5 MINUTE FUDGE


5 MINUTE FUDGE
1⅔ cups white sugar
⅔ cup evaporated milk
1 tablespoon unsalted butter
½ teaspoon salt
1 (6 ounce) packages milk chocolate chips
16 large marshmallows
1 teaspoon pure vanilla extract
1 cup chopped nuts

Combine sugar, milk, butter and salt in a medium sized saucepan. Bring to a boil, cook 5 minutes, stirring constantly.
Add in chocolate chips; cook until melted.
Remove from heat; stir in marshmallows, vanilla and nuts. Mix well.
Pour into a 8-inch pan.
Cool cut into squares.
Recipe posted by Lynne Davis Taljaard




ETHA SE VERKOPING FUDGE

Fudge in die mikrogolf
ETHA SE VERKOPING FUDGE
My resep wat ek maak om te verkoop is:
60 g margarien
15 ml goue stroop
2 ml kremetart
1 koppie koekmeel
6 koppies suiker
1 blikkie melk
1 blikkie kondensmelk
5 ml vanilla geursel

Smelt margarien en gouestroop saam oor lae hitte. Voeg die koekmeel, suiker, melk, kondensmelk en kremetart by.
Kook tot sagtebal stadium. Haal van hitte af en roer vanilla by.
Vandat ek die suiker en res bygevoeg het kook ek dit omtrent 35 minute op 4.
Dit is ‘n groot resep ek kry so 77 klein blokkies in my fudge pan.
Ek hoop dit help vra maar as jy nog sukkel.
Resep en foto:  Etha Burger

 




TURKSE LEKKERS

Elaine Van Staden Ras se Turkish Delighttested
TURKSE LEKKERS

Gewoonlik het ‘n mens ‘n lekkergoed termometer nodig as jy lekkergoed maak, maar met Turkse lekkers is dit nie ‘n vereiste nie. Dit is omdat die vloeistof gekook en geset word met gelatien. Maar versigtig: Te veel rooswater of te veel suurlemoensap kan dit bederf. En onthou: die suiker moet opgelos wees voordat dit gekook word.
Lewer omtrent 50 blokkies
30 ml (2 eetlepels) gelatien
60 ml (¼ koppie) water
500 ml (2 koppies) suiker
30 ml (2 eetlepels) mielieblom
200 ml (¾ koppie) water
3 ml (½ teelepel) rooswater
‘n druppel rooi kleursel
30 ml (2 eetlepels) versiersuiker
30 ml (2 eetlepels) mielieblom
Week die gelatien in die water en hou oor kookwater om op te los.
Meng die suiker en mielieblom in ‘n kastrol. Voeg die 200 ml water by en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos is.
Kook sowat 5 minute oor stadige hitte. Verwyder van hitte en voeg die rooswater, kleursel en gelatien by.
Gooi uit in ‘n gesmeerde bak of pan van omtrent 14 x 23 cm. Laat staan vir sowat 8 uur of tot styf en sny dan in blokkies, omtrent 2 cm in grootte. Rol in mengsel van gelyke dele versiersuiker en mielieblom.
Bêre in ‘n lugdigte houer vir omtrent 2 weke.

FOTO: Elaine Van Staden Ras
Nota: Lerina van der Linde, ek het al hierdie een op die blog gemaak. Dit is die maklikste resep en kom vreeslik lekker uit! Dis baie taai as dit net gestol is, so sny lang repe en rol dit dan in die versiersuiker/maizena, en dan kan jy die blokkies sny en weer rol. Regtig maklik en lekker!




SNEEUBALLETJIES – MARSHMALLOW SNOW DROPS

tested

SNEEUBALLETJIES – MARSHMALLOW SNOW DROPS
2 x 200 g pakkies Bakers Blue Label Marie beskuitjies
45 ml drinksjokoladepoeier
120 g botter
1 x 397 g blikkie kondensmelk
175 g mini (of gewone) malvalekkers
100 g droë klapper
Lewer ongeveer 25 tot 30.

Verkrummel die Bakers Blue Label Marie beskuitjies saam met die drinksjokoladepoeier in ‘n voedselverwerker.
Smelt die botter saam met die kondensmelk en meng dit deeglik met die beskuitjiemengsel.
Maak jou hande effens nat en sit ‘n eetlepel van die mengsel in die palm van jou hand en druk dit plat.
Sit ‘n malvalekker in die middel en vorm ‘n ‘kombersie’ van die mengsel rondom die malvalekker. Rol die balletjie nou in die klapper.
Doen so voort totdat al die bestanddele opgebruik is. Verkil voor opdiening.

NS: Hierdie resep kan vir groot gesinspret sorg. Dit is maklik om te maak en verskaf kwali- tyd met die kroos in die kombuis. Dit laat mens wonder wat is die lekkerste: om te maak of om te eet?
Resep:  Annette Olivier




SJOKOLADE-MUESLISTOKKIES

FLR BB one day when I'm big

 

SJOKOLADE-MUESLISTOKKIES
Ongeveer 20 blokkies
600 g melksjokolade
300 g (625 ml) muesli
45 stokkies om in die sjokoladeblokkies te druk
klein papierbakkies (soos vir muffins, net kleiner)

Kry ‘n glasbak of ‘n metaalbak wat oor ‘n kastrol pas.
Maak die kastrol vol water, maar nie te vol nie. As jy die bak bo-op die kastrol sit, moet die water nie aan die bak raak nie.

