MAGDA SE MALVALEKKERS

2013-08-27-malvalekkerstested
MAGDA SE MALVALEKKERS
1 eierwit
2 ½ koppie suiker
8 teelepels gelatien
1 ½ koppie kookwater

Klits eierwit en suiker.
Meng kookwater en gelatien.
Voeg gelatienmengsel stadig by eierwit en suiker terwyl jy dit klits met elektriese menger. (Ek gooi die warm gelatienmengsal stadig teen die kante van die bak) in.
Meng 1 of 2 druppels kleursel van jou keuse by. ( ek gooi “n paar druppels vanille geursel ook by)
Klits goed vir 15 minute teen hoè spoed. gooi in gesmeerde bak.
Dit stol baie vinnig. (ek sit dit dan in die yskas vir so uur)
Sny in blokkies en rol in klapper.
Hou in lugdigte houer in yskas.

Dit smelt soomer in jou mond Lekker eet. As ek eers begin eet kan ek nie ophou nie.. Die reseppie is op een van my dagstukkies wat ek teen my yskas hou. Ek het dit al vir jare. Daar is geen naam by nie

Resep en foto: MAGDA HELBERG




BESTE SKUIMPIES

beste skuimpie
BESTE SKUIMPIE
1 eierwit
1 eetlepel wit asyn
2 eetlepel kookwater
1 koppie strooisuiker
¼ teelepel bakpoeier

Klits alles behalwe bakpoeier.
Klits baie goed tot styf.
Voeg bakpoeier by en klits nog 1 min.
Spuit hopies of gebruik ‘n teelepel.
Bak vir 1 uur by 100°C.
Sit oond af en laat afkoel tot koud in die oond.
Soms gooi ek ‘n paar druppels amandel geursel of rooswater by.
Jy kan ook ‘n druppel of twee kleursel byvoeg.

Resep en foto:  Martie Fourie Moolman




TURKSE LEKKER MET SJOKOLADE

turkse lekkers
TURKSE LEKKER MET SJOKOLADE
Ek het hierdie “turkish delight” vanaf julle blad gemaak. Ek het dit in gesmelte sjokolade gedoop met behulp van ‘n tandestokkie. Dit was my eerste poging, dus nie visueel baie mooi uitgekom nie, maar dit was baie lekker. Gebruik regte sjokolade (nie baksjokolade nie, want dit smaak net BAIE beter). En moet nie versiersuiker gebruik as jy in gesmelte sjokolade doop nie.

Gewoonlik het ’n mens ’n lekkergoedtermometer nodig as jy lekkergoed maak, maar met Turkse lekkers is dit nie ’n vereiste nie. Dit is omdat die vloeistof gekook en geset word met gelatien. Maar versigtig: Te veel rooswater of te veel suurlemoensap kan dit bederf. En onthou: die suiker móét opgelos moet wees voordat dit gekook word.
Lewer omtrent 50 blokkies
30 ml (2 e) gelatien
60 ml (¼ k) water
500 ml (2 k) suiker
30 ml (2 e) mielieblom
200 ml (¾ k) water
3 ml (½ t) rooswater
’n druppel rooi kleursel
30 ml (2 e) versiersuiker
30 ml (2 e) mielieblom
Metode
Week die gelatien in die water en hou kookwater oor om op
te los.
Meng die suiker en mielieblom in ’n kastrol. Voeg die 200 ml water by en roer oor lae hitte totdat die suiker opgelos is.
Kook sowat 5 minute oor stadige hitte. Verwyder van hitte en voeg die rooswater, kleursel en gelatien by.
Gooi uit in ’n gesmeerde bak of pan van omtrent 14 x 23 cm. Laat staan vir sowat 8 uur of tot styf en sny dan in blokkies, omtrent 2 cm in grootte. Rol in mengsel van gelyke dele versiersuiker en mielieblom.
Bêre in ’n lugdigte houer vir omtrent 2 weke.

Resep geplaas deur en foto Regina Strydom




RUM BALLS

rum balls

RUM BALLS
Source: My own
1/2 cup butter
4 TB Syrup
4 round TB caster sugar

Place in pot and boil.
Remove from heat and add
4 TB level cocoa
12 heaped TB Rice Crispies
10 heaped TB coconut
1 Teaspoon Rum essence
Mix together. Allow to cool. I put it in the fridge 10-15 minutes
Roll into balls
Roll in chocolate vermicelli.
Enjoy

photo: Sharon Gien-Cambier

 




ONS MAAK TRUFFLES

ons maak truffles dawie

ONS MAAK TRUFFLES
125 g margarien
250 ml versiersuiker
100 ml kakao
1 ½ pk mariebeskuitjies
125 ml konfyt
5 ml vanilla geursel
125 ml klapper

Smelt die magarien, sif die versiersuiker en kakao by en meng goed.
Maak koekies baie fyn en voeg by die mengsel.
Voeg die konfyt en geursel by en meng goed.
Maak bolletjies, rol in klapper en bere in die yskas tot mooi gestol
Nota:  Indien mengsel te pap is breek nog ‘n paar koekies by.
Resep:  Dawie vd Heever




GRONDBOONTJIE CLUSTERS

grondboontjie clusters lindatested
GRONDBOONTJIE CLUSTERS

150 g sjokolade blok
100 g grondboontjies – grof gekap of heel
Smelt sjokolade en meng grondboontjies by.
Skep teelepels vol op ‘n gesmeerde bakplaat en laat stol.

