DRIE BESTANDDELE FUDGE


DRIE BESTANDDELE FUDGE
Dit is ‘n lang proses en ek sou bestanddele verdubbel in vervolg.
1 liter boksie volroom melk
2 koppies suiker

Roer suiker en melk oor lae hitte tot suiker gesmelt is. Laat kook vir so 30 minute tot kleur effens verminder. Roer af en toe totdat jy voel dit verdik effens. Roer nou heeltyd tot verlangde kleur – nog sowat 20-30 minute.
Sodra sagte balstadium bereik word, verwyder van hitte en voeg paar druppels vanielje geursel by. Klop tot dik en gooi uit in kleinerige gesmeerde bak.
Resep: Elaine Steyn Steyn




SANELLS’S FUDGE


SANELLS’S FUDGE
My 1ste suksesvolle fudge!
4 cups white sugar
1 cup water
250 g margarine
1 tin condensed milk

Melt margarine, sugar and water over low heat.
Once margarine has melted let boil for 6 minutes, Do Not Stir.
Once boiled, add in the condensed milk and stir over low heat till it gets a caramel colour.
Pour into a butterd baking sheet.
Once set and still warm cut into blocks.
It will boil for about 15 to 20 minutes or drop a small amount into cold water to see if it sets.
NOTES:
FUDGE TIPS
Toffee fudge: place back in the pot with ½ cup of water and when it boils, boil then for about 20 minutes stirring all the time.
Crummy or over boiled fudge: place back in pot with 1 cup water when once melted and starts to boil, boil for about 20 minutes while stirring all the time.
5 ml vanilla essence can be added in just before you pour it into your pan.
Recipe posted by Lelane Van Der Walt
Photo: Lelane Van Der Walt




KRISTIE’S CHOCOLATE TRUFFELS


KRISTIE’S CHOCOLATE TRUFFELS
1 batch cake dough, already baked
2/3 can condensmilk
300 g syrup
200 g chocolate spread
4 slabs dark chocolate of your choice, melted
15 ml alcohol of your choice (optional)

Make the cake dough like breadcrumbs using a food processor.
Add the condesmilk, syrup, chocolate spread, alcohol and mix well.
Roll into balls and dip into the melted chocolate.
Place onto trays in the fridge to set.
After it has set, place into airtight containers.
Serve and enjoy with some coffee or tea.
Recipe and photo Kristie Townsend




FUDGE


FUDGE
30 ml gesmelte botter (ek gebruik sommer bake ‘n cook)
750 ml  – 3 koppies versiersuiker
1 blik kondensmelk
100 ml botter (ek’t so bietjie minder gebruik)
100 ml haselneute, gekap (optioneel)
5 ml vanilla geursel

Smeer ‘n koekpan (20 cm x 20 cm) met die gesmelte botter, voer uit met bakpapier en smeer nog ‘n lagie botter.
Ek’t nie die bakpapier gebruik nie omdat ek net die cook ‘n bake gespuit het onder in die bak.
Sif dan die versiersuiker in ‘n groot glasmengbak (of enige ander bak wat mikrogolfoond bestand is) en meng met kondensmelk en botter.
Mikrogolf die mengsel 2 minute op 100% krag en klits goed met ‘n handklitser.
Mikrogolf nog 10 minute (roer goed na elke 5 minute).
Meng die neute en vanilla geursel by en klop die mengsel met ‘n houtlepel tot dit effens verdik.
Giet die mengsel in die voorbereide pan en maak dit gelyk of glad met ‘n lepel.
Sny die fudge in blokkies voor dit stol.
Laat dit hard word en lig uit die pan met ‘n spaan.
Wenke: Jy kan die haselneute met enige ander soort neute of selfs ‘n mengsel vervang.
Resep en Foto: Louisa Kruger




BRANDEWYN KERSIE BALLETJIES


BRANDEWYN KERSIE BALLETJIES
Laat lê kersies in brandewyn vooraf.
Kook saam op stoof:
2 teelepels brandy
2 teelepels rum geursel
2 eetlepels strooisuiker
4 eetlepels botter
8 eetlepels melk

Haal af van die stoof en roer 1 koppie oats en 1 koppie klapper by.
Neem deurweekte kersie en vat mengsel en vorm balletjie rondom, rol in sjokolade farmicillie en sit in lugdigte houer in yskas. Vries ook lekker as jy dit wil bêre.
Resep geplaas deur Yolande Kleyn