Haal eers weer die bak af en laat die water in die kastrol kook.
Breek solank die sjokolade in blokkies en gooi dit in die bak wat oor die kastrol pas.

Sit die bak oor die kastrol wanneer die water kook en laat staan so. Skakel die plaat af. Die sjokolade sal nou smelt.
Jy kan so elke nou en dan ‘n roer gee.
Wanneer die sjokolade gesmelt het, gooi die muesli by en meng goed.
Gebruik silikoonysbakkies en maak hulle vol met die sjokolademengsel.
Laat dit eers ‘n bietjie staan voor jy ‘n stokkie in elkeen indruk.
Jy kan die sjokolade in die yskas laat hard word, maar dis beter om dit net op ‘n koel plek te laat staan tot dit hard is.
(Die sjokolade kan lelik wit word as jy dit in die yskas sit.)
Haal die blokkies uit en sit elkeen in ‘n klein papierbakkie.

 

 




NEUTE LEKKERS

neut lekkers lindatested

NEUTE LEKKERS
150 g sjokolade blok sjokolade
100 g neute – grof gekap (pekaneute of grondboontjies)
Smelt sjokolade en meng neute by.
Skep teelepels vol op ‘n gesmeerde bakplaat en laat stol.

Opsioneel: VERSIERING:
50 gr wit sjokolade
Smelt wit sjokolade en drup oor neute/sjokolade vir versiering.
Jy kan as jy wil, so bietjie klapper ook byvoeg of bo-oor strooi as nog warm is.

Bêre in lugdigte houer.

WENK= Moet net nie die gesoute grondboontjies gebruik nie, dit is nie lekker nie. Ek het die ongesoute gebakte grondboontjies gebruik, sonder die doppe.

Bron:  Linda Venter




CHOCOLATE GRANOLA BARS

FLR BB I must not mess in the Kitchen
CHOCOLATE GRANOLA BARS
½ cup natural peanut butter
⅓ cup local honey
¼ cup unsalted butter
1 cup oats (not quick oats)
2 tablespoons wheat germ
½ cup coconut
½ cup chocolate chips (Mini work best, but it doesn’t really matter.)Melt the butter, peanut butter and honey in a pot over medium to low heat, stirring constantly.
Turn off the burner when melted.
Pour in the cup of oats and the wheat germ. Stir till combined.
Wait till it cools and stir in the coconut and chocolate chips.
Or, if you’re impatient with things like this, like I am, go ahead and dump it all right in.
The result will be a more uniform chocolate taste.
Pour into foil-lined 8 X 8 pan and stick in the fridge.
Once cooled, flip out (the bars, not you) onto cutting board and cut to the size you like.

Recipe and photo: Vanessa Fourie Willemse




BISCUIT FUDGE

tested

BISCUIT FUDGE
1 packet (200 g) Marie biscuits
250 g butter/margarine
1 packet (500 g) icing sugar, sifted
30 g (975 ml) cocoa, sifted
1 egg

Crush the biscuits lightly with a rolling pin.
Melt the butter/margarine in a deep sauce pan.
Add the sugar and cocoa and stir over moderate heat until smooth.
Beat the egg in quickly.
Remove the mixture from the stove and stir in the biscuits.
Spoon the mixture into a greased pan and allow it to cool.
Cut into blocks when set and store in the refrigerator.
Makes about 60 blocks.
Recipe posted by Madeline Venter




MIKROGOLF FUDGE

mikrogolf fudge friedatested

MIKROGOLF FUDGE

125 gr botter of margarien
500 ml strooisuiker
1 blik kondensmelk
25 ml vanielje geursel
15 ml asyn
knypie sout

Mikrogolf botter 1 minuut by 100% krag
Roer deeglik met houtlepel
Voeg strooisuiker en Kondensmelk by moenie roer nie en mikrogolf oop by 100% krag
Roer dit deeglik met houtlepel
Mikrogolf die fudge 10 min oop by 100% krag en roer elke 3 minute goed.
Voeg die vanielje geursel, asyn en sout by en klop die fudge met houtlepel tot dit begin styf word
Skep dit dadelik in pan en maak dit bo-op gelyk
Laat dit bietjie afkoel
Sny die fudge in blokkies en laat heeltemal koud word.

Foto:  Frieda Greyling




TURKSE LEKKERS-TURKISH DELIGHT


TURKSE LEKKERS-TURKISH DELIGHT
45 ml gelatien
125 ml koue water
500 ml strooisuiker
190 ml kookwater
4 ml wynsteensuur (tartaric acid)
1 suurlemoen se sap
5 ml vanielje geursel
rooi voedselkleursel

Spons gelatien in koue water. Verhit suiker en kookwater saam tot suiker opgelos het.
Voeg wynsteensuur by en verhit tot kookpunt. Laat vir sowat 5 minute kook.
Roer suurlemoensap by en verwyder van hitte. Los gelatien oor warm water op en giet by.
Roer deeglik en voeg kleursel by. Kleur mengsel, indien verkies, met ‘n paar druppels voedsel kleursel.
Giet in gesmeerde vlak bak en laat afkoel. Sny in blokke en sif versiersuiker oor.

BRON: Lillyne Grunewald