooi, die mengsel moet warm wees wanneer mens dit bygooi)
Voeg nou 2 teelepels vanilla geursel by asook 375 ml gekapte neute van jou keuse en 125 ml glanskersies of gekapte droë appelkose.
Skep mengsel in goed gesmeerde plat bak en maak gelyk met ‘n mes. Laat stol vir 1-2 dae en sny in blokkies.
Jy kan ook ‘n vel ryspapier onder-in bak sit en mengsel bo-oor gooi en bedek met ryspapier. Sny deur papier in blokkies.
Resep en foto: Cindy Groenewald




MIKROGOLF FUDGE MET PEPPERMINT CRISP TOPPING


MIKROGOLF FUDGE MET PEPPERMINT CRISP TOPPING
2 koppies suiker
1 blikkie kondensmelk
125 g botter
5 ml vanilla essence
Peppermint crisp opgekap

Meng alles saam, behalwe die vanilla.
Mikrogolf vir 2 minute, haal uit en roer.
Mikrogolf vir 5 minute, haal uit en roer.
Mikrogolf weer 5 minute, haal uit en roer (kan nog 5 minute indien nie mooi donker genoeg nie).
Voeg vanilla by en roer goed.
Gooi in ‘n ingevette plaat, (hier het ek direk fyn gekapte peppermintcrisp oor gegooi).
Laat bietjie afkoel, sny in blokkies.
Foto en resep:  Elzetna De Bruin




FOOLPROOF CHOCOLATE FUDGE

FOOLPROOF CHOCOLATE FUDGE
3 cups semi-sweet chocolate chips
1 can Condensed Milk
pinch of salt
¾ cup chopped nuts (optional)
1 ½ teaspoons vanilla extract

In heavy saucepan, over low heat, melt chocolate chips with sweetened condensed milk and salt. Remove from heat; stir in nuts (optional) and vanilla.
Spread evenly into wax-paper-lined 8- or 9-inch square pan. Chill 2 hours or until firm.
Lift fudge out of pan and place onto cutting board, peel off paper and cut into squares. Store covered in refrigerator.
(I added 2 packets of Speckled Eggs to the mixture instead of the nuts
Variations
Creamy Dark Chocolate Fudge: Melt 2 cups miniature marshmallows with chocolate chips and sweetened condensed milk. Proceed as above.
Milk Chocolate Fudge: Omit 1 cup semi-sweet chocolate chips. Add 1 cup milk chocolate chips. Proceed as above.
Rocky Road Fudge:
Omit 1 cup semi-sweet chocolate chips, salt, nuts and vanilla. In saucepan, melt chocolate chips with sweetened condensed milk and 2 tablespoons butter or margarine. In large bowl, combine 2 cups dry-roasted peanuts and 1 (10 ½-ounce) package miniature marshmallows. Stir in chocolate mixture. Spread in wax paper-lined 13 x 9-inch pan. Proceed as above. (Makes about 2 ¾ pounds)
Microwave: In 1-quart glass measure, combine chocolate chips with sweetened condensed milk and salt. Cook on HIGH (100% power) 3 minutes or until chips melt, stirring after 1 ½ minutes. Stir in remaining ingredients. Proceed as above.
Photo by Melissa Ann Vermeulen
Recipe posted by Melissa Ann Vermeulen




FUDGE VIR BEGINNERS

FUDGE VIR BEGINNERS
1 blik kondensmelk
500 g versiersuiker
2 teelepels vanilla geursel

Meng alles saam (dis baie styf).
Smelt oor medium hitte en laat prut.
Roer heeltyd en vanaf dit prut vir so 12 minute (jy sal sien kleur verander).
Keer uit in pannetjie wat met botter gesmeer is.
Maak gelyk en sny in blokkies.
Foto en resep deur Elzetna De Bruin




MIRKROGOLF FUDGE MET VERSIERSUIKER

MIRKROGOLF FUDGE MET VERSIERSUIKER
Resep en foto:  Karin van Zyl
FOOD LOVERS RECIPES
125 g botter
500 g pakkie versiersuiker
1 blikkie kondensmelk
5 ml vanilla

Smelt die botter, dan gooi jy die kondensmelk, versiersuiker by (alles in diep mikrogolf safe bak),
sit dit in die mikrogolf vir 10 min, maar jy moet dit elke minuut stop, goed roer, dit keer dat dit oorkook.
Na 10 min haal jy dit uit, los so vir min of 2, dan gooi jy die vanilla by, klop met houtlepel tot dit dik raak.

Gooi dan in bak op waspapier/ foelie, as jy ‘n langwerpige bakkie gebruik, set dit vinniger en volgens resep kry jy 32 blokkies, maar ek het myne in kleiner bak gegooi vir groter blokkies dis maklik 🙂