HARD CANDY – SUGAR GLASS


HARD CANDY – SUGAR GLASS
2 cups sugar
2 cups water
1⁄2 teaspoon cream of tartar

In a medium saucepan over a medium heat put water sugar and cream of tartar a stir until dissolved.
Bring mixture to a boil DO NOT STIR place candy thermometer in mix and allow to reach hard crack stage 148.8C / 300F.
Remove from heat and pour into moulds and let set for 30 minutes.
Photo:  Annelizle Botha




AARBEI KLAPPERYS

AARBEI KLAPPERYS
Neem ‘n mengbak en gooi bymekaar:
500 g versiersuiker
400 g klapper
1 blik kondensmelk

Meng goed deur met ‘n houtlepel – die mengsel sal lekker styf wees.
Verdeel in twee, in die mengsel wat wit bly gooi 5 ml vanilla essense by, druk in ‘n gesmeerde houer (‘n glas oondbak werk altyd lekker).
Voeg ‘n paar klein druppels pink voedselkleursel by die ander mengsel en 5 ml aarbei essense.
Meng deur, en druk die gekleurde gedeelte bo-op die wit vas.
Laat staan vir 1 tot 2 ure en sny in blokke.
Resep geplaas deur Arushka Bothma
Foto: Arushka Bothma




SJOKOLADEKLONTE

SJOKOLADEKLONTE
200 g donker melksjokolade
100 g soet pofkoring (4 x 250 ml)
75 g sprinkelneute (100 ml)
20 papier koekbakkies

Smelt sjokolade oor warm water.
Voeg pofkoring en 75 ml van die sprinkelneute by.
Roer tot pofkoring heeltemal met sjokolade bedek is.
Skep in papier bakkies.
Strooi res van sprinkelneute bo-op en plaas in yskas om hard te word.
Lewer so 20 koekies
Resep en foto: Rosemarie Nel




EENVOUDIGE WORTELLEKKERS

EENVOUDIGE WORTELLEKKERS
1 kg geel wortels
suiker
lemoen- of suurlemoensap
water

Skil en rasper die wortels, voeg ‘n bietjie lemoen-of suurlemoensap en water by en kook dit tot ‘n pulp.
Meet die pulp af en voeg 100 g witsuiker by elke 250 ml pulp.
Verhit die mengsel stadig tot kookpunt. (roer tot die suiker opgelos het)
Kook dit verder tot dit van die wand van die kastrol loskom (roer gereeld).
Sprei die mengsel in ‘n gesmeerde vlak pan oop en laat afkoel.
Sny dit in blokkies wanneer koud en rol dit in witsuiker.
Variasie – Vervang die helfte van die wortels met appels, pere, kwepers of appelkose.
Sny die klokhuise uit of ontpit die vrugte en rasper of maal dit.
Resep: Marius de Beer




NOUGAT MET MAKADAMIANEUTE EN BOSBESSIES

NOUGAT MET MAKADAMIANEUTE EN BOSBESSIES
2 velle ryspapier
450 g (2¼ kp) suiker
250 g glukosestroop
80 ml (⅓ kp) heuning
2 ekstragroot eierwitte
¼ teelepel kremetart
250 g makadamianeute (gerooster by 180 grade C vir 15 min)
60 g gedroogde cranberries
Maizena om te keer vir vassit

Smelt suiker, glukosestroop en heuning oor baie lae hitte. Moenie laat kook voor alles gesmelt het nie. Vee kristalle aan kante van kastrol met waterkwassie af.
Kook stroop tot 140 grade C op suikertermometer.
Sprei 18 cm x 28 cm pan met Spray ‘n Cook en voer dan met een vel ryspapier.
Klits eierwitte en kremetart tot sagtepunt stadium.
Voeg warm suikerstroop by eierwitte – laat loop stadig aan die kant van die mengbak in terwyl die menger op die vinnigste spoed klits met ballonklitser. Werk baie versigtig dat niks spat nie, die kokende stroop is gevaarlik warm.
Klits tenminste 6 minute tot die mengsel dik en koeler is. Skraap kante van die bak 2 keer om seker te maak alles meng goed in.
Voeg nou makadamias en cranberries met die hand by – dis ‘n dik taai mengsel, so dis nogal moeilik om te meng.
Gooi in bak en druk plat met tweede vel ryspapier.
Laat staan vir tenminste 5 ure voor jy dit sny – oornag is beter. Moet nie in yskas bêre nie.
Sny in blokkies en sprinkel Maizena oor om te keer dat die blokkies aan mekaar vassit.
Stoor in toe lugdigte bak.
Resep geplaas deur Retha Sorum Burger
Foto: Retha Sorum Burger