Bêre in lugdigte houer.

Linda Venter
Ek maak ook baie die wit sjokolade met rice crispies, en die bruin sjokolade met mueseli, bietjie klapper en sommer dadels ook. Dit is baie lekker!!!!

Foto:  Linda Venter




SWEETIE PIES


SWEETIE PIES
(12 lekkers)

200 g donkersjokolade, gesmelt
8 gelatien-velle (kyk by jou supermark se gebak-afdeling)
200 ml koue water
400 g (480 ml) strooisuiker
100 ml warm water
2 ml sout
30 ml haselneut-likeur of 10 ml vanieljegeursel
10 g haselneute, gekap
10 ml pienk koskleursel
12 karamelgeur Marie-koekies

Verf die holtes van 6 silikoon-vorms met sjokolade en laat stol in vrieskas.
Hou so aan tot jy die vorm met 5 lae sjokolade bedek het.
Week gelatien in 200 ml koue water tot sag.
Plaas bakkie met water en sagte gelatien in mikrogolfoond en verhit tot gesmelt.
Plaas gesmelte gelatien in ’n elektriese menger.
Gooi strooisuiker en 100 ml warmwater in ’n kastrol. Verhit oor lae hitte en roer tot suiker opgelos is.
Kook suikerstroop tot sowat 120 ˚C op ’n suikertermometer. (As jy nie een het nie: Dis gewoonlik reg sodra die buiterand van die suikerstroop van kleur verander.)

Sit menger aan en gooi warm stroop in ’n dun straaltjie by.
Voeg sout en likeur by. Klits vir 12 – 15 minute teen hoë spoed of tot die mengsel blink en stywe punte vorm.
Voeg gekapte neute en kleursel by.
Verdeel mengsel tussen sjokolade-holtes en plaas ’n Marie-koekie bo-op elkeen.
Smeer res van sjokolade bo-oor om koekie te bedek.
Laat stol in yskas vir 20 – 30 minute. Keer versigtig uit.
Sit voor, of draai in bakpapier toe en gee dit as geskenke.

 




TOFFIE APPELS

toffee appels lelane2013-07-29-toffieappels-boerekoskookengeniettested
TOFFIE APPELS

Die kind in sommige van ons sal nooit sterf, ek vandag so lus vir ‘n toffieappel,, Kannie eens onthou wanneer laas ek een verober het nie…

Bestanddele:
15 medium grootte appels
190 ml water
2 koppies suiker
15 Sosatiestokkies
125 ml gouestroop
knypie sout
rooi of groen voedselkleursel
waspapier

So gemaak:

Was die appels
Druk die stokkies in waar die stingels se kant is
Neem 2 koppies suiker en 190ml water , gooi in kastrol;. Plaas baie warm plaat , voeg knypie sout en 125ml gouestroop daarby, roer aanhoudend met houtlepe, bring tot kookpunt.
Laat lekker opborrel..roer vinnge…pasop vir brand!!
Toets nou ‘n druppeltjie van die stropies in ‘n glas water, as stropie kraak, is dit gereed om die appels te doop.
Gooi paar druppels kleursel van jou keuse by, meng deur en doop die appels goed!!
Laat die ergste stroop stol, sit neer op gesmeerde waspapier tot hard

Breek ‘n tand……. Geniet!
foto:  Lelane Van Der Walt




MALVALEKKER KOPPIES

MARSHMALLOW CUPS
MALVALEKKER KOPPIES
(Maak +- 70 – 80 doppies)
6 eetlepel+ 1 teelepel gelatien
1/2 koppie koue water
1 & 1/2 koppie kookwater
4 koppies suiker
2 eierwitte
knippie sout
1 teelepel geursel
100’s en 1000’s en
eetbare Cookie Cups
Gebruik ‘n groot mengbak. Week die gelatien in die koue water. Voeg die kookwater by en roer tot opgelos. Voeg die eierwitte, suiker en sout by en klits die mengsel 15 tot 20 minute vinnig totdat dit begin verdik. Gooi in Cookie Cups. Laat set en doop in 100’s & 1000’s. Die mengsel kan ook in ‘n gesmeerde pan gegiet word om te stol. Sny dit in blokkies en rol in geroosterde klapper. As die mengsel te styf word, plaas dit vir ‘n rukkie in ‘n bak met kookwater en klits dit weer goed. Kan ook in die mikrogolf warm gemaak word.

My kinders was mal daaroor. Ek het altyd met hulle verjaarsdae daarvan in die doppies gemaak.

BRON EN FOTO: Bets Lourens
2de Foto: Henriette Rossouw



MIKROGOLF FUDGE MET VARIASIE

2013-07-28-mikrofudgeresep
MIKROGOLF FUDGE MET VARIASIE

1 Blik Kondensmelk,
4 eetl Margarien,
1/2t asyn
500g Fyn suiker
1 tl vanilla

Kook saam vir 2 min tot gesmelt voeg 1 t vanilla by en kook vir 5 min, Roer, kook nog 5min op high roer en gooi dadelik in gespuite glasbak, wag tot effens gestol en sny terwyl nog warm. Jy kan natuurlik enige iets daarin gooi, soos neute, kersies, koekies  choc chips…sodra jy dit in die bak gegooi het.

BRON- HEIDI ROWE