TURKSE LEKKERS-TURKISH DELIGHT


TURKSE LEKKERS-TURKISH DELIGHT
45 ml gelatien
125 ml koue water
500 ml strooisuiker
190 ml kookwater
4 ml wynsteensuur (tartaric acid)
1 suurlemoen se sap
5 ml vanielje geursel
rooi voedselkleursel

Spons gelatien in koue water. Verhit suiker en kookwater saam tot suiker opgelos het.
Voeg wynsteensuur by en verhit tot kookpunt. Laat vir sowat 5 minute kook.
Roer suurlemoensap by en verwyder van hitte. Los gelatien oor warm water op en giet by.
Roer deeglik en voeg kleursel by. Kleur mengsel, indien verkies, met ‘n paar druppels voedsel kleursel.
Giet in gesmeerde vlak bak en laat afkoel. Sny in blokke en sif versiersuiker oor.

BRON: Lillyne Grunewald




BESKUITJIE FUDGE

beskuitjie fudgetested

BESKUITJIE FUDGE
Plasing: Riana du Plessis
Foto en nota:  Nicolene Pienaar
FOOD LOVERS RECIPES
1 pak Marie beskuitjies
250 g botter
1 pak versiersuiker (500 g)
30 g kakao
1 eier

Breek beskuitjies in stukkies.
Smelt botter, voeg suiker en kakao by en roer. Klits eier en klop vinnig by.
Haal van stoof af en roer beskuitjies by.
Skep in pan, en laat afkoel. + – 60 klein blokkies

Nota:  Nicolene Pienaar – Ek wil net een ding noem, ek sit my plaat op 2, dan gooi ek solank die botter in om te smelt, dan sif ek gou die goed, en krummel die koekies, dan is die botter al gesmelt as ek klaar is, en as julle die eier ingooi, haal jou pot van die plaat af en roer dit vinnig in, anders word die eier gaar en maak stukkies eier in die fudge, dit was my heel eerste baksel se probleem maar het uit my fout uit geleer.

 




MARLEEN SE KLAPPER MALVALEKKERS

tested
MARLEEN SE KLAPPER MALVALEKKERS
Beproef en heerlik!
Kook 1 000 ml suiker en 375 ml water vir 7 minute op vinnige hitte.
Los 60 ml gelatien op in 200 ml koue water deur dit net bo-op te strooi.
Voeg dit by die gekookte stroop as dit van die stoof af kom, saam met 5 ml vanilla geursel.
Laat afkoel tot koud.
Klits baie vinnig met ‘n elektriese menger vir 12 minute.
Dit word ‘n dik en skuimerig mengsel.
Giet in ‘n gespuite bak.
Laat afkoel in die yskas.

Neem klapper en verbruin dit onder jou oond-element tot ligbruin.
Roer kort-kort. Dit verbruin baie vinnig.
Sny die lekkers in stroke.
Rol in die klapper.
Sny sommer met ‘n sker in blokkies.
Bedek dan al die kante met die klapper.
‘n Wenner !
Resep en foto: Marleen Basson Niemandt




KWEPER-LEKKERS SOOS OUMA S’N


KWEPER-LEKKERS SOOS OUMA S’N
8 lb geskilde kwepers, ontpit en in groot stukke gesny (ongeveer 3.5 kg)
2 koppies water
8 koppies suiker
1 pakkie rooi jellie
1 teelepel rooi kleursel

Kook die kweperstukke stadig sag in die water tot water gedaan is.
Maal saam met due suiker.
Kook nog ongeveer 1 uur tot mengsel loskom van kante en bodem van kastrol.
Roer die rooi jellie en rooi kleursel by.
Giet uit op skinkbord, gevoer met gesmeerde foelie.
Resep geplaas deur ‎Marietjie du Toit‎
Foto: Marietjie du Toit‎